Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Opposition politics in SA
Re: Opposition politics in SA [boodskap #46093] Ma, 09 Julie 2001 12:56 na volgende boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
(Ferdi Greyling) skryf in boodskap news:...
> On Sun, 8 Jul 2001 10:27:54 +0100, "Chris Taylor"
> wrote:
>
>
> > international airport. One could facilitate more urban residence by selling
>> floorspace in the terminal buildings.
>>
>> Hell, why not sell off Parliament, it must have more rooms than the airport.
>> Eventually we could enable homes on Cape Town waterfront for easy access to
>> town. That mountain looks like prime real estate, lets sell that too.
>
> ... Stanley Magoba's home....

Sorry could get this in the english papers...

The PAC is saying here that it was ANC members that sold the land...

JOHANNESBURG. - Die PAC het gister beweer die regering probeer van hom
'n sondebok maak deur te sê dit was PAC-lede wat geld van die
grondbesetters in Bredell buite Kempton Park ingesamel het.
"Ons het dié bewering Saterdag by die mense gaan toets en omtrent
elkeen wat grond vir R25 gekoop het, het gesê dit was die ANC wat
hulle dit aangebied het," het dr. Stanley Mogoba, president van die
PAC, gistermiddag op 'n nuuskonferensie in Pretoria gesê.

Mogoba het gesê die grondkwessie kan "ontplof en die uiteinde kan baie
erger as in Zimbabwe wees indien die regering nie nou begin om na die
mense te luister nie".

Hy het gesê wat by Bredell gebeur, is nie die optrede van die PAC nie.

"Die grondkwessie is 'n belangrike deel van ons beleid. Ons help mense
met grondprobleme. Ons het nie gister daarmee begin nie, maar reeds in
1959."

Mogoba het gesê die enigste oplossing is om grond so gou moontlik te
herverdeel.

"In my gesprekke met boere en Afrikanerpartye het hulle saamgestem dat
oplossings so gou moontlik gevind moet word."

Daarom gaan die PAC binnekort 'n grondberaad hou om al die betrokke
partye bymekaar te kry. "As die grondkwessie opgelos word, sal daar
vrede wees. As dit nie gebeur nie, soek ons groot moeilikheid."

Hy het gesê die regering se grondverdelingsbeleid is heeltemal te
stadig en ondoeltreffend en gee daartoe aanleiding dat mense grond
beset.

"Die PAC steun nie 'n grondgrypery nie, maar ons verstaan heeltemal
hoekom mense dit by Bredell en elders in die land doen."

Hy het gesê die PAC sal vandag in die hof wees om die verrigtinge
verder te volg. "Al besluit die hof om die een of ander rede in die
guns van die staat, het die staat steeds 'n grondwetlike plig om
alternatiewe huisvesting aan grondbesetters te gee."

Mogaba het ook na die skrikwekkende statistieke oor MIV/vigs verwys
en gesê wat "meer kommerwekkend is, is dat wit mense oor tien jaar die
meerderheid kan wees as die pandemie voortgaan".

'n Dringende beroep is op die regering gedoen om anti-retrovirale
middels aan swanger vroue en ma's met MIV te gee sodat die virus nie
van ma na kind oorgedra kan word nie en ma's wat dit reeds het, langer
vir hul kinders gespaar kan bly.
Re: Opposition politics in SA [boodskap #46313 is 'n antwoord op boodskap #46093] Do, 12 Julie 2001 08:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O nee Jonas - inteendeel. Die meeste van ons neem mos aan dat stilswye
toestemming beteken:))
Annette

Jonas skryf in boodskap news:3b4d4396$0$231@hades.is.co.za...
> Wat my dinges se deksel is dat niemand die direkte verband tussen Thabo se
> sg stillediplomasie mbt Mugabe en die huidige grondbesetting wil trek nie -
> sou hy van meetaf standpunt ingeneem het sou die heersende debakel nie
> ontstaan het nie.
> skryf in boodskap news:3b4d6cd6.4989020@news.is.co.za...
>> On Tue, 10 Jul 2001 20:58:41 +0200, "Pijotter"
>> wrote:
>>
>> >
>>> But why are 'Die Burger' publishing such bullshit would even be
> better...
>>
>> Because the allegation was made and the allegation is news. Accent on
>> allegation.
>>
>
Re: Opposition politics in SA [boodskap #46349 is 'n antwoord op boodskap #46093] Do, 12 Julie 2001 18:28 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat my dinges se deksel is dat niemand die direkte verband tussen Thabo se
sg stillediplomasie mbt Mugabe en die huidige grondbesetting wil trek nie -
sou hy van meetaf standpunt ingeneem het sou die heersende debakel nie
ontstaan het nie.
skryf in boodskap news:3b4d6cd6.4989020@news.is.co.za...
> On Tue, 10 Jul 2001 20:58:41 +0200, "Pijotter"
> wrote:
>
>
>> But why are 'Die Burger' publishing such bullshit would even be
better...
>
> Because the allegation was made and the allegation is news. Accent on
> allegation.
>
Vorige onderwerp: Wouter - vertel ons
Volgende onderwerp: Onderwysers en drankmisbruik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 22:26:37 MGT 2024