Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geletterdheid
Geletterdheid [boodskap #43007] Di, 29 Mei 2001 11:35 na volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Ek wonder hoe akkuraat sy is Gloudina. Ek het n vriendin
> wat van Egipte kom, en sy vertel my altyd dat Egipte die hoogste
> geletterdheid in Afrika het. Sy mag natuurlik verkeerd wees.
> Poppie

Gloudina : Maar as Antjie so iets sê, sal sy dit nie sommer so sê nie.

Wouter : Sy glo waarskynlik haar bron in Zimbabwe. En haar bronne kan dalk
lees, maar kan hulle ook tel en persentasies uitwerk? :-)

Maar grappies op 'n stokkie, daar kom wel goeie swart afgestudeerdes uit Zim
se universiteite, ook in die handelwetenskappe.

En het Kuba nie (een van) die hoogste geletterdheidsvlakke in die wêreld
nie? Heelwat hoër as die VSA.
Re: Geletterdheid [boodskap #43013 is 'n antwoord op boodskap #43007] Di, 29 Mei 2001 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Maar grappies op 'n stokkie, daar kom wel goeie swart afgestudeerdes uit Zim
> se universiteite, ook in die handelwetenskappe.
>
> En het Kuba nie (een van) die hoogste geletterdheidsvlakke in die wêreld
> nie? Heelwat hoër as die VSA.

Ja, in die VSA waar hulle soms nie kan lees nie, al het hulle'n hele paar jaar
skool al agter die rug.

Gloudina
Re: Geletterdheid [boodskap #43016 is 'n antwoord op boodskap #43007] Di, 29 Mei 2001 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Gloudina, lang tyd nie gepraat nie.
Daar is GROOT fout met die opleiding stelsel as 'n kind 'n paar jaar op
skool is/was en nog nie kan skryf nie! Dit laat 'n ou wonder of die "nuwe"
metodes van dissipline toepas in SA skole die verwagte resultate gaan lewer,
en of ons nie ook maar haastig oppad is na dieselfde situasie nie.
(Geskokte)Sakkie

> Wouter Plaasvark wrote:

>> Maar grappies op 'n stokkie, daar kom wel goeie swart afgestudeerdes uit Zim
>> se universiteite, ook in die handelwetenskappe.

>> En het Kuba nie (een van) die hoogste geletterdheidsvlakke in die wêreld
>> nie? Heelwat hoër as die VSA.

Ja, in die VSA waar hulle soms nie kan lees nie, al het hulle'n hele paar
jaar
skool al agter die rug.

Gloudina
Re: Geletterdheid [boodskap #43019 is 'n antwoord op boodskap #43007] Di, 29 Mei 2001 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Hallo Gloudina, lang tyd nie gepraat nie.
> Daar is GROOT fout met die opleiding stelsel as 'n kind 'n paar jaar op
> skool is/was en nog nie kan skryf nie! Dit laat 'n ou wonder of die "nuwe"
> metodes van dissipline toepas in SA skole die verwagte resultate gaan lewer,
> en of ons nie ook maar haastig oppad is na dieselfde situasie nie.
> (Geskokte)Sakkie
>

Is ek reg dat jy nou in Amanzimtoti bly? (die plek van die
soet water, waar Shaka sy wittebrood deurgebring het, glo.)
Ek ken die wêreld daarlangs taamlik goed. Het op twee
aparte kere altesaam vyf jaar op Adams Mission skoolgehou
(nog voor hulle die lekker teerpad gebou het wat daarnaby
verbygaan. Was jy al op Adams Mission? Die hele plek is
'n historiese monument.
Wat is die "nuwe" metodes van dissipline toepas in
SA skole?

Gloudina
Re: Geletterdheid [boodskap #43081 is 'n antwoord op boodskap #43007] Do, 31 Mei 2001 08:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nog nooit eens gehoor van Adams Mission nie en ek is al twee jaar hier op
Amanzimtoti. Ek sal moet begin naslaan oor die omgewing. Moet sê ek was
baie besig om 'n aanleg weer terug op die bene te help. Die kinders het al
die vrou gevra wie die oom is wat so af en toe vir hulle kom kuier.

Met ons nuwe grondwet is lyfstraf mos onwettig. Skoolhoofde is geen leiding
gegee oor alternatiewe metodes van dissipline verseker nie. By my kinders
se skool is dit Vrydag terugbly na skool of afsondering en as dit nie help
nie, skorsing. Die hele proses word in noue samewerking met die ouers
gevolg. Dit help vir die meeste kinders waar die ouers nog omgee. Maar
daar is skole waar die uitgangspunt is dat die kind se dissipline nou
vierkantig en net op die ouers se skouers rus, en in baie gevalle doen die
kinders net wat hulle wil en die onderwysers trek maar net skouers op.

skryf in boodskap news:3B13B706.A7BE6A64@home.com...
Sakkie wrote:

> Hallo Gloudina, lang tyd nie gepraat nie.

Is ek reg dat jy nou in Amanzimtoti bly? (die plek van die
soet water, waar Shaka sy wittebrood deurgebring het, glo.)
Ek ken die wêreld daarlangs taamlik goed. Het op twee
aparte kere altesaam vyf jaar op Adams Mission skoolgehou
(nog voor hulle die lekker teerpad gebou het wat daarnaby
verbygaan. Was jy al op Adams Mission? Die hele plek is
'n historiese monument.
Wat is die "nuwe" metodes van dissipline toepas in
SA skole?

Gloudina
Re: Geletterdheid [boodskap #43090 is 'n antwoord op boodskap #43007] Do, 31 Mei 2001 11:34 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Nog nooit eens gehoor van Adams Mission nie en ek is al twee jaar hier op
> Amanzimtoti. Ek sal moet begin naslaan oor die omgewing.

Dis net sewe myl in die binneland in van jou af. Maar jy moet bietjie
suid van die dorp ry voordat jy 'n goeie teerpad kry wat reg by die
hekke van Adams Mission verby ry. Laaste keer toe ons daar was,
toe weet ons nie van die teerpad nie en toe ry ons 'n vreeslike sleg
grondpad daarnatoe wat my swaer se kar omtrent stukkend skud.
So gaan op die teerpad. Ek weet ook nou nie eintlik wat jy daar
sal wil gaan sien nie. Ek het gehoor hulle het Adams College toegemaak.
Dit was op sy tyd een van die bekendste en beste skole in die geheel
van Afrika. En Adams College was die eerste westerse tipe skool
in Natal, gestig deur Dr. Adams in die dae van die Voortrekkers.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: hy weet daarvan
Volgende onderwerp: duikelaartje
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 23:39:54 MGT 2024