Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "die miskruier" deur BREYTEN BREYTENBACH
"die miskruier" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #44654] Di, 19 Junie 2001 15:16
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

die miskruier
Breyten Breytenbach

Het een van u al ooit 'n wit tor gesien?

Ek ook nie

Maar dis 'n verskriklike dier
Soos 'n sendeling in Afrika
Met sonhelm en donkerbril

Wit torre woon in ligte kamers: kamoeflage
En skarrel klonte son teen die muur
Op,
Oppas die wit tor dra sy angel/flessie gif

Hou my dop, kyk ook
Elke aand sorgvuldig onder u bed
Vorige onderwerp: "Winterpad" deur ANDRÉ LE TOIT
Volgende onderwerp: "Die son sak weg" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 15:31:01 MGT 2024