Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Taalkadastraal" T.T. CLOETE
"Taalkadastraal" T.T. CLOETE [boodskap #48081] Ma, 13 Augustus 2001 12:43 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

TAALKADASTRAAL
T. T. Cloete

ons het elke klip lief van die land

elke plek, ons het hom vol geurige name geplant
soet waatlemoen suursout hondepisbos.langs die beesklou
lê ons spoor versigtig getrap. In die Nossob van Kousant
oor Kij-kij na Kameelsleep en Dikbaardskolk

loop ons spoor. daar is 'n mooi manier van verbrou

die kerkoomhot die sonkyker is 'n ouvolk

ander name is ryk opgeneuk
tot in die see se gekreukelde alikreuk

vindingryk is Riemvasmaak vasgemaak, die katstert
is raak mimiek en die aantelerige trassiebos. die
hartbeeshuis
is 'n onderhoudende fout. die kameelperd
is 'n fout en die muishond, die ystervark en volstruis

daar is regte maniere van verspreek
Onseepkans. van Beenbreek

het ons met ons tong en hand
aan alles gevat
van bo tot onder van die geliefde land
tot in die wortel van die witgat

daar is die mooiste taalverhaal
van die malgas en tarentaal
en die klein swart bittersoet nastergal
my land se kadastraal
is gekleim in my taal

ons het die grond met ons speeksel en sweet bewerk

soos die bok en renoster het ons dit gemerk
met ons urine. soos die voël en katdier
hulle leefruim merk met drek en anale klier
so het ons hom met ons taal bewerk

hy ruik na ons skatoon

in die drolpeer en dassiepis bewoon
ons die land

ons sit diep in hom vas
diep en vas soos 'n kiestand

in sy kas

ons hou hom in stand
met sy fontein en woestynsand

ons klim op uit die kloof na die bergkam
en woon tot waar die horison die vlaktes opdam

ons wat deur mond
en voet en hand
met die wind en water en grond
‘n verwantskap het en 'n verband
met die planeet deur ons onvervreembare land

in 'n onuitroeibare goddelike taalverbond

ons sit soos klitsgras
aan hom vas

sy kadastraal
is afgesteek in my taal
Re: "Taalkadastraal" T.T. CLOETE [boodskap #48088 is 'n antwoord op boodskap #48081] Ma, 13 Augustus 2001 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Som gou op, Gloudina, dis te lank, ek volg dit nie... Wat is 'n
taalkadestraal? En kerkoomhot? En skatoon? Nee hoor, dié een is té erg.
_____________________________________________________

TAALKADASTRAAL
T. T. Cloete

ons het elke klip lief van die land

elke plek, ons het hom vol geurige name geplant
soet waatlemoen suursout hondepisbos.langs die beesklou
lê ons spoor versigtig getrap. In die Nossob van Kousant
oor Kij-kij na Kameelsleep en Dikbaardskolk

loop ons spoor. daar is 'n mooi manier van verbrou

die kerkoomhot die sonkyker is 'n ouvolk

ander name is ryk opgeneuk
tot in die see se gekreukelde alikreuk

vindingryk is Riemvasmaak vasgemaak, die katstert
is raak mimiek en die aantelerige trassiebos. die
hartbeeshuis
is 'n onderhoudende fout. die kameelperd
is 'n fout en die muishond, die ystervark en volstruis

daar is regte maniere van verspreek
Onseepkans. van Beenbreek

het ons met ons tong en hand
aan alles gevat
van bo tot onder van die geliefde land
tot in die wortel van die witgat

daar is die mooiste taalverhaal
van die malgas en tarentaal
en die klein swart bittersoet nastergal
my land se kadastraal
is gekleim in my taal

ons het die grond met ons speeksel en sweet bewerk

soos die bok en renoster het ons dit gemerk
met ons urine. soos die voël en katdier
hulle leefruim merk met drek en anale klier
so het ons hom met ons taal bewerk

hy ruik na ons skatoon

in die drolpeer en dassiepis bewoon
ons die land

ons sit diep in hom vas
diep en vas soos 'n kiestand

in sy kas

ons hou hom in stand
met sy fontein en woestynsand

ons klim op uit die kloof na die bergkam
en woon tot waar die horison die vlaktes opdam

ons wat deur mond
en voet en hand
met die wind en water en grond
'n verwantskap het en 'n verband
met die planeet deur ons onvervreembare land

in 'n onuitroeibare goddelike taalverbond

ons sit soos klitsgras
aan hom vas

sy kadastraal
is afgesteek in my taal
Re: "Taalkadastraal" T.T. CLOETE [boodskap #48113 is 'n antwoord op boodskap #48081] Ma, 13 Augustus 2001 18:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> Som gou op, Gloudina, dis te lank, ek volg dit nie... Wat is 'n
> taalkadestraal? En kerkoomhot? En skatoon? Nee hoor, dié een is té erg.

Ek kan nie onthou presies wat kadastraal beteken nie. (Iemand het
eendagverduidelik. Ek dink dit is 'n instrument wat 'n landmeter gebruik,
maar ek
kan heeltemal verkeerd wees. Miskien kan iemand ons help.) Die "kerkoomhot"

dink ek is die Nederlands vir wat sommige in Afrikaans "ouvolk" noem. Ek
het
dit nooit gebruik nie, maar dis glo 'n soort akkedis of geitjie. "Skatoon"
dink ek
is die vloeistof wat sommige diere afskei om hulle woonplekke se grense aan
te
dui.
In hierdie gedig tree die digter dan op as 'n soort landmeter, wat SA
se
bodem deur die taal verken. Hy praat van die "onontroeibare taalverbond"
wat die Afrikaans-sprekendes het met die bodem van SA. Hulle "besit"
hierdie
deel van die aardbol. Soos 'n dier deur sy urine en sy anale kliere sy
bodem
afgemerk het, so het die Afrikaans-sprekendes die bodem afgemerk met die
plekname en diername, ens. wat hulle gegee het. Die gedig lees eintlik
maklik,
want dis net 'n lang lys van lekker Afrikaanse woorde, niks meer nie. Ek
hou
veral van die deel waar hy sê: "die kameelperd is 'n fout....." Want daar
is baie
woorde in Afrikaans wat eintlik "foute" is - die mense hier het die
Europese
naam gegee aan iets wat eintlik nie dieselfde is nie.

Gloudina

>
>
> TAALKADASTRAAL
> T. T. Cloete
>
> ons het elke klip lief van die land
>
> elke plek, ons het hom vol geurige name geplant
> soet waatlemoen suursout hondepisbos.langs die beesklou
> lê ons spoor versigtig getrap. In die Nossob van Kousant
> oor Kij-kij na Kameelsleep en Dikbaardskolk
>
> loop ons spoor. daar is 'n mooi manier van verbrou
>
> die kerkoomhot die sonkyker is 'n ouvolk
>
> ander name is ryk opgeneuk
> tot in die see se gekreukelde alikreuk
>
> vindingryk is Riemvasmaak vasgemaak, die katstert
> is raak mimiek en die aantelerige trassiebos. die
> hartbeeshuis
> is 'n onderhoudende fout. die kameelperd
> is 'n fout en die muishond, die ystervark en volstruis
>
> daar is regte maniere van verspreek
> Onseepkans. van Beenbreek
>
> het ons met ons tong en hand
> aan alles gevat
> van bo tot onder van die geliefde land
> tot in die wortel van die witgat
>
> daar is die mooiste taalverhaal
> van die malgas en tarentaal
> en die klein swart bittersoet nastergal
> my land se kadastraal
> is gekleim in my taal
>
> ons het die grond met ons speeksel en sweet bewerk
>
> soos die bok en renoster het ons dit gemerk
> met ons urine. soos die voël en katdier
> hulle leefruim merk met drek en anale klier
> so het ons hom met ons taal bewerk
>
> hy ruik na ons skatoon
>
> in die drolpeer en dassiepis bewoon
> ons die land
>
> ons sit diep in hom vas
> diep en vas soos 'n kiestand
>
> in sy kas
>
> ons hou hom in stand
> met sy fontein en woestynsand
>
> ons klim op uit die kloof na die bergkam
> en woon tot waar die horison die vlaktes opdam
>
> ons wat deur mond
> en voet en hand
> met die wind en water en grond
> 'n verwantskap het en 'n verband
> met die planeet deur ons onvervreembare land
>
> in 'n onuitroeibare goddelike taalverbond
>
> ons sit soos klitsgras
> aan hom vas
>
> sy kadastraal
> is afgesteek in my taal
Re: "Taalkadastraal" T.T. CLOETE [boodskap #48150 is 'n antwoord op boodskap #48081] Di, 14 Augustus 2001 07:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina
Ek kan nie onthou presies wat kadastraal beteken nie. (Iemand het
eendag verduidelik. Ek dink dit is 'n instrument wat 'n landmeter gebruik,
maar ek kan heeltemal verkeerd wees. Miskien kan iemand ons help.)

Rennie
kadas´ter, -s. 1. Grondbeskrywing. 2. Register van alle gronde en vaste
eiendomme in 'n land.

kadastraal. Wat betrekking het op, behoort tot, volgens, verstrek deur,
vanweë of ten behoewe v.d. kadaster
Re: "Taalkadastraal" T.T. CLOETE [boodskap #48154 is 'n antwoord op boodskap #48081] Di, 14 Augustus 2001 09:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Gloudina...
________________________________________
skryf in boodskap news:3B7821EC.915BA7AE@home.com...
Max wrote:

> Som gou op, Gloudina, dis te lank, ek volg dit nie... Wat is 'n
> taalkadestraal? En kerkoomhot? En skatoon? Nee hoor, dié een is té erg.

Ek kan nie onthou presies wat kadastraal beteken nie. (Iemand het
eendagverduidelik. Ek dink dit is 'n instrument wat 'n landmeter gebruik,
maar ek
kan heeltemal verkeerd wees. Miskien kan iemand ons help.) Die "kerkoomhot"

dink ek is die Nederlands vir wat sommige in Afrikaans "ouvolk" noem. Ek
het
dit nooit gebruik nie, maar dis glo 'n soort akkedis of geitjie. "Skatoon"
dink ek
is die vloeistof wat sommige diere afskei om hulle woonplekke se grense aan
te
dui.
In hierdie gedig tree die digter dan op as 'n soort landmeter, wat SA
se
bodem deur die taal verken. Hy praat van die "onontroeibare taalverbond"
wat die Afrikaans-sprekendes het met die bodem van SA. Hulle "besit"
hierdie
deel van die aardbol. Soos 'n dier deur sy urine en sy anale kliere sy
bodem
afgemerk het, so het die Afrikaans-sprekendes die bodem afgemerk met die
plekname en diername, ens. wat hulle gegee het. Die gedig lees eintlik
maklik,
want dis net 'n lang lys van lekker Afrikaanse woorde, niks meer nie. Ek
hou
veral van die deel waar hy sê: "die kameelperd is 'n fout....." Want daar
is baie
woorde in Afrikaans wat eintlik "foute" is - die mense hier het die
Europese
naam gegee aan iets wat eintlik nie dieselfde is nie.

Gloudina

>
>
> TAALKADASTRAAL
> T. T. Cloete
>
> ons het elke klip lief van die land
>
> elke plek, ons het hom vol geurige name geplant
> soet waatlemoen suursout hondepisbos.langs die beesklou
> lê ons spoor versigtig getrap. In die Nossob van Kousant
> oor Kij-kij na Kameelsleep en Dikbaardskolk
>
> loop ons spoor. daar is 'n mooi manier van verbrou
>
> die kerkoomhot die sonkyker is 'n ouvolk
>
> ander name is ryk opgeneuk
> tot in die see se gekreukelde alikreuk
>
> vindingryk is Riemvasmaak vasgemaak, die katstert
> is raak mimiek en die aantelerige trassiebos. die
> hartbeeshuis
> is 'n onderhoudende fout. die kameelperd
> is 'n fout en die muishond, die ystervark en volstruis
>
> daar is regte maniere van verspreek
> Onseepkans. van Beenbreek
>
> het ons met ons tong en hand
> aan alles gevat
> van bo tot onder van die geliefde land
> tot in die wortel van die witgat
>
> daar is die mooiste taalverhaal
> van die malgas en tarentaal
> en die klein swart bittersoet nastergal
> my land se kadastraal
> is gekleim in my taal
>
> ons het die grond met ons speeksel en sweet bewerk
>
> soos die bok en renoster het ons dit gemerk
> met ons urine. soos die voël en katdier
> hulle leefruim merk met drek en anale klier
> so het ons hom met ons taal bewerk
>
> hy ruik na ons skatoon
>
> in die drolpeer en dassiepis bewoon
> ons die land
>
> ons sit diep in hom vas
> diep en vas soos 'n kiestand
>
> in sy kas
>
> ons hou hom in stand
> met sy fontein en woestynsand
>
> ons klim op uit die kloof na die bergkam
> en woon tot waar die horison die vlaktes opdam
>
> ons wat deur mond
> en voet en hand
> met die wind en water en grond
> 'n verwantskap het en 'n verband
> met die planeet deur ons onvervreembare land
>
> in 'n onuitroeibare goddelike taalverbond
>
> ons sit soos klitsgras
> aan hom vas
>
> sy kadastraal
> is afgesteek in my taal
Re: "Taalkadastraal" T.T. CLOETE [boodskap #48171 is 'n antwoord op boodskap #48081] Di, 14 Augustus 2001 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Rennie Oster wrote:

> kadas´ter, -s. 1. Grondbeskrywing. 2. Register van alle gronde en vaste
> eiendomme in 'n land.
>
> kadastraal. Wat betrekking het op, behoort tot, volgens, verstrek deur,
> vanweë of ten behoewe v.d. kadaster

Dankie Rennie. Lyk my jy word van die sout van dienuusgroep. Ek kon nie die
woord in ons flou Afrikaanse
woordeboekie kry nie, en ook nie op die Net nie.
So, Cloete wil aandui dat die Afrikaans-sprekendes, deur
hulle naamgewing, vaste eiendom gemaak het van die bodem
van SA?

Gloudina
Re: "Taalkadastraal" T.T. CLOETE [boodskap #48177 is 'n antwoord op boodskap #48081] Di, 14 Augustus 2001 12:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roelof  is tans af-lyn  Roelof
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
skryf in boodskap news:3B7821EC.915BA7AE@home.com...

Ek hou veral van die deel waar hy sê: "die kameelperd is 'n fout....." Want
daar
is baie woorde in Afrikaans wat eintlik "foute" is - die mense hier het die
Europese naam gegee aan iets wat eintlik nie dieselfde is nie.

Hoekom sou jy sê dat die woord kameelperd 'n fout is? Dit kom van sy
wetenskaplike naam of latynse naam nl. Giraffa camelopardalis.
Die naam is afgely van die Arabiese woord "Zarafah" wat beteken Moving
Swiftly. As 'n mens kyk na sy manier van loop sal jy sien dat sy voor poot
en die agter poot aan die selfde kant gelyk voorentoe beweeg. 'n Kruising
tussen 'n luiperd en 'n kameel.

Roelof
Re: "Taalkadastraal" T.T. CLOETE [boodskap #48184 is 'n antwoord op boodskap #48081] Di, 14 Augustus 2001 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Roelof wrote:

> Hoekom sou jy sê dat die woord kameelperd 'n fout is? Dit kom van sy
> wetenskaplike naam of latynse naam nl. Giraffa camelopardalis.
> Die naam is afgely van die Arabiese woord "Zarafah" wat beteken Moving
> Swiftly. As 'n mens kyk na sy manier van loop sal jy sien dat sy voor poot
> en die agter poot aan die selfde kant gelyk voorentoe beweeg. 'n Kruising
> tussen 'n luiperd en 'n kameel.
>

Dankie vir die informasie. Interessant dat Engels dus
die giraffa-deel van die Latyns geneem het, en Nederlands die
kameelperd-deel, vir dieselfde dier.
Dis natuurlik Cloete wat sê die kameelperd is 'n fout. Maar miskien
het hy verwys na die konstruksie van die kameelperd - dit lyk darem
baie koddig, veral as dit probeer "neck."

Gloudina
Re: "Taalkadastraal" T.T. CLOETE [boodskap #48188 is 'n antwoord op boodskap #48081] Di, 14 Augustus 2001 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Is inderdaad interessant. Nee, Gloudina, dis ons SA'ers wat so oulik is.
Kameelperd kom nie van Nederlands af nie :-) Hulle praat ook van 'n
giraffe.
__________________________________________________________
skryf in boodskap news:3B792E7B.D44506E@home.com...
Roelof wrote:

> Hoekom sou jy sê dat die woord kameelperd 'n fout is? Dit kom van sy
> wetenskaplike naam of latynse naam nl. Giraffa camelopardalis.
> Die naam is afgely van die Arabiese woord "Zarafah" wat beteken Moving
> Swiftly. As 'n mens kyk na sy manier van loop sal jy sien dat sy voor poot
> en die agter poot aan die selfde kant gelyk voorentoe beweeg. 'n Kruising
> tussen 'n luiperd en 'n kameel.
>

Dankie vir die informasie. Interessant dat Engels dus
die giraffa-deel van die Latyns geneem het, en Nederlands die
kameelperd-deel, vir dieselfde dier.
Dis natuurlik Cloete wat sê die kameelperd is 'n fout. Maar miskien
het hy verwys na die konstruksie van die kameelperd - dit lyk darem
baie koddig, veral as dit probeer "neck."

Gloudina
Re: "Taalkadastraal" T.T. CLOETE [boodskap #48245 is 'n antwoord op boodskap #48150] Wo, 15 Augustus 2001 05:58 Na vorige boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Rennie Oster wrote:
>
> Gloudina
> Ek kan nie onthou presies wat kadastraal beteken nie. (Iemand het
> eendag verduidelik. Ek dink dit is 'n instrument wat 'n landmeter gebruik,
> maar ek kan heeltemal verkeerd wees. Miskien kan iemand ons help.)
>
> Rennie
> kadas´ter, -s. 1. Grondbeskrywing. 2. Register van alle gronde en vaste
> eiendomme in 'n land.

O dis die ding wat ou Bob nou wil herskryf vir Zim
Vorige onderwerp: Renosterrympie
Volgende onderwerp: "In die Slamse buurt" deur I.D. du Plessis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:27:10 MGT 2024