Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bobotieresep vir Rico
Bobotieresep vir Rico [boodskap #49613] Do, 06 September 2001 11:49
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
670g maalvleis
2 dik snye brood, in melk geweek
1/2 t peper
1/2 k asyn
2 aartappels, gerasper
3 piesangs
11/2 t borrie
1 t sout
1 ui
1 e kerrie
1/2 k appelkooskonfyt
1 eier

Meng vleis met speserye
Voeg gerasperde ui en aartappels by
Plaas in 'n gesmeerde bakskottel
Bak vir 30 min .
Plaas appelkooskonfyt & piesangskywe bo-op
Bak nog 30 minute.

&&@@##!!! Tipies Namakwalandse vrouens - kan nie eers 'n resep in 'n boek
reg plaas nie!!
OK - Hier is die REGTE metode - volgens my.

Braai gerasperde ui in pan met olie tot effens bruin
Meng borrie, asyn en kerrie, en voeg by uie en laat dit net opkook.
Druk melk uit brood en krummel dit by vleis.
Voeg vleismengsel by uiemengsel en meng goed.
Plaas in gesmeerde bakskottel.
Bak 30 minute by 180% of tot vleis gaar is.
Plaas appelkooskonfyt en skywe piesang op en bak nog 30 minute.
Klits eier met uitgedrukte melk ( 1 koppie) - ek sal sommer nog 'n eier
bysit vir die lekkerte - en gooi oor vleismengsel .
Plaas terug in oond en bak totdat eiermengsel ligbruin is.

Bedien saam met rys en ander lekker goed, soos perskeblatjang, klapper en
mayonaise.

Annette
Vorige onderwerp: Hoe gaan dit???
Volgende onderwerp: Van Biere en Boobies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 05:51:42 MGT 2024