Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die storie van die kruispos
Die storie van die kruispos [boodskap #4752] Do, 18 Mei 2006 11:40 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke, ek is amper seker jy verstaan "die storie van die
kruispos" beter as ek, maar ek antwoord jou nogtans. Jy
het daardie vraag gevra op 'n string wat na drie nuusgroepe
kruispos. Dus die klompie wat net soc.culture.south-africa
lees, lees dit op hulle Engelse nuusgroep. ( Die boodskap
is oorspronklik begin deur een van hulle groep, maar die
ou het gekruispos na soc.culture.south-africa afrikaans
omdat hy met Afrikaners wou praat.) Ek pos hierdie antwoord
nou op alt.languages.afrikaans, maar kruispos dit ook na
soc.culture.south-africa.afrikaans. Hopelik sal die gesprek
wat volg, net in Afrikaans plaasvind. Maar op die ander
string, wat ook na die Engelse nuusgroep pos, sal jy
heelwaarskynlik antwoorde in Engels kry, want 'n hele
klompie van hulle lyk my ken Afrikaans baie goed.

Gloudina
Re: Die storie van die kruispos [boodskap #4760 is 'n antwoord op boodskap #4752] Vr, 19 Mei 2006 10:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, Hessie, dat jy die moeite gedoen het om my te antwoord.

Nee, ek verstaan dit beslis nie beter as jy nie, inteendeel... Ek weet BAIE
van IT tegnologie af (Porgrammeer selfs in Visual dBase) - selfgeleer! -
maar nuusgroepe is vir my nog NUUS! NUUT!

Ek is nie seker dat ek jou verduideliking heeltemal gevolg het nie. Lees
die ander groepe binne soc.culture.south-africa outomaties wat ons hier pos
(my gevoel sê nee), of moet mens dit doelbewus so pos dat die ander ook kan
lees (my gevoel sê vir my ja). Hoe doen mens laasgenoemde?

Torreke

wrote in message
news:1147952444.347932.211690@y43g2000cwc.googlegroups.com.. .
> Torreke, ek is amper seker jy verstaan "die storie van die
> kruispos" beter as ek, maar ek antwoord jou nogtans. Jy
> het daardie vraag gevra op 'n string wat na drie nuusgroepe
> kruispos. Dus die klompie wat net soc.culture.south-africa
> lees, lees dit op hulle Engelse nuusgroep. ( Die boodskap
> is oorspronklik begin deur een van hulle groep, maar die
> ou het gekruispos na soc.culture.south-africa afrikaans
> omdat hy met Afrikaners wou praat.) Ek pos hierdie antwoord
> nou op alt.languages.afrikaans, maar kruispos dit ook na
> soc.culture.south-africa.afrikaans. Hopelik sal die gesprek
> wat volg, net in Afrikaans plaasvind. Maar op die ander
> string, wat ook na die Engelse nuusgroep pos, sal jy
> heelwaarskynlik antwoorde in Engels kry, want 'n hele
> klompie van hulle lyk my ken Afrikaans baie goed.
>
> Gloudina
>
Re: Die storie van die kruispos [boodskap #4761 is 'n antwoord op boodskap #4760] Vr, 19 Mei 2006 11:32 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Ek is nie seker dat ek jou verduideliking heeltemal gevolg het nie. Lees
> die ander groepe binne soc.culture.south-africa outomaties wat ons hier pos
> (my gevoel sê nee), of moet mens dit doelbewus so pos dat die ander ook kan
> lees (my gevoel sê vir my ja). Hoe doen mens laasgenoemde?

Dit hang alles af van na watter nuusgroep ( een) jy wil
pos, en of jy ander nuusgroepe wil insluit. Watter nuusgroep-
leser gebruik jy? Ek sit nou op Google. Hierdie string het
ek oorspronklik op beide alt.languages.afrikaans en
soc.culture.south-africa.afrikaans gepos, en ek kan dit
sien hierbo. Ek is op die oomblik in alt.languages.afrikaans.
As ek nou na soc.culture.... gaan, sal ek dit daar ook sien.
As ek wou gehad het dat die klomp Engelse op
soc.culture.south-africa dit moes lees, moes ek oorspronklik
dit bygevoeg het by die oorspronklike pos se instruksies.
Dis nogal opmerklik hoe 'n intense gesprek mens kan
begin voer sodra jy die klompie Engelse in soc.culture.
south-africa intrek in die gesprek in.
Wat vir my die snaakste is, is dat die alt.languages.
afrikaans nuusgroep in Duits is. Daarom sê dit vir my
hierbo "Mehrere Gruppen durch Kommas trennen."
As ek dus wil hê dat hierdie pos van nou af ook na die
Engelse nuusgroep moet gaan, dan sal ek 'n komma
moet sit na die twee nuusgroepe wat alreeds gemeld word,
en dan moet ek soc.culture.south-africa byvoeg, en dan
sal dit outomaties ook op hulle nuusgroep verskyn, al
het hulle nie ons Afrikaanse nuusgroepe op hulle nuus-
lesers ingestel nie. Maar ek is seker jy verstaan egter
al hierdie goed.

Gloudina
Vorige onderwerp: A WINTER POEM BY JG STRYDOM....
Volgende onderwerp: Hi Mense
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 04:16:46 MGT 2024