Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Griekwa-Afrikaans.
Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46651] So, 15 Julie 2001 22:06 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Die volgende is 'n kommunikasie van 'n vriend oor 'n voorlesing van
Prof. Hans du Plessis onlangs op Tzaneen.

Prof. Hans du Plessis doen sedert 1982 navorsing oor die taal van die
Griekwas. In praktiese terme beteken dit dat hy met 'n bandmasjien in
die
hand met die mense in die omgewing van Griekwastad, Prieska, en so gaan
gesels het. Uiteraard is dit 'n lang proses van vertroue wen om hulle
aan
die gesels te kry.

Baie mense sê Afrikaans het nie dialekte nie, maar slegs variasies.
Volgens
hom is daar 3 dialekte, elkeen met 'n spesifieke ontstaansgeskiedenis.
Die
eerste is Standaardafrikaans wat ontstaan het uit 17de eeuse Nederlands
omdat, volgens hom, die blankes aan die Kaap 'n gemors van Nederlands
gemaak
het. Dan is daar Kaapse Afrikaans wat sy onstaan gehad het uit die
noodwendige aanpassings wat Oosterse slawe moes maak om in Nederlands
met
hulle meesters te kon kommunikeer - die tweede 'opmorsing' van
Nederlands.

Derdens is daar Griekwa-Afrikaans. Met die ekonomiese ontmagtiging van
die
Khoi, het hulle meer en meer ekonomies afhanklik van die koloniste
geraak,
en moes noodwendig met hulle begin kommunikeer. 'n Vernederlandsing het
gevolg, maar met eie unieke Afrika-kenmerke. Daar het ook
bloedvermenging
tussen 'n reeds versplinterde Khoi en Europeërs plaasgevind, maar hulle
het
'n proses van assimilasie tot hul geledere gevolg. Adam Kok, wat regtig
'n
slawekok in diens van die kompanjie was (ek het dit nagegaan), was so 'n

assimilant, en het die leier van so 'n Khoigroep in die omgewing van
Piketberg geword.

(Uiteraard het die drie dialekte/variasies mekaar onderling beïnvloed.)

Soos wat die druk op die Khoi toegeneem het, het Kok met sy
vernederlandse
groep noordwaarts begin trek, en 'n tuiste in die omgewing van
Klaarwater
(die hedendaagse Griekwastad) gevind. Aanvanklik het hulle hulleself
Basters
genoem, maar deur die oortuigingswerk van sendelinge het hulle hulle
oorspronklike naam, Griekwas(Goringhaikwa), weer begin gebruik. 'n
Versplintering plaasgevind, oa agv onderlinge twiste na Kok se dood,
maar
ook oor die Diamantveldkwessie, toe 'n groep weggebreek het en in die
omgewi
ng van Philippolis en later Kokstad gaan woon het.

Die Griekwa-taal het twee komponente - die taal self wat 'n stukkie
Afrika
met hom saamdra, bv. in Griekwa-Afrikaans eindige 'n meervoud altyd op
-e,
dus goed, goeterse; klip, klipperse. Maar 'goed' kan self meervoud
aandui,
soos in ma-goed, pa-goed. Verder kry werkwoorde dikwels hulp van ander
werkwoorde - bv. "wa lê loop hy nou?". Dan is daar natuurlik die
verplatting
wat 'n kenmerk van Oranjerivier-Arikaans (Griekwaland-Wes, Namakwaland,
Namibië) in die algemeen is - kind = kjênt, gee = sjee, ens.

Die ander aspek is kultureel. Eerstens is daar die barre omgewing en
daarmee
saam die beperkte geografiese verwysing. Die 'wêreld' is min of meer die

onmiddelike omgewing van Prieska en Griekwastad (wat natuurlik besig is
om
te verander). Daar is bitter weinig Engelse invloed ('n bandmasjien word

eerder 'n "stem-opvanger" as 'tape recorder').

Tweedens is die mense geweldig godsdienstig agv die vroeëre sendeling
invloed. Maar daar is 'n groot paradoks, want twee oer Afrika
mites/bygelowe
het behoue gebly. Een is die 'waterslang' wat in kuile in riviere en in
fonteine bly. Hy is groot, met een oog reg voor sy kop (wat soms 'n
diamant
kan wees, en soms 'n lig), en snorbaarde. Hy aas op vrouens wat dit naby
die
water waag, maar maak hulle nie dood nie - hy trek hulle onder die water
in
waar hy 'n harem het, en los hulle weer na 'n tyd.

Die ander een is die 'beerlou'. Hy is so groot soos 'n hond, maar lyk
soos
'n donkie. Hy val mans aan wat snags alleen loop - stamp hulle tussen
die
bene en gooi hulle oor sy rug sodat hulle nekke breek, dood. Die enigste

beskerming teen hom is om 'n vrou 'in die melk' saam met jou te hê.

Die twee konsepte verteenwoordig waarskynlik die
bose/kwaad/duiwel/duistere
magte wat in alle kulture voorkom.

Prof. Hans sê toe hy een aand op Prieska in die hotel vir homself Psalm
23
lees, het hy begin wonder hoe dit in Griekwataal sou klink. Maar hy sê
hy
het besef dat konsepte soos Lebanon-berg, Sederbome, 'Dal van
doodskaduwee',
en nardusblomme nie vir die mense bestaan nie. Dus moes nuwe konsepte
geskep
word - 'n berg word die hoogste duin (of 'dyn'), 'n dal die 'strate'
tussen
die duine, seders word kameeldorings en nardusse word gemsbokkomkommers.

Sy bundel 'Innie skylte vannie Jirre' het in Maart hierdie jaar verskyn,
en
is nou in sy tweede druk - 17 000+ eksemplare is reeds verkoop, wat
nogal
fenomenaal is vir Afrikaanse poësie, dink ek.

Psalm 23

Die Jirre is my Skawagter wat my nou
innie draadwerke van Hy se proewe hou.
Hy sal my nooit verloor lat lê nie,
en al sal ek ok niks oor my hê nie,
al wei ek nou wyd warie wind begin:
Hy lei my na waterse tissenie dyne in;
Hy sit my siel in my lyf in trig;
Hy breekslat slang se hoepelrig!

U melk my beker vol wa ek loop lê.
In my land wa ek Baas moet sê,
maak U opslagstrale van my tegeparty.
Ma ek en U, ons sal oenerrie doringse bly!

('proewe' = jakkalsproefdraad; 'opslagstrale' = lugspieëlings/mirages)
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46674 is 'n antwoord op boodskap #46651] Ma, 16 Julie 2001 07:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam, dis baie interessant.

Soos ek dit verstaan is die mees aanvaarde definisie van 'n taal (versus 'n
dialek) dat 'n taal 'n liggaam het, soos 'n Taalkommissie, wat taalreëls
maak en standaarde vasstel. 'n Dialek ontwikkel sonder so 'n regulering. As
dit reg is, is Standaard-Afrikaans 'n taal en die ander twee genoemde
variasies kan dialekte wees?

"Jonas" skryf in boodskap news:3b526b38$0$228@helios.is.co.za...
Uiters interessant.
Ken jy besonderhede van ander bronne wat Du Plessis se werk bekendstel.
'n Enkel vraag as dit by dialekte kom is die definisie van die begrip
dialek?

skryf in boodskap news:3B5214AD.4D54BB47@home.com...
Die volgende is 'n kommunikasie van 'n vriend oor 'n voorlesing van
Prof. Hans du Plessis onlangs op Tzaneen.

Baie mense sê Afrikaans het nie dialekte nie, maar slegs variasies.
Volgens hom is daar 3 dialekte, elkeen met 'n spesifieke
ontstaansgeskiedenis.
Die eerste is Standaardafrikaans wat ontstaan het uit 17de eeuse Nederlands
omdat, volgens hom, die blankes aan die Kaap 'n gemors van Nederlands
gemaak het. Dan is daar Kaapse Afrikaans wat sy onstaan gehad het uit die
noodwendige aanpassings wat Oosterse slawe moes maak om in Nederlands
met hulle meesters te kon kommunikeer - die tweede 'opmorsing' van
Nederlands.

Derdens is daar Griekwa-Afrikaans.
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46693 is 'n antwoord op boodskap #46651] Ma, 16 Julie 2001 10:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Die volgende is 'n kommunikasie van 'n vriend oor 'n voorlesing van
> Prof. Hans du Plessis onlangs op Tzaneen.
>

Dit is nou die Griekwa Psalms waaroor jy so uitgevaar het 'n ruk gelede
ne?
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46705 is 'n antwoord op boodskap #46651] Ma, 16 Julie 2001 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Ken jy besonderhede van ander bronne wat Du Plessis se werk bekendstel.

Sover ek weet, het daar hier en daar al baie van sy goedverskyn, want die
afgelope jare sien mens dit hier en daar
op die internet aangehaal, en mense stuur dit af en toe aan
my.
Ek het natuurlik effens van 'n voorbehoud oor hierdie soort
"vertalings." Dit word deur 'n Afrikaans-sprekende gedoen
en ek wonder of dit ook nie maar net populêr onder Afrikaans-
sprekendes is nie. Ek wonder wat 'n geleerde Griekwa daarvan
sal dink.

Gloudina
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46709 is 'n antwoord op boodskap #46651] Ma, 16 Julie 2001 12:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Al Randall Wycombe se Griekwa liedjies gehoor? Meestal Psalms.
Annette

skryf in boodskap news:3B52DD34.C1CC093B@home.com...
Jonas wrote:

> Ken jy besonderhede van ander bronne wat Du Plessis se werk bekendstel.

Sover ek weet, het daar hier en daar al baie van sy goedverskyn, want die
afgelope jare sien mens dit hier en daar
op die internet aangehaal, en mense stuur dit af en toe aan
my.
Ek het natuurlik effens van 'n voorbehoud oor hierdie soort
"vertalings." Dit word deur 'n Afrikaans-sprekende gedoen
en ek wonder of dit ook nie maar net populêr onder Afrikaans-
sprekendes is nie. Ek wonder wat 'n geleerde Griekwa daarvan
sal dink.

Gloudina
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46719 is 'n antwoord op boodskap #46709] Ma, 16 Julie 2001 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
O hier kom 'n ding. 'n Geleerde Griekwa ding. Gaan ongeleerd word. En
moenie sê ek het nooit iets gesê nie.

Thys (versigtig oor geleerd en ongeleerd) oppie Bos van baie "geleerdes"

"Annette" skryf in boodskap news:9iunpg$knlfe$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Al Randall Wycombe se Griekwa liedjies gehoor? Meestal Psalms.
> Annette
>
>
> skryf in boodskap news:3B52DD34.C1CC093B@home.com...
> Jonas wrote:
>
>> Ken jy besonderhede van ander bronne wat Du Plessis se werk bekendstel.
>
> Sover ek weet, het daar hier en daar al baie van sy goedverskyn, want die
> afgelope jare sien mens dit hier en daar
> op die internet aangehaal, en mense stuur dit af en toe aan
> my.
> Ek het natuurlik effens van 'n voorbehoud oor hierdie soort
> "vertalings." Dit word deur 'n Afrikaans-sprekende gedoen
> en ek wonder of dit ook nie maar net populêr onder Afrikaans-
> sprekendes is nie. Ek wonder wat 'n geleerde Griekwa daarvan
> sal dink.
>
> Gloudina
>
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46723 is 'n antwoord op boodskap #46651] Ma, 16 Julie 2001 16:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Uiters interessant.
Ken jy besonderhede van ander bronne wat Du Plessis se werk bekendstel.
'n Enkel vraag as dit by dialekte kom is die definisie van die begrip
dialek?
skryf in boodskap news:3B5214AD.4D54BB47@home.com...
Die volgende is 'n kommunikasie van 'n vriend oor 'n voorlesing van
Prof. Hans du Plessis onlangs op Tzaneen.

Prof. Hans du Plessis doen sedert 1982 navorsing oor die taal van die
Griekwas. In praktiese terme beteken dit dat hy met 'n bandmasjien in
die
hand met die mense in die omgewing van Griekwastad, Prieska, en so gaan
gesels het. Uiteraard is dit 'n lang proses van vertroue wen om hulle
aan
die gesels te kry.

Baie mense sê Afrikaans het nie dialekte nie, maar slegs variasies.
Volgens
hom is daar 3 dialekte, elkeen met 'n spesifieke ontstaansgeskiedenis.
Die
eerste is Standaardafrikaans wat ontstaan het uit 17de eeuse Nederlands
omdat, volgens hom, die blankes aan die Kaap 'n gemors van Nederlands
gemaak
het. Dan is daar Kaapse Afrikaans wat sy onstaan gehad het uit die
noodwendige aanpassings wat Oosterse slawe moes maak om in Nederlands
met
hulle meesters te kon kommunikeer - die tweede 'opmorsing' van
Nederlands.

Derdens is daar Griekwa-Afrikaans. Met die ekonomiese ontmagtiging van
die
Khoi, het hulle meer en meer ekonomies afhanklik van die koloniste
geraak,
en moes noodwendig met hulle begin kommunikeer. 'n Vernederlandsing het
gevolg, maar met eie unieke Afrika-kenmerke. Daar het ook
bloedvermenging
tussen 'n reeds versplinterde Khoi en Europeërs plaasgevind, maar hulle
het
'n proses van assimilasie tot hul geledere gevolg. Adam Kok, wat regtig
'n
slawekok in diens van die kompanjie was (ek het dit nagegaan), was so 'n

assimilant, en het die leier van so 'n Khoigroep in die omgewing van
Piketberg geword.

(Uiteraard het die drie dialekte/variasies mekaar onderling beïnvloed.)

Soos wat die druk op die Khoi toegeneem het, het Kok met sy
vernederlandse
groep noordwaarts begin trek, en 'n tuiste in die omgewing van
Klaarwater
(die hedendaagse Griekwastad) gevind. Aanvanklik het hulle hulleself
Basters
genoem, maar deur die oortuigingswerk van sendelinge het hulle hulle
oorspronklike naam, Griekwas(Goringhaikwa), weer begin gebruik. 'n
Versplintering plaasgevind, oa agv onderlinge twiste na Kok se dood,
maar
ook oor die Diamantveldkwessie, toe 'n groep weggebreek het en in die
omgewi
ng van Philippolis en later Kokstad gaan woon het.

Die Griekwa-taal het twee komponente - die taal self wat 'n stukkie
Afrika
met hom saamdra, bv. in Griekwa-Afrikaans eindige 'n meervoud altyd op
-e,
dus goed, goeterse; klip, klipperse. Maar 'goed' kan self meervoud
aandui,
soos in ma-goed, pa-goed. Verder kry werkwoorde dikwels hulp van ander
werkwoorde - bv. "wa lê loop hy nou?". Dan is daar natuurlik die
verplatting
wat 'n kenmerk van Oranjerivier-Arikaans (Griekwaland-Wes, Namakwaland,
Namibië) in die algemeen is - kind = kjênt, gee = sjee, ens.

Die ander aspek is kultureel. Eerstens is daar die barre omgewing en
daarmee
saam die beperkte geografiese verwysing. Die 'wêreld' is min of meer die

onmiddelike omgewing van Prieska en Griekwastad (wat natuurlik besig is
om
te verander). Daar is bitter weinig Engelse invloed ('n bandmasjien word

eerder 'n "stem-opvanger" as 'tape recorder').

Tweedens is die mense geweldig godsdienstig agv die vroeëre sendeling
invloed. Maar daar is 'n groot paradoks, want twee oer Afrika
mites/bygelowe
het behoue gebly. Een is die 'waterslang' wat in kuile in riviere en in
fonteine bly. Hy is groot, met een oog reg voor sy kop (wat soms 'n
diamant
kan wees, en soms 'n lig), en snorbaarde. Hy aas op vrouens wat dit naby
die
water waag, maar maak hulle nie dood nie - hy trek hulle onder die water
in
waar hy 'n harem het, en los hulle weer na 'n tyd.

Die ander een is die 'beerlou'. Hy is so groot soos 'n hond, maar lyk
soos
'n donkie. Hy val mans aan wat snags alleen loop - stamp hulle tussen
die
bene en gooi hulle oor sy rug sodat hulle nekke breek, dood. Die enigste

beskerming teen hom is om 'n vrou 'in die melk' saam met jou te hê.

Die twee konsepte verteenwoordig waarskynlik die
bose/kwaad/duiwel/duistere
magte wat in alle kulture voorkom.

Prof. Hans sê toe hy een aand op Prieska in die hotel vir homself Psalm
23
lees, het hy begin wonder hoe dit in Griekwataal sou klink. Maar hy sê
hy
het besef dat konsepte soos Lebanon-berg, Sederbome, 'Dal van
doodskaduwee',
en nardusblomme nie vir die mense bestaan nie. Dus moes nuwe konsepte
geskep
word - 'n berg word die hoogste duin (of 'dyn'), 'n dal die 'strate'
tussen
die duine, seders word kameeldorings en nardusse word gemsbokkomkommers.

Sy bundel 'Innie skylte vannie Jirre' het in Maart hierdie jaar verskyn,
en
is nou in sy tweede druk - 17 000+ eksemplare is reeds verkoop, wat
nogal
fenomenaal is vir Afrikaanse poësie, dink ek.

Psalm 23

Die Jirre is my Skawagter wat my nou
innie draadwerke van Hy se proewe hou.
Hy sal my nooit verloor lat lê nie,
en al sal ek ok niks oor my hê nie,
al wei ek nou wyd warie wind begin:
Hy lei my na waterse tissenie dyne in;
Hy sit my siel in my lyf in trig;
Hy breekslat slang se hoepelrig!

U melk my beker vol wa ek loop lê.
In my land wa ek Baas moet sê,
maak U opslagstrale van my tegeparty.
Ma ek en U, ons sal oenerrie doringse bly!

('proewe' = jakkalsproefdraad; 'opslagstrale' = lugspieëlings/mirages)
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46749 is 'n antwoord op boodskap #46651] Ma, 16 Julie 2001 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina: Ek het natuurlik effens van 'n voorbehoud oor hierdie soort
"vertalings." Dit word deur 'n Afrikaans-sprekende gedoen en ek wonder of
dit ook nie maar net populêr onder Afrikaans-sprekendes is nie. Ek wonder
wat 'n geleerde Griekwa daarvan sal dink.

Wouter: Gloudina, Gloudina, Gloudina!

Griekwas is Afrikaanssprekendes, Afrikaans behoort nie net aan
standaard-Afrikaanssprekers nie. Ook nie net aan blankes nie, want dit is
die implikasie van watt jy hier bo sê. Jy praat al nes 'n regte wit omie.
:-)

En daar is baie Griekwas wat ook die ander dialekte magtig is. Dink maar
aan bekende Griekwas soos Peter Marais (Kaapstad unistad-burgemeester) of
geleerdes soos die digter Ronnie Belcher. Hulle is albei net so Afrikaans
soos enige een van ons.
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46761 is 'n antwoord op boodskap #46651] Ma, 16 Julie 2001 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> En daar is baie Griekwas wat ook die ander dialekte magtig is. Dink maar
> aan bekende Griekwas soos Peter Marais (Kaapstad unistad-burgemeester) of
> geleerdes soos die digter Ronnie Belcher. Hulle is albei net so Afrikaans
> soos enige een van ons.

Ek is geinteresseerd in Ronnie Belcher. Hy is blykbaar besigom 'n vryskut
uitgewer te word, en ek hou van sy vermoë om
sonnette te skryf. Vertel meer van hom. Ek neem aan hy bly
in Stellenbosch?

Gloudina
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46764 is 'n antwoord op boodskap #46651] Ma, 16 Julie 2001 22:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter: Gloudina, Gloudina, Gloudina!
>
> Griekwas is Afrikaanssprekendes, Afrikaans behoort nie net aan
> standaard-Afrikaanssprekers nie. Ook nie net aan blankes nie, want dit is
> die implikasie van watt jy hier bo sê. Jy praat al nes 'n regte wit omie.

Jou logika is hier totaal op die koffie. Aan die basis van my argumentis dat
'n nie-Griekwa spreker begin om die provinsie oor te neem van
'n Griekwa-Afrikaans spreker, en voorgee om te dink soos 'n Griekwa-
spreker dink. Dit kom af as cute, meeste van die tyd. Dit sou dieselfde
wees as 'n Engelsman probeer voorgee om soos 'n Afrikaner te dink.
Jy sal gou jou eie skreeue hoor in daardie geval.

Gloudina

>
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46773 is 'n antwoord op boodskap #46651] Di, 17 Julie 2001 06:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina: Ek het natuurlik effens van 'n voorbehoud oor hierdie soort
"vertalings." Dit word deur 'n Afrikaans-sprekende gedoen en ek wonder of
dit ook nie maar net populêr onder Afrikaans-sprekendes is nie.

> Wouter: Gloudina, Gloudina, Gloudina!
> Griekwas is Afrikaanssprekendes, Afrikaans behoort nie net aan
> standaard-Afrikaanssprekers nie. Ook nie net aan blankes nie, want dit is
> die implikasie van wat jy hier bo sê. Jy praat al nes 'n regte wit
omie.:-)

Gloudina : Jou logika is hier totaal op die koffie. Aan die basis van my
argument is

Wouter: Toegegee, Gloudina. Maar jy het niks meer as so iets nodig om van
iemand 'n wit omie te maak nie. En ek het bloot gesê jy *praat* hier soos
een. Jy sou waarskynlik na so 'n stelling van die skrywer 'n wit omie gemaak
het, want die woordkeuse dui op 'n inklusiewe meerderwaardige denkproses.
Maar ek verdink of beskuldig jou nie daarvan nie, oppas maar net vir jou eie
vensters as jy met klippe gooi.
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46774 is 'n antwoord op boodskap #46651] Di, 17 Julie 2001 06:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> En daar is baie Griekwas wat ook die ander dialekte magtig is. Dink maar
> aan bekende Griekwas soos Peter Marais (Kaapstad unistad-burgemeester) of
> geleerdes soos die digter Ronnie Belcher. Hulle is albei net so Afrikaans
> soos enige een van ons.

Gloudina
Ek is geinteresseerd in Ronnie Belcher. Hy is blykbaar besig om 'n vryskut
uitgewer te word, en ek hou van sy vermoë om sonnette te skryf.
Vertel meer van hom. Ek neem aan hy bly in Stellenbosch?

Wouter
Ek het hom al 'n paar keer by die KKNK gesien, hy is 'n briljante
impromptu-digter wat in die "Bekgevegte" uitblink. Die enigste digter
waarvan ek weet wat byvoorbeeld 'n perfekte sonnet (met korrekte skandering)
in net 10 minute skryf. Jy sal weet dat dit aan die onmoontlike grens. Maar
ek ken hom nie persoonlik nie en is nie bewus van sy uitgewery nie.

As ek reg onthou is hy 'n vrygesel, so ongeveer 60 jaar oud. Ek dink hy woon
op 'n plaas of kleinhoewe (op Stellenbosch, ja) en is glo vermoënd. Hy lyk
soos 'n verstrooide boer, loop met deurmekaar hare, kortbroek, sokkies en
skoene rond. Min mense besef hy is 'n Griekwa, hy is ligter van vel as
sommige blankes. Hy kom effe eksentriek voor, maar lyk na 'n baie
interessante mens met 'n aangename persoonlikheid en 'n uitsonderlike
humorsin..
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46786 is 'n antwoord op boodskap #46774] Di, 17 Julie 2001 09:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nou die akteurtjie, wat jare terug in Cul de Sac gespeel het? Nooit
gedink hy't iets tussen sy ore nie...
_____________________________________________________
Wouter Plaasvark schreef in berichtnieuws
3b53dbe4.0@news1.mweb.co.za...
> Wouter
>> En daar is baie Griekwas wat ook die ander dialekte magtig is. Dink maar
>> aan bekende Griekwas soos Peter Marais (Kaapstad unistad-burgemeester) of
>> geleerdes soos die digter Ronnie Belcher. Hulle is albei net so Afrikaans
>> soos enige een van ons.
>
> Gloudina
> Ek is geinteresseerd in Ronnie Belcher. Hy is blykbaar besig om 'n vryskut
> uitgewer te word, en ek hou van sy vermoë om sonnette te skryf.
> Vertel meer van hom. Ek neem aan hy bly in Stellenbosch?
>
> Wouter
> Ek het hom al 'n paar keer by die KKNK gesien, hy is 'n briljante
> impromptu-digter wat in die "Bekgevegte" uitblink. Die enigste digter
> waarvan ek weet wat byvoorbeeld 'n perfekte sonnet (met korrekte skandering)
> in net 10 minute skryf. Jy sal weet dat dit aan die onmoontlike grens. Maar
> ek ken hom nie persoonlik nie en is nie bewus van sy uitgewery nie.
>
> As ek reg onthou is hy 'n vrygesel, so ongeveer 60 jaar oud. Ek dink hy woon
> op 'n plaas of kleinhoewe (op Stellenbosch, ja) en is glo vermoënd. Hy lyk
> soos 'n verstrooide boer, loop met deurmekaar hare, kortbroek, sokkies en
> skoene rond. Min mense besef hy is 'n Griekwa, hy is ligter van vel as
> sommige blankes. Hy kom effe eksentriek voor, maar lyk na 'n baie
> interessante mens met 'n aangename persoonlikheid en 'n uitsonderlike
> humorsin..
>
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46787 is 'n antwoord op boodskap #46786] Di, 17 Julie 2001 10:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee, ek dis nie dieselfde javel nie. Daai ou wat so met die twee bokser
honde gewerskaf het... Was maar 'n doodloopstraat...

Thys op't Bos

"Max" skryf in boodskap news:9j11t3$f5a$1@azure.nl.gxn.net...
> Is dit nou die akteurtjie, wat jare terug in Cul de Sac gespeel het? Nooit
> gedink hy't iets tussen sy ore nie...
> _____________________________________________________
> Wouter Plaasvark schreef in berichtnieuws
> 3b53dbe4.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter
>>> En daar is baie Griekwas wat ook die ander dialekte magtig is. Dink maar
>>> aan bekende Griekwas soos Peter Marais (Kaapstad unistad-burgemeester) of
>>> geleerdes soos die digter Ronnie Belcher. Hulle is albei net so Afrikaans
>>> soos enige een van ons.
>>
>> Gloudina
>> Ek is geinteresseerd in Ronnie Belcher. Hy is blykbaar besig om 'n vryskut
>> uitgewer te word, en ek hou van sy vermoë om sonnette te skryf.
>> Vertel meer van hom. Ek neem aan hy bly in Stellenbosch?
>>
>> Wouter
>> Ek het hom al 'n paar keer by die KKNK gesien, hy is 'n briljante
>> impromptu-digter wat in die "Bekgevegte" uitblink. Die enigste digter
>> waarvan ek weet wat byvoorbeeld 'n perfekte sonnet (met korrekte skandering)
>> in net 10 minute skryf. Jy sal weet dat dit aan die onmoontlike grens. Maar
>> ek ken hom nie persoonlik nie en is nie bewus van sy uitgewery nie.
>>
>> As ek reg onthou is hy 'n vrygesel, so ongeveer 60 jaar oud. Ek dink hy woon
>> op 'n plaas of kleinhoewe (op Stellenbosch, ja) en is glo vermoënd. Hy lyk
>> soos 'n verstrooide boer, loop met deurmekaar hare, kortbroek, sokkies en
>> skoene rond. Min mense besef hy is 'n Griekwa, hy is ligter van vel as
>> sommige blankes. Hy kom effe eksentriek voor, maar lyk na 'n baie
>> interessante mens met 'n aangename persoonlikheid en 'n uitsonderlike
>> humorsin..
>>
>
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46791 is 'n antwoord op boodskap #46787] Di, 17 Julie 2001 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem, Thys :-)
Dit kan nie dieselfde mens wees nie.

Thys de Wet skryf in boodskap news:9j13sf$2mck$1@news.adamastor.ac.za...
Nee, ek dis nie dieselfde javel nie. Daai ou wat so met die twee bokser
honde gewerskaf het... Was maar 'n doodloopstraat...

Thys op't Bos
"Max" skryf in boodskap news:9j11t3$f5a$1@azure.nl.gxn.net...
> Is dit nou die akteurtjie, wat jare terug in Cul de Sac gespeel het? Nooit
> gedink hy't iets tussen sy ore nie...

_____________________________________________________
> Wouter Plaasvark schreef in berichtnieuws
> 3b53dbe4.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter
>> En daar is baie Griekwas wat ook die ander dialekte magtig is. Dink
>> aan bekende Griekwas soos Peter Marais (Kaapstad unistad-burgemeester)
>> geleerdes soos die digter Ronnie Belcher. Hulle is albei net so
> Afrikaans soos enige een van ons.

>> Gloudina
>> Ek is geinteresseerd in Ronnie Belcher. Hy is blykbaar besig om 'n
>> uitgewer te word, en ek hou van sy vermoë om sonnette te skryf.
>> Vertel meer van hom. Ek neem aan hy bly in Stellenbosch?

>> Wouter
>> Ek het hom al 'n paar keer by die KKNK gesien, hy is 'n briljante
>> impromptu-digter wat in die "Bekgevegte" uitblink. Die enigste digter
>> wat byvoorbeeld 'n perfekte sonnet (met korrekte skandering)
>> in net 10 minute skryf. Jy sal weet dat dit aan die onmoontlike grens.
>> ek ken hom nie persoonlik nie en is nie bewus van sy uitgewery nie.
>> As ek reg onthou is hy 'n vrygesel, so ongeveer 60 jaar oud. ... woon
>> op 'n plaas of kleinhoewe (op Stellenbosch, ja) en is glo vermoënd. Hy
>> lyk soos 'n boer, loop met deurmekaar hare, kortbroek, sokkies en
>> skoene rond. Min mense besef hy is 'n Griekwa, hy is ligter van vel as
>> sommige blankes. Hy kom effe eksentriek voor, maar lyk na 'n baie
>> interessante mens met 'n aangename persoonlikheid en 'n uitsonderlike
>> humorsin..
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46801 is 'n antwoord op boodskap #46786] Di, 17 Julie 2001 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Max - Daardie Ronnie sing nou en hy is veels te aantreklik om te kan
dig:)))
Annette

Max skryf in boodskap news:9j11t3$f5a$1@azure.nl.gxn.net...
> Is dit nou die akteurtjie, wat jare terug in Cul de Sac gespeel het? Nooit
> gedink hy't iets tussen sy ore nie...
> _____________________________________________________
> Wouter Plaasvark schreef in berichtnieuws
> 3b53dbe4.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter
>>> En daar is baie Griekwas wat ook die ander dialekte magtig is. Dink maar
>>> aan bekende Griekwas soos Peter Marais (Kaapstad unistad-burgemeester) of
>>> geleerdes soos die digter Ronnie Belcher. Hulle is albei net so Afrikaans
>>> soos enige een van ons.
>>
>> Gloudina
>> Ek is geinteresseerd in Ronnie Belcher. Hy is blykbaar besig om 'n vryskut
>> uitgewer te word, en ek hou van sy vermoë om sonnette te skryf.
>> Vertel meer van hom. Ek neem aan hy bly in Stellenbosch?
>>
>> Wouter
>> Ek het hom al 'n paar keer by die KKNK gesien, hy is 'n briljante
>> impromptu-digter wat in die "Bekgevegte" uitblink. Die enigste digter
>> waarvan ek weet wat byvoorbeeld 'n perfekte sonnet (met korrekte skandering)
>> in net 10 minute skryf. Jy sal weet dat dit aan die onmoontlike grens. Maar
>> ek ken hom nie persoonlik nie en is nie bewus van sy uitgewery nie.
>>
>> As ek reg onthou is hy 'n vrygesel, so ongeveer 60 jaar oud. Ek dink hy woon
>> op 'n plaas of kleinhoewe (op Stellenbosch, ja) en is glo vermoënd. Hy lyk
>> soos 'n verstrooide boer, loop met deurmekaar hare, kortbroek, sokkies en
>> skoene rond. Min mense besef hy is 'n Griekwa, hy is ligter van vel as
>> sommige blankes. Hy kom effe eksentriek voor, maar lyk na 'n baie
>> interessante mens met 'n aangename persoonlikheid en 'n uitsonderlike
>> humorsin..
>>
>
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46805 is 'n antwoord op boodskap #46801] Di, 17 Julie 2001 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Aantreklik? Gelukkig verskil smaak :-) Ja, ek onthou nou hy't op 'n stadium
begin sing ook...
_________________________________________________________
Annette schreef in berichtnieuws
9j1dqf$l89oi$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nee Max - Daardie Ronnie sing nou en hy is veels te aantreklik om te kan
> dig:)))
> Annette
>
> Max skryf in boodskap news:9j11t3$f5a$1@azure.nl.gxn.net...
>> Is dit nou die akteurtjie, wat jare terug in Cul de Sac gespeel het? Nooit
>> gedink hy't iets tussen sy ore nie...
>> _____________________________________________________
>> Wouter Plaasvark schreef in berichtnieuws
>> 3b53dbe4.0@news1.mweb.co.za...
>>> Wouter
>>>> En daar is baie Griekwas wat ook die ander dialekte magtig is. Dink maar
>>>> aan bekende Griekwas soos Peter Marais (Kaapstad unistad-burgemeester) of
>>>> geleerdes soos die digter Ronnie Belcher. Hulle is albei net so Afrikaans
>>>> soos enige een van ons.
>>>
>>> Gloudina
>>> Ek is geinteresseerd in Ronnie Belcher. Hy is blykbaar besig om 'n vryskut
>>> uitgewer te word, en ek hou van sy vermoë om sonnette te skryf.
>>> Vertel meer van hom. Ek neem aan hy bly in Stellenbosch?
>>>
>>> Wouter
>>> Ek het hom al 'n paar keer by die KKNK gesien, hy is 'n briljante
>>> impromptu-digter wat in die "Bekgevegte" uitblink. Die enigste digter
>>> waarvan ek weet wat byvoorbeeld 'n perfekte sonnet (met korrekte skandering)
>>> in net 10 minute skryf. Jy sal weet dat dit aan die onmoontlike grens. Maar
>>> ek ken hom nie persoonlik nie en is nie bewus van sy uitgewery nie.
>>>
>>> As ek reg onthou is hy 'n vrygesel, so ongeveer 60 jaar oud. Ek dink hy woon
>>> op 'n plaas of kleinhoewe (op Stellenbosch, ja) en is glo vermoënd. Hy lyk
>>> soos 'n verstrooide boer, loop met deurmekaar hare, kortbroek, sokkies en
>>> skoene rond. Min mense besef hy is 'n Griekwa, hy is ligter van vel as
>>> sommige blankes. Hy kom effe eksentriek voor, maar lyk na 'n baie
>>> interessante mens met 'n aangename persoonlikheid en 'n uitsonderlike
>>> humorsin..
>>>
>>
>
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46818 is 'n antwoord op boodskap #46651] Di, 17 Julie 2001 15:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die mooiste/"suiwerste" Afrikaans wat ek gehoor het, en geklink het soos "my
ouma se Afrikaans" was in Windhoek - die sprekers tydens die dialoog was
twee bruin/kleurling mans gewees. Ek het die afleiding gemaak dat die taal
daar by hulle so 'n bietjie "stilgestaan" het.
Hoe gaan dit met Afrikaans in Namibië?
skryf in boodskap news:3B53658A.5EC63540@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter: Gloudina, Gloudina, Gloudina!
>
> Griekwas is Afrikaanssprekendes, Afrikaans behoort nie net aan
> standaard-Afrikaanssprekers nie. Ook nie net aan blankes nie, want dit is
> die implikasie van watt jy hier bo sê. Jy praat al nes 'n regte wit omie.

Jou logika is hier totaal op die koffie. Aan die basis van my argumentis
dat
'n nie-Griekwa spreker begin om die provinsie oor te neem van
'n Griekwa-Afrikaans spreker, en voorgee om te dink soos 'n Griekwa-
spreker dink. Dit kom af as cute, meeste van die tyd. Dit sou dieselfde
wees as 'n Engelsman probeer voorgee om soos 'n Afrikaner te dink.
Jy sal gou jou eie skreeue hoor in daardie geval.

Gloudina

>
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46829 is 'n antwoord op boodskap #46651] Di, 17 Julie 2001 17:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Hy kom effe eksentriek voor, maar lyk na 'n baie
> interessante mens met 'n aangename persoonlikheid en 'n uitsonderlike
> humorsin..

Wel, as jy hom ooit ontmoet, sê vir hom hy het 'n bewonderaarin Kanada.

Gloudina
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46830 is 'n antwoord op boodskap #46651] Di, 17 Julie 2001 17:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Jul 2001 17:29:31 GMT, @home.com wrote:

> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Hy kom effe eksentriek voor, ens. ens. ens.

> Wel, as jy hom ooit ontmoet, sê vir hom hy het 'n bewonderaarin Kanada.
>
> Gloudina
>

Wouter, ek het 'n deel van die gesprek nie gelees nie en het slegs die
deel gesien wat hierbo verskyn.
Is dit ék wat hier onder bespreking is?

Indien wel, dra my dank aan haar oor.

DD
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46842 is 'n antwoord op boodskap #46651] Di, 17 Julie 2001 19:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jou logika is hier totaal op die koffie. Aan die basis van my argumentis
dat
'n nie-Griekwa spreker begin om die provinsie oor te neem van
'n Griekwa-Afrikaans spreker, en voorgee om te dink soos 'n Griekwa-
spreker dink. Dit kom af as cute, meeste van die tyd. Dit sou dieselfde
wees as 'n Engelsman probeer voorgee om soos 'n Afrikaner te dink.
Jy sal gou jou eie skreeue hoor in daardie geval.

Gloudina

Vader ons Gloudina, is hierdie geradbraakte taal jou poging om humoristies
te wees?
Annette

skryf in boodskap news:3B53658A.5EC63540@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter: Gloudina, Gloudina, Gloudina!
>
> Griekwas is Afrikaanssprekendes, Afrikaans behoort nie net aan
> standaard-Afrikaanssprekers nie. Ook nie net aan blankes nie, want dit is
> die implikasie van watt jy hier bo sê. Jy praat al nes 'n regte wit omie.

Jou logika is hier totaal op die koffie. Aan die basis van my argumentis
dat
'n nie-Griekwa spreker begin om die provinsie oor te neem van
'n Griekwa-Afrikaans spreker, en voorgee om te dink soos 'n Griekwa-
spreker dink. Dit kom af as cute, meeste van die tyd. Dit sou dieselfde
wees as 'n Engelsman probeer voorgee om soos 'n Afrikaner te dink.
Jy sal gou jou eie skreeue hoor in daardie geval.

Gloudina

>
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46852 is 'n antwoord op boodskap #46651] Di, 17 Julie 2001 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Hy kom effe eksentriek voor, maar lyk na 'n baie interessante mens met 'n
aangename persoonlikheid en 'n uitsonderlike humorsin..

Gloudina
Wel, as jy hom ooit ontmoet, sê vir hom hy het 'n bewonderaar in Kanada.

Wouter
Dalk doen ek dit nog, 'n mens weet nooit. Ons het gemeenskaplike vriende. Hy
was nou die dag seremoniemeester toe Louis Esterhuysen en Marlise Joubert
getrou het.
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46862 is 'n antwoord op boodskap #46651] Di, 17 Julie 2001 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

>> Dit sou dieselfde
>> wees as 'n Engelsman probeer voorgee om soos 'n Afrikaner te dink.
>> Jy sal gou jou eie skreeue hoor in daardie geval.
> Gloudina
>
> Vader ons Gloudina, is hierdie geradbraakte taal jou poging om humoristies
> te wees?

Nee, Annette, ek is doodernstig. Miskien moet jy vir
tant Souf en haar man bel en uitvind wat ek bedoel.

Gloudina
Re: Oor Griekwa-Afrikaans. [boodskap #46869 is 'n antwoord op boodskap #46651] Di, 17 Julie 2001 22:26 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Gloudina
> Wel, as jy hom ooit ontmoet, sê vir hom hy het 'n bewonderaar in Kanada.
>
> Wouter
> Dalk doen ek dit nog, 'n mens weet nooit. Ons het gemeenskaplike vriende. Hy
> was nou die dag seremoniemeester toe Louis Esterhuysen en Marlise Joubert
> getrou het.

Wel, wel, wel. Ter ere van die huwelik, pos ek 'n gedig van elkeen.

Gloudina
Vorige onderwerp: Die By
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Meer Effektiewe Mynbou Inisiatief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 08:09:09 MGT 2024