Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Potgooi - dis nou 'n Afrikaanse Podcast.
Potgooi - dis nou 'n Afrikaanse Podcast. [boodskap #4572] Wo, 12 April 2006 19:35 na volgende boodskap
Machiel en Charlene  is tans af-lyn  Machiel en Charlene
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Junior Lid
Beste mense,

Ek wil nou nie vir julle kom spam nie, eerder net vir julle vertel van
Afrikaanse Potgooie wat besig is om supercool te word!

Potgooie is soos radioprogramme wat jy op jou pc aflaai as mp3 files en dan
luister waar en wanneer jy wil. Jy hoef nie 'n iPod te hê nie. Jy kan dit op
jou PC of mp3 speler luister. Jy kan selfs as jy 'n CD brander het, 'n audio
cd maak en dit in jou kar luister. Daar kom meestal een keer per week 'n
nuwe aflewering van 'n Potgooi uit.

Op www.potgooi.nl kan jy die potgooi van my en my vrou download. Daar's ook
'n lys van al die Afrikaanse potgooie op die site. Op hierdie stadium is
daar Afrikaanse potgooie uit Nederland (dis nou ons), Suid-Afrika, Amerika,
Engeland en Australië. Die potgooikultuur het ongeveer 'n jaar gelede begin
en het uitgegroei tot meer as tien uiteenlopende Afrikaanse potgooie.

Probeer gerus 'n aflewering van elke potgooier en besluit self wie se
potgooie jy die meeste geniet. Of teken in op ALMAL (soos ek)! Ek weet nie
hoeveel van julle mense in die buiteland sit nie, maar dis heerlik om
bietjie Afrikaans te hoor.

Ek is besig om te werk aan 'n help bladsy op ons site en sal graag wil hoor
watse vrae julle het oor potgooie. (Julle kan die vrae op hierdie forum pos,
of aan my mail). Mense is geneig om te dink dat mens 'n computernerd moet
wees om potgooie te kan luister en dit is heeltemal nie so nie.

Die potgooi familie verwelkom ook steeds nuwe potgooiers uit al die dele van
die wêreld. As jy belangstel om jou eie show te begin kan jy kontak opneem
met Boerseun wat jou gratis op weg sal help. (Die link na Boerseun is ook op
ons site www.potgooi.nl)

Een van die potgooiers was so suksesvol dat hy selfs begin het om nou "live"
uit te saai! Ons hoop dat dit binnekort sal groei tot 24 uur per dag, maar
op hierdie stadium kan jy vyf uur per dag na top Afrikaanse musiek luister.
Gaan na www.kraaipromosies.co.za vir meer info oor "Uitsaaines Live"

Potgooie - Genot op jou iPod! (Of watter ander speler jy ook gebruik!)

Groete
Machiel

Re: Potgooi - dis nou 'n Afrikaanse Podcast. [boodskap #4576 is 'n antwoord op boodskap #4572] So, 16 April 2006 16:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie - heel interessant.
Re: Potgooi - dis nou 'n Afrikaanse Podcast. [boodskap #120847 is 'n antwoord op boodskap #4576] Sa, 27 Oktober 2018 11:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ek sien baie mense gebruik vandag eerder die term podsending i.p.v. potgooi.
Die "cast" is aanvanklik verkeerdelik as "gooi" vertaal.
Dit behoort eerder "sending" te wees, soos afgelei van "broadcast", "uitsending".
Re: Potgooi - dis nou 'n Afrikaanse Podcast. [boodskap #121462 is 'n antwoord op boodskap #120847] Sa, 01 Desember 2018 08:40 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Hier is gevaaarlik.com se lys van "Afrikaanse Podcasts waarna jy moet luister" -
https://gevaaalik.com/die-afrikaanse-podcasts-waarna-jy-moet -luister
Vorige onderwerp: Auteur, melodie ?
Volgende onderwerp: Die Wilgerboom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:29:06 MGT 2024