Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Briefie aan Hennerietjie oor allegaartjies.
Briefie aan Hennerietjie oor allegaartjies. [boodskap #46101] Ma, 09 Julie 2001 14:31 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Liewe Hennerietjie, julle is seker nou vreeslik besig met
voorbereidings vir die Hadeda-fees, wat julle van 11 Julie
tot 14 Julie hou. (Wat is jou aandeel in die voorbereidings?)
Tannie se mond het so gewater toe Tannie lees van die
lekker kos wat daar by die fees gaan wees. Veral die beskrywing
van "stormstokkies" : -- "'n allegaartjie van 'n boerewors, steak,
hoendervlerkie en nog 'n worsie met 'n sousie, alles op 'n stokkie."
Ek het nog altyd gewonder wat 'n allegaartjie was. Nou weet ek.
Sodra julle fees oor is, laat weet tog hoe dit gegaan het daar op
Tzaneen.

Tannie Gloudina
Re: Briefie aan Hennerietjie oor allegaartjies. [boodskap #46104 is 'n antwoord op boodskap #46101] Ma, 09 Julie 2001 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Haai, Gloudinakie, jy't tog sekerlik al gehoor van 'n mixed grill!!! Ag
hoe water my mond nou...
____________________________________________________________ _
skryf in boodskap news:3B49C107.94779215@home.com...
> Liewe Hennerietjie, julle is seker nou vreeslik besig met
> voorbereidings vir die Hadeda-fees, wat julle van 11 Julie
> tot 14 Julie hou. (Wat is jou aandeel in die voorbereidings?)
> Tannie se mond het so gewater toe Tannie lees van die
> lekker kos wat daar by die fees gaan wees. Veral die beskrywing
> van "stormstokkies" : -- "'n allegaartjie van 'n boerewors, steak,
> hoendervlerkie en nog 'n worsie met 'n sousie, alles op 'n stokkie."
> Ek het nog altyd gewonder wat 'n allegaartjie was. Nou weet ek.
> Sodra julle fees oor is, laat weet tog hoe dit gegaan het daar op
> Tzaneen.
>
> Tannie Gloudina
>
Re: Briefie aan Hennerietjie oor allegaartjies. [boodskap #46111 is 'n antwoord op boodskap #46101] Ma, 09 Julie 2001 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> Haai, Gloudinakie, jy't tog sekerlik al gehoor van 'n mixed grill!!! Ag
> hoe water my mond nou...

O, so 'n allegaartjie is 'n mixed grill. Jaaa, daardie mixed grills, wat
mens
nie hier in Noord Amerika kry nie. Daar was altyd 'n stukkie lewer by,
in my dae, daar in Durban. Hierdie ding wat hulle by die Hadeda-fees
'n stormstokkie noem, klink vir my meer na 'n shiskebab.

"Gloudinatjie"
Re: Briefie aan Hennerietjie oor allegaartjies. [boodskap #46138 is 'n antwoord op boodskap #46101] Di, 10 Julie 2001 09:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die lekkerste hier van 'n mixed grill is die stukkie skaap... Teen R100(+)
per kilo eet ons nie soveel skaap soos 'n boerseun graag sou wou nie...
Lewer het ek nog nooit daarby gekry nie. Vir lewer het ek altyd na so 'n
klein hotelletjie by greenmarket square gegaan...
_________________________________________________________
schreef in berichtnieuws 3B49D0A0.2ABF61BF@home.com...
> Max wrote:
>
>> Haai, Gloudinakie, jy't tog sekerlik al gehoor van 'n mixed grill!!! Ag
>> hoe water my mond nou...
>
> O, so 'n allegaartjie is 'n mixed grill. Jaaa, daardie mixed grills, wat
> mens
> nie hier in Noord Amerika kry nie. Daar was altyd 'n stukkie lewer by,
> in my dae, daar in Durban. Hierdie ding wat hulle by die Hadeda-fees
> 'n stormstokkie noem, klink vir my meer na 'n shiskebab.
>
> "Gloudinatjie"
>
Re: Briefie aan Hennerietjie oor allegaartjies. [boodskap #46158 is 'n antwoord op boodskap #46138] Di, 10 Julie 2001 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet van daardie klein hotelletjie....
Annette

Max skryf in boodskap news:9iei5r$sh4$1@azure.nl.gxn.net...
> Die lekkerste hier van 'n mixed grill is die stukkie skaap... Teen R100(+)
> per kilo eet ons nie soveel skaap soos 'n boerseun graag sou wou nie...
> Lewer het ek nog nooit daarby gekry nie. Vir lewer het ek altyd na so 'n
> klein hotelletjie by greenmarket square gegaan...
> _________________________________________________________
> schreef in berichtnieuws 3B49D0A0.2ABF61BF@home.com...
>> Max wrote:
>>
>>> Haai, Gloudinakie, jy't tog sekerlik al gehoor van 'n mixed grill!!! Ag
>>> hoe water my mond nou...
>>
>> O, so 'n allegaartjie is 'n mixed grill. Jaaa, daardie mixed grills, wat
>> mens
>> nie hier in Noord Amerika kry nie. Daar was altyd 'n stukkie lewer by,
>> in my dae, daar in Durban. Hierdie ding wat hulle by die Hadeda-fees
>> 'n stormstokkie noem, klink vir my meer na 'n shiskebab.
>>
>> "Gloudinatjie"
>>
>
Re: Briefie aan Hennerietjie oor allegaartjies. [boodskap #46210 is 'n antwoord op boodskap #46138] Di, 10 Julie 2001 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Praat jy nou van die Pickwick Inn Max? Hoekom sou jy iewers
wou gaan vir lewer? Is dit iets wat jy van hou dat jy uit jou pad
uit sou gaan daarvoor? Blegh . . . Ek hou nie van binnegoed nie.
Wat ek nogal van hou (en wat ek baie op vorige besoeke gesien het,
maar nie die laaste twee besoeke nie) is die stootkarretjies wat
boerewors verkoop. Daar is een in Kampsbaai (naby die ou
Rotunda Hotel), en een in Bo Adderleystraat, en mens kan die wors
myle ver ruik. Hmmmm. Ek sou graag so n stalletjie hier in Amerika
wou he, met my eie boerewors en rolletjies, en Hansa Export
en samosas, miskien ook soft serve met n flake in, ek sal RYK
word as ek dit by balparke verkoop.

Pop

Max skryf in boodskap news:9iei5r$sh4$1@azure.nl.gxn.net...
> Die lekkerste hier van 'n mixed grill is die stukkie skaap... Teen R100(+)
> per kilo eet ons nie soveel skaap soos 'n boerseun graag sou wou nie...
> Lewer het ek nog nooit daarby gekry nie. Vir lewer het ek altyd na so 'n
> klein hotelletjie by greenmarket square gegaan...
> _________________________________________________________
> schreef in berichtnieuws 3B49D0A0.2ABF61BF@home.com...
>> Max wrote:
>>
>>> Haai, Gloudinakie, jy't tog sekerlik al gehoor van 'n mixed grill!!! Ag
>>> hoe water my mond nou...
>>
>> O, so 'n allegaartjie is 'n mixed grill. Jaaa, daardie mixed grills, wat
>> mens
>> nie hier in Noord Amerika kry nie. Daar was altyd 'n stukkie lewer by,
>> in my dae, daar in Durban. Hierdie ding wat hulle by die Hadeda-fees
>> 'n stormstokkie noem, klink vir my meer na 'n shiskebab.
>>
>> "Gloudinatjie"
>>
>
Re: Briefie aan Hennerietjie oor allegaartjies. [boodskap #46222 is 'n antwoord op boodskap #46210] Wo, 11 Julie 2001 06:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Lewer is lekker!!!
Miskien moet ons saamspan en 'n Afrikaanse waentjie by volgende jaar se Tour
de France reel:))
Annette

pop skryf in boodskap news:9ifu5d$p0o$1@slb7.atl.mindspring.net...
> Praat jy nou van die Pickwick Inn Max? Hoekom sou jy iewers
> wou gaan vir lewer? Is dit iets wat jy van hou dat jy uit jou pad
> uit sou gaan daarvoor? Blegh . . . Ek hou nie van binnegoed nie.
> Wat ek nogal van hou (en wat ek baie op vorige besoeke gesien het,
> maar nie die laaste twee besoeke nie) is die stootkarretjies wat
> boerewors verkoop. Daar is een in Kampsbaai (naby die ou
> Rotunda Hotel), en een in Bo Adderleystraat, en mens kan die wors
> myle ver ruik. Hmmmm. Ek sou graag so n stalletjie hier in Amerika
> wou he, met my eie boerewors en rolletjies, en Hansa Export
> en samosas, miskien ook soft serve met n flake in, ek sal RYK
> word as ek dit by balparke verkoop.
>
> Pop
>
>
> Max skryf in boodskap news:9iei5r$sh4$1@azure.nl.gxn.net...
>> Die lekkerste hier van 'n mixed grill is die stukkie skaap... Teen R100(+)
>> per kilo eet ons nie soveel skaap soos 'n boerseun graag sou wou nie...
>> Lewer het ek nog nooit daarby gekry nie. Vir lewer het ek altyd na so 'n
>> klein hotelletjie by greenmarket square gegaan...
>> _________________________________________________________
>> schreef in berichtnieuws 3B49D0A0.2ABF61BF@home.com...
>>> Max wrote:
>>>
>>>> Haai, Gloudinakie, jy't tog sekerlik al gehoor van 'n mixed grill!!!
> Ag
>>>> hoe water my mond nou...
>>>
>>> O, so 'n allegaartjie is 'n mixed grill. Jaaa, daardie mixed grills, wat
>>> mens
>>> nie hier in Noord Amerika kry nie. Daar was altyd 'n stukkie lewer by,
>>> in my dae, daar in Durban. Hierdie ding wat hulle by die Hadeda-fees
>>> 'n stormstokkie noem, klink vir my meer na 'n shiskebab.
>>>
>>> "Gloudinatjie"
>>>
>>
>
Re: Briefie aan Hennerietjie oor allegaartjies. [boodskap #46224 is 'n antwoord op boodskap #46210] Wo, 11 Julie 2001 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Immelman  is tans af-lyn  Pieter Immelman
Boodskappe: 114
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Pop, pasop maar hoor. Daar is baie keer binnegoed of erger in sommige wors
wat te koop aangebied word.
Kies jou slagter goed.
pj

"pop" skryf in boodskap news:9ifu5d$p0o$1@slb7.atl.mindspring.net...
> Praat jy nou van die Pickwick Inn Max? Hoekom sou jy iewers
> wou gaan vir lewer? Is dit iets wat jy van hou dat jy uit jou pad
> uit sou gaan daarvoor? Blegh . . . Ek hou nie van binnegoed nie.
> Wat ek nogal van hou (en wat ek baie op vorige besoeke gesien het,
> maar nie die laaste twee besoeke nie) is die stootkarretjies wat
> boerewors verkoop. Daar is een in Kampsbaai (naby die ou
> Rotunda Hotel), en een in Bo Adderleystraat, en mens kan die wors
> myle ver ruik. Hmmmm. Ek sou graag so n stalletjie hier in Amerika
> wou he, met my eie boerewors en rolletjies, en Hansa Export
> en samosas, miskien ook soft serve met n flake in, ek sal RYK
> word as ek dit by balparke verkoop.
>
> Pop
>
>
> Max skryf in boodskap news:9iei5r$sh4$1@azure.nl.gxn.net...
>> Die lekkerste hier van 'n mixed grill is die stukkie skaap... Teen R100(+)
>> per kilo eet ons nie soveel skaap soos 'n boerseun graag sou wou nie...
>> Lewer het ek nog nooit daarby gekry nie. Vir lewer het ek altyd na so 'n
>> klein hotelletjie by greenmarket square gegaan...
>> _________________________________________________________
>> schreef in berichtnieuws 3B49D0A0.2ABF61BF@home.com...
>>> Max wrote:
>>>
>>>> Haai, Gloudinakie, jy't tog sekerlik al gehoor van 'n mixed grill!!!
> Ag
>>>> hoe water my mond nou...
>>>
>>> O, so 'n allegaartjie is 'n mixed grill. Jaaa, daardie mixed grills, wat
>>> mens
>>> nie hier in Noord Amerika kry nie. Daar was altyd 'n stukkie lewer by,
>>> in my dae, daar in Durban. Hierdie ding wat hulle by die Hadeda-fees
>>> 'n stormstokkie noem, klink vir my meer na 'n shiskebab.
>>>
>>> "Gloudinatjie"
>>>
>>
>
Re: Briefie aan Hennerietjie oor allegaartjies. [boodskap #46238 is 'n antwoord op boodskap #46210] Wo, 11 Julie 2001 10:34 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink nie dit was Pickwick Inn nie. Of sal ek liewer sê, dit kom my nie
bekend voor nie. Was dit nie Tudor House nie?
___________________________________________________
pop schreef in berichtnieuws
9ifu5d$p0o$1@slb7.atl.mindspring.net...
> Praat jy nou van die Pickwick Inn Max? Hoekom sou jy iewers
> wou gaan vir lewer? Is dit iets wat jy van hou dat jy uit jou pad
> uit sou gaan daarvoor? Blegh . . . Ek hou nie van binnegoed nie.
> Wat ek nogal van hou (en wat ek baie op vorige besoeke gesien het,
> maar nie die laaste twee besoeke nie) is die stootkarretjies wat
> boerewors verkoop. Daar is een in Kampsbaai (naby die ou
> Rotunda Hotel), en een in Bo Adderleystraat, en mens kan die wors
> myle ver ruik. Hmmmm. Ek sou graag so n stalletjie hier in Amerika
> wou he, met my eie boerewors en rolletjies, en Hansa Export
> en samosas, miskien ook soft serve met n flake in, ek sal RYK
> word as ek dit by balparke verkoop.
>
> Pop
>
>
> Max skryf in boodskap news:9iei5r$sh4$1@azure.nl.gxn.net...
>> Die lekkerste hier van 'n mixed grill is die stukkie skaap... Teen R100(+)
>> per kilo eet ons nie soveel skaap soos 'n boerseun graag sou wou nie...
>> Lewer het ek nog nooit daarby gekry nie. Vir lewer het ek altyd na so 'n
>> klein hotelletjie by greenmarket square gegaan...
>> _________________________________________________________
>> schreef in berichtnieuws 3B49D0A0.2ABF61BF@home.com...
>>> Max wrote:
>>>
>>>> Haai, Gloudinakie, jy't tog sekerlik al gehoor van 'n mixed grill!!!
> Ag
>>>> hoe water my mond nou...
>>>
>>> O, so 'n allegaartjie is 'n mixed grill. Jaaa, daardie mixed grills, wat
>>> mens
>>> nie hier in Noord Amerika kry nie. Daar was altyd 'n stukkie lewer by,
>>> in my dae, daar in Durban. Hierdie ding wat hulle by die Hadeda-fees
>>> 'n stormstokkie noem, klink vir my meer na 'n shiskebab.
>>>
>>> "Gloudinatjie"
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Krugerrande
Volgende onderwerp: Re: Debt free in 30 days, 5
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 05:53:07 MGT 2024