Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies Vir: Dag en/of datum van groen lig
Toekoms Advies Vir: Dag en/of datum van groen lig [boodskap #43838] Ma, 11 Junie 2001 21:46
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, insluitend
Individue, Organisasies, en Regerings, wat deel neem aan die Afrika Renaissance,
en veral die ANC gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Veral vir die volgende: Deursettingsvermoë en vasberadenheid. Die
menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staatsdepartemente en die
Private Sektor, ten bate van miv+/vigs navorsing in ons Paradys, en elders op
die Planeet. Holistiese benadering vir die rol van die immuun stelsel, aangaande
'n geneesmiddel vir miv+/vigs. Miv+/vigs advertensie veldtog. Verskaffing van
miv+/vigs medisyne. Algemeen beskou as die beste benadering om miv+/vigs te
bestry, soos hierbo vermeld. Voordelige multi-kulturele ondersteuning
inisiatiewe. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en
Suid Afrika Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons
Paradys, die Afrika Kontinent, en elders op die Planeet. En nog baie meer. By
voorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed van die Persone
van ons Paradys, en elders op die Planeet, asemrowend te verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel
ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is,
en / of te verander na vrye wil.

Wil graag voorstel om Planetêre ontmoetings te verhoog, met Regerings
organisasies, asook ondersteunende organisasies, en die Media. Om die berekening
te verhoog van die presiese dag/datum en/of week, waar van toepassing, vir die
groen lig wat hier aangevra word te verskyn, indien enigsins moontlik. Om
verkieslik deur die daaglikse Media in gekodeerde vorm gegee te word. Om meer
effektiewe beplanning van tyd asook bydraes te verhoog op die persoonlike vlak.
By voorbaat baie dankie. Dit sal inniglik waardeer word.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral wanneer President Mbeki
die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance 'n kwantum sprong vorentoe
neem, omtrent Junie 2000 en/of net daarna. President Mbeki kan suksesse behaal
in die Suid Afrika Renaissance herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika
Renaissance deelneem. En dit die sukses maak wat dit verdien om te wees. 'n
Ekonomiese bloei tydperk kan verwag word. Nadat gereedheid bereik is in die
verband deur die aanwys van 'n groen lig te lewer, soos aangevra. Ten voordeel
van alle betrokke partye.

Na die aanwys van die groen lig:

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Meer effektiewe ondersteuning om die suksesse van die Afrika en Suid Afrika
Renaissancis te verhoog, kan asemrowend verhoog word.
Meer effektiewe ondersteuning aan beleid reëls van die ANC kan asemrowend
verhoog word.
Meer ondersteunende verhoudinge kan asemrowend verhoog word.

Ekonomieë, en potensiële ekonomieë kan asemrowend verhoog word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
Die Planetêre Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n beter
wêreld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 22e Eeu d.m.v. grootheid,
goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal vir een. Word
'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar almal gelukkig
is en bevry is van pyn en leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van ons
Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook Profytvol
Vorentoe, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier geuiter word, is dit a.g.v.
'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer dit raakgesien is.
Apologie word nou al aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

('n Bydrae aangaande miv+/vigs is ook in die pyplyn. Om gelewer te word nadat
navorsing in die verband voltooi is.)
Vorige onderwerp: "DIGITAL DIARY"
Volgende onderwerp: Viva Vavi!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 20:53:39 MGT 2024