Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » UCT MBA program onder die beste
UCT MBA program onder die beste [boodskap #4915] Di, 30 Mei 2006 14:55 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die " Financial Times" plaas die UCT MBA program
op die 66ste plek in hulle top honderd beste MBA programme
in die wêreld. ( Dit was 82ste verlede jaar.) As mens in ag
neem dat daar duisende MBA progamme vir hierdie keuse
in aanmerking geneem moes word, dan is dit nogal nie sleg
nie.

Gloudina
Re: UCT MBA program onder die beste [boodskap #4917 is 'n antwoord op boodskap #4915] Wo, 31 Mei 2006 04:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Daar was plaaslik, op een van die SABC-kanale 'n program (ek dink dit
was SABC 3) waarin van die land se MBA-studente met mekaar gekompeteer
het. 'n Probleemstelling deur 'n instelling (maatskappy) het dan gedien
as die teikenprobleem vir die MBA-studente. Die program het bepaald 'n
wenresep gehad vir lekker opvoedkundige kykstof.
Ek het twee programme gekyk en opgegee. Lyk my ons kan niks in die land
doen sonder om ras te betrek nie. In die program waarna ek gekyk het
was die UCT-span volledig blank en manlik - hul opponente van Wits was
gemengd. Die UCT-span, wat m.i. die beter span was, is gekritiseer, en
wat my betref, gepenaliseer vanwee hul samestelling. Toe't ek maar net
weer besef - ons rassebeheptheid sal eindig wanneer die Israelis en
Palestyne in vrede kan saamleef.
Op 'n ander noot. Die geweldige toename in die getal MBA-instellinge en
mense wat daaraan deelneem het die aanvanklike uitsoekwaarde daarvan
ietwat in die voet geskied.

bou...@rogers.com wrote:
> Die " Financial Times" plaas die UCT MBA program
> op die 66ste plek in hulle top honderd beste MBA programme
> in die wêreld. ( Dit was 82ste verlede jaar.) As mens in ag
> neem dat daar duisende MBA progamme vir hierdie keuse
> in aanmerking geneem moes word, dan is dit nogal nie sleg
> nie.
>
> Gloudina
Re: UCT MBA program onder die beste [boodskap #4921 is 'n antwoord op boodskap #4917] Wo, 31 Mei 2006 22:11 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

In die program waarna ek gekyk het
> was die UCT-span volledig blank en manlik - hul opponente van Wits was
> gemengd. Die UCT-span, wat m.i. die beter span was, is gekritiseer, en
> wat my betref, gepenaliseer vanwee hul samestelling.

Interessant. Soos ek vantevore al vertel het, is UCT
nogal streng as dit by toelatings kom. Ons seun, wat
sy MBA gedoen het, moes 'n onderhoud hê voordat
hulle hom toegelaat het. ( 'n UCT professor het hom
in Quebec City ontmoet vir die onderhoud.)

Gloudina
Vorige onderwerp: Weer tyd vir Brecht
Volgende onderwerp: Robbie Robertson
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 11:21:37 MGT 2024