Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Patricia (was Kytie Koekblik)
Patricia (was Kytie Koekblik) [boodskap #43327] Di, 05 Junie 2001 17:28 na volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina :
Selfs as mens na Patricia de Lille luister en haar aanvalle op die ANC, dan
sien jy 'n nie-blanke in 'n posisie van mag (as leier van 'n politieke
party - iets wat sy as swart vrou nooit toegelaat was in die ou regime nie),
en jy sien vrye spraak (iets wat in die vorige diktatorskap nooit toegelaat
was nie.)

Wouter:
Ek ken toevallig vir Patricia al baie jare lank en jou stelling is net deels
op haar van toepassing, Gloudina. Patricia was in die ou bedeling in 'n
leiersposisie en ook in 'n magsposisie, sy was 'n vakverbondleier in die
Wes-Kaap.

Daar het sy 'n openlik politieke rol gespeel en alhoewel sy waarskynlik deur
Big Brother dopgehou is, het sy geredelik vrye spraak beoefen. (Ek het haar
dit gehoor doen). Omdat sy in NACTU aktief was en nie in COSATU nie, het sy
nie daarna haar politiek in die ANC bedryf nie, alhoewel sy myns insiens nie
regtig by die PAC inpas nie. Haar persoonlikheid en organisasievermoë het
veroorsaak dat sy ongeveer al is wat van die PAC oor is.

Maar ja, die nuwe bedeling het baie verandering gebring. Totaal vrye spraak
is een van die mees dramatiese veranderings. Partypolitiek vir almal
natuurlik ook.
Re: Patricia (was Kytie Koekblik) [boodskap #43333 is 'n antwoord op boodskap #43327] Di, 05 Junie 2001 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 5 Jun 2001 19:28:49 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

>
> Wouter:
> Ek ken toevallig vir Patricia al baie jare lank

Wouter, ken jy haar goed genoeg om vir ons die verhaal van haar dogter
wat sy nié wil ken nie (of weggegge het of so iets) ?
Of skinder jy nie?

DD
Re: Patricia (was Kytie Koekblik) [boodskap #43335 is 'n antwoord op boodskap #43333] Di, 05 Junie 2001 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
HW Gird  is tans af-lyn  HW Gird
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
'n Geruime tyd gelede is berig dat sy en haar dogter versoen is en dat hulle
'n goeie verhouding het.

Hoekom sal mens wat in die verlede gebeur het nog teen haar hou ?Seker tog
nie!

Groete

Harry

Davie Davis wrote in message ...
> On Tue, 5 Jun 2001 19:28:49 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>

>> Wouter:
>> Ek ken toevallig vir Patricia al baie jare lank
>
> Wouter, ken jy haar goed genoeg om vir ons die verhaal van haar dogter
> wat sy nié wil ken nie (of weggegge het of so iets) ?
> Of skinder jy nie?
>
> DD
Re: Patricia (was Kytie Koekblik) [boodskap #43336 is 'n antwoord op boodskap #43335] Di, 05 Junie 2001 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 5 Jun 2001 20:57:23 +0200, "HW Gird" wrote:

>
> Hoekom sal mens wat in die verlede gebeur het nog teen haar hou ?Seker tog
> nie!
>
> Groete
>
> Harry

Harry...! Kan nie glo dat jy dié woorde besig in SA nié...!!! En dàn
nog betreffende haar!!!!!

DD
Re: Patricia (was Kytie Koekblik) [boodskap #43339 is 'n antwoord op boodskap #43327] Di, 05 Junie 2001 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> alhoewel sy myns insiens nie
> regtig by die PAC inpas nie. Haar persoonlikheid en organisasievermoë het
> veroorsaak dat sy ongeveer al is wat van die PAC oor is.
>

Wel, ek dink dis 'n voordeel dat sy onder die sambreel van die
PAC haar ongeveer one woman show kan bedryf. Dit is beter
vir haar om nie in die ANC te hoef in te pas nie, waar daar
pecking orders is en allerhande interne politiek. Mens sien sulke
niches orals. Skielik het een persoon verskriklik baie mag. Soos
nou in die VSA waar een Republikein, deur te verklaar dat hy
'n Independent word, 'n hele politieke ommeswaai kan veroorsaak
en sy eie agenda deurgeloods kan kry.

Gloudina
Re: Patricia (was Kytie Koekblik) [boodskap #43353 is 'n antwoord op boodskap #43335] Di, 05 Junie 2001 23:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wie hou iets teen haar, ons skinder tog net, en dit is mos OK! :-)
(Ons hou van haar, en in elk geval, hoë bome vang baie (meeste) wind.

Poppie

HW Gird skryf in boodskap news:9fja4b$kri$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Hoekom sal mens wat in die verlede gebeur het nog teen haar hou ?Seker
tog
> nie!
>
> Groete
>
> Harry
>
>
>
> Davie Davis wrote in message ...
>> On Tue, 5 Jun 2001 19:28:49 +0200, "Wouter Plaasvark"
>> wrote:
>>
>>
>
>>> Wouter:
>>> Ek ken toevallig vir Patricia al baie jare lank
>>
>> Wouter, ken jy haar goed genoeg om vir ons die verhaal van haar dogter
>> wat sy nié wil ken nie (of weggegge het of so iets) ?
>> Of skinder jy nie?
>>
>> DD
>
Re: Patricia [boodskap #43357 is 'n antwoord op boodskap #43353] Wo, 06 Junie 2001 00:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Om een of ander rede het ek nie DD en HW Gird se boodskappe gekry nie, wel
die van Poppie met hierdie onderaan. In elk geval, ek ken nie Patricia se
dogterstorie nie, sy is 'n privaat soort mens en praat nie maklik oor haar
familie nie, selfs nie oor haar man nie.

>>> Wouter:
>>> Ek ken toevallig vir Patricia al baie jare lank

>> Wouter, ken jy haar goed genoeg om vir ons die verhaal van haar dogter
>> wat sy nié wil ken nie (of weggegge het of so iets) ?
>> Of skinder jy nie?
>> DD
Re: Patricia [boodskap #43390 is 'n antwoord op boodskap #43357] Wo, 06 Junie 2001 20:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 6 Jun 2001 01:22:35 +0100, "Wouter Plaasvark"
wrote:
> , sy is 'n privaat soort mens en praat nie maklik oor haar
> familie nie, selfs nie oor haar man nie.
>
>
sy't die tipe dogter storie wat haar genoodsaak om dit privaat te hou
- sê nie ek nie maar haar dogter

DD
Re: Patricia [boodskap #43394 is 'n antwoord op boodskap #43327] Wo, 06 Junie 2001 23:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> sy't die tipe dogter storie wat haar genoodsaak om dit privaat te hou
> - sê nie ek nie maar haar dogter

Wonder hoekom dit net altyd vroue-politici is wat gekritiseerword
(gewoonlik deur mans) as daar iets uitsonderliks in hulle
agtergrond is. Hier in Kanada het ons 'n Goewerneur-Generaal
wie se dogters geheel en al van haar vervreemd is. Maar wat het
dit met die prys van eiers te doen?

Gloudina

>
Re: Patricia [boodskap #43415 is 'n antwoord op boodskap #43327] Do, 07 Junie 2001 11:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 06 Jun 2001 23:11:36 GMT, @home.com wrote:
. Maar wat het
> dit met die prys van eiers te doen?
>
> Gloudina

Die feit dat haar politieke gevegte teen die blankes geskoei is op
'menseverhoudinge'.

DD
Re: Patricia (was Kytie Koekblik) [boodskap #43521 is 'n antwoord op boodskap #43335] Vr, 08 Junie 2001 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal beslis nie so iets teen haar hou nie, Harry. Sy sou wel haar
omstandighede en redes gehad het. Maar dit is ook nie taboe om oor hoë
profiel politici se privaat lewens en familie te praat nie, of hoe? Kyk hoe
lekker het ons destyds oor FW se potensiële skoondogter geskinder :-)

Ek geniet nogal vir Patricia. Sy is 'n uiterse opportunis wat spaarsaam met
die waarheid werk, maar 'n gehoor baie fyn kan lees. Jy moet haar in haar
gemeenskap hoor praat met haar skril skreestem, jou mond sal oophang. Sy is
'n absolute treat. En die ANC kan haar nie as 'n rassis afmaak as sy hulle
aanvat nie, sy is baie effektief met haar kritiek.

Wouter Skinderbekplaasvark

HW Gird skryf in boodskap news:9fja4b$kri$1@ctb-nnrp2.saix.net...
'n Geruime tyd gelede is berig dat sy en haar dogter versoen is en dat hulle
'n goeie verhouding het.

Hoekom sal mens wat in die verlede gebeur het nog teen haar hou ?Seker tog
nie!

Groete

Harry

Davie Davis wrote in message ...
> On Tue, 5 Jun 2001 19:28:49 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:

>> Wouter:
>> Ek ken toevallig vir Patricia al baie jare lank
>
> Wouter, ken jy haar goed genoeg om vir ons die verhaal van haar dogter
> wat sy nié wil ken nie (of weggegge het of so iets) ?
> Of skinder jy nie?
>
> DD
Re: Patricia [boodskap #43650 is 'n antwoord op boodskap #43327] So, 10 Junie 2001 06:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gloudina, soos jy weet, dink die mans wat politiek beoefen en ondersteun,
dit moet hulle eie domein wees.
So hulle val Patricia ( en ander vroulike politici) aan oor persoonlike
dinge om die flak van hulle self af te weer.
Jy is reg - dit het niks met die prys van eiers te doen nie, maar dit is
hulle strategie .

Ons weet dit, en dit pla ons nie.
Ek hou baie van Patricia de Lille - sy het 'n glimlag in haar oë.
Ek deel Gill Marcus se siening oor klere - en wat sy ekonomies te sê het,
kan ek mee saamleef.
Annette

skryf in boodskap news:3B1EB955.D57A0F52@home.com...
Davie Davis wrote:

> sy't die tipe dogter storie wat haar genoodsaak om dit privaat te hou
> - sê nie ek nie maar haar dogter

Wonder hoekom dit net altyd vroue-politici is wat gekritiseerword
(gewoonlik deur mans) as daar iets uitsonderliks in hulle
agtergrond is. Hier in Kanada het ons 'n Goewerneur-Generaal
wie se dogters geheel en al van haar vervreemd is. Maar wat het
dit met die prys van eiers te doen?

Gloudina

>
Re: Patricia [boodskap #43722 is 'n antwoord op boodskap #43650] So, 10 Junie 2001 20:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette: Ek deel Gill Marcus se siening oor klere

Wouter: Ek hoop joune is ff kleiner ;-)

Annette: - en wat sy ekonomies te sê het, kan ek mee saamleef.

Wouter: Ek vermoed jy kan by haar leer, newwermaaind saamleef :-)
Re: Patricia [boodskap #43737 is 'n antwoord op boodskap #43722] Ma, 11 Junie 2001 03:10 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))))) Sien???? Jy diskrimineer teen gewigtige dames:))))

O ja - ek kan baie GM leer - ek moet net eers by haar uitvind wie se idee
die nuwe note is;)))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b23e42e.0@news1.mweb.co.za...
> Annette: Ek deel Gill Marcus se siening oor klere
>
> Wouter: Ek hoop joune is ff kleiner ;-)
>
> Annette: - en wat sy ekonomies te sê het, kan ek mee saamleef.
>
> Wouter: Ek vermoed jy kan by haar leer, newwermaaind saamleef :-)
>
Vorige onderwerp: Dingaan, Shaka etc. groot leiers?
Volgende onderwerp: Re: Sunday Times artikel - was Re: Viva Vavi!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 14:48:51 MGT 2024