Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die "Waarom Matesis" toespraak
Die "Waarom Matesis" toespraak [boodskap #44251] Do, 14 Junie 2001 22:04
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Simon wrote:

> Aanhalings uit Verwoerd se September 1953 "waarom
> matesis" toespraak in die Volksraad.

Dankie Simon, dat jy ons weer daaraan herinner het. Somssit ek in 'n dokter se
spreekkamer en lees 'n tydskrif, en vind
na 'n rukkie uit dat die ding al tien of vyftien jaar oud is en dan
lees mens artikels van voor die val van die Berlynse Muur, en dan
kry jy so 'n snaakse gevoel in jou maag, want dis asof jy
heldersiend is en wéét wat gaan gebeur, terwyl die mens wat die
artikel geskryf het voorspellings maak wat nie bewaarheid geword
het nie. Ek kry dieselfde gevoel as ek Verwoerd se toespraak lees.
Laat hom maar praat van hoe onnodig dit is om vir elke swart skoolkind
goed op te lei, hoe dit hulle dan so gefrustreerd sal maak in 'n
maatskappy waarin hulle nie kan inpas nie. Ek weet dat hulle
gefrustreerd was, en uiteindelik die juk afgegooi het. Ék weet dat
Stella Sicqau later 'n minister in Mandela se regering geword het.
Ék weet dat Pius Langa later op die hoogste hof van die land gedien
het. Ék weet dat Samuel Zondi, die slimste mathematical whiz wat ek
nog ooit ontmoet het, nou hoof is van 'n College, waar sy twee Ph.D's
vir hom goed te pas kom.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: Frans of Fransien: Kies wie jy wil sien
Volgende onderwerp: Sakkie? Help asseblief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 24 11:49:33 MGT 2024