Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Kaap en dinge
Die Kaap en dinge [boodskap #43117] Vr, 01 Junie 2001 00:49 na volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kytie Koekblik Column
Kytie Koekblik

Aangesien ons so lekker oor die Kaap en dinge gesels, dog ek hierdie
artikel van Kytie Koekblik is heel gepas.

'n Weeklikse artikel by http://www.rsa-overseas.com/weekly

(Mens kan haar artikels ook op Litnet kry)
------------------------------------------------------------ --------------------

Washington D.C. - In die Kompanjies tuin in die Kaap, neem daar 'n
nuwe bruidjie en haar gevolg troufotos.

Die gevolg bestaan uit 'n horde kleiner "bruidjies", sommige in wit
koepelrokke en ander in goudgeel, elke bruidjie met 'n bruidegom in 'n
strikdas aan haar sy. Die heel kleinste bruidegommetjie staan vir geen
foto stil nie,hy hardloop agter eekhorings en seemeeue en alke of
duiwe of die een of ander voels aan, en ek kan al imagine hoe gaan
daai klein strikdas en swart suitjie aan die ander kant uitkom.

Die goudgeel bruidjies, dra parmantige skewe hoedjies en daai soort
Emma Thompson rokke, kort lyfies met lang uitklok rompe.

Op die bankie langs my sit 'n paartjie uit Wes-Afrika wat Frans praat
met hulle dogtertjie. Die kind voer die seemeeue tjips. Die voels
kloek om haar saam, die een meer gierig as die ander. Hulle duik op
die dingetjie af en verskrik haar naderhand heeltemal.

Die son loer oor die Berg, en ons almal het so 'n geel glans daar in
die kompanjiestuin teen die wit Kaap-Hollandse museums.

Dis mos die mooiste herfs op 'n sonskyndag in Kaapstad.

Ek hoor aksente uit die Flats, uit Bo-Kaap, klapklanke, Frans en ek
sit daar en dink in my moedertaal in my moederstad met ma en pa langs
my op die bankie.

'n Man met 'n moviese sak spookasem stap verby.

Candy flos, candy flos, roep hy. Hy stap verby ons drietjies op die
bank, glimlag oopmond en vra, "Spoekasem? Spoekasem?"

Iewers toring ou Rhodes uit bo die bome, en Smuts sit met 'n klomp
duiwe op sy skouers en neus en hou wag oor die glansende reenboog-lot
daar in die Kompanjiestuin.

"Hier is darem maar geskiedenis" sug my ma.

"Ons het destyds in daai hotelletjies gebly," se my pa.

Twee boemelkinders stap verby die geel bruide in hulle lang rokke.
"Daai rokke is mos vannie eeue," lag die een. "Daai rokke kom yttie ou
eeu."

Dis 'n nuwe eeu innie Kaap, dit kan 'n mens sien, sommerso met die
eerste oogopslag.

'n Nuwe eeu in Suid-Afrika.

Saterdag-aand ry ons met die N7 deur na die nuwe dobbelpaleis, die
Grand West waar die Goodwood skougronde destyds was.

Voor die ingange wag rye karre, tipiese rykmans karre geparkeer langs
tipiese taxis.

Ons kom almal saamdobbel. By die Grand West se blinknuwe ysskaatsbaan,
die Kaap se Ice Station, is 'n mengelmoes mense van alle kleure en
klasse.

Dis net blink ligte en uithangborde en jy stap in daai casino in en jy
weet, djy's in Suid-Afrika want jy hoor net Suid-Afrikaanse Engels en
Afrikaans deurmekruis.

Ons het 'n ver pad gekom.

Ek was so trots daarop om myself Capetonian te noem. In ons "liberale"
Washington bly ek in 'n spierwit neighbourhood. Selfs in die Malls en
op die lughawe in Washington en JFK, is die meeste passengers 'n bleek
kleur, want die wittes het nogsteeds die meeste geld en bly in die
rykste suburbs.

Cool, dink ek met my gewone dosis idealisme, ons is in die rainbow
capital. Ek is die rainbownation.

Maar dalk is dit in elk geval bo blink, onder stink? Ons loop almal in
dieselfde malls rond en hang in die Grand West en in die
Kompanjiestuin uit, maar ons praat nog nie met mekaar nie?

Die Afrikaners kloek in elk geval nogsteeds saam. Elke liewe gesprek
word gesout en peper met politiek en verwysings na "Mbeki en sy
trawante."

As die klompie tee drink, praat al die tannies van "ons blankes" en
die "swart regering", en daar word altyd gepraat van "hulle" in die
derde persoon. Die "hulle" is "geensins dom" nie, maar besef "hulle
dan nou nie apartheid is verby nie."

Ek wil net gil: Tannie, solank as wat jy so praat en so dink, kan
apartheid nie verby wees nie.

'n Mens sou sweer hulle kry salarisse om te kla. Dit terwyl niks nog
vir hulle verander het sedert ons smooth transition tot demokrasie
nie.

Hulle het steeds oggendtees, sommige is steeds huisvroue, hulle bly
steeds in die mees affluent suburbs en hang Saterdag-oggende in die
Malls rond, al verskil is nou dat die Malls multi-racial is.

Dis steeds die lekkerste lewe in die Kaap, behalwe dat jy nou dalk die
victim of crime kan word - dis nou die nuwe ding na die "klipgooiery
en onluste" van die ou SA opgehou het.

Maar ook nie meer vir lank nie - ons het mos nou karguards in die nuwe
SA wat die crime 'n nekslag toedien sonder voortande...

Voor die kompanjiestuin sit ons plankdun karguard sonder haar twee
voortande en glimlag.

"Menier, sien 'ie wiele is nog hie, die ryte issie gabriek nie en niks
is afgesteelie," lag sy.

Ten minste kan ons darem saam lag, al kla die tannies.

EK weet nie of die tannies dink omdat ek dieselfde kleur as hulle is,
sit ons om dieselfde politieke vuurtjie nie. Dit pis my regtig af as
ek mense hoor praat oor "swartes" en "wittes." Of "hulle" en "ons."

EK wil nie geassosieer word met "ons blankes" nie, ek wil veral nie
geassosieer word met die tannies wat praat van omgekeerde rassisme
terwyl hulleself so undercover rassisties is nie.

"Moes hulle nou goed afbrand?" vra die tannie rooi in die gesig tydens
'n gesprek wat ons terugneem tot in die konsentrasiekampe. "Hulle het
nog nie geleer dat 'n mens niks verniet kry nie. Nou soek hulle
verniet huise. Ons moes daarvoor werk."

"En wat van die plaasmoorde?" vra 'n ander.

"Ons bly darem maar lekker hier, dis nou net jammer dis nie so veilig
nie," se 'n ander.

Daar is maar bitter min plekke in hierdie wereld waar'n mens altyd
heeltemal veilig is, dink ek. Behalwe miskien in Kuba waar die polisie
die Kubane met valk-oe dophou - in 'n policestate is jy veilig. Sonder
jou freedom.

Ons het 'n ver pad gekom, en ons het 'n lang pad om te loop. Dit help
nie om jou te verbeel jy is 'n nuwe SA liberal wat gekant is teen
menseregte violations nie. Dit help nie om nice te wees met jou
bediende nie.

Dis tyd om na jou attitudes te gaan kyk; om te kyk na djou Taalgebruik
, om op te hou met "hulle" en "ons" - 'n mens kan nie al wat wit en
swart is oor dieselfde kam skeer nie en ons moet ophou om in
generalizations te dink. Dis tyd om op te hou kla en jouself te vra of
jy al 'n bydrae gemaak het vir die nuwe SA, en of jy maar net soos
altyd sit en wag vir 'n jop wat jy nie gaan kry nie omdat jou wit vel
nie meer vir jou 'n jop gaan waarborg nie; dis ook dit tyd om vir
jouself te vra of JY verander het, enigsins, soos wat jy verwag van al
die onderdruktes om te verander en opppressors te vergewe.

Wat solank as wat jy deep down dink jy is eintlik 'n member van die
een of ander superieure ras aan die voet van Afrika, dan gaan jy
swaarkry.

En dan is jy en Hitler maar eintlik net twee kante van dieselfde coin.

Kytie K.

Kytie Koekblik would like you to respond to her tongue-in-cheek
running commentary on suburban life in America in this editorial.
Fresh off the boat, she is ready to explore and experiment with
American bath plugs and to drive on the other side of the road.

You can contact her here. ga...@rsa-overseas.com of repo...@erols.com

© RSA-Overseas & Matheson Communications

Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43153 is 'n antwoord op boodskap #43117] Vr, 01 Junie 2001 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien Kytie Koekblik se punt goed in. Ek het al self 'n paar keer skeef
opgekyk oor kommentaar en ék word beskou as redelik regs. Die groter
probleem is dat ons wel verskillend is en daarmee sê ek nie een is beter as
die ander nie, net veskillend. Dit maak nie saak hoe 'n mens daarna kyk
nie, as twee groepe mense, of diere "for that matter", bymekaar geforseer
word, gaan daar moelikheid wees en 'n mens moet jouself blind staar teen
idiologië as jy dit nie kan insien nie. Dit druis in teen die mees basiesie
instink van mens en dier, OORLEWING. Belfast(honderde jare al), New York,
London, Isreal(duisende jare al), die lys strek oneindig lank deur die
geskiedenis. Wanneer gaan iemand met gesag opstaan en sê: "Ons ís
verskillend, nie beter nie. Hoe gaan ons maak om saam te lewe sonder om
mekaar te probeer uitroei."
('n driftige)Sakkie

"Danielle" skryf in boodskap news:a9pdhtcme9tnigt01vmv4l3odb2dvdvilm@4ax.com...
> Kytie Koekblik Column
> Kytie Koekblik
>
>
> Aangesien ons so lekker oor die Kaap en dinge gesels, dog ek hierdie
> artikel van Kytie Koekblik is heel gepas.
>
> 'n Weeklikse artikel by http://www.rsa-overseas.com/weekly
>
> (Mens kan haar artikels ook op Litnet kry)
> ------------------------------------------------------------ -------------- ------
>
> Washington D.C. - In die Kompanjies tuin in die Kaap, neem daar 'n
> nuwe bruidjie en haar gevolg troufotos.
> (snip-snip-snip)
> Ons het 'n ver pad gekom.
>
> Ek was so trots daarop om myself Capetonian te noem. In ons "liberale"
> Washington bly ek in 'n spierwit neighbourhood. Selfs in die Malls en
> op die lughawe in Washington en JFK, is die meeste passengers 'n bleek
> kleur, want die wittes het nogsteeds die meeste geld en bly in die
> rykste suburbs.
>
> Cool, dink ek met my gewone dosis idealisme, ons is in die rainbow
> capital. Ek is die rainbownation.
>
> Maar dalk is dit in elk geval bo blink, onder stink? Ons loop almal in
> dieselfde malls rond en hang in die Grand West en in die
> Kompanjiestuin uit, maar ons praat nog nie met mekaar nie?
>
(snip-snip)
Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43165 is 'n antwoord op boodskap #43153] Vr, 01 Junie 2001 11:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sak Sakkie:)))
Ek stem saam met wat jy sê, saam leef en respek vir mekaar se sienswyse en
tradisie hê is tog beter as om te wil oorheers ten alle koste.
My probleem met Kytie Koekblik is, is dat sy met ander oë na ons wil kyk as
na die res van die ou wêreld. Bo en behalwe dat sy haar in die verkeerde
geselskap bevind van skinderende tannies wat in die verlede wil bly
voortleef:)))
Vra maar vir die Belge of die Kanadese hoe goed hulle geredelik meng, of
nooit snedige aanmerkings teenoor mekaar maak nie.
Ek is seker ons almal hier kom met ander mense in aanraking, ongeag ras,
taal of kleur, en jy soek die geselskap op van diegene met wie jy aanklank
vind.
Annette.

Sakkie wrote in message ...
> Ek sien Kytie Koekblik se punt goed in. Ek het al self 'n paar keer skeef
> opgekyk oor kommentaar en ék word beskou as redelik regs. Die groter
> probleem is dat ons wel verskillend is en daarmee sê ek nie een is beter as
> die ander nie, net veskillend. Dit maak nie saak hoe 'n mens daarna kyk
> nie, as twee groepe mense, of diere "for that matter", bymekaar geforseer
> word, gaan daar moelikheid wees en 'n mens moet jouself blind staar teen
> idiologië as jy dit nie kan insien nie. Dit druis in teen die mees basiesie
> instink van mens en dier, OORLEWING. Belfast(honderde jare al), New York,
> London, Isreal(duisende jare al), die lys strek oneindig lank deur die
> geskiedenis. Wanneer gaan iemand met gesag opstaan en sê: "Ons ís
> verskillend, nie beter nie. Hoe gaan ons maak om saam te lewe sonder om
> mekaar te probeer uitroei."
> ('n driftige)Sakkie
>
>
> "Danielle" wrote in message
> news:a9pdhtcme9tnigt01vmv4l3odb2dvdvilm@4ax.com...
>> Kytie Koekblik Column
>> Kytie Koekblik


>> Aangesien ons so lekker oor die Kaap en dinge gesels, dog ek hierdie
>> artikel van Kytie Koekblik is heel gepas.

>> 'n Weeklikse artikel by http://www.rsa-overseas.com/weekly

>> (Mens kan haar artikels ook op Litnet kry)
>> ------------------------------------------------------------ -------------
-
> ------

>> Washington D.C. - In die Kompanjies tuin in die Kaap, neem daar 'n
>> nuwe bruidjie en haar gevolg troufotos.

> (snip-snip-snip)
>> Ons het 'n ver pad gekom.

>> Ek was so trots daarop om myself Capetonian te noem. In ons "liberale"
>> Washington bly ek in 'n spierwit neighbourhood. Selfs in die Malls en
>> op die lughawe in Washington en JFK, is die meeste passengers 'n bleek
>> kleur, want die wittes het nogsteeds die meeste geld en bly in die
>> rykste suburbs.

>> Cool, dink ek met my gewone dosis idealisme, ons is in die rainbow
>> capital. Ek is die rainbownation.

>> Maar dalk is dit in elk geval bo blink, onder stink? Ons loop almal in
>> dieselfde malls rond en hang in die Grand West en in die
>> Kompanjiestuin uit, maar ons praat nog nie met mekaar nie?

> (snip-snip)
>
Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43174 is 'n antwoord op boodskap #43165] Vr, 01 Junie 2001 12:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek voel klaar baie beter Annette. Ek het 'n wye (Kaapse?) draai gaan loop
en 'n paar keer diep asem gehaal.
Sakkie

"Annette" skryf in boodskap news:9f7v9h$23s$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Sak Sakkie:)))
> Ek stem saam met wat jy sê, saam leef en respek vir mekaar se sienswyse en
> tradisie hê is tog beter as om te wil oorheers ten alle koste.
> My probleem met Kytie Koekblik is, is dat sy met ander oë na ons wil kyk as
> na die res van die ou wêreld. Bo en behalwe dat sy haar in die verkeerde
> geselskap bevind van skinderende tannies wat in die verlede wil bly
> voortleef:)))
> Vra maar vir die Belge of die Kanadese hoe goed hulle geredelik meng, of
> nooit snedige aanmerkings teenoor mekaar maak nie.
> Ek is seker ons almal hier kom met ander mense in aanraking, ongeag ras,
> taal of kleur, en jy soek die geselskap op van diegene met wie jy aanklank
> vind.
> Annette.
>
> Sakkie wrote in message ...
>> Ek sien Kytie Koekblik se punt goed in. Ek het al self 'n paar keer
skeef
(Snip-snip)
Wanneer gaan iemand met gesag opstaan en sê: "Ons ís
>> verskillend, nie beter nie. Hoe gaan ons maak om saam te lewe sonder om
>> mekaar te probeer uitroei."
>> ('n driftige)Sakkie
>>
>>
>> "Danielle" wrote in message
>> news:a9pdhtcme9tnigt01vmv4l3odb2dvdvilm@4ax.com...
>>> Kytie Koekblik Column
>>> Kytie Koekblik
>
>
>>> Aangesien ons so lekker oor die Kaap en dinge gesels, dog ek hierdie
>>> artikel van Kytie Koekblik is heel gepas.
>
>>> 'n Weeklikse artikel by http://www.rsa-overseas.com/weekly
>
>>> (Mens kan haar artikels ook op Litnet kry)
>
>> ------------------------------------------------------------ -------------
> -
>> ------
>
>>> Washington D.C. - In die Kompanjies tuin in die Kaap, neem daar 'n
>>> nuwe bruidjie en haar gevolg troufotos.
>
>> (snip-snip-snip)
>>> Ons het 'n ver pad gekom.
>
>>> Ek was so trots daarop om myself Capetonian te noem. In ons "liberale"
>>> Washington bly ek in 'n spierwit neighbourhood. Selfs in die Malls en
>>> op die lughawe in Washington en JFK, is die meeste passengers 'n bleek
>>> kleur, want die wittes het nogsteeds die meeste geld en bly in die
>>> rykste suburbs.
>
>>> Cool, dink ek met my gewone dosis idealisme, ons is in die rainbow
>>> capital. Ek is die rainbownation.
>
>>> Maar dalk is dit in elk geval bo blink, onder stink? Ons loop almal in
>>> dieselfde malls rond en hang in die Grand West en in die
>>> Kompanjiestuin uit, maar ons praat nog nie met mekaar nie?
>
>> (snip-snip)
>>
>
Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43286 is 'n antwoord op boodskap #43117] Ma, 04 Junie 2001 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Driftig is 'n baie sagte woord. Hoog die donner in is nader aan die
waarheid. Ek is lankal gatvol vir idiote soos Kytie Koekblik en almal wat
haar standpunt ondersteun wat alweer alle Afrikaners oor een kam skeer. Ek
wonder hoe de hel het ons 'n meerderheid "JA" stemme gehad as die oorgrote
meerderheid blankes nie "JA" gestem het nie. Behoort dit nie te beteken dat
die oorgrote meerderheid van blankes VIR demokrasie gestem het nie. Net
omdat ons wit is, en nog die voorbarigheid kan hê om nog in Afrika te bly,
moet ons nou rassiste wees. Se moer man!! Miskien moet Kytie Koekblik 'n
nuwe nuusgroep begin. Iets soos
" soc.culture.idiotes.ass-holes.imbeciles.fools.morons.anti-wh ites ". Ek sal
vreeslik graag haar antwoord op haar opmerkings wat geredelik deur almal
aanvaar word. Sy behoort mos te weet. Sy kom dan daar vandaan. As een van
julle weet wie sy is, stuur haar asseblief die boodskap. Sê haar ook dat
die CO in my e-pos addres is omgedraai vir anti-spam. Ek dink nie iemand
soos sy sal dit kan uitwerk nie. Daar's nie genoeg tussen die ore nie, of
enige ander plek nie. Sê ook sommer vir haar waaroor gaan die "JA" hierbo
genoem. Dink nie haar geheue sal so vér terug gaan nie!!!!!!

(Nou moet ek eers weer 'n wye draai gaan loop en baie diep asem haal)

(Snip-Snip)

> Wag - ek gaan later op hierdie stukkie antwoord. Moenie so driftig
> raak nie Sakkie!! :-)
>
Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43314 is 'n antwoord op boodskap #43286] Di, 05 Junie 2001 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wil om verskoning vra die vorige pos. My uitbarsting was seker ongevraagd.
Die lont is maar kort op die beste van tye en as iemand in my
teenwoordigheid Afrikaners beskryf as tipiese dikgat ouommies en outannies
met kappies op die kop en 'n "m--d" in die kombuis en 'n "k----r" in die
tuin om al die vuil werk te doen wat nie by 'n "witmens" pas nie, soek hy,
sy, dit, moeilikheid. Niks op jou gemik nie Danielle. Ons het meer mense
soos jy nodig in die buiteland wat 'n beter idee het van wat werklik hier
aangaan en hoekom.

Kyk nou hoe draai ons nou al vér in die politiek. As 'n ou so terugkyk in
die Afrikaner geskiedenis kan stry, baklei, ens. seker ook maar gesien word
as deel van ons kultuur???

(SNI-I-I-P)
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43316 is 'n antwoord op boodskap #43314] Di, 05 Junie 2001 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> . mense
> wat 'n beter idee het van wat werklik hier
> aangaan en hoekom.
>

Jaaa, ou Sakkie. Maar jy moet onthou dat jou uitdrukking
"wat werklik hier aangaan" 'n kodewoord is vir 'n sekere
soort, gewoonlik wit, Suid-Afrikaner wat sit en mope oor
alles wat nou nie meer volgens sy sin gebeur nie. As mens
nou dieselfde "wat werklik hier aangaan" uit die mond van
'n swart jong man hoor wat vir die eerste plek kan studeer
waar hy wil en vir werk aansoek doen wat sy ouers nooit
kon doen nie, dan het die frase "wat werklik hier aangaan"
'n heel ander betekenis. Selfs as mens na Patricia de Lille
luister en haar aanvalle op die ANC, dan sien jy 'n nie-blanke
in 'n posisie van mag ( as leier van 'n politieke party - iets wat
sy as swart vrou nooit toegelaat was in die ou regime nie), en
jy sien vrye spraak (iets wat in die vorige diktatorskap nooit
toegelaat was nie.) So hierdie mense wat so na Patricia de Lille
se uitsprake verwys as stawing van "wat werklik hier aangaan,"
sien nie die ware beeld nie - 'n VROU uiteindelik in 'n magsposisie,
'n opposisie leier wat haar werk doen om die regerende party te
kritiseer, net soos dit in elke werkende Britse-tipe demokrasie
behoort te gebeur, en net soos dit in die Amerikaanse tipe
demokrasie gebeur.

Gloudina
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43320 is 'n antwoord op boodskap #43314] Di, 05 Junie 2001 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Gloudina, jy las altyd onder aan 'n boodskap en dit maak seker sin,
want dit is tog hoe 'n gesprek loop. Ek verkies om bo aan te las want dan
sien ek die nuwe geskrewe sonder om af te "scroll".

Jy veralgemeen alweer Gloudina, ek is gek oor Patricia. Al skree sy so af
en toe "One-settler-one-bullet". Ek moet sê ek het haar lanklaas hoor
uitvaar teen wittes. Sy't nou 'n nuwe teiken. Ten minste kan sy die
regering erg kritiseer sonder dat dit afgeskryf word as stuiptrekkings uit
die "apartheid regime".

skryf in boodskap news:3B1CE56D.4E2A3E48@home.com...
> Sakkie wrote:
>
>> . mense
>> wat 'n beter idee het van wat werklik hier
>> aangaan en hoekom.
>>
>
> Jaaa, ou Sakkie. Maar jy moet onthou dat jou uitdrukking
> "wat werklik hier aangaan" 'n kodewoord is vir 'n sekere
> soort, gewoonlik wit, Suid-Afrikaner wat sit en mope oor
> alles wat nou nie meer volgens sy sin gebeur nie. As mens
> nou dieselfde "wat werklik hier aangaan" uit die mond van
> 'n swart jong man hoor wat vir die eerste plek kan studeer
> waar hy wil en vir werk aansoek doen wat sy ouers nooit
> kon doen nie, dan het die frase "wat werklik hier aangaan"
> 'n heel ander betekenis. Selfs as mens na Patricia de Lille
> luister en haar aanvalle op die ANC, dan sien jy 'n nie-blanke
> in 'n posisie van mag ( as leier van 'n politieke party - iets wat
> sy as swart vrou nooit toegelaat was in die ou regime nie), en
> jy sien vrye spraak (iets wat in die vorige diktatorskap nooit
> toegelaat was nie.) So hierdie mense wat so na Patricia de Lille
> se uitsprake verwys as stawing van "wat werklik hier aangaan,"
> sien nie die ware beeld nie - 'n VROU uiteindelik in 'n magsposisie,
> 'n opposisie leier wat haar werk doen om die regerende party te
> kritiseer, net soos dit in elke werkende Britse-tipe demokrasie
> behoort te gebeur, en net soos dit in die Amerikaanse tipe
> demokrasie gebeur.
>
> Gloudina
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43371 is 'n antwoord op boodskap #43314] Wo, 06 Junie 2001 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Net vir mense wat dinge heeltemal te ingewikkeld wil maak. Ek is heeltemal
te vlak en plat op die grond om in kodes te praat. Met my is dit letterlik
"WYSIWYG", en 'n appel bly 'n appel, behalwe as ons van miere en sprinkane
praat.

skryf in boodskap news:3B1CE56D.4E2A3E48@home.com...
> Sakkie wrote:
>
>> . mense
>> wat 'n beter idee het van wat werklik hier
>> aangaan en hoekom.
>>
>
> Jaaa, ou Sakkie. Maar jy moet onthou dat jou uitdrukking
> "wat werklik hier aangaan" 'n kodewoord is vir 'n sekere
> soort, gewoonlik wit, Suid-Afrikaner wat sit en mope oor
> alles wat nou nie meer volgens sy sin gebeur nie.
> (Snip-snip)
> Gloudina
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43374 is 'n antwoord op boodskap #43314] Wo, 06 Junie 2001 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Net vir mense wat dinge heeltemal te ingewikkeld wil maak. Ek is heeltemal
> te vlak en plat op die grond om in kodes te praat.
> behalwe as ons van miere en sprinkane
> praat.

Presies. Jaaa, die miere en sprinkane, né. En dis so lekker omdie witmense af
te maak as die miere en die swart bevolking van
SA as die sprinkane, TEN SPYTE van die feit dat dit nog altyd
hulle is wat die goud uit die aarde bring, die vloere skrop, die
vullis optel, soos hulle nog al die jare gedoen het sedert die setlaars
uit Europa begin dink het dat dit is wat die plaaslike bevolking
veronderstel is om te doen. Die vader sy gedank, uiteindelik kan
hulle ook presidente en ministers word. Elke mier kry sy dag.

Gloudina

>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43376 is 'n antwoord op boodskap #43314] Wo, 06 Junie 2001 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3B1E1281.5C4E32A1@home.com...
Sakkie wrote:

> Net vir mense wat dinge heeltemal te ingewikkeld wil maak. Ek is heeltemal
> te vlak en plat op die grond om in kodes te praat.
> behalwe as ons van miere en sprinkane
> praat.

Presies. Jaaa, die miere en sprinkane, né. En dis so lekker omdie witmense
af
te maak as die miere en die swart bevolking van
SA as die sprinkane, TEN SPYTE van die feit dat dit nog altyd
hulle is wat die goud uit die aarde bring, ......

(( Dis nou as hulle nie toi-toi of staak nie, en 'n ou kyk maar verby die
blankes wat net so hard saam met hulle in die myne werk en maar net so vuil
is aan die einde van die skof. ))

die vloere skrop,....

(( Duidelik lanklaas hier in 'n hospitaal gewees né. Verf wat van die mure
af klim, laasweek se bloedspatsels wat op die vloere rondlê. Maar miskien
is dit omdat daar nou soveel blankes is wat ook vloere help skoon hou dat
die plekke nie skoon gehou kan word nie. ))

vullis optel,.....

(( òptel!!! Wanneer laas het jy deur 'n tipiese swart woonbuurt gery.
Hulle tel seker alles op in die blanke gebiede en gaan strooi dit weer in
hulle eie areas. Ek gaan nie voorstel dat jy my opvat op die een en deur
een van die areas gaan ry nie. Ek het laasjaar suid van Duduza gery, die
kliprivier pad, en 'n klip deur my syruit gekry. Ek was tot in die vroeë
oggendure by 'n oogspesialis om die glasstukke uit my vrou se oë uit te kry.
Sy sukkel nou nog met sig probleme. Maar dis mos haar verdiende loon
Gloudina, hoe durf sy wit wees en die vermetelheid hê om in Afrika te
ees. ))

soos hulle nog al die jare gedoen het sedert die setlaars
uit Europa begin dink het dat dit is wat die plaaslike bevolking
veronderstel is om te doen. Die vader sy gedank, uiteindelik kan
hulle ook presidente en ministers word.

(( Hier moet ek met jou saamstem Gloudina. Al wat baie jammer is, is dat
die mense (sien, ek het nie gesê sprinkane nie) nie die nodige kennis en
ondervinding het om die poste reg aan te laat geskied nie. Dankie tog vir
Trevor Manual. ))

Elke mier kry sy dag.

(( Ek hou van die een Gloudina, dit het my breed laat glimlag ))

Gloudina

>
Moet tog nie so met een oog kyk nie Gloudina. Elke storie het drie kante.
Dit geld sterk in ons land. Die regses se standpunte, die linkses en
Gloudina se standpunte en natuurlik die waarheid.

Word dit darem al bietjie warmer in Kanada. Ek kry nie altyd kans om na die
internasionale weer te kyk nie.
Groetnis
Sakkie
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43380 is 'n antwoord op boodskap #43314] Wo, 06 Junie 2001 17:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Al wat baie jammer is, is dat
> die mense (sien, ek het nie gesê sprinkane nie) nie die nodige kennis en
> ondervinding het om die poste reg aan te laat geskied nie. Dankie tog vir
> Trevor Manual. ))

En jy kan natuurlik nie sien dat jy teenstrydighede verkondig nie.Jy praat van
"die mense" wat nie die nodige kennis en ondervinding
het om ministers te wees nie, en in dieselfde asem prys jy vir Trevor
Manuel, en - ek is seker - as jy gedruk word, sal jy moet toegee
dat daar ook ander goeie ministers is wat nie wit is nie. En vertel
nou vir my, Sakkie, hoeveel van daardie apartheids-ministers was
nou so vreeslik baie goed? Moenie dat ek vir jou hulle name begin
opnoem nie. Ek het ook persoonlike ondervinding van die een man
(nou al dood, al is hy jonger as ek) wat, ek is seker, die opstande
in Soweto veroorsaak het deur die Afrikaans-onderrig beleid deur
te forseer het. Het hy nou so baie ondervinding gehad? En toe begin
hy, denkende dat hy nou kaatjie van die baan is, die hele intefada
wat gelei het tot die einde van die diktatorskap wat daar in SA
bedryf is vir die nut van die witman en die lyding van die nie-
blanke meerderheid in SA.

Gloudina

>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43381 is 'n antwoord op boodskap #43314] Wo, 06 Junie 2001 17:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Word dit darem al bietjie warmer in Kanada. Ek kry nie altyd kans om na die
> internasionale weer te kyk nie.

Ja, dis natuurlik nou laat-lente, amper somer. Maar ons weer bly
meestal koelerig en bewolk. Wat nie altyd 'n slegte ding is nie.
Ek haat die somers in Noord-Amerika.

Gloudina
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43405 is 'n antwoord op boodskap #43314] Do, 07 Junie 2001 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3B1E6D79.A1796712@home.com...
> Sakkie wrote:
>
>> Word dit darem al bietjie warmer in Kanada. Ek kry nie altyd kans om na die
>> internasionale weer te kyk nie.
>
> Ja, dis natuurlik nou laat-lente, amper somer. Maar ons weer bly
> meestal koelerig en bewolk. Wat nie altyd 'n slegte ding is nie.
> Ek haat die somers in Noord-Amerika.
>
> Gloudina
>
Ek sou gereken het dat dit andersom moet wees. Kanada lê mos vér genoeg
noord om nie te ongemaklik te raak in die somer nie.

Sakkie
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43407 is 'n antwoord op boodskap #43314] Do, 07 Junie 2001 08:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Poppie luister hierna, jy sal baie trots wees op jou leerling.

Gloudina, hoekom "agree-to-disagree" ons nie. Op daai manier hoef ek jou
nie te vertel dat ek nooit iets bereik het omdat ek wit is nie. Jy sal
natuurlik atwoord met iets soos: Die mense wat my aangestel het, het 'n
witman gesien en sou hulle my nog aangestel het as ek swart was. Ek sou weer
geantwoord het met: As ek nou swart was het ek my salaris verdubbel. Jy sou
weer 'n dwars antwoord gegee het en weet jy wat, nie een van ons sou
enigiets bereik het nie. Jy is oortuig dat alles wat die blankes in
Suid-Afrika doen en gedoen het verkeerd is en dit maak nie saak hoeveel keer
ons mekaar slegsê nie, dit gaan nie jou of my standpunte verander nie.

Wat sê jy, gaan ons bladskud daarop. As ek ooit in Kanada kom gaan ek jou
opsoek en 'n regte Kaapse Jerepicotjie saam bring om Kanada se koue op 'n
afstand te hou. Jy weet mos ons Durbaniete loop heeljaar met kortbroeke,
T-hemde en kaalvoet of plakkies.

Opregte Boeregroete (en ek bedoel dit sonder sarkasme)
Sakkie

skryf in boodskap news:3B1E6CAD.95B85AC@home.com...
Sakkie wrote:

> Al wat baie jammer is, is dat
> die mense (sien, ek het nie gesê sprinkane nie) nie die nodige kennis en
> ondervinding het om die poste reg aan te laat geskied nie. Dankie tog vir
> Trevor Manual. ))

En jy kan natuurlik nie sien dat jy teenstrydighede verkondig nie.Jy praat
van
"die mense" wat nie die nodige kennis en ondervinding
het om ministers te wees nie, en in dieselfde asem prys jy vir Trevor
Manuel, en - ek is seker - as jy gedruk word, sal jy moet toegee
dat daar ook ander goeie ministers is wat nie wit is nie. En vertel
nou vir my, Sakkie, hoeveel van daardie apartheids-ministers was
nou so vreeslik baie goed? Moenie dat ek vir jou hulle name begin
opnoem nie. Ek het ook persoonlike ondervinding van die een man
(nou al dood, al is hy jonger as ek) wat, ek is seker, die opstande
in Soweto veroorsaak het deur die Afrikaans-onderrig beleid deur
te forseer het. Het hy nou so baie ondervinding gehad? En toe begin
hy, denkende dat hy nou kaatjie van die baan is, die hele intefada
wat gelei het tot die einde van die diktatorskap wat daar in SA
bedryf is vir die nut van die witman en die lyding van die nie-
blanke meerderheid in SA.

Gloudina

>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43440 is 'n antwoord op boodskap #43314] Do, 07 Junie 2001 21:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Gloudina,
> Jy is oortuig dat alles wat die blankes in
> Suid-Afrika doen en gedoen het verkeerd is en dit maak nie saak hoeveel keer
> ons mekaar slegsê nie, dit gaan nie jou of my standpunte verander nie.

Nee, dis 'n mite wat jy verkondig, dat ek "oortuig is dat alles wat
die blankes in SA doen en gedoen het, verkeerd is." Dis een van
die mites waarmee jy jou probeer verweer teen die aanklagte van
my, 'n Afrikaner, teenoor die mense wat die Afrikaner se naam
deur die modder gesleep het. Daar was talle Afrikaners wat geveg
het vir reg en geregtigheid. Party van hulle is onder huisarres
geplaas deur 'n politieke kliek, party van hulle het in die tronk
gesterf. Party van hulle werk vandag nog vir die goed van alle
mense in SA.

Gloudina
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43463 is 'n antwoord op boodskap #43407] Do, 07 Junie 2001 23:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie, ek is opreg trots op jou. Jy verskil van Gloudina, maar jy bly
beskaafd en val haar nie persoonlik aan nie. Dit is soos grootmense
redeneer. Ek stem meeste nie saam met baie wat hier gesê word nie,
(ek is n konserwatiewe liberaal, konserwatief met geldsake en finansies, en
liberaal met menseregte en die omgewing, en ek hou nie van te veel inmenging
van die regering nie). Maar ek luister na almal se sienswyse en neem kennis
van
goed wat ek nie van weet nie.

Sela :-)

Poppie

Sakkie skryf in boodskap news:3b1f3505$0$223@hades.is.co.za...
> Poppie luister hierna, jy sal baie trots wees op jou leerling.
>
> Gloudina, hoekom "agree-to-disagree" ons nie. Op daai manier hoef ek jou
> nie te vertel dat ek nooit iets bereik het omdat ek wit is nie. Jy sal
> natuurlik atwoord met iets soos: Die mense wat my aangestel het, het 'n
> witman gesien en sou hulle my nog aangestel het as ek swart was. Ek sou weer
> geantwoord het met: As ek nou swart was het ek my salaris verdubbel. Jy sou
> weer 'n dwars antwoord gegee het en weet jy wat, nie een van ons sou
> enigiets bereik het nie. Jy is oortuig dat alles wat die blankes in
> Suid-Afrika doen en gedoen het verkeerd is en dit maak nie saak hoeveel keer
> ons mekaar slegsê nie, dit gaan nie jou of my standpunte verander nie.
>
> Wat sê jy, gaan ons bladskud daarop. As ek ooit in Kanada kom gaan ek jou
> opsoek en 'n regte Kaapse Jerepicotjie saam bring om Kanada se koue op 'n
> afstand te hou. Jy weet mos ons Durbaniete loop heeljaar met kortbroeke,
> T-hemde en kaalvoet of plakkies.
>
> Opregte Boeregroete (en ek bedoel dit sonder sarkasme)
> Sakkie
>
> skryf in boodskap news:3B1E6CAD.95B85AC@home.com...
> Sakkie wrote:
>
>> Al wat baie jammer is, is dat
>> die mense (sien, ek het nie gesê sprinkane nie) nie die nodige kennis en
>> ondervinding het om die poste reg aan te laat geskied nie. Dankie tog vir
>> Trevor Manual. ))
>
> En jy kan natuurlik nie sien dat jy teenstrydighede verkondig nie.Jy praat
> van
> "die mense" wat nie die nodige kennis en ondervinding
> het om ministers te wees nie, en in dieselfde asem prys jy vir Trevor
> Manuel, en - ek is seker - as jy gedruk word, sal jy moet toegee
> dat daar ook ander goeie ministers is wat nie wit is nie. En vertel
> nou vir my, Sakkie, hoeveel van daardie apartheids-ministers was
> nou so vreeslik baie goed? Moenie dat ek vir jou hulle name begin
> opnoem nie. Ek het ook persoonlike ondervinding van die een man
> (nou al dood, al is hy jonger as ek) wat, ek is seker, die opstande
> in Soweto veroorsaak het deur die Afrikaans-onderrig beleid deur
> te forseer het. Het hy nou so baie ondervinding gehad? En toe begin
> hy, denkende dat hy nou kaatjie van die baan is, die hele intefada
> wat gelei het tot die einde van die diktatorskap wat daar in SA
> bedryf is vir die nut van die witman en die lyding van die nie-
> blanke meerderheid in SA.
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43483 is 'n antwoord op boodskap #43314] Vr, 08 Junie 2001 04:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek hoor wat jy sê Gloudina, maar ek het, net soos Sakkie, onder dieselfde
indruk verkeer.
Wanneer was jy onder huisarres?
Annette

skryf in boodskap news:3B1FF27F.FC69D5C@home.com...
Sakkie wrote:

> Gloudina,
> Jy is oortuig dat alles wat die blankes in
> Suid-Afrika doen en gedoen het verkeerd is en dit maak nie saak hoeveel keer
> ons mekaar slegsê nie, dit gaan nie jou of my standpunte verander nie.

Nee, dis 'n mite wat jy verkondig, dat ek "oortuig is dat alles wat
die blankes in SA doen en gedoen het, verkeerd is." Dis een van
die mites waarmee jy jou probeer verweer teen die aanklagte van
my, 'n Afrikaner, teenoor die mense wat die Afrikaner se naam
deur die modder gesleep het. Daar was talle Afrikaners wat geveg
het vir reg en geregtigheid. Party van hulle is onder huisarres
geplaas deur 'n politieke kliek, party van hulle het in die tronk
gesterf. Party van hulle werk vandag nog vir die goed van alle
mense in SA.

Gloudina
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43484 is 'n antwoord op boodskap #43463] Vr, 08 Junie 2001 04:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Stem saam met jou Poppie i.v.m. Sakkie.
Net jammer dat Gloudina die hand wat na haar uitgesteek word weereens
wegklap.
Annette

poppie skryf in boodskap news:9fp2tq$l07$1@slb5.atl.mindspring.net...
> Sakkie, ek is opreg trots op jou. Jy verskil van Gloudina, maar jy bly
> beskaafd en val haar nie persoonlik aan nie. Dit is soos grootmense
> redeneer. Ek stem meeste nie saam met baie wat hier gesê word nie,
> (ek is n konserwatiewe liberaal, konserwatief met geldsake en finansies, en
> liberaal met menseregte en die omgewing, en ek hou nie van te veel inmenging
> van die regering nie). Maar ek luister na almal se sienswyse en neem kennis
> van
> goed wat ek nie van weet nie.
>
> Sela :-)
>
> Poppie
>
>
> Sakkie wrote in message
> news:3b1f3505$0$223@hades.is.co.za...
>> Poppie luister hierna, jy sal baie trots wees op jou leerling.
>>
>> Gloudina, hoekom "agree-to-disagree" ons nie. Op daai manier hoef ek jou
>> nie te vertel dat ek nooit iets bereik het omdat ek wit is nie. Jy sal
>> natuurlik atwoord met iets soos: Die mense wat my aangestel het, het 'n
>> witman gesien en sou hulle my nog aangestel het as ek swart was. Ek sou weer
>> geantwoord het met: As ek nou swart was het ek my salaris verdubbel. Jy sou
>> weer 'n dwars antwoord gegee het en weet jy wat, nie een van ons sou
>> enigiets bereik het nie. Jy is oortuig dat alles wat die blankes in
>> Suid-Afrika doen en gedoen het verkeerd is en dit maak nie saak hoeveel keer
>> ons mekaar slegsê nie, dit gaan nie jou of my standpunte verander nie.
>>
>> Wat sê jy, gaan ons bladskud daarop. As ek ooit in Kanada kom gaan ek jou
>> opsoek en 'n regte Kaapse Jerepicotjie saam bring om Kanada se koue op 'n
>> afstand te hou. Jy weet mos ons Durbaniete loop heeljaar met kortbroeke,
>> T-hemde en kaalvoet of plakkies.
>>
>> Opregte Boeregroete (en ek bedoel dit sonder sarkasme)
>> Sakkie
>>
>> skryf in boodskap news:3B1E6CAD.95B85AC@home.com...
>> Sakkie wrote:
>>
>>> Al wat baie jammer is, is dat
>>> die mense (sien, ek het nie gesê sprinkane nie) nie die nodige kennis en
>>> ondervinding het om die poste reg aan te laat geskied nie. Dankie tog vir
>>> Trevor Manual. ))
>>
>> En jy kan natuurlik nie sien dat jy teenstrydighede verkondig nie.Jy praat
>> van
>> "die mense" wat nie die nodige kennis en ondervinding
>> het om ministers te wees nie, en in dieselfde asem prys jy vir Trevor
>> Manuel, en - ek is seker - as jy gedruk word, sal jy moet toegee
>> dat daar ook ander goeie ministers is wat nie wit is nie. En vertel
>> nou vir my, Sakkie, hoeveel van daardie apartheids-ministers was
>> nou so vreeslik baie goed? Moenie dat ek vir jou hulle name begin
>> opnoem nie. Ek het ook persoonlike ondervinding van die een man
>> (nou al dood, al is hy jonger as ek) wat, ek is seker, die opstande
>> in Soweto veroorsaak het deur die Afrikaans-onderrig beleid deur
>> te forseer het. Het hy nou so baie ondervinding gehad? En toe begin
>> hy, denkende dat hy nou kaatjie van die baan is, die hele intefada
>> wat gelei het tot die einde van die diktatorskap wat daar in SA
>> bedryf is vir die nut van die witman en die lyding van die nie-
>> blanke meerderheid in SA.
>>
>> Gloudina
>>
>>>
>>>
>>
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43509 is 'n antwoord op boodskap #43484] Vr, 08 Junie 2001 09:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek gee op, Poppie, jou manier werk nie. Al wat ek nou agtergekom het is
dat ek 'n ander wang het. En Gloudina gee ook nie om om hom ook te klap
nie. (om om, o hel, nou is ek in groot moeilikheid)

Huisarres?? Seker toe haar agter-agterkleinseun help toi-toi en klipgooi
het in Sharpville.

"Annette" skryf in boodskap news:9fpl9o$5h1ae$14@ID-92016.news.dfncis.de...
> Stem saam met jou Poppie i.v.m. Sakkie.
> Net jammer dat Gloudina die hand wat na haar uitgesteek word weereens
> wegklap.
> Annette
>
> poppie wrote in message
> news:9fp2tq$l07$1@slb5.atl.mindspring.net...
>> Sakkie, ek is opreg trots op jou. Jy verskil van Gloudina, maar jy bly
>> beskaafd en val haar nie persoonlik aan nie. Dit is soos grootmense
>> redeneer. Ek stem meeste nie saam met baie wat hier gesê word nie,
>> (ek is n konserwatiewe liberaal, konserwatief met geldsake en finansies, en
>> liberaal met menseregte en die omgewing, en ek hou nie van te veel inmenging
>> van die regering nie). Maar ek luister na almal se sienswyse en neem kennis
>> van
>> goed wat ek nie van weet nie.
>>
>> Sela :-)
>>
>> Poppie
>>
>>
>> Sakkie wrote in message
>> news:3b1f3505$0$223@hades.is.co.za...
>>> Poppie luister hierna, jy sal baie trots wees op jou leerling.
>>>
>>> Gloudina, hoekom "agree-to-disagree" ons nie. Op daai manier hoef ek jou
>>> nie te vertel dat ek nooit iets bereik het omdat ek wit is nie. Jy sal
>>> natuurlik atwoord met iets soos: Die mense wat my aangestel het, het 'n
>>> witman gesien en sou hulle my nog aangestel het as ek swart was. Ek sou weer
>>> geantwoord het met: As ek nou swart was het ek my salaris verdubbel. Jy sou
>>> weer 'n dwars antwoord gegee het en weet jy wat, nie een van ons sou
>>> enigiets bereik het nie. Jy is oortuig dat alles wat die blankes in
>>> Suid-Afrika doen en gedoen het verkeerd is en dit maak nie saak hoeveel keer
>>> ons mekaar slegsê nie, dit gaan nie jou of my standpunte verander nie.
>>>
>>> Wat sê jy, gaan ons bladskud daarop. As ek ooit in Kanada kom gaan ek jou
>>> opsoek en 'n regte Kaapse Jerepicotjie saam bring om Kanada se koue op 'n
>>> afstand te hou. Jy weet mos ons Durbaniete loop heeljaar met kortbroeke,
>>> T-hemde en kaalvoet of plakkies.
>>>
>>> Opregte Boeregroete (en ek bedoel dit sonder sarkasme)
>>> Sakkie
>>>
>>> skryf in boodskap news:3B1E6CAD.95B85AC@home.com...
>>> Sakkie wrote:
>>>
>>>> Al wat baie jammer is, is dat
>>>> die mense (sien, ek het nie gesê sprinkane nie) nie die nodige kennis en
>>>> ondervinding het om die poste reg aan te laat geskied nie. Dankie tog vir
>>>> Trevor Manual. ))
>>>
>>> En jy kan natuurlik nie sien dat jy teenstrydighede verkondig nie.Jy praat
>>> van
>>> "die mense" wat nie die nodige kennis en ondervinding
>>> het om ministers te wees nie, en in dieselfde asem prys jy vir Trevor
>>> Manuel, en - ek is seker - as jy gedruk word, sal jy moet toegee
>>> dat daar ook ander goeie ministers is wat nie wit is nie. En vertel
>>> nou vir my, Sakkie, hoeveel van daardie apartheids-ministers was
>>> nou so vreeslik baie goed? Moenie dat ek vir jou hulle name begin
>>> opnoem nie. Ek het ook persoonlike ondervinding van die een man
>>> (nou al dood, al is hy jonger as ek) wat, ek is seker, die opstande
>>> in Soweto veroorsaak het deur die Afrikaans-onderrig beleid deur
>>> te forseer het. Het hy nou so baie ondervinding gehad? En toe begin
>>> hy, denkende dat hy nou kaatjie van die baan is, die hele intefada
>>> wat gelei het tot die einde van die diktatorskap wat daar in SA
>>> bedryf is vir die nut van die witman en die lyding van die nie-
>>> blanke meerderheid in SA.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>>>
>>>
>>
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43532 is 'n antwoord op boodskap #43407] Vr, 08 Junie 2001 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie
Gloudina, hoekom "agree-to-disagree" ons nie. Op daai manier hoef ek jou
nie te vertel dat ek nooit iets bereik het omdat ek wit is nie.

Wouter:
Ek is bereid om met jou ooreen te kom om hieroor te verskil, Sakkie. Blankes
was vir seker vir jare in 'n relatief bevoorregte posisie, ons kon woon waar
ons wil, skoolgaan en studeer waar ons wil en werk waar ons wil.

Ek noem een klein voorbeeldjie.
My kleurlingkollega wat nie op intellek terugstaan vir iemand in sy omgewing
nie, moes uit politieke oorwegings na UWK (kleurling-universiteit) gaan, hy
had geen keuse nie. En hy het nie dieselfde ontwikkelingsgeleentheid daar
gehad as op US of UK nie. En hy moes die vooroordele van blanke werkgewers
oorkom, ook omdat hy 'n "minderwaardige" graad by 'n "minderwaardige"
universiteit gehad het. Toe hy later kans kry om in Engeland te gaan
studeer, toe stof hy al die ander Suid-Afrikaners daar uit.

Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie, het jy
baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.

Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43540 is 'n antwoord op boodskap #43314] Vr, 08 Junie 2001 17:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie, het jy
> baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.
>
> Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie

Sê vir hom, Wouter. Maar miskien sal hy vir jou ookvertel dat jy nie weet
waarvan jy praat nie, want jy sit
op die walle van die Eerste Rivier. Die feit is: meeste
van hierdie outjies wat so kwetter, het gedurende die
apartheidstyd grootgeword, en nooit in aanraking gekom
met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes nie.

Gloudina
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43584 is 'n antwoord op boodskap #43314] Sa, 09 Junie 2001 16:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter, jy's 'n man so na my hart. Ek stem heeltemal saam met jou. Daar
was vroeër baie dinge wat heentemal verkeerd gedoen is en ek gaan dit nie
vir een oomblik probeer goed praat nie. Maar weet jy waar lê die verskil
tussen jou argument en Gloudina s'n? Jy het nie my persoon probeer aanval
nie, jy't die punt aangevat. Met mense soos jy kan ons die pad loop in ons
pragtige land. Ek hoop daai kleurling vriend van jou kom terug en help ons
bou. Ons het mense soos hy bitter nodig.

skryf in boodskap news:3B210666.DAB96290@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:

> Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie, het jy
> baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.
>
> Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie

Sê vir hom, Wouter. Maar miskien sal hy vir jou ookvertel dat jy nie weet
waarvan jy praat nie, want jy sit
op die walle van die Eerste Rivier. Die feit is: meeste
van hierdie outjies wat so kwetter, het gedurende die
apartheidstyd grootgeword, en nooit in aanraking gekom
met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes nie.

Gloudina
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43590 is 'n antwoord op boodskap #43532] Sa, 09 Junie 2001 17:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wouter wat jy sê is waar - in 'n mindere mate is/was dit ook op vroulike
werkers van toepassing.
Maar wat - hoe harder ons moet werk, hoe sterker en beter maak dit ons:))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b20d5dc.0@news1.mweb.co.za...
> Sakkie
> Gloudina, hoekom "agree-to-disagree" ons nie. Op daai manier hoef ek jou
> nie te vertel dat ek nooit iets bereik het omdat ek wit is nie.
>
> Wouter:
> Ek is bereid om met jou ooreen te kom om hieroor te verskil, Sakkie. Blankes
> was vir seker vir jare in 'n relatief bevoorregte posisie, ons kon woon waar
> ons wil, skoolgaan en studeer waar ons wil en werk waar ons wil.
>
> Ek noem een klein voorbeeldjie.
> My kleurlingkollega wat nie op intellek terugstaan vir iemand in sy omgewing
> nie, moes uit politieke oorwegings na UWK (kleurling-universiteit) gaan, hy
> had geen keuse nie. En hy het nie dieselfde ontwikkelingsgeleentheid daar
> gehad as op US of UK nie. En hy moes die vooroordele van blanke werkgewers
> oorkom, ook omdat hy 'n "minderwaardige" graad by 'n "minderwaardige"
> universiteit gehad het. Toe hy later kans kry om in Engeland te gaan
> studeer, toe stof hy al die ander Suid-Afrikaners daar uit.
>
> Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie, het jy
> baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.
>
> Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43591 is 'n antwoord op boodskap #43314] Sa, 09 Junie 2001 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gloudina, dit is nie mooi om te veralgemeen nie.
Vertel ons asseblief wat jy , toe jy nog hier was, hier gedoen het die
oomblik toe jy met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes in aanraking gekom
het.
Annette

skryf in boodskap news:3B210666.DAB96290@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:

> Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie, het jy
> baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.
>
> Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie

Sê vir hom, Wouter. Maar miskien sal hy vir jou ookvertel dat jy nie weet
waarvan jy praat nie, want jy sit
op die walle van die Eerste Rivier. Die feit is: meeste
van hierdie outjies wat so kwetter, het gedurende die
apartheidstyd grootgeword, en nooit in aanraking gekom
met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes nie.

Gloudina
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43592 is 'n antwoord op boodskap #43584] Sa, 09 Junie 2001 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sakkie, jy slaan die spyker op die kop!!
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3b22520a$0$226@hades.is.co.za...
> Wouter, jy's 'n man so na my hart. Ek stem heeltemal saam met jou. Daar
> was vroeër baie dinge wat heentemal verkeerd gedoen is en ek gaan dit nie
> vir een oomblik probeer goed praat nie. Maar weet jy waar lê die verskil
> tussen jou argument en Gloudina s'n? Jy het nie my persoon probeer aanval
> nie, jy't die punt aangevat. Met mense soos jy kan ons die pad loop in ons
> pragtige land. Ek hoop daai kleurling vriend van jou kom terug en help ons
> bou. Ons het mense soos hy bitter nodig.
>
> skryf in boodskap news:3B210666.DAB96290@home.com...
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie, het jy
>> baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.
>>
>> Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie
>
> Sê vir hom, Wouter. Maar miskien sal hy vir jou ookvertel dat jy nie weet
> waarvan jy praat nie, want jy sit
> op die walle van die Eerste Rivier. Die feit is: meeste
> van hierdie outjies wat so kwetter, het gedurende die
> apartheidstyd grootgeword, en nooit in aanraking gekom
> met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes nie.
>
> Gloudina
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43600 is 'n antwoord op boodskap #43591] Sa, 09 Junie 2001 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
ANNETTE!!!! ons bespreek nie hier wat agter toe deure gebeur nie.

"Annette" skryf in boodskap news:9ftmjo$64psh$7@ID-92016.news.dfncis.de...
> Gloudina, dit is nie mooi om te veralgemeen nie.
> Vertel ons asseblief wat jy , toe jy nog hier was, hier gedoen het die
> oomblik toe jy met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes in aanraking gekom
> het.
> Annette
>
>
> skryf in boodskap news:3B210666.DAB96290@home.com...
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie, het jy
>> baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.
>>
>> Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie
>
> Sê vir hom, Wouter. Maar miskien sal hy vir jou ookvertel dat jy nie weet
> waarvan jy praat nie, want jy sit
> op die walle van die Eerste Rivier. Die feit is: meeste
> van hierdie outjies wat so kwetter, het gedurende die
> apartheidstyd grootgeword, en nooit in aanraking gekom
> met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes nie.
>
> Gloudina
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43609 is 'n antwoord op boodskap #43600] Sa, 09 Junie 2001 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit was in bloot onskuldige, kinderlike vraag:))))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3b22638e$0$231@hades.is.co.za...
> ANNETTE!!!! ons bespreek nie hier wat agter toe deure gebeur nie.
>
> "Annette" wrote in message
> news:9ftmjo$64psh$7@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Gloudina, dit is nie mooi om te veralgemeen nie.
>> Vertel ons asseblief wat jy , toe jy nog hier was, hier gedoen het die
>> oomblik toe jy met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes in aanraking gekom
>> het.
>> Annette
>>
>>
>> skryf in boodskap news:3B210666.DAB96290@home.com...
>> Wouter Plaasvark wrote:
>>
>>> Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie, het jy
>>> baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.
>>>
>>> Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie
>>
>> Sê vir hom, Wouter. Maar miskien sal hy vir jou ookvertel dat jy nie weet
>> waarvan jy praat nie, want jy sit
>> op die walle van die Eerste Rivier. Die feit is: meeste
>> van hierdie outjies wat so kwetter, het gedurende die
>> apartheidstyd grootgeword, en nooit in aanraking gekom
>> met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43614 is 'n antwoord op boodskap #43590] Sa, 09 Junie 2001 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette schreef in berichtnieuws
9ftmjl$64psh$6@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wouter wat jy sê is waar - in 'n mindere mate is/was dit ook op vroulike
> werkers van toepassing.
> Maar wat - hoe harder ons moet werk, hoe sterker en beter maak dit ons:))

Hoe hard werk je dan nu Annette?

Grt Emmy

> Annette
>
> Wouter Plaasvark wrote in message
> news:3b20d5dc.0@news1.mweb.co.za...
>> Sakkie
>> Gloudina, hoekom "agree-to-disagree" ons nie. Op daai manier hoef ek jou
>> nie te vertel dat ek nooit iets bereik het omdat ek wit is nie.
>>
>> Wouter:
>> Ek is bereid om met jou ooreen te kom om hieroor te verskil, Sakkie. Blankes
>> was vir seker vir jare in 'n relatief bevoorregte posisie, ons kon woon waar
>> ons wil, skoolgaan en studeer waar ons wil en werk waar ons wil.
>>
>> Ek noem een klein voorbeeldjie.
>> My kleurlingkollega wat nie op intellek terugstaan vir iemand in sy omgewing
>> nie, moes uit politieke oorwegings na UWK (kleurling-universiteit) gaan, hy
>> had geen keuse nie. En hy het nie dieselfde ontwikkelingsgeleentheid daar
>> gehad as op US of UK nie. En hy moes die vooroordele van blanke werkgewers
>> oorkom, ook omdat hy 'n "minderwaardige" graad by 'n "minderwaardige"
>> universiteit gehad het. Toe hy later kans kry om in Engeland te gaan
>> studeer, toe stof hy al die ander Suid-Afrikaners daar uit.
>>
>> Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie, het jy
>> baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.
>>
>> Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie
>>
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43627 is 'n antwoord op boodskap #43314] Sa, 09 Junie 2001 21:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> Gloudina, dit is nie mooi om te veralgemeen nie.
> Vertel ons asseblief wat jy , toe jy nog hier was, hier gedoen het die
> oomblik toe jy met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes in aanraking gekom
> het.

Ek het gedoen wat enige ander opgevoede en Christelikemens gedoen het - ek het
hulle soos my medemens behandel.
Baie van hulle was meer intelligent as ek. Baie van hulle het
harder gewerk as ek. Die enigste nie-blanke prinsipaal wat
ek gehad het (voordat Bantoe-Onderwys dit onwettig gemaak
het vir swart prinsipale om wit onderwysers te oorsien) was
die beste prinsipaal wat ek ooit gehad het.

Gloudina
Terug by die Kaap en dinge [boodskap #43629 is 'n antwoord op boodskap #43592] Sa, 09 Junie 2001 22:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Daardie vriend is terug, Sakkie, al 10 jaar gelede. Hy is die uitvoerende
hoof van 'n organisasie waarby ek ook op 'n deeltydse basis betrokke is. Hy
sou beter vir homself kon doen in Europa, maar is, soos baie van ons, lief
vir die Kaap. En vir SA natuurlik.

"Annette" skryf in boodskap news:9ftmjq$64psh$8@ID-92016.news.dfncis.de...
Sakkie, jy slaan die spyker op die kop!!
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3b22520a$0$226@hades.is.co.za...
> Wouter, jy's 'n man so na my hart. Ek stem heeltemal saam met jou. Daar
> was vroeër baie dinge wat heentemal verkeerd gedoen is en ek gaan dit nie
> vir een oomblik probeer goed praat nie. Maar weet jy waar lê die verskil
> tussen jou argument en Gloudina s'n? Jy het nie my persoon probeer aanval
> nie, jy't die punt aangevat. Met mense soos jy kan ons die pad loop in
ons pragtige land. Ek hoop daai kleurling vriend van jou kom terug en help
ons bou. Ons het mense soos hy bitter nodig.
>
> skryf in boodskap news:3B210666.DAB96290@home.com...
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie, het jy baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.
>>
>> Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie
>
> Sê vir hom, Wouter. Maar miskien sal hy vir jou ookvertel dat jy nie weet
> waarvan jy praat nie, want jy sit
> op die walle van die Eerste Rivier. Die feit is: meeste
> van hierdie outjies wat so kwetter, het gedurende die
> apartheidstyd grootgeword, en nooit in aanraking gekom
> met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes nie.
>
> Gloudina
Re: Terug by die Kaap en dinge [boodskap #43652 is 'n antwoord op boodskap #43629] So, 10 Junie 2001 06:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wouter, wys jou net - ons bly in Utopia:))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b22b656.0@news1.mweb.co.za...
> Daardie vriend is terug, Sakkie, al 10 jaar gelede. Hy is die uitvoerende
> hoof van 'n organisasie waarby ek ook op 'n deeltydse basis betrokke is. Hy
> sou beter vir homself kon doen in Europa, maar is, soos baie van ons, lief
> vir die Kaap. En vir SA natuurlik.
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:9ftmjq$64psh$8@ID-92016.news.dfncis.de...
> Sakkie, jy slaan die spyker op die kop!!
> Annette
>
> Sakkie wrote in message
> news:3b22520a$0$226@hades.is.co.za...
>> Wouter, jy's 'n man so na my hart. Ek stem heeltemal saam met jou. Daar
>> was vroeër baie dinge wat heentemal verkeerd gedoen is en ek gaan dit nie
>> vir een oomblik probeer goed praat nie. Maar weet jy waar lê die verskil
>> tussen jou argument en Gloudina s'n? Jy het nie my persoon probeer aanval
>> nie, jy't die punt aangevat. Met mense soos jy kan ons die pad loop in
> ons pragtige land. Ek hoop daai kleurling vriend van jou kom terug en help
> ons bou. Ons het mense soos hy bitter nodig.
>>
>> skryf in boodskap news:3B210666.DAB96290@home.com...
>> Wouter Plaasvark wrote:
>>
>>> Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie,
het
> jy baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.
>>>
>>> Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie
>>
>> Sê vir hom, Wouter. Maar miskien sal hy vir jou ookvertel dat jy nie weet
>> waarvan jy praat nie, want jy sit
>> op die walle van die Eerste Rivier. Die feit is: meeste
>> van hierdie outjies wat so kwetter, het gedurende die
>> apartheidstyd grootgeword, en nooit in aanraking gekom
>> met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes nie.
>>
>> Gloudina
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43655 is 'n antwoord op boodskap #43314] So, 10 Junie 2001 06:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Bly om dit te hoor. en baie dankie - Jy het 'n vraag beantwoord!!

Wat laat jou dink dat ander hier nie dieselfde gedoen het nie?
Wat laat jou dink, net omdat ons verkies het om hier te bly en hier pos, ons
nie dieselfde siening toegepas het nie?

Ek weet nie waar jy skool gegee het nie, en nog minder van swart prinsipale,
met ek ken al jare lank twee dames wat by swart skole klas gegee het.
Die een het met pensioen gegaan net toe die verbranding van skole hier begin
het.
Die ander een het, omdat dit te gevaarlik geword het om na die skool te
gaan, by 'n kleurlingskool gaan klas gee.
( Sy het geweier om 'n salaris te aanvaar omdat sy nie klas kon gee nie)
Sy het 3 jaar gelede afgetree ( sy was 65)

Ek het verskeie van haar leerlinge ontmoet, en almal het bewondering vir
haar - hoofsaaklik omdat sy streng was, nie geskroom het om hulle die
waarheid te vertel nie. Ondersteuning, simpatie en geldelike hulp gegee het
aan wie dit nodig gehad het, en belhamels summier uit haar klas verban het.
Haar eenvoudige standpunt was dat die skool daar is om te leer - dit is nie
'n plek vir enige politieke, bende- of geweldadige bedrywighede nie.
Annette
.
skryf in boodskap news:3B229479.D34EC18@home.com...
> Annette wrote:
>
>> Gloudina, dit is nie mooi om te veralgemeen nie.
>> Vertel ons asseblief wat jy , toe jy nog hier was, hier gedoen het die
>> oomblik toe jy met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes in aanraking gekom
>> het.
>
> Ek het gedoen wat enige ander opgevoede en Christelikemens gedoen het - ek het
> hulle soos my medemens behandel.
> Baie van hulle was meer intelligent as ek. Baie van hulle het
> harder gewerk as ek. Die enigste nie-blanke prinsipaal wat
> ek gehad het (voordat Bantoe-Onderwys dit onwettig gemaak
> het vir swart prinsipale om wit onderwysers te oorsien) was
> die beste prinsipaal wat ek ooit gehad het.
>
> Gloudina
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43656 is 'n antwoord op boodskap #43614] So, 10 Junie 2001 06:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek werk hard om Gloudina te laat glimlag op die ng:))))

Ek het my eie besigheid Emmy. Geen iemand wat vir my werk nie.
Dus dra ek die verantwoordelikheid van my besluite, en ek het nie 'n tikster
om my spelfoute reg te maak nie;)))
Ek werk so hard dat ek nie tyd kry om liasseer werk te doen nie;))

Jy verstaan opsetlik nie wat ek geskryf het nie, en jy vra die verkeerde
vraag, maar ek sal vandag saam met jou speel:))

--
Groetnis,
Annette.

emmy skryf in boodskap news:9fu13t$cld$1@news.pcmnet.nl...
>
> Annette schreef in berichtnieuws
> 9ftmjl$64psh$6@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Wouter wat jy sê is waar - in 'n mindere mate is/was dit ook op vroulike
>> werkers van toepassing.
>> Maar wat - hoe harder ons moet werk, hoe sterker en beter maak dit ons:))
>
> Hoe hard werk je dan nu Annette?
>
> Grt Emmy
>
>
>
>
>
>> Annette
>>
>> Wouter Plaasvark wrote in message
>> news:3b20d5dc.0@news1.mweb.co.za...
>>> Sakkie
>>> Gloudina, hoekom "agree-to-disagree" ons nie. Op daai manier hoef ek jou
>>> nie te vertel dat ek nooit iets bereik het omdat ek wit is nie.
>>>
>>> Wouter:
>>> Ek is bereid om met jou ooreen te kom om hieroor te verskil, Sakkie. Blankes
>>> was vir seker vir jare in 'n relatief bevoorregte posisie, ons kon woon waar
>>> ons wil, skoolgaan en studeer waar ons wil en werk waar ons wil.
>>>
>>> Ek noem een klein voorbeeldjie.
>>> My kleurlingkollega wat nie op intellek terugstaan vir iemand in sy omgewing
>>> nie, moes uit politieke oorwegings na UWK (kleurling-universiteit) gaan, hy
>>> had geen keuse nie. En hy het nie dieselfde ontwikkelingsgeleentheid daar
>>> gehad as op US of UK nie. En hy moes die vooroordele van blanke werkgewers
>>> oorkom, ook omdat hy 'n "minderwaardige" graad by 'n "minderwaardige"
>>> universiteit gehad het. Toe hy later kans kry om in Engeland te gaan
>>> studeer, toe stof hy al die ander Suid-Afrikaners daar uit.
>>>
>>> Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie, het jy
>>> baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.
>>>
>>> Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie
>>>
>>
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43663 is 'n antwoord op boodskap #43656] So, 10 Junie 2001 08:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
HW Gird  is tans af-lyn  HW Gird
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Annette

Jy laat my vanoggend aan Graham Pollock op sy beste dink ... - Moker elke
bal grens toe

Hier kom 'n ding.
Laat waai!

Harry
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43681 is 'n antwoord op boodskap #43663] So, 10 Junie 2001 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Harry, - wat 'n wonderlike kompliment!!!
Ek dink dit het iets met my bioritmes te doen:)))

--
Groetnis,
Annette.

HW Gird skryf in boodskap news:9fvaek$8k5$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Annette
>
> Jy laat my vanoggend aan Graham Pollock op sy beste dink ... - Moker elke
> bal grens toe
>
> Hier kom 'n ding.
> Laat waai!
>
> Harry
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43712 is 'n antwoord op boodskap #43590] So, 10 Junie 2001 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Is so Annette. In SA moet 'n vrou moet 2 maal slimmer wees en 2 maal harder
werk om dieselfde as 'n man te presteer. Gelukkig is dit nie juis moeilik
nie :-)

"Annette" .
Wouter wat jy sê is waar - in 'n mindere mate is/was dit ook op vroulike
werkers van toepassing.
Maar wat - hoe harder ons moet werk, hoe sterker en beter maak dit ons:))
Annette

Wouter Plaasvark :
> Ek is bereid om met jou ooreen te kom om hieroor te verskil, Sakkie.
Blankes was vir seker vir jare in 'n relatief bevoorregte posisie, ons kon
woon waar ons wil, skoolgaan en studeer waar ons wil en werk waar ons wil.
>
> Ek noem een klein voorbeeldjie.
> My kleurlingkollega wat nie op intellek terugstaan vir iemand in sy
omgewing nie, moes uit politieke oorwegings na UWK (kleurling-universiteit)
gaan, hy had geen keuse nie. En hy het nie dieselfde
ontwikkelingsgeleentheid daar gehad as op US of UK nie. En hy moes die
vooroordele van blanke werkgewers oorkom, ook omdat hy 'n "minderwaardige"
graad by 'n "minderwaardige" universiteit gehad het. Toe hy later kans kry
om in Engeland te gaan studeer, toe stof hy al die ander Suid-Afrikaners
daar uit.

> Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie, het jy
> baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.
>
> Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43738 is 'n antwoord op boodskap #43712] Ma, 11 Junie 2001 03:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Wouter, jy is een van min mans wat dit so openlik erken:)))
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b23e3d1.0@news1.mweb.co.za...
> Is so Annette. In SA moet 'n vrou moet 2 maal slimmer wees en 2 maal harder
> werk om dieselfde as 'n man te presteer. Gelukkig is dit nie juis moeilik
> nie :-)
>
>
>
> "Annette" .
> Wouter wat jy sê is waar - in 'n mindere mate is/was dit ook op vroulike
> werkers van toepassing.
> Maar wat - hoe harder ons moet werk, hoe sterker en beter maak dit ons:))
> Annette
>
> Wouter Plaasvark :
>> Ek is bereid om met jou ooreen te kom om hieroor te verskil, Sakkie.
> Blankes was vir seker vir jare in 'n relatief bevoorregte posisie, ons kon
> woon waar ons wil, skoolgaan en studeer waar ons wil en werk waar ons wil.
>>
>> Ek noem een klein voorbeeldjie.
>> My kleurlingkollega wat nie op intellek terugstaan vir iemand in sy
> omgewing nie, moes uit politieke oorwegings na UWK (kleurling-universiteit)
> gaan, hy had geen keuse nie. En hy het nie dieselfde
> ontwikkelingsgeleentheid daar gehad as op US of UK nie. En hy moes die
> vooroordele van blanke werkgewers oorkom, ook omdat hy 'n "minderwaardige"
> graad by 'n "minderwaardige" universiteit gehad het. Toe hy later kans kry
> om in Engeland te gaan studeer, toe stof hy al die ander Suid-Afrikaners
> daar uit.
>
>> Net jy sal weet wat jy bereik het. Maar as jou vel nie wit was nie, het jy
>> baie ekstra battles gehad, dis alles 'n relatiewe spel.
>>
>> Nee man, moenie daardie kitaar slaan nie. Hy het nie snare nie
>
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43754 is 'n antwoord op boodskap #43314] Ma, 11 Junie 2001 06:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Sê vir hom, Wouter. Maar miskien sal hy vir jou ookvertel dat jy nie weet
> waarvan jy praat nie, want jy sit
> op die walle van die Eerste Rivier. Die feit is: meeste
> van hierdie outjies wat so kwetter, het gedurende die
> apartheidstyd grootgeword, en nooit in aanraking gekom
> met gekultiveerde en opgeleide nie-blankes nie.
>
> Gloudina

Daar is dus na jou mening iets verkeerd met ongekultiveerd en
onopgeleide nie-blankes? Sies man Glodunia - dit het ek nie van jou
verwag nie!!!
Re: Kytie Koekblik was Re: Die Kaap en dinge [boodskap #43772 is 'n antwoord op boodskap #43314] Ma, 11 Junie 2001 10:47 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:81i8itostaug87b0up3ck64m82ukbsfi1t@4ax.com...
> On Sat, 9 Jun 2001 19:59:38 +0200, "Sakkie"
> wrote:
>
>> ANNETTE!!!! ons bespreek nie hier wat agter toe deure gebeur nie.
>
> Ooo, oops, ignoreer dan my vorige vraag aan jou. :-)))))
>

Annette was van lyn af en dit sou nie beskaafd wees om jou te antwoord
sonder om eers met haar te raadpleeg nie. Ná Annette.....
Vorige onderwerp: James se Polse
Volgende onderwerp: VERDOMP.....TOT HIER TOE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 02:52:34 MGT 2024