Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afskeid
Afskeid [boodskap #4537] Ma, 03 April 2006 12:37 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Saterdagaand het ons ons horlosies een uur aangeskuif. Ons
het een uur in die nag verloor. Die oggende is nou effens
donkerder wanneer ek wakkerword, maar skielik is dit sonlig
tot om en by ses-uur en nog ligterig hier teen half-sewe.
Daar is ook net 'n ses-uur verskil tussen ons en SA, in plaas
van die sewe vir die laaste ses maande.
Lente is nou ernstig besig om hier aan te breek. Nog
geen blomme hier by ons nie, wel verder suid in Ontario. Hierdie
tyd van die jaar is ek eintlik bietjie weemoedig dat ons besig
is om die laaste tekens van die winter te verloor. Ek hou daarvan
as daar nog sulke plate wit sneeu tussen die bome lê, en die
baaitjies van die rivier nog vol ys is. Vir die afgelope paar weke
kon ek my verwonder aan die meeue was so in hulle duisende
sit waar die rivier nog verys is teen sy walle. Dit lyk kompleet soos
kant wat aan die soom van 'n wit rok gewerk is. Ongelukkig, toe
ek vanoggend deur die venster kyk, het al hierdie ys die baaitjie
hier naby verlaat en met die rivier afgedryf.
Daar is natuurlik dinge om na vooruit te sien. Soos die
eerste krokus. Of die daffodils wat half wild groei langs die
rivierpad wat ons volg na downtown Ottawa. Maar totdat ek die
eerste daffodil sien, bly ek effens weemoedig. Sneeulandskappe
is eintlik baie meer interessant as somerlandskappe hier in
die oostelike deel van Noord-Amerika.

Gloudina
Re: Afskeid [boodskap #4538 is 'n antwoord op boodskap #4537] Ma, 03 April 2006 17:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Interessant. Namibië se 'wintertyd' het een uur teruggskuif in vergelyking
met SA. Dit maak dat dit meer lig is as jy opstaan, maar ongelukkig maak
dit jou dag aan die einde ook korter. Die algemene gevoel in die land is
dat dit die verkeerde ding is om te doen, want meer sonlig na 17:00 in die
middag is meer voordelig. Vertel dit egter vir 'n staatsamptenaar.........
"Hessie" wrote in message
news:1144067829.698531.300030@e56g2000cwe.googlegroups.com.. .
Saterdagaand het ons ons horlosies een uur aangeskuif. Ons
het een uur in die nag verloor. Die oggende is nou effens
donkerder wanneer ek wakkerword, maar skielik is dit sonlig
tot om en by ses-uur en nog ligterig hier teen half-sewe.
Daar is ook net 'n ses-uur verskil tussen ons en SA, in plaas
van die sewe vir die laaste ses maande.
Lente is nou ernstig besig om hier aan te breek. Nog
geen blomme hier by ons nie, wel verder suid in Ontario. Hierdie
tyd van die jaar is ek eintlik bietjie weemoedig dat ons besig
is om die laaste tekens van die winter te verloor. Ek hou daarvan
as daar nog sulke plate wit sneeu tussen die bome lê, en die
baaitjies van die rivier nog vol ys is. Vir die afgelope paar weke
kon ek my verwonder aan die meeue was so in hulle duisende
sit waar die rivier nog verys is teen sy walle. Dit lyk kompleet soos
kant wat aan die soom van 'n wit rok gewerk is. Ongelukkig, toe
ek vanoggend deur die venster kyk, het al hierdie ys die baaitjie
hier naby verlaat en met die rivier afgedryf.
Daar is natuurlik dinge om na vooruit te sien. Soos die
eerste krokus. Of die daffodils wat half wild groei langs die
rivierpad wat ons volg na downtown Ottawa. Maar totdat ek die
eerste daffodil sien, bly ek effens weemoedig. Sneeulandskappe
is eintlik baie meer interessant as somerlandskappe hier in
die oostelike deel van Noord-Amerika.

Gloudina
Re: Afskeid [boodskap #4539 is 'n antwoord op boodskap #4538] Ma, 03 April 2006 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester skryf

> Interessant. Namibië se 'wintertyd' het een uur teruggskuif in vergelyking
> met SA. Dit maak dat dit meer lig is as jy opstaan, maar ongelukkig maak
> dit jou dag aan die einde ook korter. Die algemene gevoel in die land is
> dat dit die verkeerde ding is om te doen, want meer sonlig na 17:00 in die
> middag is meer voordelig.

Ja, mens is maar van verskillende opinies oor die
verskillende keuses. In Kanada weier die provinsie
van Saskatchewan byvoorbeeld om "Daylight Savings
Time" toe te pas. Ek hoor ook nou dat die VSA van
plan is om DST twee maande langer te maak, en
Kanada sal dan seker moet volg. Albei situasies het
sy voor- en nadele.

Gloudina
Re: Afskeid [boodskap #4543 is 'n antwoord op boodskap #4539] Di, 04 April 2006 10:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Peroonlik glo ek dat Namibie nie hul tyd moet aanpas nie - dit belemmer
hulle "handelstyd" met die RSA - en gaan daar eintlik 2 ure sodoende
verlore.
Re: Afskeid [boodskap #4544 is 'n antwoord op boodskap #4543] Di, 04 April 2006 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Effektief amper 4 ure per dag... Die groter probleem is dat al ons media,
TV veral, gekoppel is aan die RSA uitsendings en al die tye is dan verkeerd.
Mens sou dink dat die RSA eerder sou baat deur hulle tyd 1 uur terug te stel
in die winter. 18:00 dan's dit al amper donker daar. Hier by ons is dit
eers na 19:00 in die aand. Vroegoggend is die son al op in die RSA. 'n
Hele paar uur in die oggend wat daglig daar verlore gaan... Ek sou dink
die doel van die hele oefening is om die maksimum PRAKTIESE dagligure
beskikbaar te maak. Ons manne hier in Nam het effe verkeerdom gedink!
"Jonas" wrote in message
news:1144146894.891486.27220@e56g2000cwe.googlegroups.com...
> Peroonlik glo ek dat Namibie nie hul tyd moet aanpas nie - dit belemmer
> hulle "handelstyd" met die RSA - en gaan daar eintlik 2 ure sodoende
> verlore.
>
Re: Afskeid [boodskap #4545 is 'n antwoord op boodskap #4544] Di, 04 April 2006 20:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester skryf

> Mens sou dink dat die RSA eerder sou baat deur hulle tyd 1 uur terug te stel
> in die winter. 18:00 dan's dit al amper donker daar. Hier by ons is dit
> eers na 19:00 in die aand. Vroegoggend is die son al op in die RSA. 'n
> Hele paar uur in die oggend wat daglig daar verlore gaan...

Vir iemand wat in die weste van SA grootgeword
het, maar meeste van haar werksjare in Natal
deurgebring het, was ek nog altyd bewus van die
groot verskil wat daar is tussen die ooste en weste
van SA wat daglig betref. Daar was dus nog altyd
die vraag in my kop hoekom SA nie twee tydsones
het nie. Dit is duidelik nodig. Nou, daylight savings
time- argumente hier in Noord-Amerika is deels
gebaseer op hoeveel elektrisiteit bespaar word
deur die manipulasie van die tyd. Maar dit is ook
'n bietjie van 'n vals basis, as mens in ag neem
dat elektriese ligte aangelos word in geboue
waar geen groot aktiwiteit plaasvind na-uurs nie.
Die argument wat die meeste geopper word, is
dat hulle in die winter die daglig in die oggend
moeg aanlas "anders gaan die kinders in die
donker skool toe." Maar daardie argument hou
ook nie veel water in ons moderne maatskappy
nie, waar elektriese ligte oral teenwoordig is.
Dis nie soos 'n honderd jaar gelede toe die
kinders letterlik op plaaspaaie in die donker
skool toe moes loop nie. ( Iets wat hulle seker
toe moes doen, want ek wonder of hulle DST
'n honderd jaar gelede hier in Kanada gehad
het.

Gloudina
Re: Afskeid [boodskap #4547 is 'n antwoord op boodskap #4537] Do, 06 April 2006 04:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dit klink of jy bang is vir die WARM somer wat kom


"Hessie" wrote in message
news:1144067829.698531.300030@e56g2000cwe.googlegroups.com.. .
Saterdagaand het ons ons horlosies een uur aangeskuif. Ons
het een uur in die nag verloor. Die oggende is nou effens
donkerder wanneer ek wakkerword, maar skielik is dit sonlig
tot om en by ses-uur en nog ligterig hier teen half-sewe.
Daar is ook net 'n ses-uur verskil tussen ons en SA, in plaas
van die sewe vir die laaste ses maande.
Lente is nou ernstig besig om hier aan te breek. Nog
geen blomme hier by ons nie, wel verder suid in Ontario. Hierdie
tyd van die jaar is ek eintlik bietjie weemoedig dat ons besig
is om die laaste tekens van die winter te verloor. Ek hou daarvan
as daar nog sulke plate wit sneeu tussen die bome lê, en die
baaitjies van die rivier nog vol ys is. Vir die afgelope paar weke
kon ek my verwonder aan die meeue was so in hulle duisende
sit waar die rivier nog verys is teen sy walle. Dit lyk kompleet soos
kant wat aan die soom van 'n wit rok gewerk is. Ongelukkig, toe
ek vanoggend deur die venster kyk, het al hierdie ys die baaitjie
hier naby verlaat en met die rivier afgedryf.
Daar is natuurlik dinge om na vooruit te sien. Soos die
eerste krokus. Of die daffodils wat half wild groei langs die
rivierpad wat ons volg na downtown Ottawa. Maar totdat ek die
eerste daffodil sien, bly ek effens weemoedig. Sneeulandskappe
is eintlik baie meer interessant as somerlandskappe hier in
die oostelike deel van Noord-Amerika.

Gloudina
Re: Afskeid [boodskap #4548 is 'n antwoord op boodskap #4543] Do, 06 April 2006 04:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Verduidelik net vir my hoe is dit moontlik en hoekom die Nam$ dieselfde
waarde as die rand het , hulle is mos onaafhanklik ?
"Jonas" wrote in message
news:1144146894.891486.27220@e56g2000cwe.googlegroups.com...
> Peroonlik glo ek dat Namibie nie hul tyd moet aanpas nie - dit belemmer
> hulle "handelstyd" met die RSA - en gaan daar eintlik 2 ure sodoende
> verlore.
>
Re: Afskeid [boodskap #4551 is 'n antwoord op boodskap #4547] Do, 06 April 2006 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Otterkop skryf

> Dit klink of jy bang is vir die WARM somer wat kom

Ja, ek haat die somers hier. Veral noudat ek tussen die
Groot Mere woon. Die bedompigheid in die middel van
die jaar is ondraagbaar. Ek wonder soms of ek, omdat
ek in 'n baie droë klimaat grootgeword ek, ek anders
reageer teenoor vogtigheid in die lug as mense wat
daaraan gewoond is?

Gloudina
Re: Afskeid [boodskap #4556 is 'n antwoord op boodskap #4548] Vr, 07 April 2006 08:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die Nam dollar is gekoppel aan die SA rand reg van die begin af, reeds voor
onafhanklikheid. Namibia se ekonomie is 95% afhanklik van die RSA. Sou
hulle die dollar ontkoppel, gaan dit nie net transaksies met die RSA
beoeilik nie, maar die waarde van die Nam dollar sal dieselfde pad loop as
die Zim dollar. Plus natuurlik die feit dat die meeste beleggers in die
land hul geld in die RSA sal bêre.............
"Otterkop" wrote in message
news:R6GdnWMCHqAIAKnZnZ2dnUVZ_vSdnZ2d@is.co.za...
> Verduidelik net vir my hoe is dit moontlik en hoekom die Nam$ dieselfde
> waarde as die rand het , hulle is mos onaafhanklik ?
> "Jonas" wrote in message
> news:1144146894.891486.27220@e56g2000cwe.googlegroups.com...
>> Peroonlik glo ek dat Namibie nie hul tyd moet aanpas nie - dit belemmer
>> hulle "handelstyd" met die RSA - en gaan daar eintlik 2 ure sodoende
>> verlore.
>>
>
>
Re: Afskeid [boodskap #4567 is 'n antwoord op boodskap #4556] Wo, 12 April 2006 05:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
maw Nam ry op die RSA se rug


"Suidwester" wrote in message
news:gPydnXVP25IsmavZRVn-pA@is.co.za...
> Die Nam dollar is gekoppel aan die SA rand reg van die begin af, reeds
> voor onafhanklikheid. Namibia se ekonomie is 95% afhanklik van die RSA.
> Sou hulle die dollar ontkoppel, gaan dit nie net transaksies met die RSA
> beoeilik nie, maar die waarde van die Nam dollar sal dieselfde pad loop as
> die Zim dollar. Plus natuurlik die feit dat die meeste beleggers in die
> land hul geld in die RSA sal bêre.............
> "Otterkop" wrote in message
> news:R6GdnWMCHqAIAKnZnZ2dnUVZ_vSdnZ2d@is.co.za...
>> Verduidelik net vir my hoe is dit moontlik en hoekom die Nam$ dieselfde
>> waarde as die rand het , hulle is mos onaafhanklik ?
>> "Jonas" wrote in message
>> news:1144146894.891486.27220@e56g2000cwe.googlegroups.com...
>>> Peroonlik glo ek dat Namibie nie hul tyd moet aanpas nie - dit belemmer
>>> hulle "handelstyd" met die RSA - en gaan daar eintlik 2 ure sodoende
>>> verlore.
>>>
>>
>
>
Re: Afskeid [boodskap #4568 is 'n antwoord op boodskap #4567] Wo, 12 April 2006 07:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja aag wat, julle regering se beleid het ons saam met julle in die kak
gedompel vir die beste deel van 60 jaar, ons bronne gestroop, ons erfenis
gestroop en steeds vandag, met die SA ekonomie se houvas op die
Nam-ekonomie, laat SA die Namibiërs nie toe om 'hulle' markte in mee te ding
nie. Bv sement. Plaaslik probeer mense nou al jare plaaslike en
ingevoerde sement bemark. Wat maak Holcim? Hulle verkoop sement so laag
en onder kosprys [so nie het hulle 'n woekerwins mark-up gehad in die
verlede] en dwing die plaaslike markte dood. Jy dink julle is die held in
die verhaal? Moenie dat ek begin nie..............
"Otterkop" wrote in message
news:NsCdnbdFgvXBE6HZRVn-iw@is.co.za...
> maw Nam ry op die RSA se rug
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:gPydnXVP25IsmavZRVn-pA@is.co.za...
>> Die Nam dollar is gekoppel aan die SA rand reg van die begin af, reeds
>> voor onafhanklikheid. Namibia se ekonomie is 95% afhanklik van die RSA.
>> Sou hulle die dollar ontkoppel, gaan dit nie net transaksies met die RSA
>> beoeilik nie, maar die waarde van die Nam dollar sal dieselfde pad loop
>> as die Zim dollar. Plus natuurlik die feit dat die meeste beleggers in
>> die land hul geld in die RSA sal bêre.............
>> "Otterkop" wrote in message
>> news:R6GdnWMCHqAIAKnZnZ2dnUVZ_vSdnZ2d@is.co.za...
>>> Verduidelik net vir my hoe is dit moontlik en hoekom die Nam$ dieselfde
>>> waarde as die rand het , hulle is mos onaafhanklik ?
>>> "Jonas" wrote in message
>>> news:1144146894.891486.27220@e56g2000cwe.googlegroups.com...
>>>> Peroonlik glo ek dat Namibie nie hul tyd moet aanpas nie - dit belemmer
>>>> hulle "handelstyd" met die RSA - en gaan daar eintlik 2 ure sodoende
>>>> verlore.
>>>>
>>>
>>
>
>
Re: Afskeid [boodskap #4569 is 'n antwoord op boodskap #4568] Wo, 12 April 2006 07:27 Na vorige boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
nee ek dink nie so nie, ek dink net as jy onafhanklik is dan moet jy volkome
wees


"Suidwester" wrote in message
news:BtydnbOAzqp_BKHZnZ2dnUVZ_tSdnZ2d@is.co.za...
> Ja aag wat, julle regering se beleid het ons saam met julle in die kak
> gedompel vir die beste deel van 60 jaar, ons bronne gestroop, ons erfenis
> gestroop en steeds vandag, met die SA ekonomie se houvas op die
> Nam-ekonomie, laat SA die Namibiërs nie toe om 'hulle' markte in mee te
> ding nie. Bv sement. Plaaslik probeer mense nou al jare plaaslike en
> ingevoerde sement bemark. Wat maak Holcim? Hulle verkoop sement so
> laag en onder kosprys [so nie het hulle 'n woekerwins mark-up gehad in die
> verlede] en dwing die plaaslike markte dood. Jy dink julle is die held
> in die verhaal? Moenie dat ek begin nie..............
> "Otterkop" wrote in message
> news:NsCdnbdFgvXBE6HZRVn-iw@is.co.za...
>> maw Nam ry op die RSA se rug
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:gPydnXVP25IsmavZRVn-pA@is.co.za...
>>> Die Nam dollar is gekoppel aan die SA rand reg van die begin af, reeds
>>> voor onafhanklikheid. Namibia se ekonomie is 95% afhanklik van die
>>> RSA. Sou hulle die dollar ontkoppel, gaan dit nie net transaksies met
>>> die RSA beoeilik nie, maar die waarde van die Nam dollar sal dieselfde
>>> pad loop as die Zim dollar. Plus natuurlik die feit dat die meeste
>>> beleggers in die land hul geld in die RSA sal bêre.............
>>> "Otterkop" wrote in message
>>> news:R6GdnWMCHqAIAKnZnZ2dnUVZ_vSdnZ2d@is.co.za...
>>>> Verduidelik net vir my hoe is dit moontlik en hoekom die Nam$ dieselfde
>>>> waarde as die rand het , hulle is mos onaafhanklik ?
>>>> "Jonas" wrote in message
>>>> news:1144146894.891486.27220@e56g2000cwe.googlegroups.com...
>>>> > Peroonlik glo ek dat Namibie nie hul tyd moet aanpas nie - dit
>>>> > belemmer
>>>> > hulle "handelstyd" met die RSA - en gaan daar eintlik 2 ure sodoende
>>>> > verlore.
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
>
Vorige onderwerp: Wie is waar?
Volgende onderwerp: KKNK en klaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 12:36:23 MGT 2024