Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Regte geskiedenis?
Regte geskiedenis? [boodskap #47658] Ma, 06 Augustus 2001 07:29 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet dit al lankal - maar gaan ons ooit eendag die regte en volle
geskiedenis van ons land weet of van leer?
Ek wil weet van die Voortrekkers wat die kat in die donker geknyp het - as
hulle dit nie gedoen het nie, was hulle nie regte warmbloedige mense nie,
maar mitologiese gode;))
Ek wil weet watter ander swart rasse het na die 1652 Europese inval ook hier
in SA kom ontvlugting soek.
Ek wil weet hoekom die Boere aanhou veg het nadat Kruger die pad gevat het,
en hulle ( die boere) hulle deur hul vrouens laat ompraat het om aan te hou
veg teen die oormag.
Ek wil weet hoekom ons uitgekryt word as die Vaders van Apartheid, terwyl
dit nie ons is wat dit in die eerste plek begin het nie.
Ek wil weet hoekom kinders van alle rasse kan saamspeel as hulle klein is,
en dan skielik verander ( die wit kinders veral) sodra hulle kan verstaan
wat om die tafel na huisgodsdiens gepraat word.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Re: Regte geskiedenis? [boodskap #47661 is 'n antwoord op boodskap #47658] Ma, 06 Augustus 2001 07:48 Na vorige boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ja ek dink soms dat ek in 'n droom wereld groot geword het, en toe het
iemand die bubble gebars...

Die kinders het nie 'n probleem met kleur nie, dit is die kultuur en
'society' wat die probleem het en dit dan ook op hulle afdwing... in meeste
gevalle deur familie aangeleer.

Jong mense is dinamies, maar hoe ouer 'n mens raak hoe meer 'stagneer' mens,
en word styf verwikkel in jou eie prekonsepsies. Nuwe dinge en denkwyse wil
'n mens dan nie meer aanvaar nie, en daar word altyd terug verlang na die
'goeie ou dae' - die tyd wat mens nog dinamies en oop vir nuwe dinge was.

"Annette" skryf in boodskap news:9klg7r$50ld0$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek weet dit al lankal - maar gaan ons ooit eendag die regte en volle
> geskiedenis van ons land weet of van leer?
> Ek wil weet van die Voortrekkers wat die kat in die donker geknyp het - as
> hulle dit nie gedoen het nie, was hulle nie regte warmbloedige mense nie,
> maar mitologiese gode;))
> Ek wil weet watter ander swart rasse het na die 1652 Europese inval ook hier
> in SA kom ontvlugting soek.
> Ek wil weet hoekom die Boere aanhou veg het nadat Kruger die pad gevat het,
> en hulle ( die boere) hulle deur hul vrouens laat ompraat het om aan te hou
> veg teen die oormag.
> Ek wil weet hoekom ons uitgekryt word as die Vaders van Apartheid, terwyl
> dit nie ons is wat dit in die eerste plek begin het nie.
> Ek wil weet hoekom kinders van alle rasse kan saamspeel as hulle klein is,
> en dan skielik verander ( die wit kinders veral) sodra hulle kan verstaan
> wat om die tafel na huisgodsdiens gepraat word.
> Annette
>
>
>
>
>
> --
> Groetnis,
> Annette. ann...@ctnet.co.za
> Happiness is a state of Mind.
>
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Reis na die Sterre Media Ondersteuning Inisiatief
Volgende onderwerp: Ek is Pollie - HULLE is nie Pollie nie - jy zultkop !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 21 05:28:40 MGT 2024