Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Toemaar die donker man" deur INGRID JONKER
"Toemaar die donker man" deur INGRID JONKER [boodskap #41068] Do, 19 April 2001 03:44 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

TOEMAAR DIE DONKER MAN
(vir Simone)
Ingrid Jonker

Op die groen voetpad
van die horison ver
om die aarde skat,
stap 'n ou man wat
'n oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
en 'n rug gebuk aan sy jare.

Wat maak hy, mammie?

Hy roep die kriekies
Hy roep die swart
stilte wat sing
soos die biesies, my hart
en die sterre wat klop
tok-tok liefling,
soos die klein toktokkies
in hul fyn-ver kring.

Wat is sy naam, mammie?

Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet
uit die land van Vaak
Sy naam is toe maar
hy heet, my lam
Toemaar, die donker man

Mammie...

Toemaar, die donker man
Re: "Toemaar die Donker Man" deur INGRID JONKER [boodskap #48553 is 'n antwoord op boodskap #41068] Sa, 18 Augustus 2001 18:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit klink mooier as Laurika dit sing.
Annette

--
news:3B7EA80A.5CE0AD36@home.com...
> TOEMAAR DIE DONKER MAN
> (vir Simone)
> Ingrid Jonker
>
> Op die groen voetpad
> van die horison ver
> om die aarde skat,
> stap 'n ou man wat
> 'n oop maan dra in sy hare
> Nagtegaal in sy hart
> jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
> en 'n rug gebuk aan sy jare.
>
> Wat maak hy, mammie?
>
> Hy roep die kriekies
> Hy roep die swart
> stilte wat sing
> soos die biesies, my hart
> en die sterre wat klop
> tok-tok liefling,
> soos die klein toktokkies
> in hul fyn-ver kring.
>
> Wat is sy naam, mammie?
>
> Sy naam is Sjuut
> Sy naam is Slaap
> Meneer Vergeet
> uit die land van Vaak
> Sy naam is toe maar
> hy heet, my lam
> Toemaar, die donker man
>
> Mammie...
>
> Toemaar, die donker man
>
Re: "Toemaar die Donker Man" deur INGRID JONKER [boodskap #48568 is 'n antwoord op boodskap #41068] So, 19 Augustus 2001 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie net een van die lieflikste gedigde van Ingrid Jonker nie?
Elaine

skryf in boodskap news:3B7EA80A.5CE0AD36@home.com...
TOEMAAR DIE DONKER MAN
(vir Simone)
Ingrid Jonker
Re: "Toemaar die Donker Man" deur INGRID JONKER [boodskap #48594 is 'n antwoord op boodskap #41068] Ma, 20 Augustus 2001 12:45 Na vorige boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Oppie groenvoetpad
vannie horison ver
ommie aarde skat
stappe ou man wat
'n oop maan dra in sy hare
'n nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oopknoopsgat
en 'n rug gebuk aan sy jare

Jip, een van die mooistes, mooier as Laurika hom sing.

skryf in boodskap news:3B7EA80A.5CE0AD36@home.com...
> TOEMAAR DIE DONKER MAN
> (vir Simone)
> Ingrid Jonker
>
> Op die groen voetpad
> van die horison ver
> om die aarde skat,
> stap 'n ou man wat
> 'n oop maan dra in sy hare
> Nagtegaal in sy hart
> jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
> en 'n rug gebuk aan sy jare.
>
> Wat maak hy, mammie?
>
> Hy roep die kriekies
> Hy roep die swart
> stilte wat sing
> soos die biesies, my hart
> en die sterre wat klop
> tok-tok liefling,
> soos die klein toktokkies
> in hul fyn-ver kring.
>
> Wat is sy naam, mammie?
>
> Sy naam is Sjuut
> Sy naam is Slaap
> Meneer Vergeet
> uit die land van Vaak
> Sy naam is toe maar
> hy heet, my lam
> Toemaar, die donker man
>
> Mammie...
>
> Toemaar, die donker man
>
Vorige onderwerp: "In die Slamse buurt" deur I.D. du Plessis
Volgende onderwerp: "Kreeftebaai" deur PAULA MAUD
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:16:48 MGT 2024