Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waterblomme
Waterblomme [boodskap #46649] So, 15 Julie 2001 21:40
P.B.S.  is tans af-lyn  P.B.S.
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
My beste beskrywing is, as jy die ruik van 'n grasdak huis kan omsit in 'n
smaak, weerspieël dit die smaak. Ek is baie lief daarvoor en maak dit
gereeld saam met lekker skaapnek en surings.
PBS

From: "Annette"
Subject: Re: Dis in die kas.
Date: 15 July 2001 05:59

Pop - die waterblommetjies wat jy gekry het was verkeerd:)))
Dit moet smaak halfpad tussen boontjies en spinasie - definiteif nie soos
blomkool nie.
Ek moet sê ek sal moeilik kies tussen waterblommetjies ( my gunsteling
groentegereg) en Beestert ( my ginsteling vleisgereg)
Annette

pop skryf in boodskap news:9iqe9d$qff$1@slb4.atl.mindspring.net...
> Ekskuus my Danielle, JY is die vaalpens, of is jy nou besig om jou verlede
> te verdoessel? :-)) Is jy nie in Sasolburg of een van daai plekke
> gebore,
> en toe getrek na die Kaap nie? Mmmmm?????? :-)))
>
> Volgens my onontwikkelde smaak is waterblommetjiebredie is die mees
> overrated dis wat in die shee shee
> restaurante in die Kaap voorgesit word. Ek het dit drie keer geëet. Een
> keer in n fancy plek in die Bos, een keer by n maaster kok se huis
> in Rondebosch en een keer in Johannesburg. Elke keer dieselfde, smaak
> nes blomkool wat fyngemaak is. Nie sleg nie maaind joe, net nie so
> wonderlik soos mense dit uitmaak nie. Wat nou Regtig lekker is
> (volgens moi jy weet mos) is OxTail. Kry dit glad nie hier in Amerika
> nie, mense gril as jy dit noem. Ook skaapstertjies in die pot (9 dae oud!
> :-)
> met jong aartappeltjies, en al die vet afgegooi! Koningskos. Wag,
> laat ek eers gou aandete gaan aanslaan, iets in my noop nou om vir n slaggie
> iets behoorliks te kook vir die gesin. Koebaai.
>
> Pop
>
> :-))))
> Danielle wrote in message
> news:hhd1ltobfanvd9akh5m15mok14203n6b4d@4ax.com...
>> On Sat, 14 Jul 2001 23:16:51 +0200, "Linus"
>> wrote:
>>
>>> Hmmmmmm .... dit klink nie vir my baie goed nie. Meskien moet ek dit weer
>>> agter in die kas sit.
>>>
>>> Dalk vra ek weer oor ses maande dieselfde vraag.
>>
>> Nee - seblief moenie! :-))
>>
>> Hier is wat jy doen: Maak die blik oop, en inspekteer en dissekteer
>> die "blommetjies" versigtig. As jy snaakse goeters sien, wat lyk asof
>> hulle nie daar hoort nie, dan beskryf jy dit vir ons hier. Iemand sal
>> dalk weet wat dit oorspronklik was of moes gewees het. :-))
>> As dit "skoon" lyk (wat ek twyfel), dan maak jy 'n lekker
>> lamsvleisbredie daarvan - maar i.p.v suurlemoensap moet jy rerige
>> Kaapse surings gebruik, en onthou veral die 2 bottels wyn (om te drink
>> terwyl jy die bredie maak - nie om in die bredie te gooi nie!) En
>> moenie vir Vrystaters of Vaalpense luister nie - dis LEKKER!! :-))))
>>
>
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Meer Effektiewe Kuns Bemarking Inisiatief
Volgende onderwerp: Re: From 1960 to 1992 South Africa was excluded from the Olympics
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 05:35:42 MGT 2024