Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reserve Bull
Reserve Bull [boodskap #45259] Wo, 27 Junie 2001 09:34 na volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Gloudina het immers in 'n swart gebied gewerk.
Of dit 'n reservaat was, sal net Emmy en dalk Big Chief Sitting Bull weet.

Gloudina :
En Chief Wouter Bull. 'n Verskoning is in orde:

Dictionary of South African English:
"Reserve(s)...areas of land set aside for the occupation of
blacks, later redesignated homelands..
.
Quote from Louw & Kendall "South Africa: The Solution 1989
"Finally came the notorious Native Lands Act of 1913 which
demarcated 8% if South Africa's surface areas as "Native
Reserves."

Wouter:
'n Verskoning is maklik, jy het hom.

Ek is in elk geval nie die een wat die meeste feite verkeerd gehad het nie,
nog 'n paar verskonings is dalk ook in orde? Daar het jy dit nou :-)

In Afrikaans het 'n reservaat normaalweg die betekenis van 'n sanctuary,
soos 'n wildreservaat. 'n Paar woordeboeke bevestig dit, geen bied 'n swart
stamgebied as 'n moontlike betekenis nie. Hoe daardie Native Reserves in
Afrikaans genoem is, sal interessant wees om te weet, ek het nooit die woord
reservaat daarvoor gehoor nie. Dit is beslis nie deel van ons spreektaal
nie.

Terloops, die swart werkers in die Kaap praat van die Ciskei of Transkei as
hulle "home country" of bloot "home". Baie gaan nog gereeld oor Kersfees na
die home country. Maar nooit "homeland" nie, ek vermoed dis politiek gelaai.

"Reserve" in hierdie konteks is dus op die heel beste 'n anachronisme. Maar
soos jy sê, 'n verskoning is in orde. As ons nou net kan vasstel wat Emmy se
reservaten in 1964 ingesluit het. En hoekom die syfers so ongeloofwaardig
lyk.

Dis ook interessant dat net drie jaar na ons Hollandse en Britse voorvaders
Suid Afrika in ongeveer sy huidige vorm in 1910 gestig het, toe plaas hulle
apartheid formeel op die wetboek. (Die NP het eers baie jare later die naam
daarvoor uitgedink.) Die bleddie Hollanders was tog helse en openlike
rassiste, né.
Re: Reserve Bull [boodskap #45279 is 'n antwoord op boodskap #45259] Wo, 27 Junie 2001 12:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Dis ook interessant dat net drie jaar na ons Hollandse en Britse voorvaders
> Suid Afrika in ongeveer sy huidige vorm in 1910 gestig het, toe plaas hulle
> apartheid formeel op die wetboek. (Die NP het eers baie jare later die naam
> daarvoor uitgedink.)

Nee, Wouter, so maklik kom jy nie daarvan weg nie. Na1948 was dit 'n heel ander
ball game. Na 1948 het sosiale
apartheid op die wetboeke verskyn. Voor die wet op gemengde
huwelike kon mens nog oor die kleurlyn trou. Eers staan mans en
vrouens aan verskillende kante van die saal vir moregodsdiens
by Adams College. Toe Bantoe-onderwys inkom, toe staan
swart onderwysers aan die een kant en wit onderwysers aan die
anderkant van die saal. Nee, wat jong. Ek dink jy doen jouself
meer skade aan deur "verskonings" te probeer maak.

Gloudina
Re: Reserve Bull [boodskap #45352 is 'n antwoord op boodskap #45259] Do, 28 Junie 2001 05:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ons op die plaas maak seker dat ons werkers ten minste een keer per mand
'huistoe' gaan. Dis nou daar in Venda se gebied. Ons betaal alle onkostes.
Vat hulle selfs stasie toe.

Die wet maak dit duidelik dat niemand van die grond kan afsit word nie,
tensy jy alternatiewe verblyf voorsien nie. (daar is twee gevalle wat mens
moet lig loop voor: 1) as die werker ongeskik word terwyl hy op die grond
woon 2) as die werker ouer as 65 word. In die genoemde gevalle mag hy nooit
van die grond afgesit word nie). As die persone dan 'huistoe' gaan het hulle
altenatiewe verblyf, al dan nie?

Ernest

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3b399a7f.0@news1.mweb.co.za...
> Terloops, die swart werkers in die Kaap praat van die Ciskei of Transkei as
> hulle "home country" of bloot "home". Baie gaan nog gereeld oor Kersfees na
> die home country. Maar nooit "homeland" nie, ek vermoed dis politiek
gelaai.
Re: Reserve Bull [boodskap #45353 is 'n antwoord op boodskap #45259] Do, 28 Junie 2001 06:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dit al hier genoem dat 'apartheid' nie 'n 'Afrikaner' ding is nie.
Net die benaming. Tot die VOC se bangkrokskap in 1795 (en, dit val saam met
die Engelse inval en oorname van Holland) was daar baie min 'apartheidheid'.
Die apartheidstoepassing was met die lokale bevolking. Die mense van die
Ooste (meestal slawe) het goed onder mekaar gebroei (tesame met die
Westerling).

Engeland kom toe in beheer en onmiddelik begin apartheid 'n rol speel. Toe
die Hollanders weer oorneem laat hulle alles net so. Inteendeel kry mens die
gevoel dat hulle die apartheid goedkeur. Daar word eintlik aangedring dat
elke 'nie-blanke' dame haar hoof moet bedek (blykbaar vir gesondheids
redes?). Maar, die 'kopdoek' word gebore. Hoeveel sien dit nog steeds onder
die 'nie-blankes'? En, hoeveel dink dit kom eintlik van hulle kultuur af?

Ernest

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3b399a7f.0@news1.mweb.co.za...

> Dis ook interessant dat net drie jaar na ons Hollandse en Britse voorvaders
> Suid Afrika in ongeveer sy huidige vorm in 1910 gestig het, toe plaas hulle
> apartheid formeel op die wetboek. (Die NP het eers baie jare later die naam
> daarvoor uitgedink.) Die bleddie Hollanders was tog helse en openlike
> rassiste, né.
Re: Reserve Bull [boodskap #45354 is 'n antwoord op boodskap #45259] Do, 28 Junie 2001 06:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,
Daar is darem dae wat ek met jou moet saamstem. My stiefoupa het altyd gesê
"hoe kon die regering 'n wet inbring wat boeresport verbied? Dink die
regering die kleurlinge het hulleself so gemaak?" En, hy was baie regs. 'n
Strydom en baie, baie regs. Eintlik verkramp regs.

Ernest
skryf in boodskap news:3B39D8F7.8BA71F93@home.com...
> Wouter Plaasvark wrote:
> Na 1948 het sosiale
> apartheid op die wetboeke verskyn. Voor die wet op gemengde
> huwelike kon mens nog oor die kleurlyn trou. Eers staan mans en
> vrouens aan verskillende kante van die saal vir moregodsdiens
> by Adams College. Toe Bantoe-onderwys inkom, toe staan
> swart onderwysers aan die een kant en wit onderwysers aan die
> anderkant van die saal. Nee, wat jong. Ek dink jy doen jouself
> meer skade aan deur "verskonings" te probeer maak.
Re: Reserve Bull [boodskap #45422 is 'n antwoord op boodskap #45354] Vr, 29 Junie 2001 04:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
'n Mens kan regs wees en nog steeds reg wees Ernest:))
Annette

Ernest skryf in boodskap news:3b3bfc78.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina,
> Daar is darem dae wat ek met jou moet saamstem. My stiefoupa het altyd gesê
> "hoe kon die regering 'n wet inbring wat boeresport verbied? Dink die
> regering die kleurlinge het hulleself so gemaak?" En, hy was baie regs. 'n
> Strydom en baie, baie regs. Eintlik verkramp regs.
>
> Ernest
> skryf in boodskap news:3B39D8F7.8BA71F93@home.com...
>> Wouter Plaasvark wrote:
>> Na 1948 het sosiale
>> apartheid op die wetboeke verskyn. Voor die wet op gemengde
>> huwelike kon mens nog oor die kleurlyn trou. Eers staan mans en
>> vrouens aan verskillende kante van die saal vir moregodsdiens
>> by Adams College. Toe Bantoe-onderwys inkom, toe staan
>> swart onderwysers aan die een kant en wit onderwysers aan die
>> anderkant van die saal. Nee, wat jong. Ek dink jy doen jouself
>> meer skade aan deur "verskonings" te probeer maak.
>
Re: Reserve Bull [boodskap #45431 is 'n antwoord op boodskap #45422] Vr, 29 Junie 2001 07:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek skryf ook regs, maar maak ook foute...
_________________________________________
Annette schreef in berichtnieuws
9hh0ge$e1aot$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> 'n Mens kan regs wees en nog steeds reg wees Ernest:))
> Annette
>
> Ernest wrote in message
> news:3b3bfc78.0@news1.mweb.co.za...
>> Gloudina,
>> Daar is darem dae wat ek met jou moet saamstem. My stiefoupa het altyd
> gesê
>> "hoe kon die regering 'n wet inbring wat boeresport verbied? Dink die
>> regering die kleurlinge het hulleself so gemaak?" En, hy was baie regs. 'n
>> Strydom en baie, baie regs. Eintlik verkramp regs.
>>
>> Ernest
>> skryf in boodskap news:3B39D8F7.8BA71F93@home.com...
>>> Wouter Plaasvark wrote:
>>> Na 1948 het sosiale
>>> apartheid op die wetboeke verskyn. Voor die wet op gemengde
>>> huwelike kon mens nog oor die kleurlyn trou. Eers staan mans en
>>> vrouens aan verskillende kante van die saal vir moregodsdiens
>>> by Adams College. Toe Bantoe-onderwys inkom, toe staan
>>> swart onderwysers aan die een kant en wit onderwysers aan die
>>> anderkant van die saal. Nee, wat jong. Ek dink jy doen jouself
>>> meer skade aan deur "verskonings" te probeer maak.
>>
>
Re: Reserve Bull [boodskap #45479 is 'n antwoord op boodskap #45431] Vr, 29 Junie 2001 16:15 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is dit omdat jy hou kop na die linkerkant toe skeef hou as jy skryf?:)))
Annette

Max skryf in boodskap news:9hha02$jrf$1@azure.nl.gxn.net...
> Ek skryf ook regs, maar maak ook foute...
> _________________________________________
> Annette schreef in berichtnieuws
> 9hh0ge$e1aot$4@ID-92016.news.dfncis.de...
>> 'n Mens kan regs wees en nog steeds reg wees Ernest:))
>> Annette
>>
>> Ernest wrote in message
>> news:3b3bfc78.0@news1.mweb.co.za...
>>> Gloudina,
>>> Daar is darem dae wat ek met jou moet saamstem. My stiefoupa het altyd
>> gesê
>>> "hoe kon die regering 'n wet inbring wat boeresport verbied? Dink die
>>> regering die kleurlinge het hulleself so gemaak?" En, hy was baie
regs.
> 'n
>>> Strydom en baie, baie regs. Eintlik verkramp regs.
>>>
>>> Ernest
>>> skryf in boodskap news:3B39D8F7.8BA71F93@home.com...
>>>> Wouter Plaasvark wrote:
>>>> Na 1948 het sosiale
>>>> apartheid op die wetboeke verskyn. Voor die wet op gemengde
>>>> huwelike kon mens nog oor die kleurlyn trou. Eers staan mans en
>>>> vrouens aan verskillende kante van die saal vir moregodsdiens
>>>> by Adams College. Toe Bantoe-onderwys inkom, toe staan
>>>> swart onderwysers aan die een kant en wit onderwysers aan die
>>>> anderkant van die saal. Nee, wat jong. Ek dink jy doen jouself
>>>> meer skade aan deur "verskonings" te probeer maak.
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Wilde vertalings
Volgende onderwerp: Manlike verkragting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:53:25 MGT 2024