Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek's terug
Ek's terug [boodskap #47216] Ma, 23 Julie 2001 08:58 na volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Terug van vakansie af. Dis verdomp koud in Durban vandag, nou nie so koud
soos dit die afgelope tyd op die rand was nie, maar ek het vanoggend amper
oorweeg om 'n trui nader te trek. Daar's 'n mislike wind hier uit die suide
uit en terwyl ek hier sit en skryf val daar wragtag 'n paar druppels.

Het ek iets gemis. Ek sien Frikkie het besluit om vir ons geskiedenis
klasse te gee. Laas toe ek gehoor het was daar nog 'n verskil tussen 'n
afrikaan en 'n afrikaner. Nadat ek so hier en daar deur Frikkie se
kommentaar gekyk het weet ek nie meer so lekker nie.

Gegroet is al my maatjies. Ek weet as ek name gaan noem, gaan ek iemand
vergeet en dan is ek in die sop nog voordat ek begin het.

Sakkie
Re: Ek's terug [boodskap #47221 is 'n antwoord op boodskap #47216] Ma, 23 Julie 2001 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Welkom terug Sakkie.
Gaan jy ons vertel wat jy gedoen het toe jy niks gedoen het nie?:))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3b5be6e5$0$229@helios.is.co.za...
> Terug van vakansie af. Dis verdomp koud in Durban vandag, nou nie so koud
> soos dit die afgelope tyd op die rand was nie, maar ek het vanoggend amper
> oorweeg om 'n trui nader te trek. Daar's 'n mislike wind hier uit die suide
> uit en terwyl ek hier sit en skryf val daar wragtag 'n paar druppels.
>
> Het ek iets gemis. Ek sien Frikkie het besluit om vir ons geskiedenis
> klasse te gee. Laas toe ek gehoor het was daar nog 'n verskil tussen 'n
> afrikaan en 'n afrikaner. Nadat ek so hier en daar deur Frikkie se
> kommentaar gekyk het weet ek nie meer so lekker nie.
>
> Gegroet is al my maatjies. Ek weet as ek name gaan noem, gaan ek iemand
> vergeet en dan is ek in die sop nog voordat ek begin het.
>
> Sakkie
>
Re: Ek's terug [boodskap #47249 is 'n antwoord op boodskap #47216] Di, 24 Julie 2001 07:59 Na vorige boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie Annette en Danielle.
As julle twee my terug verwelkom voel ek sommer goed :-))))))

Wat het ek die afgelope tyd met myself aangevang?? Ek het die kinders
gehelp om 'n LAN op te stel by die huis, hub en al. Die kinders het elk 'n
rekenaar in die kamer en hulle neul al lankal dat die twee moet gekoppel
word. Die nuutste vakansie tydverdryf is vir 'n groep kinders om met hul
rekenaars by een se huis bymekaar te kom en rekenaar speletjies deurnag te
speel. Julle moet die arme goed die volgende oggend sien. Die uitdaging is
natuurlik nie om te wen nie, maar om heelnag wakker te bly.

Ek het bietjie gaan visvang teen die Wilde Kus vir 'n paar dae. Ek het nie
te lank gebly nie. Daar is heeltemal teveel aanvalle op mense in daardie
omgewing en 'n ou soek nie vir moeilikheid as jy dit kan voorkom nie.

Ook het ek begin bou aan 'n CJ5 Jeep. Dit lyk al klaar of ek 'n groot hap
hier gevat het, maar klaarmaak gaan ek hom klaarmaak. Het nog nooit 'n
projek halfpad gelos nie.

Verder het ek familie navorsing gedoen. Ek ken nou al feitlik elke Coetzee,
Coetsee, Couché van 1655 tot die 1930s. Genealogie is amper net so
interresant soos die ander een wat 'n man jou maklik mee kan vergis. Nie
self 'n deskundige op een van die twee nie, be-oefen maar as amateur
;-))))))))))))

Groetnis
Sakkie

From: "Annette"
Subject: Re: Ek's terug
Date: 23 July 2001 01:42

Welkom terug Sakkie.
Gaan jy ons vertel wat jy gedoen het toe jy niks gedoen het nie?:))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3b5be6e5$0$229@helios.is.co.za...
> Terug van vakansie af. Dis verdomp koud in Durban vandag, nou nie so koud
> soos dit die afgelope tyd op die rand was nie, maar ek het vanoggend amper
> oorweeg om 'n trui nader te trek. Daar's 'n mislike wind hier uit die suide
> uit en terwyl ek hier sit en skryf val daar wragtag 'n paar druppels.
>
> Het ek iets gemis. Ek sien Frikkie het besluit om vir ons geskiedenis
> klasse te gee. Laas toe ek gehoor het was daar nog 'n verskil tussen 'n
> afrikaan en 'n afrikaner. Nadat ek so hier en daar deur Frikkie se
> kommentaar gekyk het weet ek nie meer so lekker nie.
>
> Gegroet is al my maatjies. Ek weet as ek name gaan noem, gaan ek iemand
> vergeet en dan is ek in die sop nog voordat ek begin het.
>
> Sakkie
>
Vorige onderwerp: interessante informasie
Volgende onderwerp: 'Skuus dis nie in ons taal nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 19:10:06 MGT 2024