Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nunavut
Nunavut [boodskap #46632] So, 15 Julie 2001 18:49 na volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina: . . Inuit. En baie van hulle bly nou in 'n deel van Kanada wat
Nunavut genoem word.

Wouter: Dis mos 'n hedendaagse reservaat of tuisland?

Jy is reg, ek kan dit nie weerstaan nie. Gie gie gie :-)
Re: Nunavut [boodskap #46635 is 'n antwoord op boodskap #46632] So, 15 Julie 2001 19:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
>
>
> Jy is reg, ek kan dit nie weerstaan nie. Gie gie gie :-)
>

ek giggel saam met jou oor dié een Wouter. Gie gie gie
Re: Nunavut [boodskap #46643 is 'n antwoord op boodskap #46632] So, 15 Julie 2001 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Gloudina: . . Inuit. En baie van hulle bly nou in 'n deel van Kanada wat
> Nunavut genoem word.
>
> Wouter: Dis mos 'n hedendaagse reservaat of tuisland?
>
> Jy is reg, ek kan dit nie weerstaan nie. Gie gie gie :-)

So, Wouter. Kom ons kyk nou eers waaroor jy lag. Jy verkneuter
vir jou omdat Kanada nou "tuislande" het, en SA nie meer nie? Jy
is oorgehaal om dus vir Kanada te beskuldig daarvan dat dit
apartheid het? Nee, Wouter Plaasvark. Enigiemand kan in Nunavut
woon. Daar is nie 'n wet wat bepaal dat sekere mense met sekere
soort liggaamstrekke nie in ander dele van Kanada moet woon nie.
Daar is dus nie apartheid in Kanada nie.
Dus is Nunavut nie soos sekere Eerste Nasies reservate nie, waar
alleenlik 'n spesifieke Eerste Nasie reg het om te woon. (Jy verstaan
teen hierdie tyd tog die konsep reservaat, n'est ce pas? Jy was mos so
sterk daarteen gekant dat SA ooit reservate gehad het, totdat ons vir
jou kapittel en vers die teenoorgestelde moes bewys. Jy skuld my nog
'n apologie daarvoor.)
Nunavut het ontstaan deur die feit dat hulle die baie groot North-
West Territories wou opsny. Die oostekant, waar die Inuit meestal
woon, is toe verklaar as Nunavut. Daar was nogal 'n hele klomp
stryery oor waar die grens tussen die NWT en Nunavut moet loop,
want dit laat sekere van die Dene ('n Eerste Nasie) se grondgebied
in Nunavut val.
Die Kanadese gebied Nunavut het baie in gemeen met die gebiede
van die Inuit in Europa en Rusland (hulle grens natuurlik territoriaal
aanmekaar.) Iemand het nou die dag gesê hulle voorsien die dag dat
die hele Inuit bevolking van die wêreld om die noordpool politieke
alliansies sal aangaan, en miskien 'n politieke eenheid word. Ek sal
nogal jammer wees as dit gebeur. Ek hou daarvan om as mede-Kanadese
lede van die Inuit te hê, wat bly waar in die somer dit vir 'n ruk 24-uur
lank dag is. En ons huldig hulle kultuur elke keer wat ons kans kry, want
anders word dinge so boring.
Let wel. Nunavut is (nog) nie 'n provinsie nie. In Kanada is die
provinsies amper soos die state in die VSA - hef hulle eie belastings en
het geheel en al kontrole oor eie skool- en gesondheids-stelsels. In
die geval van Nunavut, is die federale regering nog verantwoordelik vir
die befondsing van die gebied. Dit het egter sy eie premier, net soos die
provinsies.

Gloudina
Re: Nunavut [boodskap #46645 is 'n antwoord op boodskap #46632] So, 15 Julie 2001 21:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan nou nie meer saamgesels nie, want ek moet pak ens.
maar Gloudina, herinner my asb. as ek terugkom dat ek wil vertel
van die inhuldigingsseremonie vir nuwe immigrante wat nou onlangs in
Brooklyn gehou is,
en hoe daar n mengelmoes van rasse was, (daar was blykbaar net 4 "wit" mense
tussen 550 anderskleuriges, en hoe toesprake in 14
tale gehou is. Maar ek wou eintlik uitwei oor die feit dat daar so baie
immigrante in die VSA is wat nie n dooie woord Engels kan praat nie,
en ook nie die minste moeite doen om dit te leer nie, en wat in enclaves
woon asof hulle nooit hulle vaderland verlaat het nie. Ek weet nie of
dit n goeie idee is nie, en sou graag julle menings wou hoor, MAAR WAG
TOT EK TERUG IS!!! :-)) Ek dink dis juis wat ons so n goeie land maak,
ons vrugteslaai bevolking (en ja, daar is n hele paar "fruits" ook tussen
ons! :-)

Wouter en Annette, ek sien julle volgende week, en dan gaan ons lekker
skinder van al julle ander! :-))

Pop (sonder Gertie, ounooi se honne, sy moet by die oubaas bly, want haar
blaas
is nie so hot nie, en die lang vliegrit is te veel vir haar swak senuwees
:-))

skryf in boodskap news:3B51FC05.2F4F7772@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:

> Gloudina: . . Inuit. En baie van hulle bly nou in 'n deel van Kanada wat
> Nunavut genoem word.
>
> Wouter: Dis mos 'n hedendaagse reservaat of tuisland?
>
> Jy is reg, ek kan dit nie weerstaan nie. Gie gie gie :-)

So, Wouter. Kom ons kyk nou eers waaroor jy lag. Jy verkneuter
vir jou omdat Kanada nou "tuislande" het, en SA nie meer nie? Jy
is oorgehaal om dus vir Kanada te beskuldig daarvan dat dit
apartheid het? Nee, Wouter Plaasvark. Enigiemand kan in Nunavut
woon. Daar is nie 'n wet wat bepaal dat sekere mense met sekere
soort liggaamstrekke nie in ander dele van Kanada moet woon nie.
Daar is dus nie apartheid in Kanada nie.
Dus is Nunavut nie soos sekere Eerste Nasies reservate nie, waar
alleenlik 'n spesifieke Eerste Nasie reg het om te woon. (Jy verstaan
teen hierdie tyd tog die konsep reservaat, n'est ce pas? Jy was mos so
sterk daarteen gekant dat SA ooit reservate gehad het, totdat ons vir
jou kapittel en vers die teenoorgestelde moes bewys. Jy skuld my nog
'n apologie daarvoor.)
Nunavut het ontstaan deur die feit dat hulle die baie groot North-
West Territories wou opsny. Die oostekant, waar die Inuit meestal
woon, is toe verklaar as Nunavut. Daar was nogal 'n hele klomp
stryery oor waar die grens tussen die NWT en Nunavut moet loop,
want dit laat sekere van die Dene ('n Eerste Nasie) se grondgebied
in Nunavut val.
Die Kanadese gebied Nunavut het baie in gemeen met die gebiede
van die Inuit in Europa en Rusland (hulle grens natuurlik territoriaal
aanmekaar.) Iemand het nou die dag gesê hulle voorsien die dag dat
die hele Inuit bevolking van die wêreld om die noordpool politieke
alliansies sal aangaan, en miskien 'n politieke eenheid word. Ek sal
nogal jammer wees as dit gebeur. Ek hou daarvan om as mede-Kanadese
lede van die Inuit te hê, wat bly waar in die somer dit vir 'n ruk 24-uur
lank dag is. En ons huldig hulle kultuur elke keer wat ons kans kry, want
anders word dinge so boring.
Let wel. Nunavut is (nog) nie 'n provinsie nie. In Kanada is die
provinsies amper soos die state in die VSA - hef hulle eie belastings en
het geheel en al kontrole oor eie skool- en gesondheids-stelsels. In
die geval van Nunavut, is die federale regering nog verantwoordelik vir
die befondsing van die gebied. Dit het egter sy eie premier, net soos die
provinsies.

Gloudina
Gloudinavut (gie gie gie) [boodskap #46652 is 'n antwoord op boodskap #46645] So, 15 Julie 2001 22:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter: Dis mos 'n hedendaagse reservaat of tuisland?
> Jy is reg, ek kan dit nie weerstaan nie. Gie gie gie :-)

Gloudina : So, Wouter. Kom ons kyk nou eers waaroor jy lag.
Jy verkneuter vir jou omdat Kanada nou "tuislande" het, en SA nie meer nie?

Wouter : Verkeerd, ek lag in my mou omdat ek 'n sin vir humor het en omdat
ek geweet het dat jy jou hiervoor sal wip. Gie gie gie.....

Gloudina : Jy is oorgehaal om dus vir Kanada te beskuldig daarvan dat dit
apartheid het?

Wouter: Leuens, leuens, alles leuens. Ek beskuldig Kanada van niks nie.
Jy is die een wat al die beskuldigings maak, wit omies et al.

Gloudina : Jy was mos so sterk daarteen gekant dat SA ooit reservate gehad
het, totdat ons vir jou kapittel en vers die teenoorgestelde moes bewys. Jy
skuld my nog 'n apologie daarvoor.)

Wouter : Jou gat my skat, jy het jou apologie gekry, helder en duidelik.
Ek skuld jou niks nie, maar as ek jou iets kon gee sou dit 'n humorsin wees
Gie gie gie. . . .
Re: Gloudinavut (gie gie gie) [boodskap #46653 is 'n antwoord op boodskap #46652] Ma, 16 Julie 2001 00:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter : Jou gat my skat, jy het jou apologie gekry, helder en duidelik.
> Ek skuld jou niks nie, maar as ek jou iets kon gee sou dit 'n humorsin wees
> Gie gie gie. . .

Wouter, jou taal! Miskien is dit seker die laatheid van dieaand, of die
vroegheid van die môre, maar Wouter, jou
taal! Is dit nou hoe 'n mens met 'n dame praat? (Ja, ek het vergeet,
jy het mos toe apologie aangeteken oor daardie saak van die
reservate. Jammer dat ek dit vergeet het.)

Gloudina, wat haar hyg-liedjies oefen.
Inuit se geliefkoosde kunsvorm is hygliedere.
As jy nog nie 'n Inuit 'n hyg-liedjie hoor sing het nie,
het jy nog nie gelewe nie.

> .
Re: Gloudinavut (gie gie gie) [boodskap #46689 is 'n antwoord op boodskap #46652] Ma, 16 Julie 2001 09:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter : Jou gat my skat, jy het jou apologie gekry, helder en duidelik.
> Ek skuld jou niks nie, maar as ek jou iets kon gee sou dit 'n humorsin wees
> Gie gie gie. . .

Gloudina : Wouter, jou taal! Miskien is dit seker die laatheid van dieaand,
of die vroegheid van die môre, maar Wouter, jou taal! Is dit nou hoe 'n mens
met 'n dame praat? (Ja, ek het vergeet, jy het mos toe apologie aangeteken
oor daardie saak van die reservate. Jammer dat ek dit vergeet het.)

Wouter: Jammer Gloudina, ek sal nie weer nie.
As dit ooit weer nodig sou wees, sal ek net JGMS sê, dan sal jy verstaan ;-)

Gie gie gie....
Re: Gloudinavut (gie gie gie) [boodskap #46704 is 'n antwoord op boodskap #46652] Ma, 16 Julie 2001 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter: Jammer Gloudina, ek sal nie weer nie.
> As dit ooit weer nodig sou wees, sal ek net JGMS sê, dan sal jy verstaan ;-)
>
> Gie gie gie....

Nou is daar nog die kwessie of ek jou gaan toelaat omvir my "skat" te sê. Ek
laat nie sommer vir elke Jan Rap
en sy maat vir my skat sê nie.

Gloudina
Re: Gloudinavut (gie gie gie) [boodskap #46714 is 'n antwoord op boodskap #46652] Ma, 16 Julie 2001 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter: Jammer Gloudina, ek sal nie weer nie.
> As dit ooit weer nodig sou wees, sal ek net JGMS sê, dan sal jy verstaan ;-)
>
> Gie gie gie....

Gloudina
Nou is daar nog die kwessie of ek jou gaan toelaat omvir my "skat" te sê. Ek
laat nie sommer vir elke Jan Rap en sy maat vir my skat sê nie.

Wouter: Daardie Jan ken ek nie.
Ek is dus nie een van sy maats nie, skat.

:-)) (gie gie gie)
Re: Gloudinavut (gie gie gie) [boodskap #46738 is 'n antwoord op boodskap #46652] Ma, 16 Julie 2001 18:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> my skat, jy het jou apologie gekry, helder en duidelik.

> Wouter: Jammer Gloudina, ek sal nie weer nie.
> As dit ooit weer nodig sou wees, sal ek net JGMS sê, dan sal jy verstaan ;-)
>

Nou kyk, Wouter Plaasvark, daar is twee betekenisse vir dieAfrikaanse woord
"skat" as dit as 'n aanspreekvorm gebruik
word. Die een kan met "dear" in Engels vertaal word, die ander
een met "darling." Verduidelik nou vir my watter een jy gebruik,
dan kan ek besluit of ek dit gaan toelaat of nie. (My man was op
sy jong dae 'n bokser, maar ek wil nou nie dreigemente maak as
jy die verkeerde een kies nie.) Dink egter goed, voor jy antwoord.
Ons Kanadese laat nie met ons speel nie.

Gloudina

> ...
Re: Gloudinavut (gie gie gie) [boodskap #46743 is 'n antwoord op boodskap #46652] Ma, 16 Julie 2001 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wouter, ek dink Gloudina wil hê jy moet haar skattie noem:))
Annette

skryf in boodskap news:3B532C8E.9951075D@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:

> my skat, jy het jou apologie gekry, helder en duidelik.

> Wouter: Jammer Gloudina, ek sal nie weer nie.
> As dit ooit weer nodig sou wees, sal ek net JGMS sê, dan sal jy verstaan ;-)
>

Nou kyk, Wouter Plaasvark, daar is twee betekenisse vir dieAfrikaanse woord
"skat" as dit as 'n aanspreekvorm gebruik
word. Die een kan met "dear" in Engels vertaal word, die ander
een met "darling." Verduidelik nou vir my watter een jy gebruik,
dan kan ek besluit of ek dit gaan toelaat of nie. (My man was op
sy jong dae 'n bokser, maar ek wil nou nie dreigemente maak as
jy die verkeerde een kies nie.) Dink egter goed, voor jy antwoord.
Ons Kanadese laat nie met ons speel nie.

Gloudina

> ...
Re: Gloudinavut (gie gie gie) [boodskap #46750 is 'n antwoord op boodskap #46652] Ma, 16 Julie 2001 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter: Jammer Gloudina, ek sal nie weer nie.
> As dit ooit weer nodig sou wees, sal ek net JGMS sê, dan sal jy verstaan
;-)

Gloudina
(My man was op sy jong dae 'n bokser, maar ek wil nou nie dreigemente maak
as jy die verkeerde een kies nie.) Dink egter goed, voor jy antwoord. Ons
Kanadese laat nie met ons speel nie.

Wouter
Sê vir jou man jy flirt op die lys met 'n vark wat vroeër 'n
ligswaarkampioen was en wat tans 'n superswaargewig sal wees as hy 'n
"comeback" sou maak. Ons SA-kaners vatti kaki :-)
Re: Gloudinavut (gie gie gie) [boodskap #46766 is 'n antwoord op boodskap #46652] Di, 17 Julie 2001 01:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Sê vir jou man jy flirt op die lys met 'n vark wat vroeër 'n
> ligswaarkampioen was en wat tans 'n superswaargewig sal wees as hy 'n
> "comeback" sou maak. Ons SA-kaners vatti kaki :-)

So van wanneer af flankeer ek met jou? Die enigste kontakwat ons het, is as
ek vir jou probeer dwing om om verskoning
te vra vir al die leuens en half-leuens wat jy verkondig.

Gloudina
Re: Nunavut [boodskap #49125 is 'n antwoord op boodskap #46632] Do, 30 Augustus 2001 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Rennie Oster wrote:

> Rennie
> Gloudina, vertel ons van Nunavut en julle nuwe tuislandbeleid.
> Hoe meer dinge verander........ gie gie gie

So hier kom dit nou weer. Begin afmaai deur die óú soortapartheids-speak te
gebruik: dat hulle in SA maar net doen
wat Kanada voor hulle gedoen het.
Nou, dis wel waar dat die apartheidsjoggies glo hier in
Kanada die ding kom bestudeer het in vroeë dae van
apartheid. Maar hulle het definitief nie by ons in Kanada
geleer (10) om ondertrouery tussen rasse te verbied nie,
(2) Om mense op groot skaal van hulle grond af op te
laai en hulle dan in die kaal haai vlakte te gaan sit nie.
(Hulle het wel residentiële skole geskep waar die kinders
glo somtyds mishandel is en waarvoor hulle nou duur betaal.)
(3) Sover ek weet het hulle Wouter Bassons gehad wat
die Eerste Nasies wou probeer uitroei nie, ens. ens.
Daar is niks verkeerd met tuislande nie. Maar in SA
was dit 'n grap, omdat die meeste blankes basies nie die
tuislande wou hê nie. Ek weet vir 'n feit (omdat die Verwoerd-
kinders dit op Stellenbosch beklemtoon het) dat Verwoerd
absolute skeiding van die rasse wou hê, sodat alle handearbeid
op wit areas deur wit hande gedoen sou word. En baie min
mense, behalwe liberales, was bereid vir hierdie soort opoffering.
Nunavut is maar net die verdeling van die voorheen te logge
North West Territories in twee, sodat die oostelike deel, wat
meeste van die Inuit bevat, 'n aparte territory kan wees. (Dis
nie offisieël 'n provinsie nie.)
So, Kanada word 'n al losser federasie van politieke
eenhede, soos in die ou Soviet Union die geval was. Dit is
soos dit moet wees.
Ek is egter nog altyd jammer dat hulle nie gedoen het
wat die Engelse wou hê toe hulle teen die "Amerikaners"
verloor het in die stryd om Noord-Amerika nie. Aan die
einde van die Napoleontiese oorloë, toe Engeland en
Frankryk vrede maak, wou Engeland hê dat daar 'n groot
"Indian" staat om die Groot Mere geskep moet word, om
heengang te bied vir hulle helpers in die stryd teen die
Amerikaanse koloniste en hulle helper, die Franse. Maar
Frankryk wou nie daaraan byt nie, en Engeland was te
uitgeput van oorlog maak en het toe nie daarvoor gedruk
nie. Jammer.

Gloudina
Re: Nunavut [boodskap #49131 is 'n antwoord op boodskap #46632] Do, 30 Augustus 2001 22:02 Na vorige boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
> Rennie
> Gloudina, vertel ons van Nunavut en julle nuwe tuislandbeleid.
> Hoe meer dinge verander........ gie gie gie

Gloudina:
So hier kom dit nou weer. Begin afmaai deur

Rennie
Ja dit kom en dit maai. Ek het immers 'n horing :-)

Gloudina
Daar is niks verkeerd met tuislande nie. Maar in SA
was dit 'n grap, omdat die meeste blankes basies nie die
tuislande wou hê nie. Ek weet vir 'n feit (omdat die Verwoerd-
kinders dit op Stellenbosch beklemtoon het) dat Verwoerd
absolute skeiding van die rasse wou hê, sodat alle handearbeid
op wit areas deur wit hande gedoen sou word.

Rennie
Maar daardie kinders is ANC-ondersteuners.
Jy glo tog nie ANC-mense nie :-)

Gloudina
Nunavut is maar net die verdeling van die voorheen te logge
North West Territories in twee, sodat die oostelike deel, wat
meeste van die Inuit bevat, 'n aparte territory kan wees. (Dis
nie offisieel 'n provinsie nie.)

Rennie
Maar hulle kry seker nou groter seggenskap oor hulle eie sake?
Ongeveer soos toe BOP, Transkei ens. "onafhanklike" state geword het?
Vorige onderwerp: Kapitalisme en welvaart
Volgende onderwerp: De Ondergang van ZIM (wie de hel was Jim Peron)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 18:19:36 MGT 2024