Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Land van my hart" deur G.A. WATERMEYER
"Land van my hart" deur G.A. WATERMEYER [boodskap #30200] Wo, 26 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

LAND VAN MY HART
G.A. Watermeyer

Gee my vier gerwe fonteine,
rooibees en wilderosyne,
Maroela, Mopanie, Kameel.
Gee my 'n vlakte vol vleie,
trosse fisante, olywe,
hange vol hanepootheuning.
O land met jou heuwels vol harte
O land met jou vingers vol kweek,
ek ruil jou my siel in 'n sater
vir 'n staanplek van wilger oor water
granaat granaat van my bloed
om die drif van jou rooidag te groet.
Re: "Land van my hart" deur G.A. WATERMEYER [boodskap #47871 is 'n antwoord op boodskap #30200] Do, 09 Augustus 2001 22:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
O hoe laat dit my nou verlang. Verlang jy nie
meer terug nie Gloudina? Is jy nie lus om weer
daar iewer in n huisie te woon nie? Ek het vir my man
gesê ek wil tog eendag daar gaan aftree, en hy het gesê
"miskien ". Tussen my eie mense.

Pop

skryf in boodskap news:3B727800.75149AFC@home.com...
> LAND VAN MY HART
> G.A. Watermeyer
>
> Gee my vier gerwe fonteine,
> rooibees en wilderosyne,
> Maroela, Mopanie, Kameel.
> Gee my 'n vlakte vol vleie,
> trosse fisante, olywe,
> hange vol hanepootheuning.
> O land met jou heuwels vol harte
> O land met jou vingers vol kweek,
> ek ruil jou my siel in 'n sater
> vir 'n staanplek van wilger oor water
> granaat granaat van my bloed
> om die drif van jou rooidag te groet.
>
Re: "Land van my hart" deur G.A. WATERMEYER [boodskap #47886 is 'n antwoord op boodskap #30200] Vr, 10 Augustus 2001 13:15 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

pop wrote:

> O hoe laat dit my nou verlang. Verlang jy nie
> meer terug nie Gloudina? Is jy nie lus om weer
> daar iewer in n huisie te woon nie? Ek het vir my man
> gesê ek wil tog eendag daar gaan aftree, en hy het gesê
> "miskien ". Tussen my eie mense.
>

Ag Pop, as jy so lank soos ek al in Noord-Amerika
bly, dan is dit nie meer so duidelik waar "jou land"
en "jou mense" is nie. Ek sal Kanada so mis as ek nie
meer permanent hier bly nie, dat die keuse baie moeilik
sal wees. Veral as al my familie hier agterbly. En ek
sal móét terugkom elke herfs om die blare te sien
verkleur. Al weet ek dat die jakarandas dieselfde tyd
in SA bloei.
Maar ek vind tog dat ek veral baie verlang om
daardie dele te sien van SA wat ek nooit die kans
gekry het om te sien nie. Soos die area om Golden
Gate en Ficksburg ( waar ons een kleinkind om en
by Kersfees gedoop gaan word.) En ek wil graag
weer vir Oudtshoorn en die Swartberge sien, en
sekere dele van die Karoo wat ek nog nooit gesien
het nie. En natuurlik weer die Boland. En teruggaan
na die Noord Kaap, waar die duine bloedrooi is
op sekere plekke.

Gloudina
Vorige onderwerp: Pos van Rico
Volgende onderwerp: Doekpoering ( Hardevetpoeding)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 22:58:49 MGT 2024