Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Doer onner...
Re: Doer onner... [boodskap #45788] Wo, 04 Julie 2001 15:09 na volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:ljl4ktc66k22sjpqdp9c0dm6bbja4nmml1@4ax.com...

Lyster hier, ou Omie, djy soek nou moelikgeit met die verkeere mense hier
onner! Een ding moet julle anderlandiges darem ook besef en probeer onthou:
hier speel net TWEE State rugby, die ander vier state speel glad nie die
spel nie (Aussie Rules meer hulle ding...) - en ons produseer
Wereldkampioene! Ons het nie eers 'n nasionale rugbykompetisie nie, net die
Super 12! Dog maar ek sou net die oningeligtes inlig (ai, die bloeddruk
skiet so vinnig op, waar's daai slukkie water en pilletjie).
In NZ (waar ons self gewoon het) is rugby 'n obsessie en word amper in plaas
van godsdiensonderrig in ELKE skool afgerig - dit mag nou wel 'n kleiner
landjie wees, maar elke seuntjie speel dit - en dan natuurlik die Tongans,
Samoans en al die ander omliggende eilande... Daar het jy dit nou. Nog 'n
dwarsklap uitgedeel.

> Klink bekend. :) Dis natuurlik alles die swartes se skuld - as hulle
> (die All Blacks) nie so goed was nie....
> :-))))))

Jong, dis ons horde Yuppies - jy kry hulle net in die stad self - hy moet so
bietjie in die suburbs inry, dis waar die gewone mense woon. Ons Premier
se slagspreuk is mos: Brisbane, the Smart State! Ons moet maar die
appearances ophou... Die sykouse hou seker die koue uit - ons is nie
gewoond aan sulke ysige weer nie.

> Hy was verstom om al die "swart pak" mans, en dames met sykouse te
> sien. Wat is julle saak dan? :-))
>
Re: Doer onner... [boodskap #45815 is 'n antwoord op boodskap #45788] Wo, 04 Julie 2001 21:30 Na vorige boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:ni75ktgr91u0lqt184t9qoane7ic8u8fts@4ax.com...

Nou ja toe, daar leer jy toe alweer iets van my! Die twee State is New
South Wales en Queensland, vir verdere interessantheidswaarde. (Vir die wat
wonder, die ACT - waar die Brumbies rondhardloop - is in die middel van NSW
en nie 'n onafhanklike Staat nie; bestaan basies net uit Canberra, die
hoofstad)

-) Ek het nie
> geweet van die 2 state nie. Dit is nuus vir my.
>

In baie van die laerskole is daar wel godsdiensonderrig - die wat nie wil
deelneem nie (gewoonlik nie meer as 6 nie), gaan na die biblioteek toe om
ander werk te doen. Gekwalifiseerde mense kom in spesifiek vir die
onderrig - onderwysers het nie die taak nie, maar moet in die klas bly vir
die "duty of care" redes. Om dieselfde rede (duty of care) is playground
duty (PGD) verpligtend hier gedurende speeltyd in alle skole. Ons werk hard
hier vir ons geld...

> Maar op 'n ernstiger noot - het julle dan godsdiensonderrig in die
> skole daar?
>
Vorige onderwerp: filosofie van die dag
Volgende onderwerp: Filosofie van die Dag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 04 20:30:25 MGT 2024