Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Huisskoonmaak in die Withuis
Huisskoonmaak in die Withuis [boodskap #4595] Do, 20 April 2006 00:47 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mens wonder of enigiets wat hulle in die Withuis kan doen, kan
help om hulle bas te red. En mens gee ook nie eintlik om nie.
Maar dit laat mens darem sidder dat hierdie klomp soveel mag
in hulle hande het. Dat hulle oorloë kan maak, oorloë waarin
lande soos Kanada stadig maar seker ingetrek word ( soos
in Afghanistan) en vanwaar die body bags ook nou maar begin
terugkom, al is sommige van die gevalle friendly fire.
Wat Kanada die meeste vrees, is dat die groot skulde
wat die Bush-administrasie aangaan, sal lei tot die ineenstorting
van die Amerikaanse dollar. Dit sal drastiese gevolge hê vir
Kanada. Dis daarom dat die Hoof van Kanada se Reserwebank
aktief begin beroep doen op die Amerikaners om hulle fiskale
huis in orde te kry.
Gloudina
Re: Huisskoonmaak in die Withuis [boodskap #4596 is 'n antwoord op boodskap #4595] Do, 20 April 2006 11:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - as jy vir 'n oomblik dink die Kanadese het probleme, vergelyk
dit vir 'n fraksie van 'n oomblik met die probleme wat hier in
Suid-Afrika in wording is. En dan kan jy heerlik asem skep.
Julle kla met 'n witbrood onder die arm.
Re: Huisskoonmaak in die Withuis [boodskap #4600 is 'n antwoord op boodskap #4596] Do, 20 April 2006 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Anti - as jy vir 'n oomblik dink die Kanadese het probleme, vergelyk
> dit vir 'n fraksie van 'n oomblik met die probleme wat hier in
> Suid-Afrika in wording is.

Ek wonder of die SA ekonomie so geintegreerd is
met die VSA s'n as dié van Kanada. As die dollar
se waarde val, sal julle tog seker baat by die
stygende waarde van die rand.

Gloudina
Re: Huisskoonmaak in die Withuis [boodskap #4601 is 'n antwoord op boodskap #4600] Vr, 21 April 2006 04:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - julle groei daar in die skadu van die Grootboom. Het jy dalk al
gedink waar en wat Kanada sou wees sonder die VSA?
Met alle respek - van 'n afstand gesien is Kanada maar nog 'n VSA staat.
Re: Huisskoonmaak in die Withuis [boodskap #4602 is 'n antwoord op boodskap #4601] Vr, 21 April 2006 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Met alle respek - van 'n afstand gesien is Kanada maar nog 'n VSA staat.

Jy is maar net dom-moedswillig as jy so dink. Ons
staan baie hoër in die respek van die wêreld as die
VSA. Ons verdrink in ons surplusse op die oomblik
terwyl die VSA aan die ondergaan is in hulle
skulde en negatiewe handelsbalanse.( Hulle het
kronies 'n handelsbalans-probleem met Kanada.
Dit wil sê, hulle voer baie meer in van ons as ons
van hulle.)
Ons buitelandse beleide verskil hemelsbreed
van hulle. Ons het 'n gesonde verhouding met Kuba.
Kanada was militant teen die apartheidsregering
terwyl ou Reagan ( en ou Margaret Thatcher) in een
bed gelê het met die apartheidsvarke.
Die rede omdat ons in Afghanistan is, is omdat
Kanada deel is van die NATO-teenwoordigheid daar.
( Die hoof van die NATO-mag daar is nou 'n Kanadees.)

Gloudina
Re: Huisskoonmaak in die Withuis [boodskap #4605 is 'n antwoord op boodskap #4602] Sa, 22 April 2006 03:15 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
En so groei julle lustig voort in die skadu van die Grootboom..... Mooi
so.
Vorige onderwerp: U en jy .....
Volgende onderwerp: Die gevaar van romp dra
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 09:26:45 MGT 2024