Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Magersfontein" deur DONALD RIEKERT
"Magersfontein" deur DONALD RIEKERT [boodskap #27471] Di, 19 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

MAGERSFONTEIN
Donald Riekert

Die droë bossies waai
taai taai in gelid
vorentoe skep die wind
die lied van die doedelsak
druk aan na die rante
waar die donderweer
vuurslag slaan teen
die swart ysterklip
tog het dit nie gereën nie
maar die wind het gaan lê

(Die slag van Magersfontein : 11 Desember 1899)
Re: "Magersfontein" deur DONALD RIEKERT [boodskap #27536 is 'n antwoord op boodskap #27471] Wo, 20 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
hmm, dit klink soos 'n vyftiger gedig. heel leuk.

skryf in boodskap news:380C6575.EB04AD60@sympatico.ca...
MAGERSFONTEIN
Donald Riekert

Die droë bossies waai
taai taai in gelid
vorentoe skep die wind
die lied van die doedelsak
druk aan na die rante
waar die donderweer
vuurslag slaan teen
die swart ysterklip
tog het dit nie gereën nie
maar die wind het gaan lê

(Die slag van Magersfontein : 11 Desember 1899)

Jilll

--
NB : when I write here, I spell the way I speak,
but when I translate professionally, I write well.

Samuel Murray (translator and proofreader)
smu...@yebo.co.za, cc le...@geocities.com
http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
or try my personal page http://ey.to.hey.to/
Re: "Magersfontein" deur DONALD RIEKERT [boodskap #46415 is 'n antwoord op boodskap #27471] Vr, 13 Julie 2001 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Sien Gloudina, hier's nou 'n voorbeeld van een van die gediggies wat ek
nie die meriete kan sien nie... Ja, dis oud (en ken nie die digter se
naam nie), maar wat regverdig die voortbestaan van dié gedig?

Daar's soveel mense wat met jou baklei op dié stadium. Ek wil nie. Ek
vra net...
________________________________________________________
wrote
MAGERSFONTEIN
Donald Riekert

Die droë bossies waai
taai taai in gelid
vorentoe skep die wind
die lied van die doedelsak
druk aan na die rante
waar die donderweer
vuurslag slaan teen
die swart ysterklip
tog het dit nie gereën nie
maar die wind het gaan lê

(Die slag van Magersfontein : 11 Desember 1899)
Re: "Magersfontein" deur DONALD RIEKERT [boodskap #46416 is 'n antwoord op boodskap #27471] Vr, 13 Julie 2001 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nou die dag se brand een was goed! (Sorry, het nou-nou vergeet om dit by
te sê)
____________________________________________________________ __
Re: "Magersfontein" deur DONALD RIEKERT [boodskap #46428 is 'n antwoord op boodskap #27471] Vr, 13 Julie 2001 17:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> . Ja, dis oud (en ken nie die digter se
> naam nie), maar wat regverdig die voortbestaan van dié gedig?
> . Ek
> vra net..

Nee, die gedig is nie oud nie. Die digter lewe nog, dink ek.Laat ek vireers
vra - kry jy wat aangaan? Hy beskryf die veld
soos dit nou is, maar dis die veld waar die slag van Magersfontein
in 1899 geveg is. Dus is een van die dele van die gedig dit wat
nie op die papier staan nie - die herinnering aan die slag van
Magersfontein Nou begin hy die veld beskryf. Die bossies waai,
(heelwaarskynlik taaibos, maar hy speel ook op die taaiheid van
die soldate) taai taai IN GELID, dus soos soldate. Ek dink daar
was Skotse soldate aan Engelse kant in die slag van Magersfontein,
en hy verbeel hom dat hy die doedelsakke hoor in die wind. Dit
weerlig teen die rante, en die blitse slaan teen die rante, so dit
klink of daar groot kanonne uit die rante skiet - jy kan die geluid
hoor en die ontploffings wit sien. Maar onthou, dis net 'n beskrywing
van die veld soos dit nou is, by Magersfontein.
Verder moet mens dit maar seker sien as 'n postmoderne
gedig - vir jou miskien verbreek dit al die reëls van hoe 'n gedig
behoort te wees.

Gloudina

> .
> ________________________________________________________
> wrote
> MAGERSFONTEIN
> Donald Riekert
>
> Die droë bossies waai
> taai taai in gelid
> vorentoe skep die wind
> die lied van die doedelsak
> druk aan na die rante
> waar die donderweer
> vuurslag slaan teen
> die swart ysterklip
> tog het dit nie gereën nie
> maar die wind het gaan lê
>
> (Die slag van Magersfontein : 11 Desember 1899)
Re: "Magersfontein" deur DONALD RIEKERT [boodskap #46671 is 'n antwoord op boodskap #27471] Ma, 16 Julie 2001 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nou wel. Dit bly vir my maar 'n lou gediggie... Maar ek verstaan nou beter
hoekom jy dit geplaas het... (Ten minste sien jy dat ek dit wel lees,
deesdae!!! Danksy jou!)
______________________________________

- kry jy wat aangaan?
Re: "Magersfontein" deur DONALD RIEKERT [boodskap #46702 is 'n antwoord op boodskap #27471] Ma, 16 Julie 2001 11:55 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> Nou wel. Dit bly vir my maar 'n lou gediggie... Maar ek verstaan nou beter
> hoekom jy dit geplaas het... (Ten minste sien jy dat ek dit wel lees,
> deesdae!!! Danksy jou!)

Bly om dit te hoor. Ook goed om tred te hou met
wat in die taal aangaan.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Plaasensemble" deur GEORGE WEIDEMAN
Volgende onderwerp: "Gebed om 'n basterkaptein" deur RONNIE BELCHER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 14:48:09 MGT 2024