Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Magiese woorde.
Magiese woorde. [boodskap #43020] Di, 29 Mei 2001 15:02 na volgende boodskap
pjb...  is tans af-lyn  pjb...
Boodskappe: 57
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Volle Lid
Iemand op die nuusgroep het so 'n week of wat gelede iets gesê oor 'n
magiese woord.
Dit het my dadelik laat dink aan 'n woord wat veral hier bo in ons kontrei
absoluut "magic" is en dit is "Kaapse....."
As iemand 'n stalletjie of winkeltjie het waar hy enige iets verkoop en
hy/sy kan sê "kaapse........" dan is hy seker van goeie verkope. Ek sien
altyd die "kaapse druiwe", "kaapse snoek", "kaapse wyn ", "kaapse droë
vrugte" en hulle sal altyd sweer dat dit die lekkerste of beste is.
Ek wonder maar net
pjb
Re: Magiese woorde. [boodskap #43035 is 'n antwoord op boodskap #43020] Di, 29 Mei 2001 21:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy het vergeet om kaapse bokkoms te meld:)))
Annette

pjb...@eskom.co.za wrote in message
...
> Iemand op die nuusgroep het so 'n week of wat gelede iets gesê oor 'n
> magiese woord.
> Dit het my dadelik laat dink aan 'n woord wat veral hier bo in ons kontrei
> absoluut "magic" is en dit is "Kaapse....."
> As iemand 'n stalletjie of winkeltjie het waar hy enige iets verkoop en
> hy/sy kan sê "kaapse........" dan is hy seker van goeie verkope. Ek sien
> altyd die "kaapse druiwe", "kaapse snoek", "kaapse wyn ", "kaapse droë
> vrugte" en hulle sal altyd sweer dat dit die lekkerste of beste is.
> Ek wonder maar net
> pjb
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43062 is 'n antwoord op boodskap #43020] Wo, 30 Mei 2001 21:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 May 2001 17:02:02 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:

> Iemand op die nuusgroep het so 'n week of wat gelede iets gesê oor 'n
> magiese woord.
> Dit het my dadelik laat dink aan 'n woord wat veral hier bo in ons kontrei
> absoluut "magic" is en dit is "Kaapse....."
> As iemand 'n stalletjie of winkeltjie het waar hy enige iets verkoop en
> hy/sy kan sê "kaapse........" dan is hy seker van goeie verkope. Ek sien
> altyd die "kaapse druiwe", "kaapse snoek", "kaapse wyn ", "kaapse droë
> vrugte" en hulle sal altyd sweer dat dit die lekkerste of beste is.
> Ek wonder maar net

Maar dit is mos die beste? :-)) Mens kry tog nie "transvaalse snoek",
"transvaalse druiwe" ens nie. Eeeeeuw!! :-)))
Kaapse biltong en droe wors kan hulle maar hou! :-) En dan ook die
Kaapse weer. :-)
Re: Magiese woorde. [boodskap #43063 is 'n antwoord op boodskap #43062] Wo, 30 Mei 2001 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle, ek het so pas omtrent 2.5 mb vir jou gestuur. Hier is iets
groot besig om terug te kom. kyk of jy dit gekry het.

DD
Re: Magiese woorde. [boodskap #43065 is 'n antwoord op boodskap #43063] Wo, 30 Mei 2001 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 May 2001 23:19:11 +0200, Davie Davis wrote:

>
> Danielle, ek het so pas omtrent 2.5 mb vir jou gestuur. Hier is iets
> groot besig om terug te kom. kyk of jy dit gekry het.

Niks gekry nie. Net die epossie waarin jy praat van die "crushing"
ding. :-)) :-))
Re: Magiese woorde. [boodskap #43071 is 'n antwoord op boodskap #43062] Do, 31 Mei 2001 05:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek verkies die Kaapse weer - moet iets te doen hê met die wind wat alle
besoedeling wegwaai.
Annette

Danielle wrote in message ...
> On Tue, 29 May 2001 17:02:02 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
>
>> Iemand op die nuusgroep het so 'n week of wat gelede iets gesê oor 'n
>> magiese woord.
>> Dit het my dadelik laat dink aan 'n woord wat veral hier bo in ons kontrei
>> absoluut "magic" is en dit is "Kaapse....."
>> As iemand 'n stalletjie of winkeltjie het waar hy enige iets verkoop en
>> hy/sy kan sê "kaapse........" dan is hy seker van goeie verkope. Ek sien
>> altyd die "kaapse druiwe", "kaapse snoek", "kaapse wyn ", "kaapse droë
>> vrugte" en hulle sal altyd sweer dat dit die lekkerste of beste is.
>> Ek wonder maar net
>
> Maar dit is mos die beste? :-)) Mens kry tog nie "transvaalse snoek",
> "transvaalse druiwe" ens nie. Eeeeeuw!! :-)))
> Kaapse biltong en droe wors kan hulle maar hou! :-) En dan ook die
> Kaapse weer. :-)
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43073 is 'n antwoord op boodskap #43071] Do, 31 Mei 2001 06:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 31 May 2001 07:18:05 +0200, "Annette" wrote:

> Ek verkies die Kaapse weer - moet iets te doen hê met die wind wat alle
> besoedeling wegwaai.

Dis juis die wind wat my altyd gepla het. Dit waai ALTYD! :-))
Re: Magiese woorde. [boodskap #43075 is 'n antwoord op boodskap #43062] Do, 31 Mei 2001 06:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:teoaht83hqijb6peksf6ja7m73tpnaptdm@4ax.com...
> On Tue, 29 May 2001 17:02:02 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
> Maar dit is mos die beste? :-)) Mens kry tog nie "transvaalse snoek",
> "transvaalse druiwe" ens nie. Eeeeeuw!! :-)))
> Kaapse biltong en droe wors kan hulle maar hou! :-) En dan ook die
> Kaapse weer. :-)

Die meerderheid snoek word gerook by Snoekies in Pooitjiesstroom. Die
hoofmeerderheid uitvoerdtafeldruiwe kom uit die Transvaalse Waterberge
(Warmbad, Nylstroom se omgewing). ZZ2 (die maatskappy) verskaf die meeste
tamaties as 'n enkel maatskappy (en hulle is in Transvaal); alhoewel
Kimberley bekend staan vir hulle aardappels, is die grootse verskaffers van
die produk daar in die vere Noorde by Dendron, ens.
Re: Magiese woorde. [boodskap #43077 is 'n antwoord op boodskap #43071] Do, 31 Mei 2001 07:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek stop so drie jaar gelede op die oosrand by 'n trokkie wat langs die pad
staan met 'n groot teken op die kant: "Kaapse Hanepoot". Self baie lief vir
druiwe slaan ek briek aan dat die stof staan. Een van ons Kaapse vriende
met die uit voortande storm my tegemoet met 'n boksie vir "Net vyftien bob
maser!!" (skryf maar soos hy gesê het)

R8.00 later ry ek weg met 'n boksie barlinka wat iewers lank in 'n koelkamer
gestaan het sodat party korrels al 'n effe skim om die stingeltjie het en
die skil so frank proe dat jy netsowel 'n stuk aluin kon gelek het.
By navrae hoor ek: "Dja maser, maar die walies wiet fokkol van grapes sie,
en 'n man moet iet."

Ek het al heerlike lokale druiwe net noord van Warmbad gekoop. Ek kom nie
altyd op die dorpie se naam nie. Hulle het tot 'n druiwefees elke jaar.

"Annette" skryf in boodskap news:9f4koi$a1k$3@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek verkies die Kaapse weer - moet iets te doen hê met die wind wat alle
> besoedeling wegwaai.
> Annette
>
> Danielle wrote in message ...
>> On Tue, 29 May 2001 17:02:02 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
>>
>>> Iemand op die nuusgroep het so 'n week of wat gelede iets gesê oor 'n
>>> magiese woord.
>>> Dit het my dadelik laat dink aan 'n woord wat veral hier bo in ons kontrei
>>> absoluut "magic" is en dit is "Kaapse....."
>>> As iemand 'n stalletjie of winkeltjie het waar hy enige iets verkoop en
>>> hy/sy kan sê "kaapse........" dan is hy seker van goeie verkope. Ek sien
>>> altyd die "kaapse druiwe", "kaapse snoek", "kaapse wyn ", "kaapse droë
>>> vrugte" en hulle sal altyd sweer dat dit die lekkerste of beste is.
>>> Ek wonder maar net
>>
>> Maar dit is mos die beste? :-)) Mens kry tog nie "transvaalse snoek",
>> "transvaalse druiwe" ens nie. Eeeeeuw!! :-)))
>> Kaapse biltong en droe wors kan hulle maar hou! :-) En dan ook die
>> Kaapse weer. :-)
>>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43083 is 'n antwoord op boodskap #43077] Do, 31 Mei 2001 08:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PW Botha[1]  is tans af-lyn  PW Botha[1]
Boodskappe: 30
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
Die dorpie heet Nylstroom en het elke jaar 'n druiwe fees.
Daar is tot 'n druiwe/brandewyn roete in die geweste

"Sakkie" skryf in boodskap news:3b15efa7$0$228@hades.is.co.za...
> Ek stop so drie jaar gelede op die oosrand by 'n trokkie wat langs die pad
> staan met 'n groot teken op die kant: "Kaapse Hanepoot". Self baie lief vir
> druiwe slaan ek briek aan dat die stof staan. Een van ons Kaapse vriende
> met die uit voortande storm my tegemoet met 'n boksie vir "Net vyftien bob
> maser!!" (skryf maar soos hy gesê het)
>
> R8.00 later ry ek weg met 'n boksie barlinka wat iewers lank in 'n koelkamer
> gestaan het sodat party korrels al 'n effe skim om die stingeltjie het en
> die skil so frank proe dat jy netsowel 'n stuk aluin kon gelek het.
> By navrae hoor ek: "Dja maser, maar die walies wiet fokkol van grapes sie,
> en 'n man moet iet."
>
> Ek het al heerlike lokale druiwe net noord van Warmbad gekoop. Ek kom nie
> altyd op die dorpie se naam nie. Hulle het tot 'n druiwefees elke jaar.
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:9f4koi$a1k$3@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Ek verkies die Kaapse weer - moet iets te doen hê met die wind wat alle
>> besoedeling wegwaai.
>> Annette
>>
>> Danielle wrote in message ...
>>> On Tue, 29 May 2001 17:02:02 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
>>>
>>>> Iemand op die nuusgroep het so 'n week of wat gelede iets gesê oor 'n
>>>> magiese woord.
>>>> Dit het my dadelik laat dink aan 'n woord wat veral hier bo in ons kontrei
>>>> absoluut "magic" is en dit is "Kaapse....."
>>>> As iemand 'n stalletjie of winkeltjie het waar hy enige iets verkoop en
>>>> hy/sy kan sê "kaapse........" dan is hy seker van goeie verkope. Ek sien
>>>> altyd die "kaapse druiwe", "kaapse snoek", "kaapse wyn ", "kaapse droë
>>>> vrugte" en hulle sal altyd sweer dat dit die lekkerste of beste is.
>>>> Ek wonder maar net
>>>
>>> Maar dit is mos die beste? :-)) Mens kry tog nie "transvaalse snoek",
>>> "transvaalse druiwe" ens nie. Eeeeeuw!! :-)))
>>> Kaapse biltong en droe wors kan hulle maar hou! :-) En dan ook die
>>> Kaapse weer. :-)
>>>
>>
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43084 is 'n antwoord op boodskap #43073] Do, 31 Mei 2001 08:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle, was jy al in Kaapstad as die wind nie waai nie. Ek praat van glad
nie waai nie. Durban se Februarie kan gaan bars om by die
ongemaklikheidsfaktor uit te kom. Gee my eerder 'n briesie enige dag.
Sakkie (oud-Kapenaar)

"Danielle" skryf in boodskap news:9inbhtk117am0ph109tg42dipm12q86j19@4ax.com...
> On Thu, 31 May 2001 07:18:05 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek verkies die Kaapse weer - moet iets te doen hê met die wind wat alle
>> besoedeling wegwaai.
>
> Dis juis die wind wat my altyd gepla het. Dit waai ALTYD! :-))
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43091 is 'n antwoord op boodskap #43062] Do, 31 Mei 2001 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pjb...  is tans af-lyn  pjb...
Boodskappe: 57
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Volle Lid
Danielle, jy saal nou 'n wille perd op. Okay, daar issie snoek en bokkems
innie Transvaal nie maar hier is sowaar enige tyd net sulke lekker druiwe EN
wyn EN droëvrugte,
En vir die Kaapse weer, wel, elke keer as ek daar was was dit die
wonderlikste weer uit en nou bedoel ek Febr, Maart en April en selfs in
Julie was ek daar. Dit was koud maar min wind.
Miskien moet ek "Kaapse lug." bottel en hier probeer verkoop.

"Danielle" skryf in boodskap news:teoaht83hqijb6peksf6ja7m73tpnaptdm@4ax.com...
> On Tue, 29 May 2001 17:02:02 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
>> Maar dit is mos die beste? :-)) Mens kry tog nie "transvaalse snoek",
> "transvaalse druiwe" ens nie. Eeeeeuw!! :-)))
> Kaapse biltong en droe wors kan hulle maar hou! :-) En dan ook die
> Kaapse weer. :-)
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43093 is 'n antwoord op boodskap #43091] Do, 31 Mei 2001 15:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PW Botha[1]  is tans af-lyn  PW Botha[1]
Boodskappe: 30
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
Een ding weet ek verseker die wyn in Gauteng is baie goedkoper as in die
Kaap en nou praat ons van dieselfde wyn

wrote in message
news:9f5ia2$2usa$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Danielle, jy saal nou 'n wille perd op. Okay, daar issie snoek en bokkems
> innie Transvaal nie maar hier is sowaar enige tyd net sulke lekker druiwe EN
> wyn EN droëvrugte,
> En vir die Kaapse weer, wel, elke keer as ek daar was was dit die
> wonderlikste weer uit en nou bedoel ek Febr, Maart en April en selfs in
> Julie was ek daar. Dit was koud maar min wind.
> Miskien moet ek "Kaapse lug." bottel en hier probeer verkoop.
> "Danielle" wrote in message
> news:teoaht83hqijb6peksf6ja7m73tpnaptdm@4ax.com...
>> On Tue, 29 May 2001 17:02:02 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
>>> Maar dit is mos die beste? :-)) Mens kry tog nie "transvaalse snoek",
>> "transvaalse druiwe" ens nie. Eeeeeuw!! :-)))
>> Kaapse biltong en droe wors kan hulle maar hou! :-) En dan ook die
>> Kaapse weer. :-)
>>
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43096 is 'n antwoord op boodskap #43093] Do, 31 Mei 2001 17:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Net soos wat jy meer betaal vir 'n kledingstuk met 'n etiket, net so betaal
ons meer vir die voorreg om by die Landgoed te koop:)))
Annette

Krokkie wrote in message ...
> Een ding weet ek verseker die wyn in Gauteng is baie goedkoper as in die
> Kaap en nou praat ons van dieselfde wyn
>
>
> wrote in message
> news:9f5ia2$2usa$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
>> Danielle, jy saal nou 'n wille perd op. Okay, daar issie snoek en bokkems
>> innie Transvaal nie maar hier is sowaar enige tyd net sulke lekker druiwe
> EN
>> wyn EN droëvrugte,
>> En vir die Kaapse weer, wel, elke keer as ek daar was was dit die
>> wonderlikste weer uit en nou bedoel ek Febr, Maart en April en selfs in
>> Julie was ek daar. Dit was koud maar min wind.
>> Miskien moet ek "Kaapse lug." bottel en hier probeer verkoop.
>> "Danielle" wrote in message
>> news:teoaht83hqijb6peksf6ja7m73tpnaptdm@4ax.com...
>>> On Tue, 29 May 2001 17:02:02 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
>>>> Maar dit is mos die beste? :-)) Mens kry tog nie "transvaalse
snoek",
>>> "transvaalse druiwe" ens nie. Eeeeeuw!! :-)))
>>> Kaapse biltong en droe wors kan hulle maar hou! :-) En dan ook die
>>> Kaapse weer. :-)
>>>
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43097 is 'n antwoord op boodskap #43091] Do, 31 Mei 2001 17:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis waar - ons het hierdie jaar al 'n hele paar windstil dae gehad.
Gelukkig het die wind snags gewaai.
Ek kan vir jou 'n botteltjie Kaapse lug met 'n korrel seesand aanstuur.
Al wat jy moet doen is om die lug oor te gooi in Gauteng bottels.
Jy sal 'n wonderwerk sien gebeur - hoe meer lug jy oorgooi, hoe meer lug het
jy om oor te gooi")
Annette

pjb...@eskom.co.za wrote in message
...
> Danielle, jy saal nou 'n wille perd op. Okay, daar issie snoek en bokkems
> innie Transvaal nie maar hier is sowaar enige tyd net sulke lekker druiwe EN
> wyn EN droëvrugte,
> En vir die Kaapse weer, wel, elke keer as ek daar was was dit die
> wonderlikste weer uit en nou bedoel ek Febr, Maart en April en selfs in
> Julie was ek daar. Dit was koud maar min wind.
> Miskien moet ek "Kaapse lug." bottel en hier probeer verkoop.
> "Danielle" wrote in message
> news:teoaht83hqijb6peksf6ja7m73tpnaptdm@4ax.com...
>> On Tue, 29 May 2001 17:02:02 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
>>> Maar dit is mos die beste? :-)) Mens kry tog nie "transvaalse snoek",
>> "transvaalse druiwe" ens nie. Eeeeeuw!! :-)))
>> Kaapse biltong en droe wors kan hulle maar hou! :-) En dan ook die
>> Kaapse weer. :-)
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43098 is 'n antwoord op boodskap #43073] Do, 31 Mei 2001 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Danielle, hoe lank laas was jy hier?
As dit langer as 4 jaar gelede was, lewe jy in die verlede:))
( Ek wou sê oude doos, maar ek wil nie die manne opgewonde maak nie:)) )
Annette ( die wind was selfs vandag nie eers erg nie)

Danielle wrote in message ...
> On Thu, 31 May 2001 07:18:05 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek verkies die Kaapse weer - moet iets te doen hê met die wind wat alle
>> besoedeling wegwaai.
>
> Dis juis die wind wat my altyd gepla het. Dit waai ALTYD! :-))
>
Re: Kaapse weer [boodskap #43105 is 'n antwoord op boodskap #43073] Do, 31 Mei 2001 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Maar daai twee weke van die jaar wat hy nie waai nie, maak op vir
alles!!!
____________________________________________________________
"Danielle"
> Dis juis die wind wat my altyd gepla het. Dit waai ALTYD! :-))
Re:Annette van die Kaap [boodskap #43106 is 'n antwoord op boodskap #43098] Do, 31 Mei 2001 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Voorjaar in die Kaap is magic! (Jammer dat hy dan gewoonlik droog en
vaal is.) In die najaar is hy pragtig, maar die winters wat nie wou
ophou nie het my depresief gemaak.

Ek het toe ek 21 was die eerste keer afgtrek Kaap toe. Dit was vir my
altyd moeilik om vriende te maak in die Kaap... (Ek het sê minderwaardig
gevoel)

Die vibe van die Kaap kry jy nêrens anders nie!!! Ek verlang meer na die
Kaap as na my familie...
___________________________________________________________
"Annette"
> Danielle, hoe lank laas was jy hier?
> As dit langer as 4 jaar gelede was, lewe jy in die verlede:))
> ( Ek wou sê oude doos, maar ek wil nie die manne opgewonde maak nie:)) )
> Annette ( die wind was selfs vandag nie eers erg nie)
Re: Magiese woorde. [boodskap #43107 is 'n antwoord op boodskap #43097] Do, 31 Mei 2001 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Magiese woorde, inderdaad!
_______________________________________________________

"Annette" skryf in boodskap news:9f5v03$hil$4@ctb-nnrp1.saix.net...
> Dis waar - ons het hierdie jaar al 'n hele paar windstil dae gehad.
> Gelukkig het die wind snags gewaai.
> Ek kan vir jou 'n botteltjie Kaapse lug met 'n korrel seesand aanstuur.
> Al wat jy moet doen is om die lug oor te gooi in Gauteng bottels.
> Jy sal 'n wonderwerk sien gebeur - hoe meer lug jy oorgooi, hoe meer lug het
> jy om oor te gooi")
> Annette
>
> pjb...@eskom.co.za wrote in message
> ...
>> Danielle, jy saal nou 'n wille perd op. Okay, daar issie snoek en bokkems
>> innie Transvaal nie maar hier is sowaar enige tyd net sulke lekker
druiwe
> EN
>> wyn EN droëvrugte,
>> En vir die Kaapse weer, wel, elke keer as ek daar was was dit die
>> wonderlikste weer uit en nou bedoel ek Febr, Maart en April en selfs in
>> Julie was ek daar. Dit was koud maar min wind.
>> Miskien moet ek "Kaapse lug." bottel en hier probeer verkoop.
>> "Danielle" wrote in message
>> news:teoaht83hqijb6peksf6ja7m73tpnaptdm@4ax.com...
>>> On Tue, 29 May 2001 17:02:02 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
>>>> Maar dit is mos die beste? :-)) Mens kry tog nie "transvaalse
snoek",
>>> "transvaalse druiwe" ens nie. Eeeeeuw!! :-)))
>>> Kaapse biltong en droe wors kan hulle maar hou! :-) En dan ook die
>>> Kaapse weer. :-)
>>
>
Re: Re:Annette van die Kaap [boodskap #43114 is 'n antwoord op boodskap #43106] Do, 31 Mei 2001 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nie vriende maak hier nie? Snaaks, ek het geen probleme gehad nie - moet
seker die feit wees dat ek bry:)))
Max, dis nou al 4 jaar lank dat ons nie winter hier kry nie - dit reen nie
meer dae aaneen nie, dit word nie koud genoeg om onder 'n kombers op te krul
met 'n glas wyn en 'n goeie boek nie, en die vrugtebome is moeg gebloei:)))
Aan die ander kant word die bokkoms gouer droog, ons kan langer op die
strand rondloop en meer son sien:)
Annette

Max wrote in message ...
> Voorjaar in die Kaap is magic! (Jammer dat hy dan gewoonlik droog en
> vaal is.) In die najaar is hy pragtig, maar die winters wat nie wou
> ophou nie het my depresief gemaak.
>
> Ek het toe ek 21 was die eerste keer afgtrek Kaap toe. Dit was vir my
> altyd moeilik om vriende te maak in die Kaap... (Ek het sê minderwaardig
> gevoel)
>
> Die vibe van die Kaap kry jy nêrens anders nie!!! Ek verlang meer na die
> Kaap as na my familie...
> ___________________________________________________________
> "Annette"
>> Danielle, hoe lank laas was jy hier?
>> As dit langer as 4 jaar gelede was, lewe jy in die verlede:))
>> ( Ek wou sê oude doos, maar ek wil nie die manne opgewonde maak
> nie:)) )
>> Annette ( die wind was selfs vandag nie eers erg nie)
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43120 is 'n antwoord op boodskap #43075] Vr, 01 Junie 2001 04:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
En waar sou die snoek wat so gerook word gevang word?
Annette

Ernest wrote in message ...
>
> "Danielle" wrote in message
> news:teoaht83hqijb6peksf6ja7m73tpnaptdm@4ax.com...
>> On Tue, 29 May 2001 17:02:02 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
>> Maar dit is mos die beste? :-)) Mens kry tog nie "transvaalse snoek",
>> "transvaalse druiwe" ens nie. Eeeeeuw!! :-)))
>> Kaapse biltong en droe wors kan hulle maar hou! :-) En dan ook die
>> Kaapse weer. :-)
>
> Die meerderheid snoek word gerook by Snoekies in Pooitjiesstroom. Die
> hoofmeerderheid uitvoerdtafeldruiwe kom uit die Transvaalse Waterberge
> (Warmbad, Nylstroom se omgewing). ZZ2 (die maatskappy) verskaf die meeste
> tamaties as 'n enkel maatskappy (en hulle is in Transvaal); alhoewel
> Kimberley bekend staan vir hulle aardappels, is die grootse verskaffers van
> die produk daar in die vere Noorde by Dendron, ens.
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43121 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 04:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wynproe by 'n Landgoed is deesdae 'n sosiale geleentheid:))
By Botha Kelders kan mens nog lekker proe en loshande die beste wyn vir die
beste prys kry.
By Fairview moet jy R10 betaal vir die voorreg om te kan proe.
Solly Kramers hou mos nie die beste landgoedwyne aan nie - of drink jy al
wat voorkom?:))))
Die duurste wyne is definitief nie die beste wyne nie. Ek steur my nie aan
snobwaarde nie - ek koop die wyn waarvan ek van hou.
Die dametjie was hoeka vies vir my by die KWV wynproe toe ek haar vra hoekom
sy nie vir die toeriste vertel hulle kan baie beter wyne proe by sommige
landgoede daar naby nie:))))
Annette

Danielle wrote in message ...
> On Thu, 31 May 2001 19:09:20 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Net soos wat jy meer betaal vir 'n kledingstuk met 'n etiket, net so betaal
>> ons meer vir die voorreg om by die Landgoed te koop:))
>
> Maar maar...maar...MAAR - Annette, dit was mos nie voorheen so nie.
> Ons het dan juis altyd op Saterdae tussen die verskillende Landgoede
> gery op soek na winskopies. Die lekkerte was juis al die gratis
> proeery (dit was defintief gratis!!). Dit was definitief goedkoper om
> grootmaak by die "co-ops" te gaan koop!
> Maar ek moet ook erken dat net voor ons daar weg was, was dit half
> goedkoper om by Solly Kramers te gaan koop as by die Landgoed self.
> Ai, hoe vinnig verander dinge darem ook nie! :-)
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43122 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 04:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat drink die niks daar wanneer hulle saamkuier?:))
Annette

Danielle wrote in message ...
> On Thu, 31 May 2001 17:54:03 +0200, "Krokkie"
> wrote:
>
>> Een ding weet ek verseker die wyn in Gauteng is baie goedkoper as in die
>> Kaap en nou praat ons van dieselfde wyn
>
> Dit is iets nuuts. Gewoonlik was dit mos andersom? Hou die
> Transvalers nog steeds van hulle SOET wyne, of het hulle darem
> intussen al 'n bietjie kultuur bygekry? missiele> :-))))
> Ek mag sulke goed se, want ek was half vaalpens en half kypie. Noulat
> ek hier in Amerika sit, is ek NIKS. Soms is dit goed om niks te
> wees....:-)
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43123 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 04:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons moes altyd 'n bottel seewater terugvat Witbank of Bloemfontein toe. Wat
daarmee gedoen is sal ek nie weet nie - miskien sal dit interessant wees om
dit uit te vind.
I.v.m. met die wind wat nooit ophou om te waai nie - nooit is 'n lang woord.
Annette

Danielle wrote in message ...
> On Thu, 31 May 2001 15:52:18 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
>
>> Danielle, jy saal nou 'n wille perd op.
>
> Nog nooit nie! :-)))
>
>> Okay, daar issie snoek en bokkems
>> innie Transvaal nie maar hier is sowaar enige tyd net sulke lekker druiwe EN
>> wyn EN droëvrugte,
>
> Hulle kan maar die bokkoms
> en snoek hou hoor. Om nie eens te praat van die suurvye wat hulle
> altyd daar naby die Tuine verkoop het nie! :-)))
> Maar ek sal darem nie omgee om weer 'n paar waterblommetjies in die
> hande te kry nie. Waterblommetjie bredie is darem lekker. :-)
>
> Maar van die Transvaalse druiwe en droë vrugte, het ek eerlikwaar nie
> geweet nie. Krokkie praat van Nylstroom - ek kan daardie wereld
> nogal onthou, maar ek kan net forel plase ens. onthou. Glad niks van
> wyn en druiwe nie. Kan wel daardie verskriklike slegte "lemoen wyn"
> of so iets onthou wat mens op 'n stadium kon koop. Wyn wat van
> lemoene gemaak is? Soms wonder ek of ek droom, en of dit rerige goed
> is wat ek onthou van jare gelede. :-)
>
>> En vir die Kaapse weer, wel, elke keer as ek daar was was dit die
>> wonderlikste weer uit en nou bedoel ek Febr, Maart en April en selfs in
>> Julie was ek daar. Dit was koud maar min wind.
>
> Hey PJ, miskien is dit 'n geval van "suur druiwe" van my kant af? :-)
> Maar die wind het rerig altyd BAIE sterk gewaai - veral in Kaapstad
> self. Ek was bv. nog nooit op die "foreshore" waar daar nie wind was
> nie. Dan onthou ek spesifiek ook daardie gedeelte waar die ou Trust
> bank gebou is/was - mens kon eenvoudig nie die straat alleen oorsteek
> nie.
>
>> Miskien moet ek "Kaapse lug." bottel en hier probeer verkoop.
>
> Hehehehe, goeie idee. See-water was mos altyd die ding om terug te
> bring in bottels vir sommige van die swart mense vir die "magiese
> kragte" of iets wat die water bevat? Die Sangomas of toordokters wou
> altyd baie graag see-water gehad het. Weet jy van die stories?
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43129 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 04:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek eet hoeka net soek wat aan die Weskus gevang word:))
Annette

Danielle wrote in message ...
> On Fri, 1 Jun 2001 06:11:38 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> En waar sou die snoek wat so gerook word gevang word?
>
> Ek se vir jou Annette - hulle rook daai lelike modderrige damvisse
> daar, en almal verbeel hulle dat hulle die heerlikste "kaapse snoek"
> eet! Dalk selfs nog krokkedil vleis? Wag tot hulle in die Kaap kom,
> en agterkom dat RERIGE gerookte snoek heel anders lyk en proe!! Dan
> gaan die poppe dans! :-))))
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43130 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 04:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Want dit is mos lekker hier innie Kaap:)))
Annette

Danielle wrote in message ...
> On Thu, 31 May 2001 08:19:05 +0200, "Ernest"
> wrote:
>
>> Die meerderheid snoek word gerook by Snoekies in Pooitjiesstroom.
>
> Dankie vir die inligting Ernest.
> Maar ai toggie - dit voel en klink net nie reg vir my nie!! :-) Snoek
> is 'n Kaapse ding. Die mense daar op die hawens het altyd gepraat van
> die snoek wat weer loop vandag. Nou loop daai selle snoeke tot in die
> Transvaal net om gerook te word??
> Is julle seker dis nie sommer sulke babers of katvisse wat hulle rook
> nie? Nes Sakkie se storie oor die druiwe man wat mos gese het dat die
> Walies mos nie vir druiwe ken nie. Miskien dink die snoek/visser
> manne dieselfde ding? :-))
>
>> hoofmeerderheid uitvoerdtafeldruiwe kom uit die Transvaalse Waterberge
>> (Warmbad, Nylstroom se omgewing). ZZ2 (die maatskappy) verskaf die meeste
>> tamaties as 'n enkel maatskappy (en hulle is in Transvaal); alhoewel
>> Kimberley bekend staan vir hulle aardappels, is die grootse verskaffers van
>> die produk daar in die vere Noorde by Dendron, ens.
>
> Dit is baie interessant.
> So, wat bly dan oor wat "uniek" is in die Kaap? Hoekom trek al die
> vaalpense Kaap toe? :-)
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43131 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 05:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:dagdhtsvobo5i8lr7hj6tqbivb1sv6jap3@4ax.com...
> On Thu, 31 May 2001 15:52:18 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
> Maar van die Transvaalse druiwe en droë vrugte, het ek eerlikwaar nie
> geweet nie. Krokkie praat van Nylstroom - ek kan daardie wereld
> nogal onthou, maar ek kan net forel plase ens. onthou. Glad niks van
> wyn en druiwe nie. Kan wel daardie verskriklike slegte "lemoen wyn"
> of so iets onthou wat mens op 'n stadium kon koop. Wyn wat van
> lemoene gemaak is? Soms wonder ek of ek droom, en of dit rerige goed
> is wat ek onthou van jare gelede. :-)

Die lemoen plase is nog daar maar die wyn word nie meer daar gemaak nie. Ten
eerste mag dit dit nie 'wyn' genoem word nie want 'wyn' is 'n woord bestem
vir die brousel wat van druiwe afkomstig is. Die Rotcher winery (wat die
'lemoenwyn' gemaak het) is nou by Witrivier en hulle maak net die soetwyn
('fortified'). Al probleem met die Nylstroom pad is dit eintlik nie meer
gery word nie. Daar is nou 'n grand nuwe tolpad wat al hierdie padstalle en
plase verbyry. Ry nou op 'n dubbele snelweg tot in Pietersburg.

Ernest
Re: Magiese woorde. [boodskap #43133 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 05:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PW Botha[1]  is tans af-lyn  PW Botha[1]
Boodskappe: 30
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
Deesdae trek die Vaalpense eerder na Balito.

"Danielle" skryf in boodskap news:sm4ehtsho3p4e6lqsbid75mpp45u56l433@4ax.com...
> On Thu, 31 May 2001 08:19:05 +0200, "Ernest"
> wrote:
>
>> Die meerderheid snoek word gerook by Snoekies in Pooitjiesstroom.
>
> Dankie vir die inligting Ernest.
> Maar ai toggie - dit voel en klink net nie reg vir my nie!! :-) Snoek
> is 'n Kaapse ding. Die mense daar op die hawens het altyd gepraat van
> die snoek wat weer loop vandag. Nou loop daai selle snoeke tot in die
> Transvaal net om gerook te word??
> Is julle seker dis nie sommer sulke babers of katvisse wat hulle rook
> nie? Nes Sakkie se storie oor die druiwe man wat mos gese het dat die
> Walies mos nie vir druiwe ken nie. Miskien dink die snoek/visser
> manne dieselfde ding? :-))
>
>> hoofmeerderheid uitvoerdtafeldruiwe kom uit die Transvaalse Waterberge
>> (Warmbad, Nylstroom se omgewing). ZZ2 (die maatskappy) verskaf die meeste
>> tamaties as 'n enkel maatskappy (en hulle is in Transvaal); alhoewel
>> Kimberley bekend staan vir hulle aardappels, is die grootse verskaffers van
>> die produk daar in die vere Noorde by Dendron, ens.
>
> Dit is baie interessant.
> So, wat bly dan oor wat "uniek" is in die Kaap? Hoekom trek al die
> vaalpense Kaap toe? :-)
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43135 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kry warm:)))
Annette

Danielle wrote in message ...
> On Fri, 1 Jun 2001 07:54:14 +0200, "Krokkie"
> wrote:
>
>> Deesdae trek die Vaalpense eerder na Balito.
>
> Krokkie, ek dink ek mis iets hier, maar dis 2:20 in die oggend,
> so...:-)
> Bedoel jy Balito in Natal, noord van Durbs?
> Wat doen mens daar?
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43136 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 07:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Okie Dokie - is dit dan goed dat ek die klomp daar oorkant droëbekke
noem?:))))
Nou weet jy hoekom hulle my simpatie het;)
Annette

Danielle wrote in message ...
> On Fri, 1 Jun 2001 06:22:42 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Wat drink die niks daar wanneer hulle saamkuier?:))
>
> Niks....:-)
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43139 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Julle weet, ek lees vanoggend so deur almal se kommentaar oor wat begin het
met PJ se brief oor "Magiese Kaapstad". As 'n ou nou so terugsit en lees
deur alles wat almal skryf dan kom jou gou agter dat die Kaap "anders" is.
Of jy nou hou van Kaapstad of nie is seker maar 'n kwessie van persoonlike
smaak. Ekself is gek oor die Kaap en as ek kon sou ek vandag terug getrek
het. Ek het al self druiwe gekoop op Nylstroom (dankie Krokkie), maar dis
nie dieselfde as om dit op Rawsonville te koop by 'n uittand klong wat jou
arm probeer draai om nog 'n boksie te koop nie. Ek en die vrou het ook al
gerookte snoek op Houtbaai gesit en eet, en net gesit en nonsens praat oor
alles en nog wat. Baie deur Potch gery Rooigrond toe in die Wes-Transvaal en
kan my nie indink dat daai selfde snoek dieselfde kan proe nie.

Nee, ek wil my benadering verander. Dit kan seker dieselfde proe, gerook is
tog gerook en snoek is seker maar snoek, maar die atmosfeer en kultuur maak
dit 'n ervaring in die Kaap, en dit kan niemand namaak nie.
Annette, geniet die Kaap. Ek gaan nog vir jou kom kuier.
Sakkie (oud-Capy, oud-Walie en nou Nataller wat skielik baie nostalgies
voel)

wrote in message
news:9f0dle$2gcf$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Iemand op die nuusgroep het so 'n week of wat gelede iets gesê oor 'n
> magiese woord.
> Dit het my dadelik laat dink aan 'n woord wat veral hier bo in ons kontrei
> absoluut "magic" is en dit is "Kaapse....."
> As iemand 'n stalletjie of winkeltjie het waar hy enige iets verkoop en
> hy/sy kan sê "kaapse........" dan is hy seker van goeie verkope. Ek sien
> altyd die "kaapse druiwe", "kaapse snoek", "kaapse wyn ", "kaapse droë
> vrugte" en hulle sal altyd sweer dat dit die lekkerste of beste is.
> Ek wonder maar net
> pjb
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43143 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 07:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PW Botha[1]  is tans af-lyn  PW Botha[1]
Boodskappe: 30
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
Die einste Balito, Die plek is nou baie gewild , daar gaan nie veel aan nie,
maar die manne koop en bou lekker daar. Dis naby genoeg om vinnig deur te
glip vir 'n naweek vanaf JHB. Die weer is lekker en jy kan nog in Mei/Junie
deur die dag swem in die see sonder om regtig te koud te kry. Jy kan ook nog
veilig rondstap in die plek sonder dat die crims jou toesak.

>
>> Deesdae trek die Vaalpense eerder na Balito.
>
> Krokkie, ek dink ek mis iets hier, maar dis 2:20 in die oggend,
> so...:-)
> Bedoel jy Balito in Natal, noord van Durbs?
> Wat doen mens daar?
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43144 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PW Botha[1]  is tans af-lyn  PW Botha[1]
Boodskappe: 30
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
Dit kan waar wees , maar as jy die Kaap besoek wil jy tog nie eers deel word
van 'n "click" om uittevind waar die wyne goedkoop is nie of hoe seg ek nou
?

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3b174636.0@news1.mweb.co.za...
> Krokkie:
>> Een ding weet ek verseker die wyn in Gauteng is baie goedkoper as in die
>> Kaap en nou praat ons van dieselfde wyn
>
> Danielle :
> Dit is iets nuuts. Gewoonlik was dit mos andersom?
>
> Wouter : Dis net waar van Gautengers wat nie weet waar 'n mens in die Kaap
> wyn koop nie, Danielle ;-)
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43146 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" .
Dit is baie interessant.
So, wat bly dan oor wat "uniek" is in die Kaap? Hoekom trek al die
vaalpense Kaap toe? :-)

Wouter:
Dis maklik, dis omdat hier nog relatief min Gautengers is :-))
Re: Magiese woorde. [boodskap #43147 is 'n antwoord op boodskap #43020] Vr, 01 Junie 2001 08:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Krokkie:
> Een ding weet ek verseker die wyn in Gauteng is baie goedkoper as in die
> Kaap en nou praat ons van dieselfde wyn

Danielle :
Dit is iets nuuts. Gewoonlik was dit mos andersom?

Wouter : Dis net waar van Gautengers wat nie weet waar 'n mens in die Kaap
wyn koop nie, Danielle ;-)
Re: Magiese woorde. [boodskap #43149 is 'n antwoord op boodskap #43146] Vr, 01 Junie 2001 09:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Eina Wouter

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3b174631.0@news1.mweb.co.za...
> "Danielle" .
> Dit is baie interessant.
> So, wat bly dan oor wat "uniek" is in die Kaap? Hoekom trek al die
> vaalpense Kaap toe? :-)
>
> Wouter:
> Dis maklik, dis omdat hier nog relatief min Gautengers is :-))
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43151 is 'n antwoord op boodskap #43144] Vr, 01 Junie 2001 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nee, jy hoef nie deel van 'n kliek te wees nie. Hou net pryse in die
koerante dop en bly weg van die toeristeplekke wat die Amerikaners en
Gautengers vir suckers vang. Hier is ongelukkig baie rip-offs in die Kaap
deesdae.

"Krokkie" skryf in boodskap news:3b174aaa$0$227@hades.is.co.za...
Dit kan waar wees , maar as jy die Kaap besoek wil jy tog nie eers deel word
van 'n "click" om uittevind waar die wyne goedkoop is nie of hoe seg ek nou
?

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3b174636.0@news1.mweb.co.za...
> Krokkie:
>> Een ding weet ek verseker die wyn in Gauteng is baie goedkoper as in die
>> Kaap en nou praat ons van dieselfde wyn
>
> Danielle :
> Dit is iets nuuts. Gewoonlik was dit mos andersom?
>
> Wouter : Dis net waar van Gautengers wat nie weet waar 'n mens in die Kaap
> wyn koop nie, Danielle ;-)
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43158 is 'n antwoord op boodskap #43146] Vr, 01 Junie 2001 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons het eers 'n inval van Suidwes gehad, toe kom die tweede vlaag van die
Ooskaap.
Ons raak nou vreeslik gemeng hier:)))
Annette

Wouter Plaasvark wrote in message ...
> "Danielle" .
> Dit is baie interessant.
> So, wat bly dan oor wat "uniek" is in die Kaap? Hoekom trek al die
> vaalpense Kaap toe? :-)
>
> Wouter:
> Dis maklik, dis omdat hier nog relatief min Gautengers is :-))
>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43171 is 'n antwoord op boodskap #43143] Vr, 01 Junie 2001 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O gits!! Nou het jy dit rugbaar gemaak!! Pasop vir die vlaag misdade wat
binnekort daar gepleeg gaan word:))
Annette

Krokkie wrote in message ...
> Die einste Balito, Die plek is nou baie gewild , daar gaan nie veel aan nie,
> maar die manne koop en bou lekker daar. Dis naby genoeg om vinnig deur te
> glip vir 'n naweek vanaf JHB. Die weer is lekker en jy kan nog in Mei/Junie
> deur die dag swem in die see sonder om regtig te koud te kry. Jy kan ook nog
> veilig rondstap in die plek sonder dat die crims jou toesak.
>
>
>
>
>

>>> Deesdae trek die Vaalpense eerder na Balito.

>> Krokkie, ek dink ek mis iets hier, maar dis 2:20 in die oggend,
>> so...:-)
>> Bedoel jy Balito in Natal, noord van Durbs?
>> Wat doen mens daar?

>
Re: Magiese woorde. [boodskap #43172 is 'n antwoord op boodskap #43147] Vr, 01 Junie 2001 11:44 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Of dink die papsakke by Solly Kramers is Die Regte Ding;)))
Annette

Wouter Plaasvark wrote in message ...
> Krokkie:
>> Een ding weet ek verseker die wyn in Gauteng is baie goedkoper as in die
>> Kaap en nou praat ons van dieselfde wyn
>
> Danielle :
> Dit is iets nuuts. Gewoonlik was dit mos andersom?
>
> Wouter : Dis net waar van Gautengers wat nie weet waar 'n mens in die Kaap
> wyn koop nie, Danielle ;-)
>
Vorige onderwerp: The lesson of the Homeless Man
Volgende onderwerp: Ou Omies in Engeland!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 10:33:21 MGT 2024