Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe ding
Nuwe ding [boodskap #4561] Ma, 10 April 2006 13:30 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mnet het afgekondig dat, in lyn met die feit dat hulle die 'Kanaal van
Kampioene' is, gaan alle Stormers en Cats wedstryde in die toekoms op die
Cartoon-kanale uitgesaai word.............
Re: Nuwe ding [boodskap #4562 is 'n antwoord op boodskap #4561] Ma, 10 April 2006 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester - ja.
Maar kom ek wed jou nou dat die Katte die Sharks oor die naweek gaan
pakgee.
Dis asof ons spanne baie meer waarde heg aan 'n plaaslike wen en vir
die kerriekoppie as vir 'n Super 14 oorwinning.
Dieselfde geld vir die Bulle - die kerriekoppie tel meer punte as 'n
goeie Super 14 resultaat.
Re: Nuwe ding [boodskap #4563 is 'n antwoord op boodskap #4562] Ma, 10 April 2006 17:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy moet 'n stoere Cat wees om daai ene te glo! Die Sharks is besig om 'n
offensief op te bou en die Katte is in die kak doer onder. Maar ek stem
met jou saam oor die Curriebeker, maar eintlik dink ek dis sielkundig. Ons
weet ons spanne het nie 'n 'snowball's hope in hell' in die S14 nie, nou
maak ons maar die Curriebeker die prominente ene....as troos. Die Bulle,
Stormers, Cats en die res moet vir hulle die vraag afvra hoe hulle die
Crusaders kan klop en bogger die res.....die res sal almal in die proses
geklop raak. Ons manne mik te laag!
"Jonas" wrote in message
news:1144680554.744976.309950@z34g2000cwc.googlegroups.com.. .
> Suidwester - ja.
> Maar kom ek wed jou nou dat die Katte die Sharks oor die naweek gaan
> pakgee.
> Dis asof ons spanne baie meer waarde heg aan 'n plaaslike wen en vir
> die kerriekoppie as vir 'n Super 14 oorwinning.
> Dieselfde geld vir die Bulle - die kerriekoppie tel meer punte as 'n
> goeie Super 14 resultaat.
>
Re: Nuwe ding [boodskap #4564 is 'n antwoord op boodskap #4563] Di, 11 April 2006 03:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wel Suidwester - dis wat ek wil hoor. Want soos jy weet is ek 'n
Shark/Haai. En ek sten saam - Dick Muir het iets uit niets gemaak. Wat
ook bemoedigend is as jy na die Vodabeker wedstryde kyk - die
Wildebeeste is bo-aan die lys. Dit hoofsaaklik vanwee die feit dat
Natal se rugby akademie begin resultate bied. Die akademie is natuurlik
die resultaat van die Sharks se besef dat jy nie ver vorder met
huursoldate nie.
Re: Nuwe ding [boodskap #4565 is 'n antwoord op boodskap #4564] Di, 11 April 2006 08:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil nou nie skinder nie, maar die Haaie se huursoldate doen op die ooblik
alles. Losskakel is NZ, Afrigter vir agterlyn is 'n Ozzie, skrumskakel is
'n Vrystater en springbok heelagter is 'n Walvisbaaier!
"Jonas" wrote in message
news:1144724738.121402.236050@e56g2000cwe.googlegroups.com.. .
> Wel Suidwester - dis wat ek wil hoor. Want soos jy weet is ek 'n
> Shark/Haai. En ek sten saam - Dick Muir het iets uit niets gemaak. Wat
> ook bemoedigend is as jy na die Vodabeker wedstryde kyk - die
> Wildebeeste is bo-aan die lys. Dit hoofsaaklik vanwee die feit dat
> Natal se rugby akademie begin resultate bied. Die akademie is natuurlik
> die resultaat van die Sharks se besef dat jy nie ver vorder met
> huursoldate nie.
>
Re: Nuwe ding [boodskap #4570 is 'n antwoord op boodskap #4565] Wo, 12 April 2006 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja dis waar. Maar Natal het in die verlede daarin kon slaag om sy
huursoldate tuis te laat voel - en dit het nogal gehelp. Ek dink een
van die min spanne wat min huursoldate het is Noord-Transvaal.
Maar soos ek gese het - Natal is besig om eie talente te identifiseer
en hulle reg te maak vir die toekoms.
Re: Nuwe ding [boodskap #4574 is 'n antwoord op boodskap #4570] Do, 13 April 2006 07:12 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Seker....tog die Bulle se losskakels kom van ander plekke af: Hougaardt is
'n Capie en Steyn is 'n Vrystater en 'n groot pêl van die Sharks se Ruan
Pienaar!
"Jonas" wrote in message
news:1144847167.642820.279930@i40g2000cwc.googlegroups.com.. .
> Ja dis waar. Maar Natal het in die verlede daarin kon slaag om sy
> huursoldate tuis te laat voel - en dit het nogal gehelp. Ek dink een
> van die min spanne wat min huursoldate het is Noord-Transvaal.
> Maar soos ek gese het - Natal is besig om eie talente te identifiseer
> en hulle reg te maak vir die toekoms.
>
Vorige onderwerp: KKNK en klaar
Volgende onderwerp: Groet die Grotman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 02:19:08 MGT 2024