Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Groenspreeu" deur P.W. BUYS
"Groenspreeu" deur P.W. BUYS [boodskap #48985] Di, 28 Augustus 2001 16:47
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

GROENSPREEU
P.W. BUYS

“Die digter is 'n leuenaar wat altyd die
waarheid praat.” Jean Cocteau

Jy kan die groenspreeu nie vertrou,
hy lieg die aarde pimpelblou.

Hy fluit die hemel lowergroen,
paljas 'n pruim tot perlemoen.

Hy tierelier die suring soet,
die katjiepiering swart soos roet.

Hy vonkel, konkel, toor die son
tot 'n ranonkelrooi ballon.

Die groenspreeu is 'n kunstenaar -
soms lieg hy selfs die waarheid waar.
Vorige onderwerp: "Biologieklas" deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: "In die katkisasie-klas" deur A.G. VISSER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:40:03 MGT 2024