Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rassisme
Rassisme [boodskap #49294] So, 02 September 2001 14:37
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur wrote:

> Ik moet hier wel bij vermelden dat veel van de zaken die in de
> links-intellectuele-dictatuur waarin wij leven als kentekenen van "racisme"
> worden bestempeld, in mijn ogen dat lang niet altijd zijn. De termen
> "racisme" en "racist" zijn tegenwoordig vooral wapens die worden gebruikt om
> criticasters van het systeem effectief monddood te maken. Deze termen worden
> dan ook steeds betekenislozer. Zozeer zelfs dat sommige mensen de werkelijke
> betekenis niet meer kennen en ieder grijntje kritiek van een wit persoon op
> iemand met een andere achtergrond als kenteken van racisme gaan zien.
>

Kom ons analiseer sommige dinge wat jy sê, Arthur.

Neem nou die laaste sin. Jy praat van die kritiek-van-wit-persone-
op-swart-persone wat dan gesien word as rassisties deur die swart
persone. Nou - ek wil vir jou een ding uitwys. Hierdie geklaery kom
lyk dit vir my deesdae in SA uit die mond van wittes:" Ons het die reg om
die swartes so sleg te sê as ons wil, en hulle is die sondebokke wat
vir ons as rassisties bestempel." Dis maar nog 'n nuwe "wit"slagkreet.
Daar is tog dinge wat die sogenaamde swart regering ( wat nie werklik
swart is nie) reg doen. Kritiseer die aksies van die regering wanneer dit
iets verkeerd doen. Maar moet hulle nie uitkryt omdat hulle aan 'n rasse-
groep behoort wat jy as minderwaardig beskou nie.

Ek neem kennis van die feit dat jy jou omgewing as 'n links-intellektuele
diktatuur sien. Dis nou jy, in Nederland. Nou hoekom dink jy jou omgewing
het so geword? Hoekom sien jy dit as 'n diktatuur? Wie het die mag? Ek stel
voor dat jou "links-intellektuele-diktatuur", wat dan seker dieselfde is as wat
bedoel word met "polities-korrek", 'n omgewing is wat geskep is nadat vrou-
mense begin rebelleer het teen patriargale diktature, 'n omgewing geskep deur
nie-wittes wat begin objekteer het teen die heerskappy van die ou wit omies,
'n omgewing geskep deur homoseksuele mense ( meestal lesbiane, wat baie
militant is) wat begin objekteer het teenoor die dwingelandy van die hetero-
seksuele diktature van die westerse beskawing. So, wat jy as diktatuur sien,
sien ek as 'n omgewing waarin die oorgrote meerderheid deur algemene
konsensus begin om vir alle soorte mense 'n waardige en waardevolle plek in
die maatskappy te gee.
Dis vir my so interessant dat mens nou in die VSA wit mense sien objekteer

teenoor die rassisme van swart mense. Gister glo het 'n wit tennisspeler kapsie
gemaak teenoor die besluit van 'n lynsman, wat besluit het ten voorbaat van die
swart speler. Hulle kon hom duidelik hoor sê:" kyk maar na sy kleur." Noudat
swart mense in die VSA uiteindelik deurbreek in tennis ( in die ou dae 'n
witmans-
spel, omdat dit so duur was), nou is daar allerhande klagtes van die wittes -
die
Williams-susters kry glo teveel sponsors na hulle smaak. So, daar is net soveel
racist-speak in die wit gemeenskappe, nie net in SA nie, maar ook in ander dele
van die wereld.
Almal is so opgewonde oor al die gepraat oor rassisme in Durban hierdie
week. En dit is seker waar dat die Israel-Palestine kwessie die saak glad teveel

oorheers. Maar ek dink dis gesond dat daar uiteindelik gepraat word oor hierdie
soort ding. Dis tyd dat mense hulle provinsiale groep-predileksies prysgee en
mense begin sien as inwoners van dieselfde aardbol. Dis eers dan dat mens
streeksverskille kan begin celebrate vir wat dit is - die "witmense" en
"kleurlinge" van die Weskaap het byvoorbeeld baie meer in gemeen as die
"wit mense" en die "swartes" van Noord-Transvaal. Moenie die wittes in een
mandjie gooi en die swartes in 'n ander nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Gesonde Rooi Wyn
Volgende onderwerp: Rassisme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 10:31:08 MGT 2024