Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tygervallei
Tygervallei [boodskap #43328] Di, 05 Junie 2001 17:32
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle vra oor Tygervallei:
Destyds wou hulle 'n mini-stad of so iets ontwikkel by daardie einste
gruisgat. Dit het seker nooit gebeur nie? Waar is hierdie Olimpiese
sportstadion? Sou dit dan nie in of naby Wingfield gewees het nie? Oor
hierdie kantoorparke - is dit die gebou wat destyds nog in aanbou was, wat
op die hoek van Old Oak en Durbanweg sou wees?

Wouter
Ek weet nie van die mini-stad nie. Die beoogde waterfrontontwikkeling
bestaan uit winkels, restaurante en kantoorblokke. Dis by herhaling
uitgestel, maar 'n kantoorblok of drie staan al en die dam is vergroot en
vol water.

Oor die kantoorblokke en -parke - jy sal maar self moet kom kyk, hulle loop
van die N1 tot anderkant Old Oak, seker meer as dertig van hulle - ek het
jou mos gesê hier was 'n ontploffing! Op en langs die hoek waarvan jy praat
is daar verskeie kantoorblokke. Daar is ook 'n hele nuwe woonbuurt bokant
Old Oak, oos van Durbanweg, net onder (suid van) Eversdal.

Die Olimpiese standaard stadion is 'n fietsrybaan, met 'n dak van R25
miljoen op, naby die waterfrontontwikkeling. Word die Velodrome genoem.
Daar is ook 'n atletiekstadion direk langsaan. Die hoof Olimpiese stadion
sou op Wingfield wees, ja. Maar dit het toe nie gebeur nie, die 2004 spele
is aan Athene toegeken. .

> Durbanville het ook sterk gegroei, maar Tygervallei het ontplof.

Danielle : Wat is nuut in Durbanville? Is Sacks nog daar? :-)))
Durbanville kan net nie dieselfde wees sonder hulle nie! :-))

Wouter
Baie geboue is herbou en in kantore omskep, die verandering is nie so
dramaties nie en jy sal die ou dorp nog geredlik herken. Daar is baie nuwe
woonbuurte Noord, Wes en veral Oos van die ou dorp.

Sacks se winkel aan die westekant van Wellingtonweg wat die skoolklere
verkoop is nog daar. Oom Sacks is dood, ek dink sy seun is in beheer. Sacks
se ander winkel oorkant die pad met al die trommels ens. is weg, ek dink
Sheet Street en Ackermans is nou daar. En Towers daar naby (wat ook
skoolklere verkoop het) is ook weg, daar is nou 'n Shulmans, wat ook linne
verkoop soos Sheet Street.

Durbanville het nog van sy rustigheid behou, maar Tygervallei is 'n miernes.
Tog 'n baie lekker werksomgewing, die restaurante en koffiewinkels is oral,
dis 'n heerlike omgewing en atmosfeer.
Vorige onderwerp: RE 'Snaakse gevoel'
Volgende onderwerp: Toe vally antie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 04 07:57:10 MGT 2024