Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Idaho
Idaho [boodskap #4373] So, 18 Julie 2004 19:56 na volgende boodskap
N7470  is tans af-lyn  N7470
Boodskappe: 39
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hi daar,

Wel, ek is terug van Idao. The scenery is asemrowend. Ons is via Hell's
Canyon na Yellow Pine Idaho, waar ons 4 dag trippie na Noordelike Idaho
being het. Bietjie trivia - Hell's Canyon, op die Idaho Oregon grens, is
net noord van die Snake River Canyon, wat Evil Knievel met sy motorfiets
oorgespring het. Yellow Pine het twee pubs, en een klein winkeltjie -
dis dit. Almal in Yellow Pine dra gewere, blykbaar as beskerming teen
die bere en mountain lions?

Die staat is pragtig. My prentjie van Idaho was nog altyd groot oop
velde gevul met aartappel plase, en ek kon nie verder van die
werklikheid gewees het nie. Die Sawtooth mountains is pargig en ons
roete het ons via twee spoor kronkelpaadjies deur die berge en oor
pragtige heldeskoon forel strome geneem.

Ons het nie in baie dorpies gekom nie, maar die waarin ons was was klein
plekkies in die backwaters. By een winkel was daar 'n groot plakaat
"Earth Firsters not welcome in this establishment". 'n Standaard
dekorasie was ook die kitch American Eagle wat 'n traan stort teen die
brandende WTC torings in agtergrond, met die onderskrif "We shall not
forget". Ek kan nie help om aan Tretchikoff te dink as ek daai poster
sien nie. Hierdie dekorasie is in baie gevalle aangevul met 'n
veskeidenheid "We support our troops" plakate.

Die mense in die dorpies is vreeslik vriendelik, en was altyd
hulpvaardig as ons aanwysings gevra het. Dis veral goed om te weet
inaggenome hoe stowwerig en vuil ons baie kere was as ons by die dorpies
se uithangplek ingestrompel het.

Ek hoop om volgende jaar weer bietjie "exploring" in daardie wereld te
gaan doen.

Eugene
Re: Idaho [boodskap #4379 is 'n antwoord op boodskap #4373] Wo, 28 Julie 2004 22:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
N7470 skryf in boodskap news:...
[knip]
> Ons het nie in baie dorpies gekom nie, maar die waarin ons was was klein
> plekkies in die backwaters. By een winkel was daar 'n groot plakaat
> "Earth Firsters not welcome in this establishment". 'n Standaard
> dekorasie was ook die kitch American Eagle wat 'n traan stort teen die
> brandende WTC torings in agtergrond, met die onderskrif "We shall not
> forget". Ek kan nie help om aan Tretchikoff te dink as ek daai poster
> sien nie. Hierdie dekorasie is in baie gevalle aangevul met 'n
> veskeidenheid "We support our troops" plakate.

Eugene, ek sien hierdie boodskap nou eers (my nuusleser het om een of
ander rede opgegee met al die afrikaanse nuusgroepe..) so ek pos vanaf
google. Ek het jou beskrywing baie geniet, ek was nog nooit in die VSA
nie. Maar ek moet vra, wat is 'n Earth Firster?

Lorinda
Re: Idaho [boodskap #4382 is 'n antwoord op boodskap #4379] Do, 05 Augustus 2004 04:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
N7470  is tans af-lyn  N7470
Boodskappe: 39
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
Lorinda wrote:
> N7470 skryf in boodskap news:...
> [knip]
>
>> Ons het nie in baie dorpies gekom nie, maar die waarin ons was was klein
>> plekkies in die backwaters. By een winkel was daar 'n groot plakaat
>> "Earth Firsters not welcome in this establishment". 'n Standaard
>> dekorasie was ook die kitch American Eagle wat 'n traan stort teen die
>> brandende WTC torings in agtergrond, met die onderskrif "We shall not
>> forget". Ek kan nie help om aan Tretchikoff te dink as ek daai poster
>> sien nie. Hierdie dekorasie is in baie gevalle aangevul met 'n
>> veskeidenheid "We support our troops" plakate.
>
>
> Eugene, ek sien hierdie boodskap nou eers (my nuusleser het om een of
> ander rede opgegee met al die afrikaanse nuusgroepe..) so ek pos vanaf
> google. Ek het jou beskrywing baie geniet, ek was nog nooit in die VSA
> nie. Maar ek moet vra, wat is 'n Earth Firster?
>
> Lorinda
Lorinda,

Dit verwys na 'n greenie, tree hugger, of watter "slang" ookal daar in
jou geweste na persoon verwys wat veg vir die beskerming van natuurllike
habitat (dink Greenpeace). Dit was ook die eerste keer wat ek die term
"Earth Firster" gehoor het, en dis dalk 'n plaaslike Idaho'ism.

Eugene
Re: Idaho [boodskap #4383 is 'n antwoord op boodskap #4382] Vr, 06 Augustus 2004 10:59 Na vorige boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
N7470 skryf in boodskap news:...
>
> Dit verwys na 'n greenie, tree hugger, of watter "slang" ookal daar in
> jou geweste na persoon verwys wat veg vir die beskerming van natuurllike
> habitat (dink Greenpeace). Dit was ook die eerste keer wat ek die term
> "Earth Firster" gehoor het, en dis dalk 'n plaaslike Idaho'ism.
>
> Eugene

Een so 'n groep was juis onlangs in die nuus hier, die Lobster
Liberation Front wat in Dorset kreef vissers se bote verwoes en die
krewe bevry het..Hulle gaan glo eersdaags op restaurante toeslaan.

Lorinda
Vorige onderwerp: Grondkwessie: Namibia
Volgende onderwerp: Nog Kase sneuwel in Nam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 23:46:21 MGT 2024