"Voorkennis" deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #46871] |
Di, 17 Julie 2001 22:36 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
VOORKENNIS
Louis Esterhuizen
Wat is,
was : Sal weer wees -
Dit is die aksioma
wat die spel
onderlê.
Nie die lyn, kousaal
getrek, maar die sirkel
wat brandpunt
is van 'n eerste skuif -
Die ritme van al die skuiwe
vantevore : Sonder aanvang sonder einde.
Die eindposisie reeds
embrionaal teenwoordig, in
aanvanglose en eindelose wording -
Die hand huiwerig soos asem
om die stuk. 'n Ewigheid later
weer sigbaar -
En alles reguit, blyk leuen
te wees. Ewiglik is die waarheid
krom, so ook
die tyd
Nie opening, nie afsluiting -
Maar deurgang. Dit wat is, was -
Sal weer wees -
|
|
|