Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Richard Clarke
Richard Clarke [boodskap #4269] Ma, 22 Maart 2004 21:52 na volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn, kry Clarke se uitlatings publisiteit in die VSA?
Vanaf die BBC vandag:
Mr Clarke said: "When we talked about bombing the al-Qaeda infrastructure in
Afghanistan, Donald Rumsfeld said there were no good targets in Afghanistan:
Let's bomb Iraq."

Mr Clarke countered that Iraq had nothing to do with the attacks.

"That didn't seem to make much difference" to Mr Rumsfeld, he added.
Re: Richard Clarke [boodskap #4271 is 'n antwoord op boodskap #4269] Ma, 22 Maart 2004 22:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 22 Mar 2004 21:52:46 -0000, "Lorinda" wrote:

> Katryn, kry Clarke se uitlatings publisiteit in die VSA?

Ja ja ;-)
Gisteraand op CBS het hulle 'n goeie stuk daaroor gehad. Gaan kyk gou
hier:
http://www.cbsnews.com/stories/2004/03/19/60minutes/main6073 56.shtml

Die korrupte spul is vandag hard besig om vure te probeer doodslaan.
Hulle het in daardie CBS stuk wonder bo wonder ook gepraat van die
tereur wat Clinton kon keer op LAX wat ek genoem het op SCSAA.

> Vanaf die BBC vandag:
> Mr Clarke said: "When we talked about bombing the al-Qaeda infrastructure in
> Afghanistan, Donald Rumsfeld said there were no good targets in Afghanistan:
> Let's bomb Iraq."

Daar is meer. Baie meer. Dinge begin stadig maar seker uitkom, maar
dit word vreeslik vinnig toegesmeer ook. Hoe lyk dinge met Blair daar
by julle? Dis nogal moeiliker vir julle as vir ons, want Blair is
julle Liberal, nè?

Terloops, het jy al na hierdie skakel geluister wat op 'n Nederlandse
TV stasie uitgesaai was?

http://www.informationclearinghouse.info/article3995.htm
Re: Richard Clarke [boodskap #4284 is 'n antwoord op boodskap #4271] Wo, 24 Maart 2004 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...

> Ja ja ;-)
> Gisteraand op CBS het hulle 'n goeie stuk daaroor gehad. Gaan kyk gou
> hier:
> http://www.cbsnews.com/stories/2004/03/19/60minutes/main6073 56.shtml
>
> Die korrupte spul is vandag hard besig om vure te probeer doodslaan.
> Hulle het in daardie CBS stuk wonder bo wonder ook gepraat van die
> tereur wat Clinton kon keer op LAX wat ek genoem het op SCSAA.

Katryn, ek het jou antwoord op Google gekry, om een of ander rede her
my nuusleser dit nie opgetel nie (Sien, die Bush faksie slaap
nooit..:-)) Baie dankie vir die skakel.

> Daar is meer. Baie meer. Dinge begin stadig maar seker uitkom, maar
> dit word vreeslik vinnig toegesmeer ook. Hoe lyk dinge met Blair daar
> by julle? Dis nogal moeiliker vir julle as vir ons, want Blair is
> julle Liberal, nè?

Dinge lyk op die oomblik redelik beroerd vir Blair. Eers Spanje, en
nou dit. Dit is inderdaad moeliker hier, want alhoewel baie mense van
Blair ontslae wil raak, wil hulle ook nie Konserwatief stem nie. Baie
koerante hier praat meer en meer daaroor dat hy moet bedank of afstaan
voor die volgende verkiesing "for the good of the Labour Party".


> Terloops, het jy al na hierdie skakel geluister wat op 'n Nederlandse
> TV stasie uitgesaai was?
>
> http://www.informationclearinghouse.info/article3995.htm

Ek sal nou gaan luister.

Lorinda
Re: Richard Clarke [boodskap #4305 is 'n antwoord op boodskap #4284] Do, 25 Maart 2004 01:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Mar 2004 06:43:05 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Katryn, ek het jou antwoord op Google gekry, om een of ander rede her
> my nuusleser dit nie opgetel nie (Sien, die Bush faksie slaap
> nooit..:-)) Baie dankie vir die skakel.

Gie gie....ja, ek dink ons is gemerkte mense. Onthou my naam is
alreeds op daai lys, en ek dink joune is nou ook. Ons boodskappe maak
seker eers 'n draai iewers. ;-))

> Dinge lyk op die oomblik redelik beroerd vir Blair. Eers Spanje, en
> nou dit. Dit is inderdaad moeliker hier, want alhoewel baie mense van
> Blair ontslae wil raak, wil hulle ook nie Konserwatief stem nie. Baie
> koerante hier praat meer en meer daaroor dat hy moet bedank of afstaan
> voor die volgende verkiesing "for the good of the Labour Party".

Hoe voel jy daaroor? Is daar enige werklike alternatief? Ek onthou
jy het op 'n stadium iets genoem van 'n party wat effens linkser lê?
Liberal Democrats of so iets?
Is daar iemand in die pyplyn wat dalk vir Blair sou kon vervang? Al
wat ek weet, is dat Blair baie goeie toesprake kan hou! :-)

Ag shoot, ons het nou net gaste gekry. Sal later vanaand verder
antwoord. Dankie vir al die antwoorde, dit was erg lekker om te lees.
Ek het ook baie van die conspiracy theory verslag gehou. ;-)
Re: Richard Clarke [boodskap #4309 is 'n antwoord op boodskap #4305] Do, 25 Maart 2004 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> Hoe voel jy daaroor? Is daar enige werklike alternatief? Ek onthou
> jy het op 'n stadium iets genoem van 'n party wat effens linkser lê?
> Liberal Democrats of so iets?
> Is daar iemand in die pyplyn wat dalk vir Blair sou kon vervang? Al
> wat ek weet, is dat Blair baie goeie toesprake kan hou! :-)

Ek weet nie of die Lib Dems veel linkser is nie, hulle verskil wel van
die amptelike Labour sienings oor 'n paar dinge (hulle was byvoorbeeld
teen die Irak debakel), maar mens weet nie of dit maar nou net gewoon
opposisie sienings is nie, wat ook maar sal verander as hulle aan
bewind kom. Die gunsteling om by Blair oor te neem op die oomblik is
Gordon Brown (huidige "Chancellor of the Exchequer").

Oor Blair se toesprake kan ek maar net sê dat dit dalk beter is in die
VSA as hier, of jy is besig om hom met Bush te vergelyk :-))

Lorinda
Re: Richard Clarke [boodskap #4311 is 'n antwoord op boodskap #4309] Do, 25 Maart 2004 19:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 25 Mar 2004 10:19:53 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Ek weet nie of die Lib Dems veel linkser is nie,

Skuus, ek het dus alweer strooi gepraat? ;-)
Gie gie.. hier by ons word die term "Demokraat" gebruik vir
"liberales", (nie altyd waar nie, want mens kry baie konserwatiewe
Dems ook, soos die meeste Southern Dems). Daarom sou 'n Lib Dem hier
ultra links wees. ;-)
Dalk bly ek nou al te lank in die Suide?
;-))


> Oor Blair se toesprake kan ek maar net sê dat dit dalk beter is in die
> VSA as hier, of jy is besig om hom met Bush te vergelyk :-))

Dis presies wat ek bedoel het! ;-))
Ek wil nou nie Bush se toespraak-skrywers "misunderestimate" nie, want
hulle het sekerlik 'n moeilike taak om nie te ingewikkelde woorde te
gebruik nie, en dan moet ook in rekening gehou word dar die man ook
nie altyd so mooi verstaan wat hy versonderstel is om te sê nie.
Blair praat ten minste Engels wat selfs ons Amerikaners kan verstaan.
;-)
Dan weer ek wonder of Blair so baie van vampiere weet as Bush? In
2001 het hy dit gesê:
"One of the interesting initiatives we've taken in Washington, D.C.,
is we've got these vampire-busting devices. A vampire is a - a cell
deal you can plug in the wall to charge your cell phone."

Hmmm...ek wonder wat Bram Stoker hiervan sou dink?
Wees baie bang vir jou selfoon se "charger" - veral in die nag!!
;-)))
Re: Richard Clarke [boodskap #4312 is 'n antwoord op boodskap #4311] Do, 25 Maart 2004 19:28 Na vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:0da660paf85mo4c4sbo3g3ndja2ok6qg8f@4ax.com...

> Skuus, ek het dus alweer strooi gepraat? ;-)

Nee, glad nie. Die Lib Dems is definitief nie regs nie, maar hulle is op 'n
skaal van links, net nie veel linkser as Labour nie, hulle is so
groenerig...:-) Op seker vraagstukke waar hulle ietwat meer links voorkom,
dink ek hulle sal dit nie deurvoer as hulle aan bewind kom nie.


> Dan weer ek wonder of Blair so baie van vampiere weet as Bush? In
> 2001 het hy dit gesê:
> "One of the interesting initiatives we've taken in Washington, D.C.,
> is we've got these vampire-busting devices. A vampire is a - a cell
> deal you can plug in the wall to charge your cell phone."
>
> Hmmm...ek wonder wat Bram Stoker hiervan sou dink?
> Wees baie bang vir jou selfoon se "charger" - veral in die nag!!
> ;-)))

ROTFL!! Asof ons nie genoeg het om ons oor te bekommer nie! Die vampiere
van die 21ste eeu, in die lewe geroep deur Bush...... Die arme Washington
DC, bly weg daar hoor! :-))

Lorinda
Vorige onderwerp: Vryheid van Spraak/sensuur?
Volgende onderwerp: Aflewering tuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 21:17:20 MGT 2024