Goudprys (was Ekonomiese . . Hondswaai) [boodskap #43806] |
Ma, 11 Junie 2001 16:47 |
plaasvark
Boodskappe: 200 Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina: Ja, waar is die dae van die $ 800 dollars per ons vir goud.
Wouter: In die verlede, ongelukkig ;-(
G: Waarom is goudpryse deesdae so aanhoudend vlak? Is dit
asof goud nie werklik meer 'n beskermwapen is teen inflasie nie.
W: Goud het sy inflasiebeskermingstatus verloor, ja. Die eerstewêreldlande
is nie meer bekommerd oor inflasie nie. Goud is 'n kommoditeit, net soos
graan en varkpense (ja, varkpense is 'n genoteerde kommoditeit, die
kommoditeitshandelaars het geen respek vir 'n plaasvark nie) en die prys
word suiwer deur vraag en aanbod bepaal. Slegs as die VSA weer inflasie sou
verdra sal goud weer behoorlike beleggingswaarde kry en dit is omtrent so
waarskynlik as dat die Pous sy kerkverband sal verander.
G :En hoekom verkoop Engeland byvoorbeeld sommer kort
kort van hul goud reserwes? Word dit uit die mode om goud-
reserwes te hê?
W: Ja, dis uit die mode. Goud is steeds 'n monetêre bate, maar dollars is
ook. En op laasgenoemde verdien jy rente sonder die tradisionele groot
risiko dat inflasie dit sal laat kwyn . Dit is dus 'n onemosionele besluit
om goud vir dollars, sterling of euros te verkoop.
|
|
|
Re: Goudprys (was Ekonomiese . . Hondswaai) [boodskap #43810 is 'n antwoord op boodskap #43806] |
Ma, 11 Junie 2001 17:16 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Goud is 'n kommoditeit, net soos
> graan en varkpense (ja, varkpense is 'n genoteerde kommoditeit,
Ja, hier noem hulle dit "pork bellies" wanneer hulle dit uitsaai.Nou vra ek jou
met trane in my oë, waarvoor gebruik hulle al
die porkbellies? Om sult te maak? (Ek dink sult is head cheese
in Noord-Amerika, maar ek mag verkeerd wees.)
Gloudina
|
|
|
Re: Goudprys (was Ekonomiese . . Hondswaai) [boodskap #43819 is 'n antwoord op boodskap #43806] |
Ma, 11 Junie 2001 18:12 |
Annette
Boodskappe: 11114 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek weet ook van beleggings in Pork Bellies - het dit in daardie Eddie Murphy
fliek
gesien:)))
Annette
Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:9g2sp8$61c$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Gloudina: Ja, waar is die dae van die $ 800 dollars per ons vir goud.
>
> Wouter: In die verlede, ongelukkig ;-(
>
> G: Waarom is goudpryse deesdae so aanhoudend vlak? Is dit
> asof goud nie werklik meer 'n beskermwapen is teen inflasie nie.
>
> W: Goud het sy inflasiebeskermingstatus verloor, ja. Die eerstewêreldlande
> is nie meer bekommerd oor inflasie nie. Goud is 'n kommoditeit, net soos
> graan en varkpense (ja, varkpense is 'n genoteerde kommoditeit, die
> kommoditeitshandelaars het geen respek vir 'n plaasvark nie) en die prys
> word suiwer deur vraag en aanbod bepaal. Slegs as die VSA weer inflasie sou
> verdra sal goud weer behoorlike beleggingswaarde kry en dit is omtrent so
> waarskynlik as dat die Pous sy kerkverband sal verander.
>
> G :En hoekom verkoop Engeland byvoorbeeld sommer kort
> kort van hul goud reserwes? Word dit uit die mode om goud-
> reserwes te hê?
>
> W: Ja, dis uit die mode. Goud is steeds 'n monetêre bate, maar dollars is
> ook. En op laasgenoemde verdien jy rente sonder die tradisionele groot
> risiko dat inflasie dit sal laat kwyn . Dit is dus 'n onemosionele besluit
> om goud vir dollars, sterling of euros te verkoop.
>
|
|
|
Re: Goudprys (was Ekonomiese . . Hondswaai) [boodskap #43837 is 'n antwoord op boodskap #43806] |
Ma, 11 Junie 2001 21:39 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
Die eerstewêreldlande is nie meer bekommerd oor inflasie nie.
As ek reg onthou, is julle rentekoerse in SA nog taamlik
hoog in vergelyking met wat ons s'n is. Hoekom sal dit
wees?
Ons rentekoerse is die laagste wat dit nog was vir omtrent
twee dekades.
Gloudina
|
|
|
Re: Goudprys (was Ekonomiese . . Hondswaai) [boodskap #43860 is 'n antwoord op boodskap #43806] |
Di, 12 Junie 2001 07:00 |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina: Rentekoerse aan ander lande buite die amerikaanse invloedsfeer is
hoog weens die risiko:
In die VSA/Kanada leen ryk amerikaners/Kanadese geld uit aan ander
Amerikaners/Kanadese. In Afrika leen ons geld by daardie einste ryk
Amerikaner/Kanadees, maar vir hom is die risiko in Afrika net soveel groter,
dus sal die rentekoers van die lenings ook hoër wees.
In 1997 was die gemiddelde bankkoers in Kanada so om en by 6 - 7 %, terwyl
dit hier by ons tussen 17 - 19% was. Later het dit selfs to 22-24% gestyg.
Nou's dit darem weer hier so tussen12 - 14%, afhangende van jou skuld
profiel by die bank.
Thys oppie Skuldbos...
skryf in boodskap news:3B253B4A.6E78F71@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:
Die eerstewêreldlande is nie meer bekommerd oor inflasie nie.
As ek reg onthou, is julle rentekoerse in SA nog taamlik
hoog in vergelyking met wat ons s'n is. Hoekom sal dit
wees?
Ons rentekoerse is die laagste wat dit nog was vir omtrent
twee dekades.
|
|
|
Rentekoerse [boodskap #43872 is 'n antwoord op boodskap #43860] |
Di, 12 Junie 2001 08:28 |
plaasvark
Boodskappe: 200 Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wouter
Jy is reg oor die risiko, Thys. Die grootste risiko vir 'n buitelandse
belegger is natuurlik dat die Rand kan devalueer teen die alternatiewe. En
as ons inflasie hoër is as die alternatiewe, is dit ongeveer gewaarborg.
Maar was daardie 24% rentekoers nie reeds voor 1997 nie?
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9g4em0$22lg$1@news.adamastor.ac.za...
Gloudina: Rentekoerse aan ander lande buite die amerikaanse invloedsfeer is
hoog weens die risiko:
In die VSA/Kanada leen ryk amerikaners/Kanadese geld uit aan ander
Amerikaners/Kanadese. In Afrika leen ons geld by daardie einste ryk
Amerikaner/Kanadees, maar vir hom is die risiko in Afrika net soveel groter,
dus sal die rentekoers van die lenings ook hoër wees.
In 1997 was die gemiddelde bankkoers in Kanada so om en by 6 - 7 %, terwyl
dit hier by ons tussen 17 - 19% was. Later het dit selfs to 22-24% gestyg.
Nou's dit darem weer hier so tussen12 - 14%, afhangende van jou skuld
profiel by die bank.
Thys oppie Skuldbos...
skryf in boodskap news:3B253B4A.6E78F71@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:
Die eerstewêreldlande is nie meer bekommerd oor inflasie nie.
As ek reg onthou, is julle rentekoerse in SA nog taamlik
hoog in vergelyking met wat ons s'n is. Hoekom sal dit
wees?
Ons rentekoerse is die laagste wat dit nog was vir omtrent
twee dekades.
|
|
|
Re: Goudprys (was Ekonomiese . . Hondswaai) [boodskap #43904 is 'n antwoord op boodskap #43806] |
Di, 12 Junie 2001 11:52 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Thys de Wet wrote:
> Gloudina: Rentekoerse aan ander lande buite die amerikaanse invloedsfeer is
> hoog weens die risiko:
> In die VSA/Kanada leen ryk amerikaners/Kanadese geld uit aan ander
> Amerikaners/Kanadese. In Afrika leen ons geld by daardie einste ryk
> Amerikaner/Kanadees, maar vir hom is die risiko in Afrika net soveel groter,
> dus sal die rentekoers van die lenings ook hoër wees.
Dankie Thys, vir die verduideliking. Maar hier in Kanada moet
ons altyd ons rentekoerse hoër hou as die Amerikaners, vir
dieselfde rede. Maar darem net so effentjies hoër.
Gloudina
|
|
|