Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Tyd en die Klein Karoo " deur FERDI GREYLING
" Tyd en die Klein Karoo " deur FERDI GREYLING [boodskap #4951] Vr, 23 Junie 2006 11:57
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
TYD EN DIE KLEIN KAROO
Ferdi Greyling

Ek het die son ge-eet
wat groen druppels
aan die wingerd hang.

Blou vibreer die land
tot teen die berge
wat in die noorde klop.

Die huise hier
is baksteenskepe
wat dobber op dae.

Snags bo die veld
kolk die sterre
strome in die tyd.

Anderkant, by Calitzdorp,
het tyd lank reeds sy groen gety
deur die bruin grond gedruk.
Vorige onderwerp: Kontinentale Drywing deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: " Die Brand" deur JAN CELLIERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 03:34:48 MGT 2024