Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Visgeregte was: Vleisgeregte!??
Visgeregte was: Vleisgeregte!?? [boodskap #49088] Do, 30 Augustus 2001 07:51 na volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:josqoto2tccmmr6rphdpf9hp72blnc53k4@4ax.com...
>
> LOL! Gaan jy my ooit vergewe? :-)))))
>
Geheue soos 'n olifant. Vergeet nie, vergewe nie :-))))

>
> Ek glo jou. :-) Ek is baie lief vir enige vis - solank dit nie
> "visserig" proe nie ...(dis nou seker my vaalpens onderrok wat
> uithang) :-))

Modderig is nader aan die waarheid. Ek kry nie varswatervis geëet nie en ek
weet hier krap ek nou weer waar dit nie jeuk nie. Klaar my skermpet
opgesit. Ek het al kurpers in glashelder water gevang en dan proe ek nog die
modder. 'n Ernstige kerrie is al wat dit amper verdoesel.

> My man loer hier oor my skouer en vertel vir my dat ek
> al "rock cod" gevang het daar by Port Alfred. Maar toe moes ek weer
> daaraan herinner word dat die vissies wat ek gevang het nou nie juis
> eetbaar was nie, want hulle was blykbaar te klein. Ek het weer gedink
> dit was omdat hulle so vreeslik lelik was. :-)))
>
Katgesig klipkabeljou is die een om te eet as jy hom kan opspoor. Mensig
hoe lus raak ek nou vir 'n lekker stuk gebraaide vis. Hierdie een is donker
grys met strepe in sy gesig soos 'n kat. Ek het ook al een gebraai wat
helder oranje is met blou-pers kolletjies op. Dis 'n pragtige vis. Sy vel
is dik en amper leeragtig.

>
> Ja, dit sal nogal interessant wees. Miskien weet Annette? Maar jy
> het my vraag geantwoord - dankie Sakkie. Ek het net vergeet dat
> kabeljou, salm genoem word. :-) Buitendien dink ek dit is sommer
> simpel om Kanadese Salm in te voer as daar so baie en lekkerder
> inheemse visse in SA is.

Ek sien jy skryf dit salm, wat natuurlik heeltemal reg is. In hierdie
geweste praat niemand van salm nie, dis salmon, uitgespreek sa-min. Die sa
gedeelte soos die engelse "sack"
Re: Gerookte varswatervis is lekker. [boodskap #49185 is 'n antwoord op boodskap #49088] Vr, 31 Augustus 2001 20:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie"
:Ek het al kurpers in glashelder water gevang en dan proe ek nog
die
: modder. 'n Ernstige kerrie is al wat dit amper verdoesel.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Destyds toe ons Kapenaars vir die Vaalpense die Vaaldam se wal
moes verhoog het, het ek die Babers gerook, (nie in my pyp nie),
en dit het baie lekker gesmaak, so en so dat ek my Kaapse buurman
uitgevang het toe ek vir hom 'n stuk gerookte 'snoek' te gee om
te eet. Selfs die Geelvis het ook nie te sleg afgegaan nie. Net
te veel grate :-(

Lengte van babers: 6vt...... LW.----> � [nou kan jy nie sê ek
lieg nie :-) ]

Visgereedskap: 16mm dia. x 3m rondestaal (word gebruik soos 'n
knuppel)

Plek van vangs: Rivierafkant van die wal nadat die sluise
toegemaak
is. Sifdraad word die vorige aand voor die pype van die
grondpadbruggie gesit.
Re: Gerookte varswatervis is lekker. [boodskap #49334 is 'n antwoord op boodskap #49185] Ma, 03 September 2001 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Tobie skryf in boodskap news:9mpiuc$m3u$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> "Sakkie"
> :Ek het al kurpers in glashelder water gevang en dan proe ek nog
> die
> : modder. 'n Ernstige kerrie is al wat dit amper verdoesel.
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
> Destyds toe ons Kapenaars vir die Vaalpense die Vaaldam se wal
> moes verhoog het, het ek die Babers gerook, (nie in my pyp nie),
> en dit het baie lekker gesmaak, so en so dat ek my Kaapse buurman
> uitgevang het toe ek vir hom 'n stuk gerookte 'snoek' te gee om
> te eet. Selfs die Geelvis het ook nie te sleg afgegaan nie. Net
> te veel grate :-(
>
> Lengte van babers: 6vt...... LW.----> � [nou kan jy nie sê ek
> lieg nie :-) ]

My Pa het ook baie keer by die dam of net na die kleiner bruggie gaan
visvang (Ek aanvaar dit was die ou pad/brug, kan nou nie meer juis onthou
nie, ek was maar baie klein) Ek onthou ook die groot babers, meeste van
hulle was so lank soos ek... nie dat ek juis baie lank was op daardie tyd
nie ;)) Ons het altyd die babers vir ons huishulp geneem, self dus nooit
geproe nie.

>
> Visgereedskap: 16mm dia. x 3m rondestaal (word gebruik soos 'n
> knuppel)

Herinner my aan die keer wat my skoonsus se seun sommer met die golfstok, 'n
vis uit die vlakwatertjies slaan by Centurion golfbaan!

Shannon

>
> Plek van vangs: Rivierafkant van die wal nadat die sluise
> toegemaak
> is. Sifdraad word die vorige aand voor die pype van die
> grondpadbruggie gesit.
>
Re: Gerookte varswatervis is lekker. [boodskap #49456 is 'n antwoord op boodskap #49334] Di, 04 September 2001 20:33 Na vorige boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Shannon"
: My Pa het ook baie keer by die dam of net na die kleiner
bruggie gaan
: visvang (Ek aanvaar dit was die ou pad/brug, kan nou nie meer
juis onthou
~~~~~~~
nee, dit was 'n grondbruggie wat ons self gemaak het sodat ons
nie met die teerpad om hoef te gery het nie. Dit was maar so 'n
100 meter van die wal af.
~~~~~~~~~~~~
: nie, ek was maar baie klein) Ek onthou ook die groot babers,
meeste van
: hulle was so lank soos ek... nie dat ek juis baie lank was op
daardie tyd
: nie ;)) Ons het altyd die babers vir ons huishulp geneem, self
dus nooit
: geproe nie.
:
: >
: > Visgereedskap: 16mm dia. x 3m rondestaal (word gebruik soos
'n
: > knuppel)
:
: Herinner my aan die keer wat my skoonsus se seun sommer met die
golfstok, 'n
: vis uit die vlakwatertjies slaan by Centurion golfbaan!
~~~~~~~~~~
was dit toe 'n one-in-hole :-)
~~~~~~~
: Shannon
Vorige onderwerp: In Memoriam
Volgende onderwerp: Re: Vir Rico
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 19:43:51 MGT 2024