Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: chutney
Re: chutney [boodskap #44441] So, 17 Junie 2001 11:49 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou maar baie geluk met jou raairesep!!:)))
Gisteraand was een van die geregte Volstruisbobotie. Die mense wat dit
gehad, het gesê dit was baie lekker.
Annette

Danielle skryf in boodskap news:nkjoit8iuipck155bi7ct7h0u6h0kv643t@4ax.com...
> On Sun, 17 Jun 2001 08:23:12 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ons wag vir Danielle om ons te vertel van haar rosyntjieblatjang met 'n vae
>> mangosmaak:))))
>
> LOL!! Ek sien nou eers Ernest se antwoord. :-)
>
> Nee, ek het toe jou appelkoos ene gemaak. Ongelukkig het ek nie die
> geduld gehad om presies 100 appelkose af te tel nie, toe gooi ek
> sommer net 2 pakkies in die water om te ontdroog. En toe sê jou resep
> ook net 1 bottel asyn. Nou ja...hoe groot moes hierdie bottel nou
> wees? En hoe bruin moes hierdie asyn nou wees? Toe besluit ek maar
> om alles so middel langs te probeer. Middelgrootte bottel effe bruin
> wynasyn. Ek het ook nes Sakkie gese het, nie teveel geroer nie.
> Dit proe lekker. Dankie weereens Annette! More (netnou) maak ek
> bobotie met geelrys en rosyne, sambals en appelkoos blatjang.
>
Re: chutney [boodskap #44468 is 'n antwoord op boodskap #44441] So, 17 Junie 2001 18:03 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, nog blykbaar heelhuids, en selfs die personeel is nie in Stikland
opgeneem nie;)))

Ek het mos vir elkeen van my gaste 'n briefie by hul sitplek gelos, waarin
ek hulle vertel het dat gewone mense ook by die restaurant gaan opdaag, so
ons kan nie op die tafels dans nie, en enige gevryery moet onder die tafels
plaasvind:))))

Die partytjie was by Encore - die restaurant verbonde aan die Tygerberg
Technikon se hotelskool.
Wat veral belangrik is, is dat die plek regoor Panorama medi-kliniek geleë
is:)))))
Annette

Danielle skryf in boodskap news:1bhpitsh0k0v90p6sdbutmc4i47p7vjqr8@4ax.com...
> On Sun, 17 Jun 2001 13:49:12 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Nou maar baie geluk met jou raairesep!!:)))
>
> Dankie!! My man wou hom doodlag toe hy by die huis kom, en my sien
> botteltjies volmaak met "funny looking stuff". As jy my ken, sal jy
> weet hoekom hy gelag het. Nou gaan ek nog etikette ook maak om op die
> botteltjies te plak - Annette se SCSAA raairesep met appelkose. :-)))
>
>> Gisteraand was een van die geregte Volstruisbobotie. Die mense wat dit
>> gehad, het gesê dit was baie lekker.
>
> Klink asof jy 'n heerlike partytjie gehad het!!! :-)) Bestaan die
> restaurant nog nadat julle daar weg is? :-)))
>
Vorige onderwerp: LitNet
Volgende onderwerp: vandag se Rapport
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 17:36:00 MGT 2024