Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VOC
VOC [boodskap #45361] Do, 28 Junie 2001 07:41 na volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Op 'n ander nuusgroep skryf Anne Lehmkuhl van Kanada:

---------------------------------------------------
Op 20 Maart 2002 is dit 400 jaar gelede dat die Verenigde Oos-Indiese
Kompanjie (VOC) gestig is, en op 6 April word die aankoms van Jan van
Riebeeck aan die Kaap 350 jaar gelede in herinnering geroep.
Die VOC het van 1602 tot 1795 wêreldwyd 'n sleutelrol gespeel. Dit was die
grootste handels- en skeepvaartmaatskappy wat die sewentiende en agttiende
eeu geken het, met veral speserye, tekstiel en porselein as handelsware.
In dié twee eeue het die VOC meer as 'n miljoen mense uit Europa na Asië
verskeep, waarby honderde skepe betrokke was. Oral in Asië en om die kuste
van die Indiese Oseaan is handelsnedersettings opgerig.
Die Kaap die Goeie Hoop was 'n klein rat in die groot VOC-masjien. Die
VOC-bewindhebbers het dit net beskou as 'n verversingstasie vir VOC-skepe
wat tussen Europa en die Ooste onderweg was.
Die vestiging van die Nederlandse bewind aan die Kaap het egter die
Suid-Afrikaanse geskiedenis ingrypend beïnvloed, wat tot vandag gevoel
word. 'n Belangrike aspek daarvan was die vroeë kontak met die inheemse
bevolking en die geleidelike verskuiwing van landbougrense na die
binneland, wat tot die ontbinding van die destydse Khoi-Khoi-gemeenskap
gelei het.
Die invoer en gebruik van slawe het ook 'n enorme rol in die ekonomie en
bevolkingsamestelling van Suid-Afrika gespeel. Oosterse en ander kulture
het onder meer die plaaslike taal, godsdiens, kleredrag, musiek en kookkuns
beduidend beïnvloed. Die tuin- en landbou het van die begin af sterk
ontwikkel.
Op administratiewe vlak was daar 'n sentrale owerheid met 57 buiteposte,
Robbeneiland en Mauritius ingesluit. Die ontstaan van Afrikaans, asook die
vestiging van die Christelike geloof en die Islam in Suid-Afrika kan ook na
die VOC-periode teruggvoer word.

In Nederland is die Stichting Viering 400 Jaar VOC in die lewe geroep om
die talle projekte wat rondom VOC 2002 beplan word, te koördineer en te
bevorder.
Van die belangrikste is 'n feestelike herdenking op 20 Maart 2002 in die
Ridderzaal in Den Haag wat ook deur koningin Beatrix bygewoon sal word; 'n
tentoonstelling met die tema Nederland Maritiem Land; verskillende
toerismeprojekte, projekte op die gebied van die onderwys, wetenskap en
kultuur, asook 'n groot tentoonstelling in die Nederlandse
Scheepvaartmuseum in Amsterdam en die Maritieme Museum in Rotterdam oor die
geskiedenis en rol van die VOC.
Die Tanap-projek (Towards a New Age of Partnership in Dutch East India
Company Archives and Research), wat deur die Nederlandse Rijksargief met
die samewerking van die Universiteit van Leiden georganiseer word, is gerig
op die bewaring en ontsluiting van VOC-argiewe as 'n gemeenskaplike erfenis
van Europa, Asië en Afrika.
Die bedoeling is ook om die navorsing oor hierdie argiewe wêreldwyd te
stimuleer en om soveel moontlik publikasies hieroor die lig te laat sien.
Die ruim finansiering van die Tanap-projek sal ook tot voordeel van die
VOC-argief in die Kaapstadse Argiefbewaarplek aangewend word.

Sedert die begin van 1998 word ook in Suid-Afrika hard gewerk aan die
beplanning van projekte rondom VOC 2002 en die 350ste herdenking van die
vestiging van die Nederlandse bewind aan die Kaap.
Die Forum VOC 2002 Suid-Afrika, wat bestaan het uit verteenwoordigers van
verskeie plaaslike organisasies, die Nederlandse konsulaat en private
VOC-kundiges, het oor 'n periode van meer as twee jaar gereeld vergader en
'n sakeplan gepubliseer met die titel Refreshing Roots, waarin verskeie
projekte rondom die herdenkings voorgestel word.
Die finansiering van sommige daarvan is nog 'n probleem, maar ander sal wel
deurgevoer word. Die Stigting VOC, Kaapstad, speel 'n belangrike rol in
hierdie verband.
'n Uitgebreide permanente tentoonstelling oor die rol en geskiedenis van
die VOC in Suid-Afrika sal, waarskynlik met geldelike hulp van Nederland,
in die Kasteel die Goeie Hoop ingerig word. Hierdie tentoonstelling sal die
besoeker op 'n ewewigtige, toeganklike en speelse manier en met behulp van
multimedia-tegnieke inlig oor die geskiedenis van die Kasteel. Aspekte soos
die interaksie met inheemse kulture sal aandag kry, en daar sal nie
weggeskram word van omstrede onderwerpe en skadukante van hierdie
belangrike periode in die land se geskiedenis nie.
Die Van Ewijck-stigting in Kaapstad het aanvangsgeld beskikbaar gestel vir
onder meer 'n internasionale VOC-konferensie en 'n seminaar oor taal en
literatuur in VOC-gebiede wat van 3 tot 6 April en weer op 2 en 3 Julie
2002 aan die Universiteit van Stellenbosch gehou sal word. Die
Michaelis-versameling gaan, ook met geld van die Van Ewijck-stigting, 'n
tentoonstelling van Nederlandse maritieme kuns inrig.
Nederlands-gerigte verenigings beplan vir 6 April 2002 'n groot fees in die
Kasteel. Tanap het ongeveer R1 miljoen beskikbaar gestel vir die
transkripsie van belangrike dokumente in die Kaapstadse VOC-argief. Die
Kaapse Provinsiale Museumdiens stel 'n reisende tentoonstelling oor die VOC
beskikbaar vir gebruik deur skole, biblioteke en museums.
Van die begin is gepoog om die sentrale regering by die beplanning van die
herdenkings te betrek, maar met weinig sukses. Dit is begryplik dat die
skadukant van die VOC-verlede bepaalde groepe minder geesdriftig oor
hierdie saak maak as ander.
Kultuurgroepe en ander belangstellende organisasies en mense word genooi om
die Stigting VOC in hierdie verband te nader by die volgende adres: Die
Sekretaris, Stigting VOC, Die Kasteel, Posbus 1, Kaapstad 8000.
Re: VOC [boodskap #45421 is 'n antwoord op boodskap #45361] Vr, 29 Junie 2001 04:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Ernest.
As mens VOC as 'n woord uitspreek dan vloek mens:)))
Annette
.

Ernest skryf in boodskap news:3b3bfc85.0@news1.mweb.co.za...
> Op 'n ander nuusgroep skryf Anne Lehmkuhl van Kanada:
>
> ---------------------------------------------------
> Op 20 Maart 2002 is dit 400 jaar gelede dat die Verenigde Oos-Indiese
> Kompanjie (VOC) gestig is, en op 6 April word die aankoms van Jan van
> Riebeeck aan die Kaap 350 jaar gelede in herinnering geroep.
> Die VOC het van 1602 tot 1795 wêreldwyd 'n sleutelrol gespeel. Dit was die
> grootste handels- en skeepvaartmaatskappy wat die sewentiende en agttiende
> eeu geken het, met veral speserye, tekstiel en porselein as handelsware.
> In dié twee eeue het die VOC meer as 'n miljoen mense uit Europa na Asië
> verskeep, waarby honderde skepe betrokke was. Oral in Asië en om die kuste
> van die Indiese Oseaan is handelsnedersettings opgerig.
> Die Kaap die Goeie Hoop was 'n klein rat in die groot VOC-masjien. Die
> VOC-bewindhebbers het dit net beskou as 'n verversingstasie vir VOC-skepe
> wat tussen Europa en die Ooste onderweg was.
> Die vestiging van die Nederlandse bewind aan die Kaap het egter die
> Suid-Afrikaanse geskiedenis ingrypend beïnvloed, wat tot vandag gevoel
> word. 'n Belangrike aspek daarvan was die vroeë kontak met die inheemse
> bevolking en die geleidelike verskuiwing van landbougrense na die
> binneland, wat tot die ontbinding van die destydse Khoi-Khoi-gemeenskap
> gelei het.
> Die invoer en gebruik van slawe het ook 'n enorme rol in die ekonomie en
> bevolkingsamestelling van Suid-Afrika gespeel. Oosterse en ander kulture
> het onder meer die plaaslike taal, godsdiens, kleredrag, musiek en kookkuns
> beduidend beïnvloed. Die tuin- en landbou het van die begin af sterk
> ontwikkel.
> Op administratiewe vlak was daar 'n sentrale owerheid met 57 buiteposte,
> Robbeneiland en Mauritius ingesluit. Die ontstaan van Afrikaans, asook die
> vestiging van die Christelike geloof en die Islam in Suid-Afrika kan ook na
> die VOC-periode teruggvoer word.
>
> In Nederland is die Stichting Viering 400 Jaar VOC in die lewe geroep om
> die talle projekte wat rondom VOC 2002 beplan word, te koördineer en te
> bevorder.
> Van die belangrikste is 'n feestelike herdenking op 20 Maart 2002 in die
> Ridderzaal in Den Haag wat ook deur koningin Beatrix bygewoon sal word; 'n
> tentoonstelling met die tema Nederland Maritiem Land; verskillende
> toerismeprojekte, projekte op die gebied van die onderwys, wetenskap en
> kultuur, asook 'n groot tentoonstelling in die Nederlandse
> Scheepvaartmuseum in Amsterdam en die Maritieme Museum in Rotterdam oor die
> geskiedenis en rol van die VOC.
> Die Tanap-projek (Towards a New Age of Partnership in Dutch East India
> Company Archives and Research), wat deur die Nederlandse Rijksargief met
> die samewerking van die Universiteit van Leiden georganiseer word, is gerig
> op die bewaring en ontsluiting van VOC-argiewe as 'n gemeenskaplike erfenis
> van Europa, Asië en Afrika.
> Die bedoeling is ook om die navorsing oor hierdie argiewe wêreldwyd te
> stimuleer en om soveel moontlik publikasies hieroor die lig te laat sien.
> Die ruim finansiering van die Tanap-projek sal ook tot voordeel van die
> VOC-argief in die Kaapstadse Argiefbewaarplek aangewend word.
>
> Sedert die begin van 1998 word ook in Suid-Afrika hard gewerk aan die
> beplanning van projekte rondom VOC 2002 en die 350ste herdenking van die
> vestiging van die Nederlandse bewind aan die Kaap.
> Die Forum VOC 2002 Suid-Afrika, wat bestaan het uit verteenwoordigers van
> verskeie plaaslike organisasies, die Nederlandse konsulaat en private
> VOC-kundiges, het oor 'n periode van meer as twee jaar gereeld vergader en
> 'n sakeplan gepubliseer met die titel Refreshing Roots, waarin verskeie
> projekte rondom die herdenkings voorgestel word.
> Die finansiering van sommige daarvan is nog 'n probleem, maar ander sal wel
> deurgevoer word. Die Stigting VOC, Kaapstad, speel 'n belangrike rol in
> hierdie verband.
> 'n Uitgebreide permanente tentoonstelling oor die rol en geskiedenis van
> die VOC in Suid-Afrika sal, waarskynlik met geldelike hulp van Nederland,
> in die Kasteel die Goeie Hoop ingerig word. Hierdie tentoonstelling sal die
> besoeker op 'n ewewigtige, toeganklike en speelse manier en met behulp van
> multimedia-tegnieke inlig oor die geskiedenis van die Kasteel. Aspekte soos
> die interaksie met inheemse kulture sal aandag kry, en daar sal nie
> weggeskram word van omstrede onderwerpe en skadukante van hierdie
> belangrike periode in die land se geskiedenis nie.
> Die Van Ewijck-stigting in Kaapstad het aanvangsgeld beskikbaar gestel vir
> onder meer 'n internasionale VOC-konferensie en 'n seminaar oor taal en
> literatuur in VOC-gebiede wat van 3 tot 6 April en weer op 2 en 3 Julie
> 2002 aan die Universiteit van Stellenbosch gehou sal word. Die
> Michaelis-versameling gaan, ook met geld van die Van Ewijck-stigting, 'n
> tentoonstelling van Nederlandse maritieme kuns inrig.
> Nederlands-gerigte verenigings beplan vir 6 April 2002 'n groot fees in die
> Kasteel. Tanap het ongeveer R1 miljoen beskikbaar gestel vir die
> transkripsie van belangrike dokumente in die Kaapstadse VOC-argief. Die
> Kaapse Provinsiale Museumdiens stel 'n reisende tentoonstelling oor die VOC
> beskikbaar vir gebruik deur skole, biblioteke en museums.
> Van die begin is gepoog om die sentrale regering by die beplanning van die
> herdenkings te betrek, maar met weinig sukses. Dit is begryplik dat die
> skadukant van die VOC-verlede bepaalde groepe minder geesdriftig oor
> hierdie saak maak as ander.
> Kultuurgroepe en ander belangstellende organisasies en mense word genooi om
> die Stigting VOC in hierdie verband te nader by die volgende adres: Die
> Sekretaris, Stigting VOC, Die Kasteel, Posbus 1, Kaapstad 8000.
>
Re: VOC [boodskap #45469 is 'n antwoord op boodskap #45421] Vr, 29 Junie 2001 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Oppas dat jy nie met die k's deurmekaar raak nie...
__________________________________________

"Annette" skryf in boodskap news:9hh0gc$e1aot$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dankie Ernest.
> As mens VOC as 'n woord uitspreek dan vloek mens:)))
> Annette
> .
> Ernest wrote in message
> news:3b3bfc85.0@news1.mweb.co.za...
>> Op 'n ander nuusgroep skryf Anne Lehmkuhl van Kanada:
>>
>> ---------------------------------------------------
>> Op 20 Maart 2002 is dit 400 jaar gelede dat die Verenigde Oos-Indiese
>> Kompanjie (VOC) gestig is, en op 6 April word die aankoms van Jan van
>> Riebeeck aan die Kaap 350 jaar gelede in herinnering geroep.
>> Die VOC het van 1602 tot 1795 wêreldwyd 'n sleutelrol gespeel. Dit was die
>> grootste handels- en skeepvaartmaatskappy wat die sewentiende en agttiende
>> eeu geken het, met veral speserye, tekstiel en porselein as handelsware.
>> In dié twee eeue het die VOC meer as 'n miljoen mense uit Europa na Asië
>> verskeep, waarby honderde skepe betrokke was. Oral in Asië en om die kuste
>> van die Indiese Oseaan is handelsnedersettings opgerig.
>> Die Kaap die Goeie Hoop was 'n klein rat in die groot VOC-masjien. Die
>> VOC-bewindhebbers het dit net beskou as 'n verversingstasie vir VOC-skepe
>> wat tussen Europa en die Ooste onderweg was.
>> Die vestiging van die Nederlandse bewind aan die Kaap het egter die
>> Suid-Afrikaanse geskiedenis ingrypend beïnvloed, wat tot vandag gevoel
>> word. 'n Belangrike aspek daarvan was die vroeë kontak met die inheemse
>> bevolking en die geleidelike verskuiwing van landbougrense na die
>> binneland, wat tot die ontbinding van die destydse Khoi-Khoi-gemeenskap
>> gelei het.
>> Die invoer en gebruik van slawe het ook 'n enorme rol in die ekonomie en
>> bevolkingsamestelling van Suid-Afrika gespeel. Oosterse en ander kulture
>> het onder meer die plaaslike taal, godsdiens, kleredrag, musiek en kookkuns
>> beduidend beïnvloed. Die tuin- en landbou het van die begin af sterk
>> ontwikkel.
>> Op administratiewe vlak was daar 'n sentrale owerheid met 57 buiteposte,
>> Robbeneiland en Mauritius ingesluit. Die ontstaan van Afrikaans, asook die
>> vestiging van die Christelike geloof en die Islam in Suid-Afrika kan ook na
>> die VOC-periode teruggvoer word.
>>
>> In Nederland is die Stichting Viering 400 Jaar VOC in die lewe geroep om
>> die talle projekte wat rondom VOC 2002 beplan word, te koördineer en te
>> bevorder.
>> Van die belangrikste is 'n feestelike herdenking op 20 Maart 2002 in die
>> Ridderzaal in Den Haag wat ook deur koningin Beatrix bygewoon sal word; 'n
>> tentoonstelling met die tema Nederland Maritiem Land; verskillende
>> toerismeprojekte, projekte op die gebied van die onderwys, wetenskap en
>> kultuur, asook 'n groot tentoonstelling in die Nederlandse
>> Scheepvaartmuseum in Amsterdam en die Maritieme Museum in Rotterdam oor die
>> geskiedenis en rol van die VOC.
>> Die Tanap-projek (Towards a New Age of Partnership in Dutch East India
>> Company Archives and Research), wat deur die Nederlandse Rijksargief met
>> die samewerking van die Universiteit van Leiden georganiseer word, is gerig
>> op die bewaring en ontsluiting van VOC-argiewe as 'n gemeenskaplike erfenis
>> van Europa, Asië en Afrika.
>> Die bedoeling is ook om die navorsing oor hierdie argiewe wêreldwyd te
>> stimuleer en om soveel moontlik publikasies hieroor die lig te laat sien.
>> Die ruim finansiering van die Tanap-projek sal ook tot voordeel van die
>> VOC-argief in die Kaapstadse Argiefbewaarplek aangewend word.
>>
>> Sedert die begin van 1998 word ook in Suid-Afrika hard gewerk aan die
>> beplanning van projekte rondom VOC 2002 en die 350ste herdenking van die
>> vestiging van die Nederlandse bewind aan die Kaap.
>> Die Forum VOC 2002 Suid-Afrika, wat bestaan het uit verteenwoordigers van
>> verskeie plaaslike organisasies, die Nederlandse konsulaat en private
>> VOC-kundiges, het oor 'n periode van meer as twee jaar gereeld vergader en
>> 'n sakeplan gepubliseer met die titel Refreshing Roots, waarin verskeie
>> projekte rondom die herdenkings voorgestel word.
>> Die finansiering van sommige daarvan is nog 'n probleem, maar ander sal wel
>> deurgevoer word. Die Stigting VOC, Kaapstad, speel 'n belangrike rol in
>> hierdie verband.
>> 'n Uitgebreide permanente tentoonstelling oor die rol en geskiedenis van
>> die VOC in Suid-Afrika sal, waarskynlik met geldelike hulp van Nederland,
>> in die Kasteel die Goeie Hoop ingerig word. Hierdie tentoonstelling sal die
>> besoeker op 'n ewewigtige, toeganklike en speelse manier en met behulp van
>> multimedia-tegnieke inlig oor die geskiedenis van die Kasteel. Aspekte soos
>> die interaksie met inheemse kulture sal aandag kry, en daar sal nie
>> weggeskram word van omstrede onderwerpe en skadukante van hierdie
>> belangrike periode in die land se geskiedenis nie.
>> Die Van Ewijck-stigting in Kaapstad het aanvangsgeld beskikbaar gestel vir
>> onder meer 'n internasionale VOC-konferensie en 'n seminaar oor taal en
>> literatuur in VOC-gebiede wat van 3 tot 6 April en weer op 2 en 3 Julie
>> 2002 aan die Universiteit van Stellenbosch gehou sal word. Die
>> Michaelis-versameling gaan, ook met geld van die Van Ewijck-stigting, 'n
>> tentoonstelling van Nederlandse maritieme kuns inrig.
>> Nederlands-gerigte verenigings beplan vir 6 April 2002 'n groot fees in die
>> Kasteel. Tanap het ongeveer R1 miljoen beskikbaar gestel vir die
>> transkripsie van belangrike dokumente in die Kaapstadse VOC-argief. Die
>> Kaapse Provinsiale Museumdiens stel 'n reisende tentoonstelling oor die VOC
>> beskikbaar vir gebruik deur skole, biblioteke en museums.
>> Van die begin is gepoog om die sentrale regering by die beplanning van die
>> herdenkings te betrek, maar met weinig sukses. Dit is begryplik dat die
>> skadukant van die VOC-verlede bepaalde groepe minder geesdriftig oor
>> hierdie saak maak as ander.
>> Kultuurgroepe en ander belangstellende organisasies en mense word genooi om
>> die Stigting VOC in hierdie verband te nader by die volgende adres: Die
>> Sekretaris, Stigting VOC, Die Kasteel, Posbus 1, Kaapstad 8000.
>>
>
Re: VOC [boodskap #45477 is 'n antwoord op boodskap #45469] Vr, 29 Junie 2001 16:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))))) Mens spreek nie Voc as Vos uit nie:)))
Annette

Max skryf in boodskap news:9hi76s$ra0$4@azure.nl.gxn.net...
> Oppas dat jy nie met die k's deurmekaar raak nie...
> __________________________________________
> "Annette" wrote in message
> news:9hh0gc$e1aot$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dankie Ernest.
>> As mens VOC as 'n woord uitspreek dan vloek mens:)))
>> Annette
>> .
>> Ernest wrote in message
>> news:3b3bfc85.0@news1.mweb.co.za...
>>> Op 'n ander nuusgroep skryf Anne Lehmkuhl van Kanada:
>>>
>>> ---------------------------------------------------
>>> Op 20 Maart 2002 is dit 400 jaar gelede dat die Verenigde Oos-Indiese
>>> Kompanjie (VOC) gestig is, en op 6 April word die aankoms van Jan van
>>> Riebeeck aan die Kaap 350 jaar gelede in herinnering geroep.
>>> Die VOC het van 1602 tot 1795 wêreldwyd 'n sleutelrol gespeel. Dit was die
>>> grootste handels- en skeepvaartmaatskappy wat die sewentiende en agttiende
>>> eeu geken het, met veral speserye, tekstiel en porselein as handelsware.
>>> In dié twee eeue het die VOC meer as 'n miljoen mense uit Europa na Asië
>>> verskeep, waarby honderde skepe betrokke was. Oral in Asië en om die kuste
>>> van die Indiese Oseaan is handelsnedersettings opgerig.
>>> Die Kaap die Goeie Hoop was 'n klein rat in die groot VOC-masjien. Die
>>> VOC-bewindhebbers het dit net beskou as 'n verversingstasie vir VOC-skepe
>>> wat tussen Europa en die Ooste onderweg was.
>>> Die vestiging van die Nederlandse bewind aan die Kaap het egter die
>>> Suid-Afrikaanse geskiedenis ingrypend beïnvloed, wat tot vandag gevoel
>>> word. 'n Belangrike aspek daarvan was die vroeë kontak met die inheemse
>>> bevolking en die geleidelike verskuiwing van landbougrense na die
>>> binneland, wat tot die ontbinding van die destydse Khoi-Khoi-gemeenskap
>>> gelei het.
>>> Die invoer en gebruik van slawe het ook 'n enorme rol in die ekonomie en
>>> bevolkingsamestelling van Suid-Afrika gespeel. Oosterse en ander kulture
>>> het onder meer die plaaslike taal, godsdiens, kleredrag, musiek en kookkuns
>>> beduidend beïnvloed. Die tuin- en landbou het van die begin af sterk
>>> ontwikkel.
>>> Op administratiewe vlak was daar 'n sentrale owerheid met 57 buiteposte,
>>> Robbeneiland en Mauritius ingesluit. Die ontstaan van Afrikaans, asook die
>>> vestiging van die Christelike geloof en die Islam in Suid-Afrika kan ook na
>>> die VOC-periode teruggvoer word.
>>>
>>> In Nederland is die Stichting Viering 400 Jaar VOC in die lewe geroep om
>>> die talle projekte wat rondom VOC 2002 beplan word, te koördineer en te
>>> bevorder.
>>> Van die belangrikste is 'n feestelike herdenking op 20 Maart 2002 in die
>>> Ridderzaal in Den Haag wat ook deur koningin Beatrix bygewoon sal word; 'n
>>> tentoonstelling met die tema Nederland Maritiem Land; verskillende
>>> toerismeprojekte, projekte op die gebied van die onderwys, wetenskap en
>>> kultuur, asook 'n groot tentoonstelling in die Nederlandse
>>> Scheepvaartmuseum in Amsterdam en die Maritieme Museum in Rotterdam oor die
>>> geskiedenis en rol van die VOC.
>>> Die Tanap-projek (Towards a New Age of Partnership in Dutch East India
>>> Company Archives and Research), wat deur die Nederlandse Rijksargief met
>>> die samewerking van die Universiteit van Leiden georganiseer word, is gerig
>>> op die bewaring en ontsluiting van VOC-argiewe as 'n gemeenskaplike erfenis
>>> van Europa, Asië en Afrika.
>>> Die bedoeling is ook om die navorsing oor hierdie argiewe wêreldwyd te
>>> stimuleer en om soveel moontlik publikasies hieroor die lig te laat sien.
>>> Die ruim finansiering van die Tanap-projek sal ook tot voordeel van die
>>> VOC-argief in die Kaapstadse Argiefbewaarplek aangewend word.
>>>
>>> Sedert die begin van 1998 word ook in Suid-Afrika hard gewerk aan die
>>> beplanning van projekte rondom VOC 2002 en die 350ste herdenking van die
>>> vestiging van die Nederlandse bewind aan die Kaap.
>>> Die Forum VOC 2002 Suid-Afrika, wat bestaan het uit verteenwoordigers van
>>> verskeie plaaslike organisasies, die Nederlandse konsulaat en private
>>> VOC-kundiges, het oor 'n periode van meer as twee jaar gereeld vergader en
>>> 'n sakeplan gepubliseer met die titel Refreshing Roots, waarin verskeie
>>> projekte rondom die herdenkings voorgestel word.
>>> Die finansiering van sommige daarvan is nog 'n probleem, maar ander sal wel
>>> deurgevoer word. Die Stigting VOC, Kaapstad, speel 'n belangrike rol in
>>> hierdie verband.
>>> 'n Uitgebreide permanente tentoonstelling oor die rol en geskiedenis van
>>> die VOC in Suid-Afrika sal, waarskynlik met geldelike hulp van Nederland,
>>> in die Kasteel die Goeie Hoop ingerig word. Hierdie tentoonstelling sal die
>>> besoeker op 'n ewewigtige, toeganklike en speelse manier en met behulp van
>>> multimedia-tegnieke inlig oor die geskiedenis van die Kasteel. Aspekte soos
>>> die interaksie met inheemse kulture sal aandag kry, en daar sal nie
>>> weggeskram word van omstrede onderwerpe en skadukante van hierdie
>>> belangrike periode in die land se geskiedenis nie.
>>> Die Van Ewijck-stigting in Kaapstad het aanvangsgeld beskikbaar gestel vir
>>> onder meer 'n internasionale VOC-konferensie en 'n seminaar oor taal en
>>> literatuur in VOC-gebiede wat van 3 tot 6 April en weer op 2 en 3 Julie
>>> 2002 aan die Universiteit van Stellenbosch gehou sal word. Die
>>> Michaelis-versameling gaan, ook met geld van die Van Ewijck-stigting, 'n
>>> tentoonstelling van Nederlandse maritieme kuns inrig.
>>> Nederlands-gerigte verenigings beplan vir 6 April 2002 'n groot fees in die
>>> Kasteel. Tanap het ongeveer R1 miljoen beskikbaar gestel vir die
>>> transkripsie van belangrike dokumente in die Kaapstadse VOC-argief. Die
>>> Kaapse Provinsiale Museumdiens stel 'n reisende tentoonstelling oor die VOC
>>> beskikbaar vir gebruik deur skole, biblioteke en museums.
>>> Van die begin is gepoog om die sentrale regering by die beplanning van die
>>> herdenkings te betrek, maar met weinig sukses. Dit is begryplik dat die
>>> skadukant van die VOC-verlede bepaalde groepe minder geesdriftig oor
>>> hierdie saak maak as ander.
>>> Kultuurgroepe en ander belangstellende organisasies en mense word genooi om
>>> die Stigting VOC in hierdie verband te nader by die volgende adres: Die
>>> Sekretaris, Stigting VOC, Die Kasteel, Posbus 1, Kaapstad 8000.
>>>
>>
>
Re: VOC [boodskap #45673 is 'n antwoord op boodskap #45477] Di, 03 Julie 2001 12:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 29 Jun 2001 18:12:15 +0200, "Annette" wrote:

> :))))) Mens spreek nie Voc as Vos uit nie:)))
> Annette
>
Ag Voc Voc

DD
Re: VOC [boodskap #45679 is 'n antwoord op boodskap #45673] Di, 03 Julie 2001 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hakkel jy DD?:)))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:vtd3ktg9j0n121pqq4456mv85f7gmloloi@4ax.com...
> On Fri, 29 Jun 2001 18:12:15 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> :))))) Mens spreek nie Voc as Vos uit nie:)))
>> Annette
>>
> Ag Voc Voc
>
> DD
Re: VOC [boodskap #45715 is 'n antwoord op boodskap #45673] Di, 03 Julie 2001 20:16 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
voc = very old crockery

--
Vorige onderwerp: Reservate?
Volgende onderwerp: Die Siek Staatsdiens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 13:20:21 MGT 2024