Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Amerikaner wat in Zoeloe droom
Die Amerikaner wat in Zoeloe droom [boodskap #48025] So, 12 Augustus 2001 14:59 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

'n Dag of wat gelede het ons 'n besoek gehad van
Bill Booth en sy vrou. Ons kon praat oor hulle besoek
aan SA 'n jaar gelede. Voordat hy soontoe is, het hy
trots aangekondig dat hy een nag in Zoeloe gedroom
het. In sy droom, het hy gesê, was hy so verbaas hoe
goed sy Zoeloe nog was.
Ek ken William Booth ( en sy vrou Zilpha) al baie
lank. Ek het hom en sy vrou ontmoet toe ek nog baie
jonk was en vir die eerste keer op Adams College in
Natal gaan skool hou het. Hy was die Episkopaalse
predikant, en het in Zoeloe gepreek (skafbare Zoeloe,
volgens my swart kollegas daar.) Hulle is van Adams
Mission af weg toe die apartheids-regering dit vir die
Amerikaanse sendelinge moeilik gemaak het om aan
te bly. Hulle het vir 'n rukkie by 'n sendingstasie in die
Vrystaat gewerk, toe by Wilgespruit, 'n interdenominale
kerkinstelling naby Johannesburg.Later is hulle terug
na Maine, waar ek hulle oor die jare besoek het en hulle
vir ons. Toe ek op Adams was, het ek vir 'n ruk vir 'n
klomp van die personeel Afrikaans geleer. Ek is trots
om te sê dat Bill na al die jare nog bietjie Afrikaans
kan praat.
Hulle vertel vir ons dat Nelson Mandela onlangs vir
verskillende mynmaatskappye aangemoedig het om geld
te skenk sodat van die ou geboue, opgerig deur die
Amerikaanse sendelinge op Adams Mission en Inanda en
nog ander plekke, weer instand gehou kan word. Sommige
van die geboue op Adams Mission word as museums
gebruik. Bill is ook veral trots op die feit dat hulle die
apartheids-era se naamsverandering afgeskaf het en dat
dit nou weer Adams College heet.

Gloudina
Re: Die Amerikaner wat in Zoeloe droom [boodskap #48090 is 'n antwoord op boodskap #48025] Ma, 13 Augustus 2001 14:51 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wilgespruit Fellowship Centre?
Antie Tottie vertel die lesers van die breinspoeling wat daar plaasgevind
het - beter bekend as "T-group training".
Vertel altyd die volle waarheid Antie - want, dit is wat die waarheid is.
skryf in boodskap news:3B769ADF.108C03D7@home.com...
'n Dag of wat gelede het ons 'n besoek gehad van
Bill Booth en sy vrou. Ons kon praat oor hulle besoek
aan SA 'n jaar gelede. Voordat hy soontoe is, het hy
trots aangekondig dat hy een nag in Zoeloe gedroom
het. In sy droom, het hy gesê, was hy so verbaas hoe
goed sy Zoeloe nog was.
Ek ken William Booth ( en sy vrou Zilpha) al baie
lank. Ek het hom en sy vrou ontmoet toe ek nog baie
jonk was en vir die eerste keer op Adams College in
Natal gaan skool hou het. Hy was die Episkopaalse
predikant, en het in Zoeloe gepreek (skafbare Zoeloe,
volgens my swart kollegas daar.) Hulle is van Adams
Mission af weg toe die apartheids-regering dit vir die
Amerikaanse sendelinge moeilik gemaak het om aan
te bly. Hulle het vir 'n rukkie by 'n sendingstasie in die
Vrystaat gewerk, toe by Wilgespruit, 'n interdenominale
kerkinstelling naby Johannesburg.Later is hulle terug
na Maine, waar ek hulle oor die jare besoek het en hulle
vir ons. Toe ek op Adams was, het ek vir 'n ruk vir 'n
klomp van die personeel Afrikaans geleer. Ek is trots
om te sê dat Bill na al die jare nog bietjie Afrikaans
kan praat.
Hulle vertel vir ons dat Nelson Mandela onlangs vir
verskillende mynmaatskappye aangemoedig het om geld
te skenk sodat van die ou geboue, opgerig deur die
Amerikaanse sendelinge op Adams Mission en Inanda en
nog ander plekke, weer instand gehou kan word. Sommige
van die geboue op Adams Mission word as museums
gebruik. Bill is ook veral trots op die feit dat hulle die
apartheids-era se naamsverandering afgeskaf het en dat
dit nou weer Adams College heet.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Leonard Cohen - Teachers
Volgende onderwerp: Leeu genetalie ens.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 13:32:31 MGT 2024