Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat dink julle
Wat dink julle [boodskap #49698] Vr, 07 September 2001 07:08 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek het so rukkie terug die boek gelees van Rebecca Brown "He came to set the
captives free".
In wese het ek nie regtig 'n probleem met die boek nie maar daar is wel een
deel wat ek gladnie verstaan nie en dit veroorsaak dat ek nou so bietjie
skepties is oor die boek.

Dit gaan oor die deel waar sy met 'n engel in gesprek is, en waar sy
toestemming het om die engel enige vraag te vra. My probleem daarmee is nie
soseer dit wat sy gevra het nie maar eerder dit wat sy NIE gevra het nie.
Gaan dink 'n bietjie oor die volgende (En ek is seker julle sal self
duisende "meer praktiese" vrae self ook hê)

a. Daar is baie tekeninge van mense wat voor Jesus geleef het maar daar
is geen tekening van Jesus nie. Nou wat ek dink is dat Satan alle moontlike
bewyse van Jesus se lewe op aarde probeer verwoes, so nou het die vrou 'n
uitstekende kans om uit te vind waar in Egipte of iewers daar gegrou kan
word vir sekere bewyse, maar sy vra nie die vraag nie.

b. Vra al die vra oor die dinge in die bybel wat so bietjie "vaag" is en
waaroor daar baie gestry word, soos Noag se ark groote, Jonas en die vis,
ens ens ......Maar sy doen dit nie

Laastens en dit is seker die deel wat my die meeste pla is dat sy sê sy het
antwoorde op vrae gekry maar sy is verbied om dit aan die mensdom oor te dra
..... Is dit nie 'n lekker "backdoor" nie ?
Re: Wat dink julle [boodskap #49706 is 'n antwoord op boodskap #49698] Vr, 07 September 2001 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spook  is tans af-lyn  Spook
Boodskappe: 76
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:9n9rhl$30tv$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> a. Daar is baie tekeninge van mense wat voor Jesus geleef het maar daar
> is geen tekening van Jesus nie. Nou wat ek dink is dat Satan alle moontlike
> bewyse van Jesus se lewe op aarde probeer verwoes, so nou het die vrou 'n
> uitstekende kans om uit te vind waar in Egipte of iewers daar gegrou kan
> word vir sekere bewyse, maar sy vra nie die vraag nie.
>
> b. Vra al die vra oor die dinge in die bybel wat so bietjie "vaag" is en
> waaroor daar baie gestry word, soos Noag se ark groote, Jonas en die vis,
> ens ens ......Maar sy doen dit nie
>
> Laastens en dit is seker die deel wat my die meeste pla is dat sy sê sy het
> antwoorde op vrae gekry maar sy is verbied om dit aan die mensdom oor te dra
> ..... Is dit nie 'n lekker "backdoor" nie ?
>

Wel Riaan as jy Openbaring lees verstaan jy enige van die beelde wat die
skrywer skep, as ek dit reg onthou mag hy ook nie die sekere van die goed
bekend gemaak het nie.Ek het self ook die boek gelees, maar so in diepte het
ek nou nie gaan dink oor wat ek 'n engel sou vra nie.

Groete
Spook
"Gumperson`s Law:
The probability of anything happening is inversely
proportional to its desirability."
Re: Wat dink julle [boodskap #49707 is 'n antwoord op boodskap #49698] Vr, 07 September 2001 08:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou vir wat het sy die boek geskryf?
As iemand sê sy/het antwoorde gekry, maar mag dit nie bekend maak nie, dan
het sy/hy nie die antwoorde gekry nie.
Ek het nie die boek gelees nie, maar van wat jy vertel klink die skrywer na
iemand dwalende in 'n woestyn.
Annette

...
> Ek het so rukkie terug die boek gelees van Rebecca Brown "He came to set the
> captives free".
> In wese het ek nie regtig 'n probleem met die boek nie maar daar is wel een
> deel wat ek gladnie verstaan nie en dit veroorsaak dat ek nou so bietjie
> skepties is oor die boek.
>
> Dit gaan oor die deel waar sy met 'n engel in gesprek is, en waar sy
> toestemming het om die engel enige vraag te vra. My probleem daarmee is nie
> soseer dit wat sy gevra het nie maar eerder dit wat sy NIE gevra het nie.
> Gaan dink 'n bietjie oor die volgende (En ek is seker julle sal self
> duisende "meer praktiese" vrae self ook hê)
>
> a. Daar is baie tekeninge van mense wat voor Jesus geleef het maar daar
> is geen tekening van Jesus nie. Nou wat ek dink is dat Satan alle moontlike
> bewyse van Jesus se lewe op aarde probeer verwoes, so nou het die vrou 'n
> uitstekende kans om uit te vind waar in Egipte of iewers daar gegrou kan
> word vir sekere bewyse, maar sy vra nie die vraag nie.
>
> b. Vra al die vra oor die dinge in die bybel wat so bietjie "vaag" is en
> waaroor daar baie gestry word, soos Noag se ark groote, Jonas en die vis,
> ens ens ......Maar sy doen dit nie
>
> Laastens en dit is seker die deel wat my die meeste pla is dat sy sê sy het
> antwoorde op vrae gekry maar sy is verbied om dit aan die mensdom oor te dra
> ..... Is dit nie 'n lekker "backdoor" nie ?
>
Re: Wat dink julle [boodskap #49742 is 'n antwoord op boodskap #49706] Vr, 07 September 2001 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wel Riaan as jy Openbaring lees verstaan jy enige van die beelde wat die
> skrywer skep, as ek dit reg onthou mag hy ook nie die sekere van die goed
> bekend gemaak het nie.

Die antwoord is nee ek verstaan nie al die beelde wat die skrywer skep nie.
Ek verstaan ook nie hoekom dit nodig was om so baie van beeldspraak gebruik
te maak nie. Ek weet dit sou simpel wees om te sê Rusland staan op in die
ooste ipv "die beer staan op in die ooste" omdat niemand op daai staduim
geweet het wie of wat Rusland is nie, maar sekere van die ander goed kon
seker heel moontlik meer "reguit" gesê geword het.

En dit is juis my punt ... Daar is baie dinge in die bybel wat 'n satanis
teen Christene gebruik om hulle "vas te praat". Selfs predikante verskil van
mekaar oor 'n groot klomp goed. Een van die dinge wat juis bydra tot die
menings verskille is beeldspraak. Nou is dit nie 'n peroon se plig wat die
kans het om met engele te kan praat om die dele aan te spreek en dit vir die
mensdom duidelik te maak nie. ?

Probleem van vandag is dat daar 'n groot klomp mense rondloop wat dmv sektes
groot bedrae geld maak. Vat nou maar die voorbeeld van die ouens wat
selfmoord gepleeg het om die UFO in die stert van Hally se komeet te
"betree".
Re: Wat dink julle [boodskap #49749 is 'n antwoord op boodskap #49698] Vr, 07 September 2001 17:42 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek is nie seker of ons van dieselfde boek praat nie; is dit die vrou wat
maagkanker gehad het en wat ontvoer is deur haar kollegas?

Elaine

"Riaan" skryf in boodskap news:9n9rhl$30tv$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Ek het so rukkie terug die boek gelees van Rebecca Brown "He came to set the
> captives free".
> In wese het ek nie regtig 'n probleem met die boek nie maar daar is wel een
> deel wat ek gladnie verstaan nie en dit veroorsaak dat ek nou so bietjie
> skepties is oor die boek.
>
Vorige onderwerp: alweer raasisme antie
Volgende onderwerp: 'n Renoster en varke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 21 20:13:39 MGT 2024