Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Boplaas het weer toegeval" deur BOERNEEF
"Boplaas het weer toegeval" deur BOERNEEF [boodskap #32726] Di, 25 Julie 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

BOPLAAS HET WEER TOEGEVAL
Boerneef

Boplaas het weer toegeval
van wit kapok en dik kapok
soos in my vroeë kindertyd.
Die berge in die noordekant
lyk net soos in my kindertyd –
tog glansender en kouer wit
en spokiger en bleker wit
as in my vroeë kindertyd.
Hoe kon ek weet in daardie tyd,
by die vuurherd met sy tolbosgloed,
van die nat kapok se venynigheid.
Re: "Boplaas het weer toegeval" deur BOERNEEF [boodskap #32947 is 'n antwoord op boodskap #32726] So, 30 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dankie vir die pragtige gedig -
Hier in my naweek-Ceres is die woorde so eg!

Lekker week vir almal in die nuusgroep.
Ek het 'n laptop gekry om mee te speel.
Hopelik sal ek nou meer hier kom draai....

Net om die draai vanuit 'n koue Kaap -

KaapseKind

skryf in boodskap news:397CFB24.7B9949B6@home.com...
BOPLAAS HET WEER TOEGEVAL
Boerneef

Boplaas het weer toegeval
van wit kapok en dik kapok
soos in my vroeë kindertyd.
Die berge in die noordekant
lyk net soos in my kindertyd -
tog glansender en kouer wit
en spokiger en bleker wit
as in my vroeë kindertyd.
Hoe kon ek weet in daardie tyd,
by die vuurherd met sy tolbosgloed,
van die nat kapok se venynigheid.
Re: "Boplaas het weer toegeval" deur BOERNEEF [boodskap #42702 is 'n antwoord op boodskap #32726] Vr, 25 Mei 2001 05:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nog steeds nie of daar 'n verskil tussen sneeu en kapok is
nie... Natte sneeu is nie baie lekker nie...
____________________________________________________________
skryf in boodskap news:3B0D93E5.4B096BD8@home.com...
BOPLAAS HET WEER TOEGEVAL
Boerneef

Boplaas het weer toegeval
van wit kapok en dik kapok
soos in my vroeë kindertyd.
Die berge in die noordekant
lyk net soos in my kindertyd -
tog glansender en kouer wit
en spokiger en bleker wit
as in my vroeë kindertyd.
Hoe kon ek weet in daardie tyd,
by die vuurherd met sy tolbosgloed,
van die nat kapok se venynigheid.
Re: "Boplaas het weer toegeval" deur BOERNEEF [boodskap #42727 is 'n antwoord op boodskap #42702] Vr, 25 Mei 2001 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Waar ek in die Wes Kaap groot geword het, het dit gereeld gesneeu. My ouma
sou gesê het dat dit gereeld gekapok het. Ek hoor meer die ouer garde praat
van kapok. Nat sneeu is eerder ysreën.

"Max" skryf in boodskap news:9ekpp5$ali$4@azure.nl.gxn.net...
> Ek weet nog steeds nie of daar 'n verskil tussen sneeu en kapok is
> nie... Natte sneeu is nie baie lekker nie...
> ____________________________________________________________
> skryf in boodskap news:3B0D93E5.4B096BD8@home.com...
> BOPLAAS HET WEER TOEGEVAL
> Boerneef
>
> Boplaas het weer toegeval
> van wit kapok en dik kapok
> soos in my vroeë kindertyd.
> Die berge in die noordekant
> lyk net soos in my kindertyd -
> tog glansender en kouer wit
> en spokiger en bleker wit
> as in my vroeë kindertyd.
> Hoe kon ek weet in daardie tyd,
> by die vuurherd met sy tolbosgloed,
> van die nat kapok se venynigheid.
>
Re: "Boplaas het weer toegeval" deur BOERNEEF [boodskap #42738 is 'n antwoord op boodskap #32726] Vr, 25 Mei 2001 12:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> Ek weet nog steeds nie of daar 'n verskil tussen sneeu en kapok is
> nie...

Ek weet nie hoekom hulle dit kapok noem nie. Dis 'n Maleisewoord wat
verwys na iets plantaardigs, soos katoen. Miskien
het die Maleiers gedink die kapok val uit die hemel. Maar ek
kan duidelik onthou dat my pa van "kapok" gepraat het, wat
hy seker soms in die Koue Bokkeveld ervaar het.

Gloudina


> BOPLAAS HET WEER TOEGEVAL
> Boerneef
>
> Boplaas het weer toegeval
> van wit kapok en dik kapok
> soos in my vroeë kindertyd.
> Die berge in die noordekant
> lyk net soos in my kindertyd -
> tog glansender en kouer wit
> en spokiger en bleker wit
> as in my vroeë kindertyd.
> Hoe kon ek weet in daardie tyd,
> by die vuurherd met sy tolbosgloed,
> van die nat kapok se venynigheid.
Re: "Boplaas het weer toegeval" deur BOERNEEF [boodskap #42898 is 'n antwoord op boodskap #32726] Ma, 28 Mei 2001 08:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja kapok is Maleisies. Seker met verwysing na die sagte vesels (amper soos
katoen) en dat sagte sneeu as kapok bekend staan. Bolanders het op 'n
stadium (voor Hessie se 3e Taal Beweging) van kapok gepraat. Ouer mense
gebruik dit nog gereeld.
Thys oppie (kapok) Bos (wag vir ons eerste winter kapok)
skryf in boodskap news:3B0E4E70.44F58798@home.com...
Max wrote:

> Ek weet nog steeds nie of daar 'n verskil tussen sneeu en kapok is
> nie...

Ek weet nie hoekom hulle dit kapok noem nie. Dis 'n Maleisewoord wat
verwys na iets plantaardigs, soos katoen. Miskien
het die Maleiers gedink die kapok val uit die hemel. Maar ek
Re: "Boplaas het weer toegeval" deur BOERNEEF [boodskap #42911 is 'n antwoord op boodskap #32726] Ma, 28 Mei 2001 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Thys oppie (kapok) Bos (wag vir ons eerste winter kapok)

Thys, het jy al ooit sneeu in downtown Stellenbosch gesien?
Ek weet dat dit gereeld op die Pieke sneeu. Die eenkeer wat
ek die Pieke geklim het, met die BTK, was dit al lekker warm
onder in die dorp, maar bo-op het daar nog stukke ys en sneeu
in die slote gelê.
Iets anders wat my bybly van Stellenbosch in die lente - daar
is al wit bloeisels op die bome onder in die dorp, maar die wind
waai vlymskerp koud want daar lê nog wit sneeu op die Pieke.

Gloudina
Re: "Boplaas het weer toegeval" deur BOERNEEF [boodskap #42989 is 'n antwoord op boodskap #32726] Di, 29 Mei 2001 07:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Sneeu in downtown Stellenbosch? Gloudina, jy's te lank in die land van
"vir-agt-maande-is-alles-spierwit" soos 'n goeie vriendin van ons daar sê!

Nee nog nie sneeu hier gesien nie. Maar jy weet mos sneeu val nie hier in
die dorp nie. Dit kan nie, want die studente vry hier so baie dat dit so
warm is dat die sneeu smelt voordat dit kan val, en dan kry ons dus reën...

Maar jy behoort mos die "aardrykskunde" (of is dit nou akademiese
her-aanpassingsprogamme) te kan verstaan, want jy was mos self hier?

Thys op die sneeulose 'Bos

Gloudina het gegorrel:
> Thys, het jy al ooit sneeu in downtown Stellenbosch gesien?
Re: "Boplaas het weer toegeval" deur BOERNEEF [boodskap #43047 is 'n antwoord op boodskap #32726] Wo, 30 Mei 2001 11:32 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Ja kapok is Maleisies.

> Thys oppie (kapok) Bos (wag vir ons eerste winter kapok)
>
>

Thys, net om te bewys dat dit jy is wat eerste vir "sneeu"
en "downtown Stellenbosch" in jukstaposisie geplaas het.
Kan jy my blameer dat ek jou vra of dit al in downtown
Stellenbosch gesneeu het ( sneeu op die Braak, sneeu
op die kappertjies by die Eerste Rivier, sneeu op Dagbreek
se dak en die poskantoortjie oorkant Huis de Villiers.)

Gloudina-oppie-walle-van-die-Ottawa
Vorige onderwerp: "Die Son sak Weg" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 11:54:11 MGT 2024