Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar's Annette en die res?
Waar's Annette en die res? [boodskap #4438] Vr, 24 Maart 2006 03:41 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hoe laat ons die ouens weet ons het verhuis - sonder om die gespuis
saam te lok?
Re: Waar's Annette en die res? [boodskap #4443 is 'n antwoord op boodskap #4438] Vr, 24 Maart 2006 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas schrieb:

> Hoe laat ons die ouens weet ons het verhuis - sonder om die gespuis
> saam te lok?

Vireers deur op albei Afrikaanse nuusgroepe
te kruispos. Ek hoop dit werk.

Gloudina
Re: Waar's Annette en die res? [boodskap #4469 is 'n antwoord op boodskap #4438] So, 26 Maart 2006 04:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, jy het op die ng hierdie ng geplaas, dus solank as wat Laudahn nie in
die ng lees nie, is hy nie bewus van hierdie een nie, en die ander klomp wat
te onnosel is om te weet wat crossposting is, bly ook weg.

Nietemin - ons kan terugtrek - Laudahn en sy kruispos antwoorders is
doodstil.

Ek weet nie hoe suksesvol ek was van hierdie kant om Laudahn by sy ISP te
rapporteer met sy vele yahoo email adresse nie.

Wat ek wel weet is dat die meeste van die crossposters aan wie ek 'n privaat
e-pos gestuur het, verskoning gemaak het, en gesê dat hulle in die vervolg
sal onthou om nie te kruispos nie.

Dis net die ou lot wat ek nie met privaat e-pos in die hande kon kry nie,
wat bossies geraak het.;))

Nietemin - hulle het seker taamlik gatvol geraak om elke keer as Laudahn 'n
nuwe tema plaas, van my af dieselfde boodskap te kry om nie te kruispos
nie.

Ek moet sê, met die aksie het ek duidelik tot die besef gekom hoekom
Hollanders kaaskoppe genoem word - en dit het niks met die kleur van hul
hare te doen nie.

Hulle is net soos kinders - luister nie as mens hulle mooi beleefd iets vra
nie - maar gaan bossies as mens hulle uitskel as te onnosel om op die
internet aan ng's deel te neem - maar op die ou end blyk dit dat belediging
die beste resultate lewer.
--
Groetnis
Annette
"Jonas" wrote in message
news:1143171705.447472.13150@t31g2000cwb.googlegroups.com...
> Hoe laat ons die ouens weet ons het verhuis - sonder om die gespuis
> saam te lok?
>
Re: Waar's Annette en die res? [boodskap #4473 is 'n antwoord op boodskap #4469] So, 26 Maart 2006 09:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ekke dink (wat 'n verandering) dat "mens" solank 'n alternatiewe
nuusgroep moet stig - en dan selektief per epos ouens inlig.
Wat my veral geplae het was nie soseer Laudahn nie, maar die
kruispossers. En hulle het, soos ek kan sien, nie juis verminder nie.
Nuwe groep [boodskap #4479 is 'n antwoord op boodskap #4473] So, 26 Maart 2006 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jonas, dis 'n goeie idee om 'n ander groep te stig. Ek stel voor ons doen
dit op Yahoo. Daar het mens volle beheer oor wie jy wil toelaat op die
groep, en ongewenste individue die deur te wys. Jy het ook die opsie om elke
boodskap per email te ontvang. Skryf gerus privaat vir my (almal is welkom)
om dit verder te bespreek. Dan kan ons op 'n naam besluit vir die groep.
Alwyn

"Jonas" > Ekke dink (wat 'n verandering) dat "mens" solank 'n alternatiewe
> nuusgroep moet stig - en dan selektief per epos ouens inlig.
> Wat my veral geplae het was nie soseer Laudahn nie, maar die
> kruispossers. En hulle het, soos ek kan sien, nie juis verminder nie.
>
Re: Nuwe groep [boodskap #4480 is 'n antwoord op boodskap #4479] So, 26 Maart 2006 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 26 Mar 2006 20:08:45 +0800, "Alwyn Nel" wrote:

dit op Yahoo. Daar het mens volle beheer oor wie jy wil toelaat op die [/color]
> groep, en ongewenste individue die deur te wys. Jy het ook die opsie om elke
> boodskap per email te ontvang. Skryf gerus privaat vir my (almal is welkom)
> om dit verder te bespreek. Dan kan ons op 'n naam besluit vir die groep.
> Alwyn>>

Dan is jy terug by die e-mail groups.

Wie beheer op Yahoo wie "toegelaat" word?
Re: Nuwe groep [boodskap #4481 is 'n antwoord op boodskap #4480] So, 26 Maart 2006 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hi Ferdi,

Dit hoef nie noodwendig net email te wees nie. Jy kan dit op die web ook
lees indien jy verkies om dit nie per email te ontvang nie. Solank jy net 'n
geldige email address het - wat dit ookal dit mag wees. Die moderators van
'n groep besluit wie toegelaat word. Iemand stig die groep, en daardie
persoon word dan beskou as die "lys eienaar". Die lys eienaar stel
moderators aan, wat volmag het om die groep te beheer en settings te
verander, die lot. Die enigste ding wat 'n moderator NIE kan doen nie, is om
die nuusgroep te delete. Slegs die "eienaar" mag dit doen. Eienaarskap is
oordaagbaar na enige ander persoon toe. Dit werk puik hoor, ek dink dis die
moeiete werd om dit immers net te probeer. Stel 'n naam voor vir die groep,
ek sal hom stig op Yahoo en dan kan iemand anders eienaarskap oorneem, en
moderators aanstel.
Alwyn.


> Alwyn: ons doen[/color]
>> dit op Yahoo. Daar het mens volle beheer oor wie jy wil toelaat op die
>> groep, en ongewenste individue die deur te wys. Jy het ook die opsie om
>> elke
>> boodskap per email te ontvang. Skryf gerus privaat vir my (almal is
>> welkom)
>> om dit verder te bespreek. Dan kan ons op 'n naam besluit vir die groep.
>> Alwyn>>
>
> "Ferdi Greyling": Dan is jy terug by die e-mail groups.
>
> Wie beheer op Yahoo wie "toegelaat" word?
>
>
>
Re: Nuwe groep [boodskap #4483 is 'n antwoord op boodskap #4481] So, 26 Maart 2006 15:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek verstaan nie die ding nie. Verstaan gladnie. :)
Daar is seker net sowat 200 aktiewe Afrikaanse deelnemers op die hele
Internet, en daar is alreeds 50+ Afrikaanse Yahoo groepe waarin die
alreeds klein groepie nog verder verdeel is. Waarom sluit Jonas en
vriende dan nie maar eerder aan by KVK of Rosi se Netvriende nie? AL
hulle pals is tog alreeds daar?
I juz dount gettit...juz dount...
:)
Re: Nuwe groep [boodskap #4484 is 'n antwoord op boodskap #4483] So, 26 Maart 2006 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jy het 'n punt Katryn, jy het 'n punt...
Alwyn

"Katryn" wrote in message
news:l2bd22529kvr10mm7cqbklc0gae2e2hq82@4ax.com...
> Ek verstaan nie die ding nie. Verstaan gladnie. :)
> Daar is seker net sowat 200 aktiewe Afrikaanse deelnemers op die hele
> Internet, en daar is alreeds 50+ Afrikaanse Yahoo groepe waarin die
> alreeds klein groepie nog verder verdeel is. Waarom sluit Jonas en
> vriende dan nie maar eerder aan by KVK of Rosi se Netvriende nie? AL
> hulle pals is tog alreeds daar?
> I juz dount gettit...juz dount...
> :)
>
Re: Nuwe groep [boodskap #4499 is 'n antwoord op boodskap #4484] Ma, 27 Maart 2006 12:52 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ekke stem saam. Ons moet nie oorboord gaan nie.
Kom ons kyk hoe werk dit hier uit.
Vorige onderwerp: Namibië blom!
Volgende onderwerp: Nou is ek bly maar verbaas!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 08:31:21 MGT 2024