Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kanada en wiskunde
Kanada en wiskunde [boodskap #44032] Wo, 13 Junie 2001 09:31 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

...en die SA skoolstelsel.

My kinders het 'n maatjie wat eintlik van kanada af kom. Sy en haar ma
het egter die afgelope dekade in SA gebly. Die kind het dus in SA
(Johannesburg) begin skoolgaan. Laerskool en tot einde van graad 8
(std 6).
Toe gaan hulle begin vanjaar terug Kanada toe.
Die kind het dus begin vanjaar in Kanada begin skoolgaan in die
ekwivalente graad.
Die vrou rapporteer die volgende.
Die kind is redelik voor met wiskunde. Sy hoef tot nou toe nie veel te
gedoen het nie, Alles reeds in SA gedoen.
Sy is egter agter met wetenskap en moes opvang.
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44035 is 'n antwoord op boodskap #44032] Wo, 13 Junie 2001 10:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit is baie interresant Ferdi. Die prentjie wat vir ons geskilder word is
die teenoorgestelde. Dat die Suid-Afrikaanse sillabus vér agter die res van
die wêreld is. Nou moet ek darem by sê, jy vergelyk ons net met Kanada, wat
darem nie vir almal van ons die middelpunt is van die heelal nie. :-)))

Alle grappies op 'n stokkie, dis goed om dit te hoor.
Sakkie

skryf in boodskap news:3b2931fc.5856569@news.is.co.za...
>
> ...en die SA skoolstelsel.
>
> My kinders het 'n maatjie wat eintlik van kanada af kom. Sy en haar ma
> het egter die afgelope dekade in SA gebly. Die kind het dus in SA
> (Johannesburg) begin skoolgaan. Laerskool en tot einde van graad 8
> (std 6).
> Toe gaan hulle begin vanjaar terug Kanada toe.
> Die kind het dus begin vanjaar in Kanada begin skoolgaan in die
> ekwivalente graad.
> Die vrou rapporteer die volgende.
> Die kind is redelik voor met wiskunde. Sy hoef tot nou toe nie veel te
> gedoen het nie, Alles reeds in SA gedoen.
> Sy is egter agter met wetenskap en moes opvang.
>
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44073 is 'n antwoord op boodskap #44032] Wo, 13 Junie 2001 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
(Ferdi Greyling) skryf in boodskap news:...
> ...en die SA skoolstelsel.
>
> My kinders het 'n maatjie wat eintlik van kanada af kom. Sy en haar ma
> het egter die afgelope dekade in SA gebly. Die kind het dus in SA
> (Johannesburg) begin skoolgaan. Laerskool en tot einde van graad 8
> (std 6).
> Toe gaan hulle begin vanjaar terug Kanada toe.
> Die kind het dus begin vanjaar in Kanada begin skoolgaan in die
> ekwivalente graad.
> Die vrou rapporteer die volgende.
> Die kind is redelik voor met wiskunde. Sy hoef tot nou toe nie veel te
> gedoen het nie, Alles reeds in SA gedoen.
> Sy is egter agter met wetenskap en moes opvang.

Ferdi,

Weet jy of evolusie al opgeneem is in die sillabus van wetenskap? Dit
was een ding wat ek nie regtig kon begryp nie, hoekom het ek nooit
iets van evolusie gehoor toe ek op skool was nie (en nogal al my vakke
op hoer graad)... Die enigste ding wat ek gehoor het is dat evolusie
se ons kom van die ape.
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44079 is 'n antwoord op boodskap #44032] Wo, 13 Junie 2001 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On 13 Jun 2001 07:11:31 -0700, ober...@yahoo.com (Gottlieb) wrote:

Weet jy of evolusie al opgeneem is in die sillabus van wetenskap?
Dit
> was een ding wat ek nie regtig kon begryp nie, hoekom het ek nooit
> iets van evolusie gehoor toe ek op skool was nie (en nogal al my vakke
> op hoer graad)... Die enigste ding wat ek gehoor het is dat evolusie
> se ons kom van die ape.

Ek weet net wat my kinders leer - std 7 en 8.
Die een in std 8 neem nie biologie nie, mjaar wetenskap - golwe,
elektrisiteit, chemie ens. Ek vermoed evolusie sal eerder in wetenskap
wees?

Die laerskool waar hulle was (ons ken nog 'n onderwyseres daar) vat
die klasse op uitstappies na Sterkfontein en dan word evolusie
bespreek, so ek neem aan dit is deel daarvan.

Waaaaay back to ek op skool was het ons dit ook nie geleer nie.
Wat my de moer in gemaak het is dat ons ook nooit iets van
dinosaurusse geleer het nie. Toe my kinders deur die dino-fase gegaan
het, het ek dit vir die eerste keer saam met hulle geleer en dit
moerse geniet.

Ek het ook gewonder hoekom ons dit nie geleer het nie. Ek kon net
dink: As jy dinosaurusse leer, leer jy evolusie. En as jy evolusie
leer, leer jy dat alle mense gelyk is. Bad idea op die hoogtepunt van
apartheid, veronderstel ek.
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44083 is 'n antwoord op boodskap #44032] Wo, 13 Junie 2001 16:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ferdi Greyling wrote:

> ...en die SA skoolstelsel.
>
> Die kind is redelik voor met wiskunde. Sy hoef tot nou toe nie veel te
> gedoen het nie, Alles reeds in SA gedoen.
> Sy is egter agter met wetenskap en moes opvang.

En ek wonder hoe "agter" sy is. Dis seker maar netspesifieke projekte wat
sy nie gedoen het nie. In
watter provinsie is sy nou woonagtig?

Gloudina
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44127 is 'n antwoord op boodskap #44035] Do, 14 Junie 2001 02:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afro Ozzie  is tans af-lyn  Afro Ozzie
Boodskappe: 37
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
"Sakkie" skryf in boodskap news:3b273b3e$0$224@hades.is.co.za...
> Dit is baie interresant Ferdi. Die prentjie wat vir ons geskilder word is
> die teenoorgestelde. Dat die Suid-Afrikaanse sillabus vér agter die res van
> die wêreld is. Nou moet ek darem by sê, jy vergelyk ons net met Kanada, wat
> darem nie vir almal van ons die middelpunt is van die heelal nie. :-)))

My kinders was beslis voor die Australiese kinders in die staat skool
sisteem. Die privaat skole (GPS Skole ME & B sal weet waarvan ek praat) is
egter baie nader aan die SA standaard.
Groete
A Ozzie
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44204 is 'n antwoord op boodskap #44083] Do, 14 Junie 2001 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Wed, 13 Jun 2001 16:57:58 GMT, @home.com wrote:

> Die kind is redelik voor met wiskunde. Sy hoef tot nou toe nie
veel te
>> gedoen het nie, Alles reeds in SA gedoen.
>> Sy is egter agter met wetenskap en moes opvang.
>
> En ek wonder hoe "agter" sy is. Dis seker maar netspesifieke projekte wat
> sy nie gedoen het nie. In
> watter provinsie is sy nou woonagtig?

Sover ek verstaan is dit net 'n geval van hulle het reeds goed verlede
jaar gedoen wat sy nog nie gedoen het nie.
Dit kan 'n funksie wees van hoe die skole hier en daar gestruktureer
is.
In die skool waar sy was (in SA) het hulle algemene wetenskap in std 7
gedoen en begin in std 8 met kleiner en dieper fokusse. M.a.w.
"wetenskap" begin eintlik met spoed in std 8 en sy is einde std 7 weg
in Jhb.

Hulle is in Quebec.
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44209 is 'n antwoord op boodskap #44204] Do, 14 Junie 2001 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ferdi Greyling wrote:

> Dit kan 'n funksie wees van hoe die skole hier en daar gestruktureer
> is.
>
> Hulle is in Quebec.

Quebec is nogal een van die provinsies wat gewoonlikbeter score as sommige van
die ander provinsies.
Interessant is die poging in Ontario op die oomblik om
tot 'n twaalf jaar skoolgang oor te gaan, nadat dit omtrent
drie of vier dekades gelede dertien skooljare ingevoer het.
Daar was, en is nog vir sommige, 'n grade 13. Hulle het
egter oor die jare gevind dat mense in ander provinsies
wat net 12 skooljare het, dieselfde programme kan klaar
maak as wat hulle in dertien doen. (Alhoewel darem met
'n bietjie verryking.) In Quebec het hulle 'n ander stelsel,
maar ook met dertien skooljare. Jy gaan tot grade 11 na
die gewone skole , en neem dan GCEP vir die laaste twee.
As jy dan byvoorbeeld na McGill gaan, doen jy jou BA
in drie jaar, in plaas van vier. Dieselfde was glo veronderstel
om in Ontario te gebeur, maar ek het nog net van een
universiteit gehoor waar dit die geval is.

Gloudina
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44400 is 'n antwoord op boodskap #44032] Sa, 16 Junie 2001 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Een "anecdotal" data punt is nie genoeg om enige "statistically significant"
gevolgtrekkings van te maak nie. Boonop is ouers tipies geneig om te glo
dat hulle eie kinders die slimste en oulikste is...

skryf in boodskap news:3b2931fc.5856569@news.is.co.za...
>
> ...en die SA skoolstelsel.
>
> My kinders het 'n maatjie wat eintlik van kanada af kom. Sy en haar ma
> het egter die afgelope dekade in SA gebly. Die kind het dus in SA
> (Johannesburg) begin skoolgaan. Laerskool en tot einde van graad 8
> (std 6).
> Toe gaan hulle begin vanjaar terug Kanada toe.
> Die kind het dus begin vanjaar in Kanada begin skoolgaan in die
> ekwivalente graad.
> Die vrou rapporteer die volgende.
> Die kind is redelik voor met wiskunde. Sy hoef tot nou toe nie veel te
> gedoen het nie, Alles reeds in SA gedoen.
> Sy is egter agter met wetenskap en moes opvang.
>
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44666 is 'n antwoord op boodskap #44400] Di, 19 Junie 2001 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jan wrote:
>
> Een "anecdotal" data punt is nie genoeg om enige "statistically significant"
> gevolgtrekkings van te maak nie. Boonop is ouers tipies geneig om te glo
> dat hulle eie kinders die slimste en oulikste is...

Daar is natuurlik Hoerskole op die plateland waar nie een matrikulant
deurgekom het nie - nog 'n verlore geslag. Ek glo nie Oz of 'O Canada'
sal dit eintlik toelaat om te gebeur nie!
Hoerskole op die plateland [boodskap #44677 is 'n antwoord op boodskap #44666] Wo, 20 Junie 2001 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lou : Daar is natuurlik Hoerskole op die plateland waar nie een matrikulant
deurgekom het nie

Wouter: Dis treurig as niemand deur(kom) nie.
Hulle het seker nie goeie skole vir hoere in die plateland nie?
Dalk omdat die "disc jockeys" die hoere probeer touwys :-) maak?
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44683 is 'n antwoord op boodskap #44032] Wo, 20 Junie 2001 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Sat, 16 Jun 2001 14:19:02 GMT, "Jan" wrote:

> Een "anecdotal" data punt is nie genoeg om enige "statistically significant"
> gevolgtrekkings van te maak nie.

Ek het bloot gepos wat ek eerstehand gehoor het.

Maar onthou jou reel wat jy hierbo gestel het. Leef self daarmee.
Re: Hoerskole op die plateland [boodskap #44684 is 'n antwoord op boodskap #44677] Wo, 20 Junie 2001 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Jun 2001 12:21:06 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Lou : Daar is natuurlik Hoerskole op die plateland waar nie een matrikulant
> deurgekom het nie
>
> Wouter: Dis treurig as niemand deur(kom) nie.
> Hulle het seker nie goeie skole vir hoere in die plateland nie?
> Dalk omdat die "disc jockeys" die hoere probeer touwys :-) maak?
>

Dan bied die hoerskool iets heel anders aan as matrikulasie - nie
dat daar veel verskil is nie want met 'n matrikulasie sertifikaat sal
hulle ook maar onder moet begin.

DD
Re: Hoerskole op die plateland [boodskap #44716 is 'n antwoord op boodskap #44677] Wo, 20 Junie 2001 20:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Whoosh! Klink soos die grappies wat hulle op die tipe skole maak - jy
kom dalk van so 'n hoërskool nie??
^
Jammer hoor - my intelligensie is seker te hoog om jou grappie te snap -
of was jy die plate joggie :}

Wouter Plaasvark wrote:
>
> Lou : Daar is natuurlik Hoerskole op die plateland waar nie een matrikulant
> deurgekom het nie
>
> Wouter: Dis treurig as niemand deur(kom) nie.
> Hulle het seker nie goeie skole vir hoere in die plateland nie?
> Dalk omdat die "disc jockeys" die hoere probeer touwys :-) maak?
Re: Hoerskole op die plateland [boodskap #44768 is 'n antwoord op boodskap #44716] Do, 21 Junie 2001 16:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter: Op die platteland kry jy plattelanders.
Maar in 'n plateland seker mense wat plate speel?
Hoop dis nie steeds te laag vir jou intelligensie nie :-)

Lou skryf in boodskap news:3B31055B.5C5C1B96@lous.zzn.com...
Whoosh! Klink soos die grappies wat hulle op die tipe skole maak
- jy kom dalk van so 'n hoërskool nie??
^
Jammer hoor - my intelligensie is seker te hoog om jou grappie
te snap - of was jy die plate joggie :}

Wouter Plaasvark wrote:

> Lou : Daar is natuurlik Hoerskole op die plateland waar nie een matrikulant
> deurgekom het nie
>
> Wouter: Dis treurig as niemand (deur)kom nie.
> Hulle het seker nie goeie skole vir hoere in die plateland nie?
> Dalk omdat die "disc jockeys" die hoere probeer touwys :-) maak?
Re: Hoerskole op die plateland [boodskap #44786 is 'n antwoord op boodskap #44677] Do, 21 Junie 2001 21:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter: Op die platteland kry jy plattelanders.
> Maar in 'n plateland seker mense wat plate speel?
> Hoop dis nie steeds te laag vir jou intelligensie nie :-)

Danielle:
So, wat sal mens dan 'n platespeler noem wat van die platteland af
kom, en daarvan hou om met plate te speel, en ook plate in die
hoerskool se saal gespeel het met 'n stukkende platespeler? :-))

Wouter:
Dalk 'n plattelandsehoerskoolsaalplatespeler?
Of 'n neutgeval (nut case)?
Re: Hoerskole op die plateland [boodskap #44828 is 'n antwoord op boodskap #44677] Vr, 22 Junie 2001 09:44 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
'n Platteplaatjie;))))
Annette

Danielle skryf in boodskap news:72q4jt0o43cuhpbkndvvvl0h2l6strkj4v@4ax.com...
> On Thu, 21 Jun 2001 18:10:57 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>> Wouter: Op die platteland kry jy plattelanders.
>> Maar in 'n plateland seker mense wat plate speel?
>> Hoop dis nie steeds te laag vir jou intelligensie nie :-)
>
> So, wat sal mens dan 'n platespeler noem wat van die platteland af
> kom, en daarvan hou om met plate te speel, en ook plate in die
> hoerskool se saal gespeel het met 'n stukkende platespeler? :-))
>
Vorige onderwerp: UCT, AZT & HIV
Volgende onderwerp: Die langste dag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 05:52:24 MGT 2024