Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lies, damn lies, statistics
Lies, damn lies, statistics [boodskap #45074] Ma, 25 Junie 2001 18:13 na volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Emmy wrote: > 1964 :
> 38% woonden in de reservaten
> 62% woonden tijdelijk in industriegebieden....
> 7% tijdelijk bij steden permanent in steden
> 21% permanent in en nabij steden
> 43% permanent op blank platteland.
> Ruim 3\5 deel woonden buiten de reservaten

Gloudina : En daar het julle dit nou.

Wouter : Daar is net een probleem, Gloudina.
Ons het nie reservate nie, nooit gehad nie.

Afhangende van hoe hulle "reservaat" gedefinieer het, kan die syfers enige
iets beteken. 'n Baie groot deel van die swart bevolking het in 1964 in
plattelandse lokasies gewoon. Nie in die stede nie, maar seker buite die
"reservate", wat de duiwel dit ook al mag wees.

Dis ook nie duidelik wat industriegebieden is, dalk die
ontwikkelingsgebiede, soos Bisho in die ou Ciskei-tuisland en Mmabatho in
BOP waar daar desentralisasie-subsidies vir nywerhede gegee is om die
ekonomiese fiasko van tuisland-ontwikkeling teen te werk?

En wat is stede, sluit dit die hoofstadjies van die tuislande in?
Wat is nabij steden? Hoe naby?
Hoekom oorvleuel die derde (7%) en vierde (21%) kategorie se definisies?
As 38% in reservate woon en 62% in nywerheidsgebiede, dan verklaar dit mos
die volle 100%. Of bevestig dit my vermoede dat die nywerheidgebiede
grootliks in die reservate is?
Ens. ens.

Daardie syfers beteken niks, sonder definisies is dit net verdere rotzooi.
Dit beteken eintlik minder as niks, dit gee meer vrae as antwoorde. En die
geleentheid om gullible mense wat nie ons omstandighede ken nie, te mislei.

Maar wat bedoel jy met "En daar het julle dit nou"? Kon jy iets daaruit
aflei? Ek probeer, maar ek kan nie.

Jy weet mos hoe werk die trappe van vergelyking:
Leuns, Donnerse leuens, Moerswillige statistiek

Emmy gebruik die statistiek soos 'n dronkie 'n straatligpaal gebruik:
Nie om iets op te helder nie, maar om haar wankeling te steun.
Re: Lies, damn lies, statistics [boodskap #45085 is 'n antwoord op boodskap #45074] Di, 26 Junie 2001 02:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ons het nie reservate nie, nooit gehad nie.
>

Wat het mens dan die hele Transkei genoem, en die
stuk van Natal waarin Adams Mission was, wat nie
oop was vir blanke besetting nie, en groot dele van
die Vrystaat, ens.ens. Ek dink jy speel met woorde.

Gloudina
Re: Lies, damn lies, statistics [boodskap #45110 is 'n antwoord op boodskap #45074] Di, 26 Junie 2001 06:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wel, ek het iets afgelei:

1)Emmy iets voorgebring om haar siening te bewys (iets wat nog nooit gedoen
is nie).

2) Daar is geen bewys bron nie. Dus, kan nêrens vasgstel word wat die
betekenis is en hoe dit inligting vergelyk met ander lande nie.

3) Dit bevat baie bwyse dat 'n tuisland nie noodwendig 'n lokasie is nie.

4) Die wêreld erken dat daar industriele ontwikkeling in SA voortgekom het.

5) Dit bevat veel meer inligting as wat Gloudina bied as sy daarvoor
aangevra word.

Ernest

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3b378479.0@news1.mweb.co.za...
> Maar wat bedoel jy met "En daar het julle dit nou"? Kon jy iets daaruit
> aflei? Ek probeer, maar ek kan nie.
Re: Lies, damn lies, statistics [boodskap #45131 is 'n antwoord op boodskap #45074] Di, 26 Junie 2001 08:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Jun 2001 20:13:20 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Emmy wrote: > 1964 :
>> 38% woonden in de reservaten
>> 62% woonden tijdelijk in industriegebieden....
>> 7% tijdelijk bij steden permanent in steden
>> 21% permanent in en nabij steden
>> 43% permanent op blank platteland.
>> Ruim 3\5 deel woonden buiten de reservaten
>
> Gloudina : En daar het julle dit nou.
>
> Wouter : Daar is net een probleem, Gloudina.
> Ons het nie reservate nie, nooit gehad nie.
>

Reservate is mos die goed waar die Amerikaners die Rooihuide in gedryf
het

DD
Re: Lies, damn lies, statistics [boodskap #45133 is 'n antwoord op boodskap #45074] Di, 26 Junie 2001 08:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Ons het nie reservate nie, nooit gehad nie.

Gloudina
Wat het mens dan die hele Transkei genoem, en die
stuk van Natal waarin Adams Mission was, wat nie
oop was vir blanke besetting nie, en groot dele van
die Vrystaat, ens.ens. Ek dink jy speel met woorde.

Wouter
Aikona, dis 'n nuwe term wat Emmy hier ingedra het. Daardie was swart
gebiede, stamgebiede en baie ander name, nie almal mooi gedefinieer met
grense nie. En Transkei was ook 'n tuisland en later selfs 'n "onafhanklike"
staat. Maar reservate? Aikona, dis 'n Amerikaanse term wat vir
rooihuidkolonies gebruik is en wat ons nooit gebruik het nie. Om dit
ongedefinieerd in ons konteks in te gooi is verwarrend. Dalk was dit die
doel? If you don't have a good argument, then you confuse the issue?

Die punt is dat Emmy 'n klomp statistiek hier ingegooi het wat sonder
definisies niks beteken nie. Sy speel met syfers, en jy speel saam deur te
sê ons moet sien. Maar wat moes ons sien?
Re: Lies, damn lies, statistics [boodskap #45149 is 'n antwoord op boodskap #45131] Di, 26 Junie 2001 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het daardie reservate gesien - ons "reservate" lyk definitief beter as
hulle s'n:))))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:hfggjtchto5lpt1n4tikb2562kh7citl5r@4ax.com...
> On Mon, 25 Jun 2001 20:13:20 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>> Emmy wrote: > 1964 :
>>> 38% woonden in de reservaten
>>> 62% woonden tijdelijk in industriegebieden....
>>> 7% tijdelijk bij steden permanent in steden
>>> 21% permanent in en nabij steden
>>> 43% permanent op blank platteland.
>>> Ruim 3\5 deel woonden buiten de reservaten
>>
>> Gloudina : En daar het julle dit nou.
>>
>> Wouter : Daar is net een probleem, Gloudina.
>> Ons het nie reservate nie, nooit gehad nie.
>>
>
> Reservate is mos die goed waar die Amerikaners die Rooihuide in gedryf
> het
>
> DD
Re: Lies, damn lies, statistics [boodskap #45151 is 'n antwoord op boodskap #45133] Di, 26 Junie 2001 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons moet sien dat daar tuislande ontstaan het toe die zwartes soontoe
gekarwei is:)))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b386137.0@news1.mweb.co.za...
>> Ons het nie reservate nie, nooit gehad nie.
>
> Gloudina
> Wat het mens dan die hele Transkei genoem, en die
> stuk van Natal waarin Adams Mission was, wat nie
> oop was vir blanke besetting nie, en groot dele van
> die Vrystaat, ens.ens. Ek dink jy speel met woorde.
>
> Wouter
> Aikona, dis 'n nuwe term wat Emmy hier ingedra het. Daardie was swart
> gebiede, stamgebiede en baie ander name, nie almal mooi gedefinieer met
> grense nie. En Transkei was ook 'n tuisland en later selfs 'n "onafhanklike"
> staat. Maar reservate? Aikona, dis 'n Amerikaanse term wat vir
> rooihuidkolonies gebruik is en wat ons nooit gebruik het nie. Om dit
> ongedefinieerd in ons konteks in te gooi is verwarrend. Dalk was dit die
> doel? If you don't have a good argument, then you confuse the issue?
>
> Die punt is dat Emmy 'n klomp statistiek hier ingegooi het wat sonder
> definisies niks beteken nie. Sy speel met syfers, en jy speel saam deur te
> sê ons moet sien. Maar wat moes ons sien?
>
Re: Lies, damn lies, statistics [boodskap #45157 is 'n antwoord op boodskap #45151] Di, 26 Junie 2001 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Die punt is dat Emmy 'n klomp statistiek hier ingegooi het wat sonder
> definisies niks beteken nie. Sy speel met syfers, en jy speel saam deur te
> sê ons moet sien. Maar wat moes ons sien?

Annette : Ons moet sien dat daar tuislande ontstaan het toe die zwartes
soontoe gekarwei is:)))

Wouter: Dis dalk wat Emmy graag wou bedoel, maar Gloudina was hier en sal
dus weet dat Emmy rotzooi kwytraak. Gloudina het immers in 'n swart gebied
gewerk. Of dit 'n reservaat was, sal net Emmy en dalk Big Chief Sitting
Bull weet.
Re: Lies, damn lies, statistics [boodskap #45161 is 'n antwoord op boodskap #45157] Di, 26 Junie 2001 12:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Big Chief See No Truth meen jy:))))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b387efc.0@news1.mweb.co.za...
>> Die punt is dat Emmy 'n klomp statistiek hier ingegooi het wat sonder
>> definisies niks beteken nie. Sy speel met syfers, en jy speel saam deur te
>> sê ons moet sien. Maar wat moes ons sien?
>
> Annette : Ons moet sien dat daar tuislande ontstaan het toe die zwartes
> soontoe gekarwei is:)))
>
> Wouter: Dis dalk wat Emmy graag wou bedoel, maar Gloudina was hier en sal
> dus weet dat Emmy rotzooi kwytraak. Gloudina het immers in 'n swart gebied
> gewerk. Of dit 'n reservaat was, sal net Emmy en dalk Big Chief Sitting
> Bull weet.
>
Re: Lies, damn lies, statistics [boodskap #45241 is 'n antwoord op boodskap #45110] Wo, 27 Junie 2001 05:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mag wees, maar soos Wouter uitgewys het, die sommetjie tel nie reg op nie.
Annette

Ernest skryf in boodskap news:3b395bd3.0@news1.mweb.co.za...
> Wel, ek het iets afgelei:
>
> 1)Emmy iets voorgebring om haar siening te bewys (iets wat nog nooit gedoen
> is nie).
>
> 2) Daar is geen bewys bron nie. Dus, kan nêrens vasgstel word wat die
> betekenis is en hoe dit inligting vergelyk met ander lande nie.
>
> 3) Dit bevat baie bwyse dat 'n tuisland nie noodwendig 'n lokasie is nie.
>
> 4) Die wêreld erken dat daar industriele ontwikkeling in SA voortgekom het.
>
> 5) Dit bevat veel meer inligting as wat Gloudina bied as sy daarvoor
> aangevra word.
>
> Ernest
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3b378479.0@news1.mweb.co.za...
>> Maar wat bedoel jy met "En daar het julle dit nou"? Kon jy iets daaruit
>> aflei? Ek probeer, maar ek kan nie.
>
Re: Lies, damn lies, statistics [boodskap #45257 is 'n antwoord op boodskap #45074] Wo, 27 Junie 2001 09:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Tue, 26 Jun 2001 09:11:38 +0100, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> Aikona, dis 'n nuwe term wat Emmy hier ingedra het. Daardie was swart
> gebiede, stamgebiede en baie ander name, nie almal mooi gedefinieer met
> grense nie. En Transkei was ook 'n tuisland en later selfs 'n "onafhanklike"
> staat. Maar reservate? Aikona, dis 'n Amerikaanse term wat vir
> rooihuidkolonies gebruik is en wat ons nooit gebruik het nie. Om dit
> ongedefinieerd in ons konteks in te gooi is verwarrend. Dalk was dit die
> doel? If you don't have a good argument, then you confuse the issue?

Sover ek weet HET Suid-Afrika by name reservate gehad - in die 20's en
30's was daar talle "native reserves" geskep waar swartmense
ingeboender is sodat goedkoop arbeid vir die myne en die landbou
geskep kon word.
Rhodes en Milner se idees.
Die gebiede het later ander name gekry en duiwehokke van
semi-staatskonstruksies is daarop geplaas van "stamgebiede" onder
"beheer van tradisionele leiers" tot hewig gesubsidieerde "tuislande"
en wat ookal.
Maar hulle fondamente was - sover ek weet - "native reserves". In wese
sowel as in naam.

Dit het dalk niks met julle argument te doen nie, maar anyway.
Re: Lies, damn lies, statistics [boodskap #45264 is 'n antwoord op boodskap #45074] Wo, 27 Junie 2001 09:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Tue, 26 Jun 2001 09:11:38 +0100, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Aikona, dis 'n nuwe term wat Emmy hier ingedra het. Daardie was swart
> gebiede, stamgebiede en baie ander name, nie almal mooi gedefinieer met
> grense nie. En Transkei was ook 'n tuisland en later selfs 'n "onafhanklike"
> staat. Maar reservate? Aikona, dis 'n Amerikaanse term wat vir
> rooihuidkolonies gebruik is en wat ons nooit gebruik het nie. Om dit
> ongedefinieerd in ons konteks in te gooi is verwarrend. Dalk was dit die
> doel? If you don't have a good argument, then you confuse the issue?

Gou die van Britannica afgehaal:

The 1911 Mines and Works Act and its 1926 successor reserved
certain jobs in mining and the railways for white workers. The Natives
Land Act of 1913 defined 8 percent of South Africa as African
“reserves” and prohibited any purchase or lease of land by Africans
outside the reserves. The law also restricted the terms of tenure
under which Africans might live on white-owned farms. The Native
(Urban Areas) Act of 1923 provided for segregating urban residential
space and created “influx controls” to reduce access to cities by
Africans. In 1926 Hertzog published bills proposing simultaneously to
increase reserve areas and remove African voters in the Cape from the
common roll. These aims were realized in legislation 10 years later.
Re: Lies, damn lies, statistics [boodskap #45268 is 'n antwoord op boodskap #45074] Wo, 27 Junie 2001 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Ferdi. Interessant - maar laaaank voor my tyd.
Wel iets om te onthou ivm die Engelse:))))

Ek kan nie onthou dat Ouma of Oupa ooit van native reserves gepraat het
nie - wel van natuurreservate - maar ek dwaal nou van die punt af.
Die feit bly dat ons nooit van reservate gepraat het nie - maar van
tuislande.
Politieke woordklowery, ek weet - maar nog steeds.
Annette

skryf in boodskap news:3b3fa5df.3216331@news.is.co.za...
> On Tue, 26 Jun 2001 09:11:38 +0100, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
> > Aikona, dis 'n nuwe term wat Emmy hier ingedra het. Daardie was swart
>> gebiede, stamgebiede en baie ander name, nie almal mooi gedefinieer met
>> grense nie. En Transkei was ook 'n tuisland en later selfs 'n "onafhanklike"
>> staat. Maar reservate? Aikona, dis 'n Amerikaanse term wat vir
>> rooihuidkolonies gebruik is en wat ons nooit gebruik het nie. Om dit
>> ongedefinieerd in ons konteks in te gooi is verwarrend. Dalk was dit die
>> doel? If you don't have a good argument, then you confuse the issue?
>
> Sover ek weet HET Suid-Afrika by name reservate gehad - in die 20's en
> 30's was daar talle "native reserves" geskep waar swartmense
> ingeboender is sodat goedkoop arbeid vir die myne en die landbou
> geskep kon word.
> Rhodes en Milner se idees.
> Die gebiede het later ander name gekry en duiwehokke van
> semi-staatskonstruksies is daarop geplaas van "stamgebiede" onder
> "beheer van tradisionele leiers" tot hewig gesubsidieerde "tuislande"
> en wat ookal.
> Maar hulle fondamente was - sover ek weet - "native reserves". In wese
> sowel as in naam.
>
> Dit het dalk niks met julle argument te doen nie, maar anyway.
>
Re: Lies, damn lies, statistics [boodskap #45282 is 'n antwoord op boodskap #45074] Wo, 27 Junie 2001 13:06 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Wed, 27 Jun 2001 11:58:26 +0200, "Annette" wrote:

> Dankie Ferdi. Interessant - maar laaaank voor my tyd.
> Wel iets om te onthou ivm die Engelse:))))
>
> Ek kan nie onthou dat Ouma of Oupa ooit van native reserves gepraat het
> nie - wel van natuurreservate - maar ek dwaal nou van die punt af.
> Die feit bly dat ons nooit van reservate gepraat het nie - maar van
> tuislande.
> Politieke woordklowery, ek weet - maar nog steeds.

Woord-speletjie ja, maar die dier bly steeds dieselfde dier. 'n
Tuisland en 'n Reservaat met beperkte self-bestuur is dieselfde ding.
Vorige onderwerp: Re: Wortelkoek - Re: Plasing, Ontleding en Bespreking van:
Volgende onderwerp: Woeste Duitsers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 12:43:43 MGT 2024