Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Semper Splendidior
Semper Splendidior [boodskap #48947] Di, 28 Augustus 2001 07:37 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dis nou vir al die oud PRG manne.
(Jammer Gloudina, Anette, Danielle, Emmy en die ander dames: julle's
uitgesluit weens onveranderbare geslagsvoorkeure)

Ek was daar vana 67 - 71: Chief was eers GJ Smit tot middel 69, toe DJ de
Villiers (Oom Dawid, broer van prof. Roux de Villiers Dekaan Ingenieurswese,
en later vise-rektor by US)
Wiskunde gehad vanaf 68 tot 71 by die Maanskyn, Duits by oom Ters van
Huyssteen. Hy leef nog, en ek sien hom nog heel dikwels met sy Citroen
Pallas hier voor die gebou verby ry. Afrikaans by die dierbaar dood goeie
goed dooie oom Klaasvakie (Riedeman) gehad. Engels by miss de Kock, ant
Siena met haar "come come, Japie is lus vir boud 'whack-whack-whack'
something to remember me by, bly stil en keep quiet" en tot vandag toe nog
gebruik ek haar Engels.
St 6/7 Wetenskap by Oom Os (Jan Loedolf) gehad. Hy leef nog "very much
thank you". "Heerge de Wet, en jy's nog net so wrgagtag maarg soos altyd"
Oom At Slabber is nou al so 'n hele paar jaar oorlede. Ek het al hier by
die US gewerk na 84 toe ek hom dikwels nog op straat gekry het.
Okkie van Wyk is ook al oorlede (met sy paryse agteroorkapsel soos Piet
Faber ('72) sou sê)
Ook in Prima gewees. Eers was dit Secunda, en Prima Nova was Prima, en toe
in 68 of 69 is die name verander.
In Prima had ons ook vir ou Whitford as koshuis onnie: Die suur ou wat Latyn
gegee het. Een dag het die matrieks mos sy Mini tot voor sy klaskamer se
deur gedra en kon hy nie by die klas uit nie. Sy siel het ons darem ook tot
die uiterste toe beproef: Sy kamer was reg langs maker 19 bo-op die trap.
Saans na ligte-uit, maak hy kamerdeur oop en dan tik die siel sy Latyn
vraestelle op sy Olivetti tikmasjientjie. Die hele gang gee antwoord soos hy
tik.
Ons (Patties Scholtz, Michael(Nappy) du Toit, Kosie de Jager en ek) kry
iewers deur die dag selofaanpapier. Wag tot na ligte uit. Whitford se deur
oop. Wag tot hy begin tik en wat nog. verkreukel ons die selofaanpapier
dat hy dit nou moet hoor. Een keer, geen reaksie. Nog 'n keer, niks.
Derde keer: Wham.. Sluipende ge-pantoffelde voetstappe. Sagkens word deur
oopgemaak. Indringende ligrstaal van sy flits (Dis na ligte-uit, geen lig
aanskakel nie) In sy diep basstem: "Who's got food in this room" Geen
reaksie. 4 slapers. Weer die stem. "Sir?" kastig vakerig kom dit van
Michael. Weer die vraag. "No sir, we have no food" (Ons mag nie kos in die
kamers aanhou nie. Nie lekkers, brood, beskuit of wat ookal nie. Njadda)
So word elke bed deurgesoek. Niks gevonde, maar iewers hoor hy toe die
geritsel van die selofaan. Ja ons moes maar gaan "oplaain" "Bend over on to
the bed with your kamerjas telled op" en twee houtjies later is jy brandgat
en al terug in die bed om te gaan slaap.
So had ons al ons karakters daar. Sparks Esterhuizen, die ou wat die hele
skool in 3 maande topfiks gemaak het met sy
" lê-rugsteun-posisie-gereed-en-as-ek-sê-spark-dan-spark-j y " en sy opgerolde
springtou...
Herr Moen met sy weglê snor en wilde baard (Hy moes eintlik die bynaam
Castro gekry het, want hy lyk nes Fidel-die-diedel.) Sy BMW het ook vir 'n
hele paar dae in sy Duitse klas op die eerste vloer gestaan...
Anna le Roux met haar (somtyds) luide stem Engels hoër gegee. Tjoepies
Kritzinger met sy aardrykskunde. Hy was die enigets onnie wat geen huiswerk
gegee het nie. "Ek sien nie opstelle na nie. Dit kan julle vir die
skreeuende heks hie langsaan doen" (Met verwysing na Anna le Roux). "Ek het
beter dinge om my aande mee te verwyl" en dan Vrydagoggende met sy boepronde
magie in daai kadetuniform en sy rooi neus ewe vroom op die tafel te tik met
die hamer (as Kaas nie daar is nie) om ons te laat opstaan vir chief se
"binnekoms".

Sal ek dan vergeet hoe een van die '70 matrieks die oggend van die laaste
matriek vraestel, om kwart voor ses, 'n hele string klappers laat afgaan het
aan die bo-punt van die trap. En ons ander moes maar die middag studiesaal
sit sodat die 'skuldige oor sy daad berou kan toon en die manhaftige stap
doen om vorentoe te kom" "Toe, kom nou: Wie was dit?" Scheltema, Okkie,
Shortie (de Vries) staar elk elke ou koshuis brakkie middeldeur in die hoop
dat die "skuldige" tog sal vorentoe kom. Okkie se vrou, Heleen, was toe
hoog swanger met hul eersteling, en almal het in "angs en bewing" geloop oor
die komende baba...
Eers by ons re-unie in 96 het ek toe uitgevind wie die skuldige was... Koei
Beukman
Ja, Anton Lubowski was toe ook in matriek en hy en Koei was nogal
kamermaats.

Shortie koop mos vir hom so 'n diep-pers Toyota Corona 1600 OHC. Parkeer
persmonster op die studiesaal se stoep. Een Sondagoggend in ons matriekjaar
(71) toe ons opstaan, had een "onbekende persoon" met wit Shushine op die
pers besigheid geskryf: "Who could have thought it that shit could have
bought it". Na middagete: Studiesaal toe, en daar sit ons die heel middag.
Tevergeefs of die skuldige vorentoe sal kom. Een vir almal en almal vir
een. Die had ek ook later eers uitgevind, maar ek sal nie sy identiteit
bekend maak nie.

Saam met my hier by die US se IT afdeling werk: Callie van der Merwe (71),
Nico Goosen (vermoed 79/80)

Laat kom julle stories....

Thys op die Noordwal
Re: Semper Splendidior [boodskap #48950 is 'n antwoord op boodskap #48947] Di, 28 Augustus 2001 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ek was daar van 1959-1963
Eerste hoof was Koch de Jager (sy seun Jock is vandag die hoof)
Daarna het Ters van Huyssteen waargeneem en toe het Dallas (GJ Smit)
oorgeneem. Behalwe vir ant Siena, wie se man Sam die hoof van die Laerskool
was (daar was ek ook), ken ek die ander onderwysers nie.
Maanskyn klink of dit de Jongh kan wees.

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9mfhnc$2f4a$1@news.adamastor.ac.za...
Dis nou vir al die oud PRG manne.
(Jammer Gloudina, Anette, Danielle, Emmy en die ander dames: julle's
uitgesluit weens onveranderbare geslagsvoorkeure)

Ek was daar vana 67 - 71: Chief was eers GJ Smit tot middel 69, toe DJ de
Villiers (Oom Dawid, broer van prof. Roux de Villiers Dekaan Ingenieurswese,
en later vise-rektor by US)
Wiskunde gehad vanaf 68 tot 71 by die Maanskyn, Duits by oom Ters van
Huyssteen. Hy leef nog, en ek sien hom nog heel dikwels met sy Citroen
Pallas hier voor die gebou verby ry. Afrikaans by die dierbaar dood goeie
goed dooie oom Klaasvakie (Riedeman) gehad. Engels by miss de Kock, ant
Siena met haar "come come, Japie is lus vir boud 'whack-whack-whack'
something to remember me by, bly stil en keep quiet" en tot vandag toe nog
gebruik ek haar Engels.
St 6/7 Wetenskap by Oom Os (Jan Loedolf) gehad. Hy leef nog "very much
thank you". "Heerge de Wet, en jy's nog net so wrgagtag maarg soos altyd"
Oom At Slabber is nou al so 'n hele paar jaar oorlede. Ek het al hier by
die US gewerk na 84 toe ek hom dikwels nog op straat gekry het.
Okkie van Wyk is ook al oorlede (met sy paryse agteroorkapsel soos Piet
Faber ('72) sou sê)
Ook in Prima gewees. Eers was dit Secunda, en Prima Nova was Prima, en toe
in 68 of 69 is die name verander.
In Prima had ons ook vir ou Whitford as koshuis onnie: Die suur ou wat Latyn
gegee het. Een dag het die matrieks mos sy Mini tot voor sy klaskamer se
deur gedra en kon hy nie by die klas uit nie. Sy siel het ons darem ook tot
die uiterste toe beproef: Sy kamer was reg langs maker 19 bo-op die trap.
Saans na ligte-uit, maak hy kamerdeur oop en dan tik die siel sy Latyn
vraestelle op sy Olivetti tikmasjientjie. Die hele gang gee antwoord soos hy
tik.
Ons (Patties Scholtz, Michael(Nappy) du Toit, Kosie de Jager en ek) kry
iewers deur die dag selofaanpapier. Wag tot na ligte uit. Whitford se deur
oop. Wag tot hy begin tik en wat nog. verkreukel ons die selofaanpapier
dat hy dit nou moet hoor. Een keer, geen reaksie. Nog 'n keer, niks.
Derde keer: Wham.. Sluipende ge-pantoffelde voetstappe. Sagkens word deur
oopgemaak. Indringende ligrstaal van sy flits (Dis na ligte-uit, geen lig
aanskakel nie) In sy diep basstem: "Who's got food in this room" Geen
reaksie. 4 slapers. Weer die stem. "Sir?" kastig vakerig kom dit van
Michael. Weer die vraag. "No sir, we have no food" (Ons mag nie kos in die
kamers aanhou nie. Nie lekkers, brood, beskuit of wat ookal nie. Njadda)
So word elke bed deurgesoek. Niks gevonde, maar iewers hoor hy toe die
geritsel van die selofaan. Ja ons moes maar gaan "oplaain" "Bend over on to
the bed with your kamerjas telled op" en twee houtjies later is jy brandgat
en al terug in die bed om te gaan slaap.
So had ons al ons karakters daar. Sparks Esterhuizen, die ou wat die hele
skool in 3 maande topfiks gemaak het met sy
" lê-rugsteun-posisie-gereed-en-as-ek-sê-spark-dan-spark-j y " en sy opgerolde
springtou...
Herr Moen met sy weglê snor en wilde baard (Hy moes eintlik die bynaam
Castro gekry het, want hy lyk nes Fidel-die-diedel.) Sy BMW het ook vir 'n
hele paar dae in sy Duitse klas op die eerste vloer gestaan...
Anna le Roux met haar (somtyds) luide stem Engels hoër gegee. Tjoepies
Kritzinger met sy aardrykskunde. Hy was die enigets onnie wat geen huiswerk
gegee het nie. "Ek sien nie opstelle na nie. Dit kan julle vir die
skreeuende heks hie langsaan doen" (Met verwysing na Anna le Roux). "Ek het
beter dinge om my aande mee te verwyl" en dan Vrydagoggende met sy boepronde
magie in daai kadetuniform en sy rooi neus ewe vroom op die tafel te tik met
die hamer (as Kaas nie daar is nie) om ons te laat opstaan vir chief se
"binnekoms".

Sal ek dan vergeet hoe een van die '70 matrieks die oggend van die laaste
matriek vraestel, om kwart voor ses, 'n hele string klappers laat afgaan het
aan die bo-punt van die trap. En ons ander moes maar die middag studiesaal
sit sodat die 'skuldige oor sy daad berou kan toon en die manhaftige stap
doen om vorentoe te kom" "Toe, kom nou: Wie was dit?" Scheltema, Okkie,
Shortie (de Vries) staar elk elke ou koshuis brakkie middeldeur in die hoop
dat die "skuldige" tog sal vorentoe kom. Okkie se vrou, Heleen, was toe
hoog swanger met hul eersteling, en almal het in "angs en bewing" geloop oor
die komende baba...
Eers by ons re-unie in 96 het ek toe uitgevind wie die skuldige was... Koei
Beukman
Ja, Anton Lubowski was toe ook in matriek en hy en Koei was nogal
kamermaats.

Shortie koop mos vir hom so 'n diep-pers Toyota Corona 1600 OHC. Parkeer
persmonster op die studiesaal se stoep. Een Sondagoggend in ons matriekjaar
(71) toe ons opstaan, had een "onbekende persoon" met wit Shushine op die
pers besigheid geskryf: "Who could have thought it that shit could have
bought it". Na middagete: Studiesaal toe, en daar sit ons die heel middag.
Tevergeefs of die skuldige vorentoe sal kom. Een vir almal en almal vir
een. Die had ek ook later eers uitgevind, maar ek sal nie sy identiteit
bekend maak nie.

Saam met my hier by die US se IT afdeling werk: Callie van der Merwe (71),
Nico Goosen (vermoed 79/80)

Laat kom julle stories....

Thys op die Noordwal
Re: Semper Splendidior [boodskap #48958 is 'n antwoord op boodskap #48947] Di, 28 Augustus 2001 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afro Ozzie  is tans af-lyn  Afro Ozzie
Boodskappe: 37
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9mfhnc$2f4a$1@news.adamastor.ac.za...
> Dis nou vir al die oud PRG manne.
> (Jammer Gloudina, Anette, Danielle, Emmy en die ander dames: julle's
> uitgesluit weens onveranderbare geslagsvoorkeure)
>
>
> Laat kom julle stories....
>
> Thys op die Noordwal
>
Jy onthou darem goed. Ek sal eers moet dink en bietjie delf in die verlede.
Onthou jy nog ou Perdebek. Hy is 'n oom van my en nog net so vol snaakse
segoed. Net baie siek en glo hy het nie meer baie tyd oor nie.
Cheers
AO
Re: Semper Splendidior [boodskap #48959 is 'n antwoord op boodskap #48947] Di, 28 Augustus 2001 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afro Ozzie  is tans af-lyn  Afro Ozzie
Boodskappe: 37
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9mfhnc$2f4a$1@news.adamastor.ac.za...
> Dis nou vir al die oud PRG manne.
> (Jammer Gloudina, Anette, Danielle, Emmy en die ander dames: julle's
> uitgesluit weens onveranderbare geslagsvoorkeure)
>
>
> Laat kom julle stories....
>
> Thys op die Noordwal
>
Jy onthou darem goed. Ek sal eers moet dink en bietjie delf in die verlede.
Onthou jy nog ou Perdebek. Hy is 'n oom van my en nog net so vol snaakse
segoed. Net baie siek en glo hy het nie meer baie tyd oor nie.
Cheers
AO
Re: Semper Splendidior [boodskap #48960 is 'n antwoord op boodskap #48947] Di, 28 Augustus 2001 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afro Ozzie  is tans af-lyn  Afro Ozzie
Boodskappe: 37
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9mfhnc$2f4a$1@news.adamastor.ac.za...
> Dis nou vir al die oud PRG manne.
> (Jammer Gloudina, Anette, Danielle, Emmy en die ander dames: julle's
> uitgesluit weens onveranderbare geslagsvoorkeure)
>
>
> Laat kom julle stories....
>
> Thys op die Noordwal
>
Jy onthou darem goed. Ek sal eers moet dink en bietjie delf in die verlede.
Onthou jy nog ou Perdebek. Hy is 'n oom van my en nog net so vol snaakse
segoed. Net baie siek en glo hy het nie meer baie tyd oor nie.
Cheers
AO
Re: Semper Splendidior [boodskap #48961 is 'n antwoord op boodskap #48947] Di, 28 Augustus 2001 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Thys, ek het nie geweet daar was meer as een Oom Ters van Huyssteen op
hierdie aarde nie.
Die een wat ek geken het was saam met Oom Dirkie de Villiers dirigent van
die Vrystaatse jeugkoor - maar hy is al laaaaankal dood.
Hy was ( vir my) vreeslik snaaks - maar die meeste ander kinders het gedink
hy was 'n nare ou man.
Annette

> Thys op die Noordwal
>
Re: Semper Splendidior [boodskap #49022 is 'n antwoord op boodskap #48960] Wo, 29 Augustus 2001 06:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Perdebek alias mnr EHW Lategan, was bekend vir sy hand met 'n lat... (op jou
gat)
Baie nice onnie gewees. Jammer om te hoor van sy siekte.
Hy't vir ons "Sosiale Studies" gegee. (St 7/8)
Vra hy eendag sommer so terloops in die klas:

"Wie van julle se pa's boer?" Steek 'n paar van ons hande op.
"Wie se pa het 'n Fordson Major trekker wat waterpomp trek?" Steek Buddy
Smit sy hand op.
"Buddy, sê vir jou pa hy kan maar vir olie loop boor daar waar daai Fordson
staan. Hulle lek mos meer olie uit as wat mens kan ingooi."

Thys oppie Bos (tweekeer by Perdebek slae gekry, en gesorg dat ek ALTYD by
hom my werk klaar het...)

"Afro Ozzie" skryf in boodskap news:9mg5pq$14ab$1@austar-news.austarnet.com.au...
>
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:9mfhnc$2f4a$1@news.adamastor.ac.za...
>> Dis nou vir al die oud PRG manne.
>> (Jammer Gloudina, Anette, Danielle, Emmy en die ander dames: julle's
>> uitgesluit weens onveranderbare geslagsvoorkeure)
>>
>>
>> Laat kom julle stories....
>>
>> Thys op die Noordwal
>>
> Jy onthou darem goed. Ek sal eers moet dink en bietjie delf in die verlede.
> Onthou jy nog ou Perdebek. Hy is 'n oom van my en nog net so vol snaakse
> segoed. Net baie siek en glo hy het nie meer baie tyd oor nie.
> Cheers
> AO
>
Re: Semper Splendidior [boodskap #49076 is 'n antwoord op boodskap #49022] Wo, 29 Augustus 2001 23:13 Na vorige boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Thys, het jy Bobby geken (van die hoenderboere daar in die Bos)
Ek kan nie Bobby se van of sy plaasnaam onthou nie, maar onthou hy
was n mooi man, en sy plaas was groot en vooruitstrewend.

Pop

Thys de Wet skryf in boodskap news:9mi3a5$2et7$1@news.adamastor.ac.za...
> Perdebek alias mnr EHW Lategan, was bekend vir sy hand met 'n lat... (op jou
> gat)
> Baie nice onnie gewees. Jammer om te hoor van sy siekte.
> Hy't vir ons "Sosiale Studies" gegee. (St 7/8)
> Vra hy eendag sommer so terloops in die klas:
>
> "Wie van julle se pa's boer?" Steek 'n paar van ons hande op.
> "Wie se pa het 'n Fordson Major trekker wat waterpomp trek?" Steek Buddy
> Smit sy hand op.
> "Buddy, sê vir jou pa hy kan maar vir olie loop boor daar waar daai Fordson
> staan. Hulle lek mos meer olie uit as wat mens kan ingooi."
>
> Thys oppie Bos (tweekeer by Perdebek slae gekry, en gesorg dat ek ALTYD by
> hom my werk klaar het...)
>
> "Afro Ozzie" wrote in message
> news:9mg5pq$14ab$1@austar-news.austarnet.com.au...
>>
>> "Thys de Wet" wrote in message
>> news:9mfhnc$2f4a$1@news.adamastor.ac.za...
>>> Dis nou vir al die oud PRG manne.
>>> (Jammer Gloudina, Anette, Danielle, Emmy en die ander dames: julle's
>>> uitgesluit weens onveranderbare geslagsvoorkeure)
>>>
>>>
>>> Laat kom julle stories....
>>>
>>> Thys op die Noordwal
>>>
>> Jy onthou darem goed. Ek sal eers moet dink en bietjie delf in die
> verlede.
>> Onthou jy nog ou Perdebek. Hy is 'n oom van my en nog net so vol snaakse
>> segoed. Net baie siek en glo hy het nie meer baie tyd oor nie.
>> Cheers
>> AO
>>
>
Vorige onderwerp: Uit "Jopie Fourie" van JAN CELLIERS
Volgende onderwerp: korttermynversekeringsmaatskappy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 04 08:48:02 MGT 2024