Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bliksem
Gebied gebonde [boodskap #43132 is 'n antwoord op boodskap #43110] Vr, 01 Junie 2001 05:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:eu8dht8jftqbgs8rt5n9a0e1984p2r77nl@4ax.com...
> On Thu, 31 May 2001 21:13:20 +0200, "Max" wrote:

> Wat ek hier sê is dat die swart tale werklik gebied gebonde is. Iets
> soos die Namakwalanders wat net in Namakwaland 'gat' drink en Sannie
> stuur om die bok vir die oom te gaan 'tet' sodat hy melk by sy koffie
> kan kry.

Ek het altyd van die woord/stelling van "so-by-so" gehou (ek het afgely dat
kom van die Engels "so by the by"). Het dit maar altyd net in die Noordkaap
gehoor. Nou begin ek dit meer en meer hoor (nie dat ek eintlik me Afrikaans
te doen kry nie). Is dit nou meer ingebruik en, waar word dit gebruik?

Ernest
Re: Gebied gebonde [boodskap #43204 is 'n antwoord op boodskap #43132] Sa, 02 Junie 2001 08:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ken dit glad nie Ernst.
Miskien is dit een van Naas se nuwe woorde;)))
Annette

Ernest wrote in message ...
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:eu8dht8jftqbgs8rt5n9a0e1984p2r77nl@4ax.com...
>> On Thu, 31 May 2001 21:13:20 +0200, "Max" wrote:
>
>> Wat ek hier sê is dat die swart tale werklik gebied gebonde is. Iets
>> soos die Namakwalanders wat net in Namakwaland 'gat' drink en Sannie
>> stuur om die bok vir die oom te gaan 'tet' sodat hy melk by sy koffie
>> kan kry.
>
> Ek het altyd van die woord/stelling van "so-by-so" gehou (ek het afgely dat
> kom van die Engels "so by the by"). Het dit maar altyd net in die Noordkaap
> gehoor. Nou begin ek dit meer en meer hoor (nie dat ek eintlik me Afrikaans
> te doen kry nie). Is dit nou meer ingebruik en, waar word dit gebruik?
>
> Ernest
>
Re: Gebied gebonde [boodskap #43282 is 'n antwoord op boodskap #43132] Ma, 04 Junie 2001 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek gebruik die term self baie in algemene spreektaal. Dit is eintlik
afkomstig van Duits. Die naaste wat ek in Afrikaans daaraan kan kom is "in
elk geval". Het dit opgetel toe ek in Suidwes, 'skuus Namibië verniet mense
help doodskiet het.

"Ernest" skryf in boodskap news:3b187c6c.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:eu8dht8jftqbgs8rt5n9a0e1984p2r77nl@4ax.com...
>> On Thu, 31 May 2001 21:13:20 +0200, "Max" wrote:
>
>> Wat ek hier sê is dat die swart tale werklik gebied gebonde is. Iets
>> soos die Namakwalanders wat net in Namakwaland 'gat' drink en Sannie
>> stuur om die bok vir die oom te gaan 'tet' sodat hy melk by sy koffie
>> kan kry.
>
> Ek het altyd van die woord/stelling van "so-by-so" gehou (ek het afgely dat
> kom van die Engels "so by the by"). Het dit maar altyd net in die Noordkaap
> gehoor. Nou begin ek dit meer en meer hoor (nie dat ek eintlik me Afrikaans
> te doen kry nie). Is dit nou meer ingebruik en, waar word dit gebruik?
>
> Ernest
>
Re: Gebied gebonde [boodskap #43304 is 'n antwoord op boodskap #43282] Di, 05 Junie 2001 05:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dit self die eerste keer in Namibië raakgeloop. Toe verder in die
Noordkaap gehoor (seker maar ook maar vanaf Namibië - hulle is mos bure).
En, onlangs in Mesina opgewing gehoor as algemene spreektaal.

Dankie vir die inligting.
Ernest

"Sakkie" skryf in boodskap news:3b1b49b0$0$225@hades.is.co.za...
> Ek gebruik die term self baie in algemene spreektaal. Dit is eintlik
> afkomstig van Duits. Die naaste wat ek in Afrikaans daaraan kan kom is "in
> elk geval". Het dit opgetel toe ek in Suidwes, 'skuus Namibië verniet mense
> help doodskiet het.
>
> "Ernest" wrote in message
> news:3b187c6c.0@news1.mweb.co.za...
>>
>> "Davie Davis" wrote in message
>> news:eu8dht8jftqbgs8rt5n9a0e1984p2r77nl@4ax.com...
>>> On Thu, 31 May 2001 21:13:20 +0200, "Max" wrote:
>>
>>> Wat ek hier sê is dat die swart tale werklik gebied gebonde is. Iets
>>> soos die Namakwalanders wat net in Namakwaland 'gat' drink en Sannie
>>> stuur om die bok vir die oom te gaan 'tet' sodat hy melk by sy koffie
>>> kan kry.
>>
>> Ek het altyd van die woord/stelling van "so-by-so" gehou (ek het afgely dat
>> kom van die Engels "so by the by"). Het dit maar altyd net in die Noordkaap
>> gehoor. Nou begin ek dit meer en meer hoor (nie dat ek eintlik met Afrikaans
>> te doen kry nie). Is dit nou meer ingebruik en, waar word dit gebruik?
>>
>> Ernest
>>
>
Re: Gebied gebonde [boodskap #43317 is 'n antwoord op boodskap #43282] Di, 05 Junie 2001 14:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Ek gebruik die term self baie in algemene spreektaal. Dit is eintlik
> afkomstig van Duits. Die naaste wat ek in Afrikaans daaraan kan kom is "in
> elk geval". Het dit opgetel toe ek in Suidwes, 'skuus Namibië verniet mense
> help doodskiet het.
>
> "Ernest" wrote in message

>> Ek het altyd van die woord/stelling van "so-by-so" gehou (ek het afgely dat
>> kom van die Engels "so by the by"). Het dit maar altyd net in die Noordkaap
>> gehoor. Nou begin ek dit meer en meer hoor (nie dat ek eintlik met Afrikaans
>> te doen kry nie). Is dit nou meer ingebruik en, waar word dit gebruik?

Sakkie, gebruik dit in 'n paar sinne, sodat mens kan sien hoe
jy dit gebruik.

Gloudina
Re: Gebied gebonde [boodskap #43319 is 'n antwoord op boodskap #43132] Di, 05 Junie 2001 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sonder dat jy my gevra het sou ek so-by-so daarby uitgekom het om dit te
gebruik. Nie regtig nie. Ek gebruik dit net in spreektaal.

'n Goeie voorbeeld dink ek is as 'n mens van (meeste?)tieners praat. Help
nie altyd dat ouers raad gee nie, die kinders volg so-by-so hulle eie koppe.

Die klem is op die eerste so. Moet seker geskryf word as "sê-by-so" met die
strepie wat vorentoe lê. Nog 'n vertaling sal seker wees "ten spyte van",
maar net in sekere toepassings.

Ek self het dit nog nooit in skryftaal gebruik nie, al gebruik ek dit
daagliks in spreektaal. As ons enige oud-Suidwesters onder ons het sal
hulle goeie insette kan gee.

(Snip-snip)

Sakkie, gebruik dit in 'n paar sinne, sodat mens kan sien hoe
jy dit gebruik.

Gloudina
Re: Gebied gebonde [boodskap #43321 is 'n antwoord op boodskap #43319] Di, 05 Junie 2001 14:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 5 Jun 2001 16:34:40 +0200, "Sakkie" het gesê:
>  met die strepie wat vorentoe lê.

Het ook nog nooit jou uitdrukking gehoor nie Sakkie, so dit is
blykbaar jou eie. Wat my belangstelling hier aangewakker het is 'die
strepie wat vorentoe lê'.
Vertel dié onkundige (ek het julle voorheen vertel dat ek in 'n
plaasskool skoolgegaan het tot standerd een en daar was nie
onderwysers wat standerd twee kon aanbied nie so ek het toe maar gaan
boer) wát sou dit beteken as die strepie terug gelê het?

DD
Re: Gebied gebonde [boodskap #43323 is 'n antwoord op boodskap #43321] Di, 05 Junie 2001 15:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nie die vaagste benul nie DD. Ek sien maar as die klem op 'n sekere letter
is dan skryf meeste mense hom met die strepie voorentoe en ek ken nie die
alt-xxx kode vir hom nie.

"Davie Davis" skryf in boodskap news:mlrphtc36p213p6nf9oqvgbskc1urlapnl@4ax.com...
> On Tue, 5 Jun 2001 16:34:40 +0200, "Sakkie" het gesê:
>> met die strepie wat vorentoe lê.
>
>
> Het ook nog nooit jou uitdrukking gehoor nie Sakkie, so dit is
> blykbaar jou eie. Wat my belangstelling hier aangewakker het is 'die
> strepie wat vorentoe lê'.
> Vertel dié onkundige (ek het julle voorheen vertel dat ek in 'n
> plaasskool skoolgegaan het tot standerd een en daar was nie
> onderwysers wat standerd twee kon aanbied nie so ek het toe maar gaan
> boer) wát sou dit beteken as die strepie terug gelê het?
>
> DD
Re: Gebied gebonde [boodskap #43324 is 'n antwoord op boodskap #43321] Di, 05 Junie 2001 16:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nee man DD, Ernest het die term aangehaal. Was nog nooit oorspronklik
genoeg om met sulke dinge voorendag te kom nie.

(Snip-snip)

> Het ook nog nooit jou uitdrukking gehoor nie Sakkie, so dit is
> blykbaar jou eie.

(Snip-snip)
So-by-so (Was Gebied gebonde) [boodskap #43325 is 'n antwoord op boodskap #43321] Di, 05 Junie 2001 17:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis
Het ook nog nooit jou uitdrukking gehoor nie Sakkie, so dit is blykbaar jou
eie.

Wouter:
Nee, ek ken ook daardie so-by-so, ek gebruik hom wel nie self nie. Ek
vermoed dit het nie 'n harde betekenis van sy eie nie, dit is 'n vuller wat
afhangende van die konteks minstens die volgende kan beteken:

- as gevolg daarvan.
Hulle het baklei en so-by-so het albei taamlik gehawend gelyk.

- in elk geval.
Soos Sakkie gesê het dit help nie altyd dat ouers raad gee nie, die kinders
volg so-by-so hulle eie koppe.
Re: Gebied gebonde [boodskap #43326 is 'n antwoord op boodskap #43323] Di, 05 Junie 2001 17:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
alt 130 é
alt 138 è

Sakkie
Re: Gebied gebonde [boodskap #43329 is 'n antwoord op boodskap #43324] Di, 05 Junie 2001 17:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 5 Jun 2001 18:20:49 +0200, "Sakkie" wrote:
On Tue, 5 Jun 2001 18:20:49 +0200, "Sakkie" wrote:

> Nie die vaagste benul nie DD. Ek sien maar as die klem op 'n sekere letter
> is dan skryf meeste mense hom met die strepie voorentoe en ek ken nie die
> alt-xxx kode vir hom nie.

> Nee man DD, Ernest het die term aangehaal. Was nog nooit oorspronklik
> genoeg om met sulke dinge voorendag te kom nie. Beskeie né - skuus Ernest.
>

Dan is ek mos nié (alt130) so dom as wat ek gedink het nie! (Drie jaar
in std. 1 kan mos deurgaan vir std. 4 né!)
Terug na die onderwerp, dan is ek nie so dom soos ek gedink het nie
wànt (alt133) ek het die vraag al vir verskeie mense gevra wat my nie
kon antwoord nie. Weet jy Danielle?

DD
Re: Gebied gebonde [boodskap #43337 is 'n antwoord op boodskap #43323] Di, 05 Junie 2001 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"So by so" is baie algemeen onder die Suidwesters. In ons vriendekringe en
so aan hoor jy hom ook nogal dikwels. Ek verbeel my al ek het êrens gehoor
dat dit ontleen is aan die Duitse frase "so wie so" wat letterlik sou
beteken "so hoe so".

Groete,
Dries Venter

Terloops, as jy jou toetsbord (in Windows) opstel as "US International" is
dit baie maklik om diakritiese karakters te tik. "Só" sou dan getik word as
[S] [`] [o], "Né" word gekry deur [N] ['] [e], "Hoër" kry jy uit [H] [o] ["]
[e] [r], ens.

"Sakkie" skryf in boodskap news:3b1d0168$0$260@helios.is.co.za...
> Nie die vaagste benul nie DD. Ek sien maar as die klem op 'n sekere letter
> is dan skryf meeste mense hom met die strepie voorentoe en ek ken nie die
> alt-xxx kode vir hom nie.
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:mlrphtc36p213p6nf9oqvgbskc1urlapnl@4ax.com...
>> On Tue, 5 Jun 2001 16:34:40 +0200, "Sakkie" het gesê:
>>> met die strepie wat vorentoe lê.
>>
>>
>> Het ook nog nooit jou uitdrukking gehoor nie Sakkie, so dit is
>> blykbaar jou eie. Wat my belangstelling hier aangewakker het is 'die
>> strepie wat vorentoe lê'.
>> Vertel dié onkundige (ek het julle voorheen vertel dat ek in 'n
>> plaasskool skoolgegaan het tot standerd een en daar was nie
>> onderwysers wat standerd twee kon aanbied nie so ek het toe maar gaan
>> boer) wát sou dit beteken as die strepie terug gelê het?
>>
>> DD
>
Re: So-by-so (Was Gebied gebonde) [boodskap #43340 is 'n antwoord op boodskap #43325] Di, 05 Junie 2001 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Davie Davis
> Het ook nog nooit jou uitdrukking gehoor nie Sakkie, so dit is blykbaar jou
> eie.
>
> Wouter:
> Nee, ek ken ook daardie so-by-so, ek gebruik hom wel nie self nie. Ek
> vermoed dit het nie 'n harde betekenis van sy eie nie, dit is 'n vuller wat
> afhangende van die konteks minstens die volgende kan beteken:
>
> - as gevolg daarvan.
> Hulle het baklei en so-by-so het albei taamlik gehawend gelyk.
>

Ek verbeel my dat die uitdrukking "so-wie-so" ook bestaan.
Sal dit dieselfde wees?

Gloudina
Re: So-by-so (Was Gebied gebonde) [boodskap #43343 is 'n antwoord op boodskap #43325] Di, 05 Junie 2001 19:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Wouter Plaasvark wrote:
>> Nee, ek ken ook daardie so-by-so, ek gebruik hom wel nie self nie. Ek
>> vermoed dit het nie 'n harde betekenis van sy eie nie, dit is 'n vuller wat
>> afhangende van die konteks minstens die volgende kan beteken:
>>
>> - as gevolg daarvan.
>> Hulle het baklei en so-by-so het albei taamlik gehawend gelyk.
>
> Ek verbeel my dat die uitdrukking "so-wie-so" ook bestaan.
> Sal dit dieselfde wees?

Hieroor het ek ook gewonner; 'n kennis van my uit Deventer (Oos Nederland)
het ek naamlik reëlmatig "zo-bij-zo" hoor sê wanneer ek "sowieso" gesê sou
het.

Groete,
Arthur
Re: So-by-so (Was Gebied gebonde) [boodskap #43346 is 'n antwoord op boodskap #43325] Di, 05 Junie 2001 19:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> Hieroor het ek ook gewonner; 'n kennis van my uit Deventer (Oos Nederland)
> het ek naamlik reëlmatig "zo-bij-zo" hoor sê wanneer ek "sowieso" gesê sou
> het.
>

So sowieso is Nederlands. Gebruik dit in sinne, sodat ons
kan sien hoe jy dit gebruik, Arthur. Ek self het nooit die
woord in my woordeskat gehad of dit om my gehoor nie.

Gloudina
Re: So-by-so (Was Gebied gebonde) [boodskap #43348 is 'n antwoord op boodskap #43343] Di, 05 Junie 2001 20:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 5 Jun 2001 21:32:58 +0200, "Arthur Hagen" wrote:

> Gloudina schreef........

Gloudina, wat in jou samestelling, agtergrond, belangstellings (of
dier voege) maak dat jy so ingestel is op taalkorrektheid?
Die vraag vra ek op die Caprivistrook aan jou (wat Niemandsland is)
bedoelende dat dit nie aanvallend is nie maar belangstellend. Want dit
is ooglopend dat tale een van jou belangstellings is. (Jy sou bv.
noooit
1. die voorafgaande sin met 'want' begin het nie en
2. noooit nooit met drie o's skryf nie.

DD
Re: So-by-so (Was Gebied gebonde) [boodskap #43349 is 'n antwoord op boodskap #43325] Di, 05 Junie 2001 20:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Arthur Hagen wrote:
>
>> Hieroor het ek ook gewonner; 'n kennis van my uit Deventer (Oos Nederland)
>> het ek naamlik reëlmatig "zo-bij-zo" hoor sê wanneer ek "sowieso" gesê sou
>> het.
>
> So sowieso is Nederlands. Gebruik dit in sinne, sodat ons
> kan sien hoe jy dit gebruik, Arthur. Ek self het nooit die
> woord in my woordeskat gehad of dit om my gehoor nie.

Nee, sowieso is een Germanisme. Het komt uit het Duits, op de wijze die
Dries al beschreef. Als het Nederlands was geweest hadden we wel "zowiezo"
geschreven; zo spreek ik het in ieder geval uit. Het staat ook niet in mijn
(nogal bejaarde) woordenboek.

Een paar voorbeelden:
Ik heb sowieso weinig geduld met het oplossen van ingewikkelde problemen.
Waarom zou je dat überhaupt doen, als het regent spoelt het sowieso weg.

Groeten,
Arthur
Re: Gebied gebonde [boodskap #43350 is 'n antwoord op boodskap #43321] Di, 05 Junie 2001 21:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pjb...  is tans af-lyn  pjb...
Boodskappe: 57
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Volle Lid
Sakkie is nie al een wat die uitdrukking gebruik nie, hoor. Ekself gebruik
dit van tyd tot tyd en ander persone in ons kring het ek ook al gehoor die
uitdrukking gebruik.
pjb

"Davie Davis" skryf in boodskap news:mlrphtc36p213p6nf9oqvgbskc1urlapnl@4ax.com...
> On Tue, 5 Jun 2001 16:34:40 +0200, "Sakkie" het gesê:
>> met die strepie wat vorentoe lê.
>
>
> Het ook nog nooit jou uitdrukking gehoor nie Sakkie, so dit is
> blykbaar jou eie. Wat my belangstelling hier aangewakker het is 'die
> strepie wat vorentoe lê'.
> Vertel dié onkundige (ek het julle voorheen vertel dat ek in 'n
> plaasskool skoolgegaan het tot standerd een en daar was nie
> onderwysers wat standerd twee kon aanbied nie so ek het toe maar gaan
> boer) wát sou dit beteken as die strepie terug gelê het?
>
> DD
Re: So-by-so (Was Gebied gebonde) [boodskap #43354 is 'n antwoord op boodskap #43325] Di, 05 Junie 2001 23:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> Gloudina, wat in jou samestelling, agtergrond, belangstellings (of
> dier voege) maak dat jy so ingestel is op taalkorrektheid?
> Die vraag vra ek op die Caprivistrook aan jou (wat Niemandsland is)
> bedoelende dat dit nie aanvallend is nie maar belangstellend. Want dit
> is ooglopend dat tale een van jou belangstellings is.

Soos jy jou vak het, is die Afrikaanse taal
(beide die letterkunde en die grammatika en sintaksis)
my vak. Ongelukkig is ek vir baie lank van my vak-
area geskei deur die feit dat ek uit SA gegaan het. Nou,
in die kubertydperk, kom ek weer daagliks daarmee
in aanraking.

Gloudina
Re: Gebied gebonde [boodskap #43363 is 'n antwoord op boodskap #43324] Wo, 06 Junie 2001 05:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek het dit aangehaal. Ek dink dit is meer 'n gebiedsgebonde gebruik. En,
ek glo nie dit is eintlik uit Duits uit nie (my vrou wat Duits is kan nie
uitdrukking 'vertaal' nie). Ek dink nog steeds dis 'n verdraaing van Engels.

Nog 'n woord van daardie omgewing gaan oor die weer - "malmokkie". Ek het
nog nooit uitgevind wat dit beteken nie. Ek wel 'n moontlike uitgewerk - dit
is nou as die weer begin opsteek en daar is geen reën nie. En, dit gebeur
dag na dag. Weet iemand miskien meer hiervan?

Ernest

"Sakkie" skryf in boodskap news:3b1d0663$0$223@hades.is.co.za...
> Nee man DD, Ernest het die term aangehaal. Was nog nooit oorspronklik
> genoeg om met sulke dinge voorendag te kom nie.
Re: So-by-so (Was Gebied gebonde) [boodskap #43364 is 'n antwoord op boodskap #43349] Wo, 06 Junie 2001 05:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Arthur,
Ek sien sowieso vertaal na Engels as "anyway, anyhow, in any case, .. that
goes without saying, absolutely"

Dus, "zo-bij-zo" of "so-by-so" klink vir my na 'n vermenging van Engels en
Duits. Miskien van 'by-the-way' (dis hou moes verband met 'anyway')? Of, sou
dit dan wees dat 'n gebiedsgebonde uitdrukking uit Europa sy verskynsel hier
'n draai sou maak?

Maar, dit laat my nou meer wonder hoe die uitdrukking dan van die Weskus van
Afrika dan sou verskuif het na (amper) die Oos kus. Seker 1,000 km en geen
Duitse invloed na die Oos kus nie? En, dit gaan oor Upington (waar Gloudina
gewoon het) en die mense daar het nog nooit daarvan gehoor nie?

Ernest

"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:9fjfd0$2eip$1@news.kabelfoon.nl...

>> So sowieso is Nederlands. Gebruik dit in sinne, sodat ons
>> kan sien hoe jy dit gebruik, Arthur. Ek self het nooit die
>> woord in my woordeskat gehad of dit om my gehoor nie.
Re: Gebied gebonde [boodskap #43365 is 'n antwoord op boodskap #43329] Wo, 06 Junie 2001 06:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Geen probleem nie. Ek vra maar net die vrae want ek weet so min :-o. As ek
baie geweet sou ek in Kanada gebly of, familie in Pretoria gehad het wat
alles weet ;-)

Ernest

"Davie Davis" skryf in boodskap news:856qht02mea6ikeh26n6p5o0vh75lkl9ao@4ax.com...
> On Tue, 5 Jun 2001 18:20:49 +0200, "Sakkie"
> wrote:
> On Tue, 5 Jun 2001 18:20:49 +0200, "Sakkie"
> wrote:
>> Nee man DD, Ernest het die term aangehaal. Was nog nooit oorspronklik
>> genoeg om met sulke dinge voorendag te kom nie.
> Beskeie ná - skuus Ernest.
Re: Gebied gebonde [boodskap #43377 is 'n antwoord op boodskap #43337] Wo, 06 Junie 2001 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Dries Venter" skryf in boodskap news:...
> "So by so" is baie algemeen onder die Suidwesters. In ons vriendekringe en
> so aan hoor jy hom ook nogal dikwels. Ek verbeel my al ek het êrens gehoor
> dat dit ontleen is aan die Duitse frase "so wie so" wat letterlik sou
> beteken "so hoe so".
>

Jy is reg dit kom van die duitse woord sowieso (eenwoord) en beteken
so iets soos 'in elk geval'

Hulle gebruik dit ook in Nederlands ( die ander snaakse duitse woord
wat hulle ook in het nederlands gebruik is ueberhaupt)
Re: Gebied gebonde [boodskap #43412 is 'n antwoord op boodskap #43365] Do, 07 Junie 2001 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 6 Jun 2001 08:00:25 +0200, "Ernest" wrote:

> Geen probleem nie. Ek vra maar net die vrae want ek weet so min :-o. As ek
> baie geweet sou ek in Kanada gebly of, familie in Pretoria gehad het wat
> alles weet ;-)
>
> Ernest

Ooops... nòg 'n ge-irriteerde

DD
Re: Gebied gebonde [boodskap #43423 is 'n antwoord op boodskap #43363] Do, 07 Junie 2001 16:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ernest" schreef...
> Nog 'n woord van daardie omgewing gaan oor die weer - "malmokkie". Ek het
> nog nooit uitgevind wat dit beteken nie. Ek wel 'n moontlike uitgewerk - dit
> is nou as die weer begin opsteek en daar is geen reën nie. En, dit gebeur
> dag na dag. Weet iemand miskien meer hiervan?

Hoi Ernest, een mallemok is een soort meeuw. Kan het soms zijn dat bij het
soort weersverandering waar jij van spreekt er meer meeuwen in de lucht
zijn? Of woon je helemaal niet in de buurt van de zee?

Groeten,
Arthur
Re: Gebied gebonde [boodskap #43449 is 'n antwoord op boodskap #43132] Do, 07 Junie 2001 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> Hoi Ernest, een mallemok is een soort meeuw. Kan het soms zijn dat bij het
> soort weersverandering waar jij van spreekt er meer meeuwen in de lucht
> zijn? Of woon je helemaal niet in de buurt van de zee?
>

Arthur, in Afrikaans is 'n "malmokkie" 'n klein diertjie, in
Engels 'n "guinea-pig," Dit word somtyds ook "marmotjie"
genoem.
In die woordeboek is daar egter ook 'n woord "malmok"
wat in Engels as "mallemuck" en "mollymawk" aangegee
word. Dit lyk vir my is die ekwivalent van jou meeuw.
Die Engelse woordeboek gee "mallemuck" aan as "any
of several seabirds, such as the fulmar, the albatross or
the shearwater. Dutch mallemok."

Gloudina
Re: Gebied gebonde [boodskap #43468 is 'n antwoord op boodskap #43132] Do, 07 Junie 2001 23:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ernest wrote:

> Geen probleem nie. Ek vra maar net die vrae want ek weet so min :-o. As ek
> baie geweet sou ek in Kanada gebly of, familie in Pretoria gehad het wat
> alles weet ;-)

As ek so 'n opmerking soos die bostaande lees, dan weet ek
my pyle tref hulle kol. Dit is vir my soooo snaaks dat my familie
in Pretoria ( 'n enkele suster) nou ook deel word van "die
vyand" van die "waarheid van wat werklik in SA aangaan."
Vergeet nou dat sy 'n Afrikaner is in murg en bloed, dat sy
die Afrikaanse taal en grammatika soos min ander ken, dat sy 'n
belydende Christen is wat haar geloof ernstig opneem, dat haar
naam op 'n publikasie verskyn saam met Christina Landman, 'n
teoloog en ook 'n intense Afrikaner-persoonlikheid. ( Maar ek
vergeet, Christina is ook "die vyand" van die waarheid van
"wat werklik in SA aangaan." ) So, die vraag is, is daar Afrikaners
wat "vyande van die waarheid van wat in SA aangaan" is, en
Afrikaners wat weet wat in SA aangaan? Hoe kan mens weet
wat die verskil is tussen die een soort Afrikaner en die ander soort
Afrikaner? Kan iemand my dit verduidelik?

Gloudina
Re: Gebied gebonde [boodskap #43486 is 'n antwoord op boodskap #43423] Vr, 08 Junie 2001 04:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Nee, Arthur. Ek bly in die binneland. Ek het op een stadium nogal baie
rondgereis en daar met die 'locals' gemeng. Tel maar die 'useless
information' op soos ek rondgaan.

Ernest

"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:9foajb$24cj$1@news.kabelfoon.nl...
> "Ernest" schreef...
>> Nog 'n woord van daardie omgewing gaan oor die weer - "malmokkie". Ek het
>> nog nooit uitgevind wat dit beteken nie. Ek wel 'n moontlike uitgewerk - dit
>> is nou as die weer begin opsteek en daar is geen reën nie. En, dit gebeur
>> dag na dag. Weet iemand miskien meer hiervan?
>
> Hoi Ernest, een mallemok is een soort meeuw. Kan het soms zijn dat bij het
> soort weersverandering waar jij van spreekt er meer meeuwen in de lucht
> zijn? Of woon je helemaal niet in de buurt van de zee?
>
> Groeten,
> Arthur
>
Re: Gebied gebonde [boodskap #43496 is 'n antwoord op boodskap #43132] Vr, 08 Junie 2001 07:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Ernest wrote:
>
>> Geen probleem nie. Ek vra maar net die vrae want ek weet so min :-o. As ek
>> baie geweet sou ek in Kanada gebly of, familie in Pretoria gehad het wat
>> alles weet ;-)
>
> As ek so 'n opmerking soos die bostaande lees, dan weet ek
> my pyle tref hulle kol. Dit is vir my soooo snaaks dat my familie
> in Pretoria ( 'n enkele suster) nou ook deel word van "die
> vyand" van die "waarheid van wat werklik in SA aangaan."
> Vergeet nou dat sy 'n Afrikaner is in murg en bloed, dat sy
> die Afrikaanse taal en grammatika soos min ander ken, dat sy 'n
> belydende Christen is wat haar geloof ernstig opneem, dat haar
> naam op 'n publikasie verskyn saam met Christina Landman, 'n
> teoloog en ook 'n intense Afrikaner-persoonlikheid.

>> Het iemand dalk 'n 'name gedrop'? Wat erger is as
iemand name drop is as dit is van iemand wat hulle ken wat iemand anders
ken. :)
Re: Gebied gebonde [boodskap #44230 is 'n antwoord op boodskap #43365] Do, 14 Junie 2001 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ernst? Ek sien Goudina alias Cupido met die Pyltjies het jou in haar oog:)))
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Ernest skryf in boodskap news:3b1efae5.0@news1.mweb.co.za...
> Geen probleem nie. Ek vra maar net die vrae want ek weet so min :-o. As ek
> baie geweet sou ek in Kanada gebly of, familie in Pretoria gehad het wat
> alles weet ;-)
>
> Ernest
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:856qht02mea6ikeh26n6p5o0vh75lkl9ao@4ax.com...
>> On Tue, 5 Jun 2001 18:20:49 +0200, "Sakkie"
>> wrote:
>> On Tue, 5 Jun 2001 18:20:49 +0200, "Sakkie"
>> wrote:
>>> Nee man DD, Ernest het die term aangehaal. Was nog nooit oorspronklik
>>> genoeg om met sulke dinge voorendag te kom nie.
>> Beskeie ná - skuus Ernest.
>
Re: Gebied gebonde [boodskap #44276 is 'n antwoord op boodskap #44230] Vr, 15 Junie 2001 05:16 Na vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
HARDLOOOOOOOOP Ernst

"Annette" skryf in boodskap news:9gav22$7vli8$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ernst? Ek sien Goudina alias Cupido met die Pyltjies het jou in haar oog:)))
> Annette
>
> --
> Groetnis,
> Annette. ann...@ctnet.co.za
> Happiness is a state of Mind.
> Ernest wrote in message
> news:3b1efae5.0@news1.mweb.co.za...
>> Geen probleem nie. Ek vra maar net die vrae want ek weet so min :-o. As ek
>> baie geweet sou ek in Kanada gebly of, familie in Pretoria gehad het wat
>> alles weet ;-)
>>
>> Ernest
>>
>> "Davie Davis" wrote in message
>> news:856qht02mea6ikeh26n6p5o0vh75lkl9ao@4ax.com...
>>> On Tue, 5 Jun 2001 18:20:49 +0200, "Sakkie"
>>> wrote:
>>> On Tue, 5 Jun 2001 18:20:49 +0200, "Sakkie"
>>> wrote:
>>>> Nee man DD, Ernest het die term aangehaal. Was nog nooit oorspronklik
>>>> genoeg om met sulke dinge voorendag te kom nie.
>>> Beskeie ná - skuus Ernest.
>>
>
Vorige onderwerp: Nederlanders se erfenis
Volgende onderwerp: Dankie Danielle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 15:41:20 MGT 2024