Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Koper, kapel" deur CHARL-PIERRE NAUDÉ
"Koper, kapel" deur CHARL-PIERRE NAUDÉ [boodskap #49353] Ma, 03 September 2001 14:22
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Koper, kapel
Charl-Pierre Naudé

Ons het my pa op 'n herfsdag begrawe:
die morele lig geblus, vir altyd die sakdoek
van sy hande opgevou. In die kas se hoek:
sy skoene met die houtvoete wat nooit skawe nie,

die skoensole ou munte uit 'n sirkulasie
deur die grond geslyt. Ek onthou die herfs, die kapel,
'n skip op die see, die rawe. Mense wat bel.
Wit hartseer het my met 'n snyer se grasie

uitgedos soos 'n kaptein, die vroue se koppe
het gedraai. Die skaduwee van 'n vliegtuig
het oor die kapel geswiep, teen die mure gebuig
en geflits binne, die vuur in die kisknoppe

gedoof 'n oomblik lank. A! Chopin, en die skel
herfs, komplimente van die SAL.
Vorige onderwerp: "Inisiasie" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: "Alter ego" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:11:39 MGT 2024