Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit "Klein Siklus" van G.A. WATERMEYER
Uit "Klein Siklus" van G.A. WATERMEYER [boodskap #48230] Wo, 15 Augustus 2001 03:23 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com


KLEIN SIKLUS
(GA Watermeyer)

die jare trap die kimme oop
en elke pad word wit geloop

I
twee heuwels en die een vallei
kan nie 'n man se dors bevry,
kan nie die donker bloed besweer
tot altyd helder wederkeer;
tussen die rooskknop en die roos
styg die begeerte asemloos,
maar in die later, voller weet
dring dit terug in die vroeer leed:
word weer die wonding, die oop verlang -
dolk in die sterre, hoef teen die hang.

II
Ons vroeer vreugdes hang verwelk
aan stengels sonder knop of kelk,
want hierdie stad is stief van steen
en neonweerlig slaan min reen
uit nagte tussen jou en my ...
Koud in die kamer lê die lied
sonder verwagting of verdriet.

V
Hier in die laat gras buig jou keel
nog ongekus en heimlikheel;
die kiewiet draai en draai sy lied
oor alle einders van verdriet...
Jou lippe is geskulp en rond
en blindbewoë teen my mond
jou hare het die geur van reen
en karmas liefde lank versteen
en in jou hartklop hoor ek weer
my eie jeugbeklemming beur,
weer in jou wydoop sterreblik
my eerste angsroep na geluk...
maar al jou lelies lê alleen
in die stom skede van jou skoot...
Die kiewiet kla oor die bleekwit gras
dat alles was, dat alles was.

XI
Die soetamala van jou mond
sal my in nagte nog verwond
en jou geslote lentegang
my bloed verbitter met verlang...
Nooit sal my liefde, lank-ontsê
sy nag van luiperd langs jou lê
en nooit ons pole in een see
die laaste kiltes ysberg gee...
Jy bly die onvervulde hoop
waarmee my hart sy teerpad loop,
'n siklus van verdriet en dou
wat my illusie lente hou.
Re: Uit "Klein Siklus" van G.A. WATERMEYER [boodskap #48290 is 'n antwoord op boodskap #48230] Wo, 15 Augustus 2001 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Juh, ek het gedog ons kry bietjie weer iets ligs na die laaste een.

Maar nee, antie Gloudina is op 'n roll, en Max sukkel om die tyre raak
te byt.

Sit bietjie daar 'n storiegediggie op. Iets soos daai een van die hond
wat blommetjiespore trap en dan plaas jy dié een weer oor 'n maand of
wat...

Tensy jy met 'n eenvoudige verduideliking die lig vir my kan aansit.
____________________________________________________________



KLEIN SIKLUS
(GA Watermeyer)

die jare trap die kimme oop
en elke pad word wit geloop

I
twee heuwels en die een vallei
kan nie 'n man se dors bevry,
kan nie die donker bloed besweer
tot altyd helder wederkeer;
tussen die rooskknop en die roos
styg die begeerte asemloos,
maar in die later, voller weet
dring dit terug in die vroeer leed:
word weer die wonding, die oop verlang -
dolk in die sterre, hoef teen die hang.

II
Ons vroeer vreugdes hang verwelk
aan stengels sonder knop of kelk,
want hierdie stad is stief van steen
en neonweerlig slaan min reen
uit nagte tussen jou en my ...
Koud in die kamer lê die lied
sonder verwagting of verdriet.

V
Hier in die laat gras buig jou keel
nog ongekus en heimlikheel;
die kiewiet draai en draai sy lied
oor alle einders van verdriet...
Jou lippe is geskulp en rond
en blindbewoë teen my mond
jou hare het die geur van reen
en karmas liefde lank versteen
en in jou hartklop hoor ek weer
my eie jeugbeklemming beur,
weer in jou wydoop sterreblik
my eerste angsroep na geluk...
maar al jou lelies lê alleen
in die stom skede van jou skoot...
Die kiewiet kla oor die bleekwit gras
dat alles was, dat alles was.

XI
Die soetamala van jou mond
sal my in nagte nog verwond
en jou geslote lentegang
my bloed verbitter met verlang...
Nooit sal my liefde, lank-ontsê
sy nag van luiperd langs jou lê
en nooit ons pole in een see
die laaste kiltes ysberg gee...
Jy bly die onvervulde hoop
waarmee my hart sy teerpad loop,
'n siklus van verdriet en dou
wat my illusie lente hou.
Re: Uit "Klein Siklus" van G.A. WATERMEYER [boodskap #48308 is 'n antwoord op boodskap #48230] Wo, 15 Augustus 2001 19:41 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> Juh, ek het gedog ons kry bietjie weer iets ligs na die laaste een.
>
> Maar nee, antie Gloudina is op 'n roll, en Max sukkel om die tyre raak
> te byt.
>
> Sit bietjie daar 'n storiegediggie op. Iets soos daai een van die hond
> wat blommetjiespore trap en dan plaas jy dié een weer oor 'n maand of
> wat...

Watter een van die hond wat blommetjiespore trap?Miskien moet ek jou
daardie NP van Wyk Louw plaas
waar hy sê:" ek trap in jou spoor soos 'n goeie hond."
Ballade van die Bose, dink ek is die naam.
Ek dink jy wil teveel in gedigte inlees. Ontspan net
en laat Watermeyer se woorde oor jou spoel. Dis ongeveer
van dink aan en verlang na 'n jong liefde. Ek kan nie besluit
of hy net met een vrou praat nie, of tussenin ook van 'n
ander, miskien jonger vrou.
Ek dink Watermeyer was 'n baie baie goeie digter. Selfs
miskien net so goed soos NP van Wyk Louw. Dis net jammer
dat hy nie baie bundels die lig laat sien het nie, en aan een of
ander siekte gely het wat hom baie vet laat word het. Ek dink
hy is vroeg dood.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: Re: Uit "Walking on Air" deur JEREMY CRONIN
Volgende onderwerp: Hoekom?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 05:13:47 MGT 2024