Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kanadese ereburgers
Kanadese ereburgers [boodskap #4953] Vr, 23 Junie 2006 15:14 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tot dusver was daar nog net twee mense wat ereburgers
van Kanada gemaak is. Die een is Raoul Wallenberg, die
Sweedse diplomaat wat gedurende die Tweede Wêreld-
oorlog talle Jode uit Duitsland uitgesmokkel het. Die ander
ereburger is Nelson Mandela. Nou sien ek dat hulle die
Dalai Lama ook ereburger van Kanada gaan maak. Dit
verbaas my nogal. Die Kanadese regering het tot dusver
hulself gedistansieer van die Dalai Lama, want hulle is
te bang om op Sjina se tone te trap. Ek wonder of die
nuwe Konserwatiewe Regering iets daarmee te doen
het.

Gloudina
Re: Kanadese ereburgers [boodskap #4954 is 'n antwoord op boodskap #4953] Sa, 24 Junie 2006 04:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja Anti dis nogal iets om oor verwonderd te staan. Kanadese wat
aanvegbare besluite neem is voorwaar iets om oor hande saam te slaan en
te ....wonder. Miskien is daar tog nog hoop vir julle - maar onthou,
dit kon 'n glips gewees het.

bou...@rogers.com wrote:
> Tot dusver was daar nog net twee mense wat ereburgers
> van Kanada gemaak is. Die een is Raoul Wallenberg, die
> Sweedse diplomaat wat gedurende die Tweede Wêreld-
> oorlog talle Jode uit Duitsland uitgesmokkel het. Die ander
> ereburger is Nelson Mandela. Nou sien ek dat hulle die
> Dalai Lama ook ereburger van Kanada gaan maak. Dit
> verbaas my nogal. Die Kanadese regering het tot dusver
> hulself gedistansieer van die Dalai Lama, want hulle is
> te bang om op Sjina se tone te trap. Ek wonder of die
> nuwe Konserwatiewe Regering iets daarmee te doen
> het.
>
> Gloudina
Re: Kanadese ereburgers [boodskap #4957 is 'n antwoord op boodskap #4953] Ma, 26 Junie 2006 09:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jou volle e-pos-adres is in die pos...
Verwag baie spam...

On 23 Jun 2006 08:14:32 -0700, bou...@rogers.com wrote:

> Tot dusver was daar nog net twee mense wat ereburgers
> van Kanada gemaak is. Die een is Raoul Wallenberg, die
> Sweedse diplomaat wat gedurende die Tweede Wêreld-
> oorlog talle Jode uit Duitsland uitgesmokkel het. Die ander
> ereburger is Nelson Mandela. Nou sien ek dat hulle die
> Dalai Lama ook ereburger van Kanada gaan maak. Dit
> verbaas my nogal. Die Kanadese regering het tot dusver
> hulself gedistansieer van die Dalai Lama, want hulle is
> te bang om op Sjina se tone te trap. Ek wonder of die
> nuwe Konserwatiewe Regering iets daarmee te doen
> het.
>
> Gloudina
Re: Kanadese ereburgers [boodskap #4958 is 'n antwoord op boodskap #4957] Di, 27 Junie 2006 12:11 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf

> Jou volle e-pos-adres is in die pos...
> Verwag baie spam...

Ek weet nie hoe om dit te verander nie. Sal kyk
of iemand my kan help. Ons spam word as
"bulk" apart gewys, en mens moet net, voordat
jy dit in bulk verwyder, kyk of hulle nie een wat
mens wel wil lees, as bulk daarin gesit het nie.
Sal werk maak.

Gloudina
Vorige onderwerp: Kleurloos, karakterloos
Volgende onderwerp: Tony Links verongeluk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 17:37:17 MGT 2024