Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: 17 JULIE
Re: 17 JULIE [boodskap #47086] Sa, 21 Julie 2001 02:13
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie - Wat het Delvillebos met die boere te doen?

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:9jbk5s$joc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 17 JULIE
>
> 1828 - Afskaffing van Hottentotwetgewing. Sir Richard Bourke het die
> Hottentotwetgewing afgeskaf. Daarvolgens mag geen vrye
> bewoner van die Kaapkolonie op grond van kleur in sy
> bewegingsvryheid, woonreg, lewenswyse of werk beperk of tot
> arbeid gedwing word nie, en het vrye gekleurdes die reg verkry
> om grond te besit. Onder andere het dit bygedra tot die
> Afrikaners
> se ontevredenheid met die Britse regering en dat baie van hulle
> met die Groot Trek die Kaapkolonie verlaat het.
> 1916 - Slag by Delvillebos. Die slag het ses dae en vyf nagte geduur,
> vanaf 15 tot 20 Julie, maar dit was die nag van 17 en 18 Julie
> wat
> die Suid-Afrikaanse Brigade onder bevel van genl.-maj. H.T.
> Lukin
> die hardste getref het. Op 15 Julie het die Suid-Afrikaners die
> bevel gekry om Delvillebos tot elke prys teen die vyand, die
> United
> Kingdom Brigade, te beskerm. Op 20 Julie het slegs 3 offisiere
> en
> 140 man uit Delvillebos teruggekeer. Van die oorspronklike 3 433
> mense het minder as 750 oorgebly
> 1932 - Boere Genl. C.J. Brits oorlede.
> 1950 - Wet op die onderdrukking van Kommunisme gepubliseer.
> Hiervolgens is die Kommunistiese Party van Suid-Afrika tot
> onwettige organisasie verklaar. Die Regering het nou die mag
> gehad om publikasies en openbare byeenkomste te verbied sowel
> as die uiteensetting van ongewenste elemente uit die land.
>
Vorige onderwerp: Mediese Skemas
Volgende onderwerp: Kry liewer koud Rico
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 11:29:17 MGT 2024